Boere moet grond gee vir ANC-fees

Die ANC het boere en ander inwoners van Bloemfontein versoek om grond beskikbaar te stel vir tentdorpe sodat gaste daar kan bly vir die ANC-eeufees in die stad, berig die Volksblad.

Talle tentdorpe sal nodig wees en op oop stukke grond in en om die stad opgerig word vir die nagenoeg 100 000 mense wat dit volgende maand sal bywoon.

Thabo Manyoni, die Mangaung-metro-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester en ondervoorsitter van die ANC in die Vrystaat, het in ‘n eksklusiewe onderhoud met Volksblad dié versoek gerig.

Hy sê hy is nie bekommerd oor die aantal mense wat na die Rosestad gaan kom nie. Hy weet ook nie hoeveel sal opdaag nie. Sanitasiegeriewe vir die gaste op boere se grond, is nog nie gereël nie. Die ANC-kader kon ook nie antwoorde gee oor hoe dit opgelos sal word nie.

Taakspanne moet nog ‘n ondersoek na die sanitasie asook water- en elektrisiteitsvoorsiening van Bloemfontein doen. Dit is nie seker of die stad die nodige dienste sal kan lewer nie.

Manyoni het erken daar nog heelwat reëlings getref moet word vóór die toestroming.

Hy het aan die Volksblad gesê hulle soek nog markies- en ander tente. “Boere se goedgunstigheid word gevra om kampeergrond beskikbaar te stel,” het hy versoek.

Die onthaallokaal vir die gala-geleentheid op 7 Januarie waar die staatshoof, pres. Jacob Zuma, en die meer as 40 staatshoofde, van onder meer Rusland, Skandinawië, Swede en Afrika-state, byeen sal wees, is ook nog nie gereël nie.

Manyoni glo die eeufeesvierings in Bloemfontein sal die Wêreldbeker-sokkertoernooi oortref.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae