Wit skool verloor stryd

Skole in Gauteng se beheerliggame het nie onbeperkte magte in die toelating van leerders by staatskole nie.

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het beslis dat die provinsiale departement van onderwys die finale sê het.

Die Rivonia Primary School en sy beheerliggaam het die provinsiale departement van onderwys hof toe geneem, nadat dié ingegryp het nadat ‘n kind toelating tot die hoofsaaklik wit skool geweier is.

Die skool het gesê hy is reeds vol. Die hof het beslis dat die departement en nié die beheerliggaam die maksimum-kapasiteit van ‘n openbare skool moet bepaal.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae