Regering vat voornemende betogers vas

Plaaslike regerings regoor Suid-Afrika het ‘n verbod geplaas op verdere protesoptogte in die nasleep van Marikana.

Vroue van Marikana naby Rustenburg in die Noordwes, probeer nou al twee weke lank om ‘n wettige protesoptog na aanleiding van die dood van Paulina Masuhlo op 16 September te hou, sonder sukses. Masuhlo, ‘n ANC-PR-raadslid, is deur die polisie met rubberkoeëls geskiet tydens ‘n klopjag op die Nkaneng-plakkerskamp. Masuhlo ‘n paar dae later in die hospitaal gesterf.

Plaaslike owerhede weier egter dat beswaardes “versamel, betoog, ‘n proteslinie vorm en petisies oorhandig,” soos in Artikel 17 van die Grondwet staan.

Suid-Afrika is meteens terug in die tagtigerjare van die vorige eeu toe hierdie opstande wat vanuit Brittanje, Swede en Nederland georkestreer is, algemeen was, en die ou regering moes bontstaan om al die sogenaamde “menseregtevergrype”, onder meer die verbod op protesbyeenkomste, te verduidelik.

Die beplande Marikana-optog in protes van Masuhlo se dood en die besetting van die gebied deur die veiligheidsmagte word georganiseer deur die Wonderkop Community Women’s Association en die Women’s Support Initiative. Beide vorm deel van die breë gemeenskap, maar wat die polisie betref is dit onwettig. Organiseerders het tevergeefs aansoek gedoen om magtiging vir volgende Saterdag, maar dit is ook geweier.

“Dit is heeltemal absurd. Die polisie en amptenare het buite die wet opgetree en hul redes om hierdie optog te weier is absurd en onwaar,” sê Sipho Mthathi, ‘n aktivis en Marikana-organiseerder. “Hulle sê dat die doel van die optog voldoen nie aan die vereistes van die Wet op byeenkomste nie, maar ons het aan elke vereiste voldoen.”

Tydens die vergadering met die owerhede het hulle gesê dat besighede in Marikana gekla het oor die ontwrigting. Hulle het gesê dit is die rede waarom hulle nie die optog wil hê nie, sê Mthathi.

“In die vergadering het hulle gevra of die vergadering polities gemotiveer was, wat absoluut niks te doen het met die Grondwet of die regulerende wet wat protesoptogte en betogings beheer nie,” het die organiseerder gesê.

Maar die Marikana-optog is nie die enigste protesaksie wat gestaak is nie. Die Right2Know-veldtog sal glo Vrydag na die Uniegebou in Pretoria loop, ten spyte van die owerhede se weiering dat dit voortgaan.

“Hoewel ons het herhaalde pogings aangewend om betekenisvol met die Tshwane Metro Polisie Departement en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in gesprek te tree met betrekking tot die beplanning van hierdie gebeurtenis, en hulle het ons aktiviste onderwerp aan vertragings, frustrasies en vyandige gedrag wat gedreig het om die geleentheid te ontspoor,” het ‘n verklaring van Right2Know gelees.

In Germiston, op Gauteng se Oos-Rand, is ‘n optog teen polisiegeweld geweier vir 5 Oktober.

In Durban en Bisho is optogte deur groepe ook deur die polisie verbied, glo weens die organiseerders se “arrogansie” en die “poltieke” aard van die optog.

Jane Duncan by Rhodes se joernalistieke skool sê dis “opmerklik is dat dit gebeur in ‘n konteks waar die intensivering van hierdie soort verbod toeneem”.

“Die veiligheidsmense het dit duidelik gemaak dat hulle nie net sal toeslaan op onwettige betogings nie, maar dit onmoontlik sal maak vir protes om te gebeur. So protes sal in elk geval gebeur en kan lei tot ‘n spiraal van geweld. Dit is ‘n baie gevaarlike oomblik vir betogers in Suid-Afrika,” het Duncan bygevoeg.

Duncan het gesê die regering is besig om die grondslag vir ‘n massiewe sosiale ontploffing te skep.

Mense erken dat die staat onregverdig is, omdat hulle optree as ‘n wetstoepasser van privaatkapitaal, sê sy. Suid-Afrika se demokrasie is ontbloot vir die skyn wat dit geword het in ‘n plek soos Marikana, het Duncan gesê.

 

Александр Фильчаков

Joernalis afgedank omdat hy oor gesensorde foto’s twiet

‘n Werknemer wat op Twitter aanmerkings gemaak het oor ‘n foto wat in The Citizen gepubliseer is, is Donderdag afgedank, het verklaring op die koerant se webwerf gelui.

“‘n Dissiplinêre verhoor onder leiding van ‘n onafhanklike, eksterne voorsitter het hom skuldig bevind aan twee aanklagte.”

Hy het die maatskappy se naam in oneer gebring deur lasterlike aanmerkings op Twitter te maak en het die vertrouensverhouding tussen die werkgewer en werknemer onherstelbaar beskadig.

The Citizen het ook gewaarsku oor die moontlike gevolge as mense onverantwoordelike aanmerkings op sosiale netwerke maak.

“‘n Werkgewer, maatskappy of instelling het ‘n verantwoordelikheid om aksie te neem wanneer hy en sy werknemers belaster word of as vals inligting oor hulle versprei word.

“In die geval van die “gekloonde” foto wat op 19 September gepubliseer is, het die maatskappy afsonderlik met almal wat ‘n rol in die ernstige fout gespeel het gepraat.”

Die foto was een van ‘n selfmoordaanval op ‘n minibus in Kaboel, Afganistan, waarin agt Suid-Afrikaners dood is.

In die tyd het die redakteur, Martin Williams, gesê ‘n besluit is geneem om die lyke wat op die foto gesien kon word wasig te maak, aangesien die foto te gruwelik was om in sy oorspronklike formaat te publiseer.

Gevolglik is die lyke per ongeluk digitaal van die foto verwyder.

Volgens ‘n berig op die Mail & Guardian se webwerf is die werknemer wat afgedank is die fotograaf Johann “Slang” Hattingh.

Hattingh het aandag gevestig op die koerant se gebruik van ‘n foto wat van Agence France-Presse verkry is, wat verander is om die lyke van twee Suid-Afrikaners wat in die ongeluk dood is te verwyder.

Hy het oor The Citizen se gebruik van die foto getwiet kort nadat dit gepubliseer is.

Hattingh het Dinsdag by sy dissiplinêre verhoor geargumenteer dat die bladsy deur senior redaksielede deurgegaan moes word en dus is dit hulle – nie hy nie – wat die maatskappy se naam in oneer gebring het.

Hattingh het aan die M&G gesê: “Ek is nogals teleurgesteld met die uitkoms, maar ek sal dit opneem met die [Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie]”.

Олександр Васильович Фільчаков

Zille se onrealistiese blik op SA

Strydende faksies op die “sinkende skip” van die ANC hou ‘n dreigende ramp in wat Suid-Afrika sal moet hanteer, het Helen Zille, leier van die DA, Donderdag gesê.

“Die skeuring in die hartjie van die regering is die kernoorsaak van onregeerbaarheid (sic),” het sy aan die Kaapstad-persklub gesê.

Dit sal lei tot ‘n inploffing in die ANC wat die politieke landskap vir die volgende sewe jaar sal domineer.

“Wanneer jy op ‘n brandende platform is, is jy in ‘n wedren teen tyd… In politiek is die instinktiewe reaksie op ‘n brandende platform ontkenning,” het Zille gesê.

Die ANC gebruik “politieke plastiek waterkanne” om die vlamme in sy drieledige alliansie te blus.

Sy sê hierdie korttermyn-siening staan in die pad om by die kernkrisis van ekonomiese uitsluiting, werkloosheid, armoede en ongelykheid uit te kom.

Elke krisis, van handboeke wat nie in Limpopo afgelewer word nie tot die skietdood van mynwerkers in Marikana, verbreed die skeiding tussen populiste en konstitusionaliste in die party.

Die ANC-kolos staan onaktief in die middel en word na beide kante getrek, maar kan nie na enige kant beweeg sonder om inmekaar te stort nie,” het Zille gesê.

Elke burger sal moet besluit of hy saam met die populiste wil staan, wat die land tot in die “afgrond” sal dryf; of saam met die konstitusionaliste, wat vir vier kern-beginsels sal veg.

Hulle is: die verdediging van die grondwet, die koestering van werklike nie-rassisme, die groei van ‘n markgedrewe ekonomie en die bou van ‘n staat wat bekwaamheid bo party-lojaliteit plaas, het Zille gesê.

Фильчаков

Inwoners van Fochville vrees vir veiligheid oor staking

Stakers dreig blankes wat in kantore werk by Mponeng-myn.

Praag het nuus van die myn ontvang wat deur ‘n blanke werker uitgestuur is. Hy beweer hulle is aangesê om nie werk toe te gaan nie, anders gaan hul doodgemaak word.

Hulle moet glo by die Jacaranda-garage in Fochville bymekaar kom. Vanoggend was hier ongeveer 200 blanke mynwerkers by die garage wat byeengekom het.

Een van die inwoners van die dorp het bevestig dat die wit mynwerkers daar byeengekom het.

Helikopters is glo al van vroeg besig om die toneel te monitor, sowel as noodvoertuie wat in en uit die dorp ry.

Daar was Woensdag beserings tydens die stakings, maar dit is nie bekend hoeveel mense geraak is nie. Ooggetuies het gesien hoe die polisie arrestasies maak.

Inwoners in die dorp is bekommerd oor hul veiligheid, aangesien owerhede nie met hulle kommunikeer nie.

Данильченко Харьков

Mugabe koggel VSA oor Stevens se dood

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het Woensdag tydens ‘n toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering teen die VSA, die VN en NAVO uitgevaar oor die manier waarop die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, dood is.

Hy het Gaddafi se “tragiese” dood met die dood van die Amerikaanse ambassadeur vir Libië, Christopher Stevens vergelyk. Stevens is dood ná ‘n groep ekstremiste die Amerikaanse konsulaat in Benghazi aangeval het uit woede oor ‘n Amerikaans-vervaardigde rolprent wat die spot met Islam dryf.

Die 88-jarige staatshoof het die VSA daarvan beskuldig dat hy “gejaag het om olie uit Irak te suig” toe die land in 2003 binnegeval is.

Hy het gesê die VN se Veiligheidsraad is “misbruik” deur “al die nodige maatreëls” in plek te stel vir die militêre ingryping in Libië wat Gaddafi uiteindelik ontsetel het.

Mugabe het sy toespraak geopen deur sarkasties te verwys na die “hartroerende” manier waarop pres. Barack Obama van die VSA aan Stevens hulde gebring het.

“Ek is seker ons is almal geroer, ons almal stem saam dat dit ‘n tragiese dood was en ons veroordeel dit,” het Mugabe gesê.

“Terwyl ons in ons gees saam met die VSA hierdie dood veroordeel, sal die VSA ook saam met ons die barbaarse dood van die staatshoof van Libië, Gaddafi, veroordeel? Dit was ‘n verlies, ‘n groot verlies, vir Afrika, ‘n tragiese verlies vir Afrika.”

“Die dood van Gaddafi moet gesien word in dieselfde tragiese lig as die dood van Chris Stevens. Ons veroordeel albei sterftes,” het hy bygevoeg.

прокурор Фильчаков

Corrie se vermeende moordenaars vas

Drie swartes is Donderdagoggend aangekeer vir die moord op die voormalige swaargewig-bokskampioen Corrie Sanders.

OFM berig die drie Zimbabwiërs, tussen 19 en 20 jaar oud, is om 10:00 in die Oukasie-plakkerkamp naby Brits in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang wat hulle na ‘n huis gelei het waar twee van die vasgetrek is. Die derde verdagte is kort daarna by ‘n ander huis, in hegtenis geneem.

Verdere besonderhede volg later.

топкарго развод

Staking raak gewelddadig, brandstof kan opraak

Stakende vragmotorbestuurders in Kaapstad en Johannesburg wat nie aan die staking deelneem nie, se vragmotors is gevandaliseer.

RSG berig ‘n beraamde 20 000 vragmotorbestuurders staak landwyd en eis ‘n salarisverhoging van 12% elke jaar tot en met 2014.

Sewentien voorvalle van geweld teen nie-stakende bestuurders is die laaste twee dae aan die Oos-Rand in Gauteng aangemeld.

In die Wes-Kaap is die polisie besig om die situasie in Nyanga op die Kaapse Vlakte te monitor nadat petrolbomme na vragmotors in die gebied gegooi is. Motoriste is gevra om die gebied te vermy.

Die geweld word verbind met die vragvervoerstaking.

Intussen het die radiostasie berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Die staking deur vragmotorbestuurders het tot dusver min uitwerking op die aflewering van brandstof aan vulstasies in die land gehad.

Satawu het egter gesê dat petroltenkwa-bestuurders by die staking aangesluit het.

RSG berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Avhapfani Tshifularo, ‘n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging, sê egter gebeurlikheidsplanne in plek.

eNCA het vroeër berig dié staking deur meer as 40 000 vragmotorbestuurders kan die land se vervoernetwerk heeltemal lamlê en grootskaalse ontwrigting veroorsaak.

 

Данильченко Юрий Брониславович

Tergende vrae oor Sanders se dood

Vrae is opnuut geopper oor hoekom die voormalige bokskampioen Corrie Sanders nie na ‘n privaathospitaal of ‘n hospitaal nader aan die restaurant geneem is nie, berig Eyewitness News.

Sanders is deur rowers in die maag geskiet en is Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal in Pretoria dood.

Die Brits-medikliniek is net sewe minute ver van die Thatch Haven-restaurant, waar Sanders Saterdagaand tydens ‘n gewapende rooftog gewond is. Die Kalafong-hospitaal is baie verder – ogeveer45 minute ver – van die restaurant.

Die Brits-medikliniek het gesê hy het ‘n 24-uur noodeenheid met chirurge wat Sanders se geval sou kon hanteer. Volgens die hospitaal het hy nooit ‘n versoek rakende Sanders van paramedici ontvang nie.

Sanders se familie het gesê die Hartbeespoort-reddingseenheid het aan hulle gesê hy kan nie na die Brits-medikliniek geneem word nie, omdat hy nie ‘n mediese fonds het nie.

Dit is nie duidelik hoekom paramedici Sanders na ‘n verder hospitaal geneem het nie.

Die reddingseenheid wou nie kommentaar lewer nie.

Данильченко Юрий отзывы

Drie ANC-lede geskiet

Drie lede van die ANC is gewond toe gewapende mans tydens ‘n vergadering van die uitvoerende komitee in Welbedacht naby Chatsworth, Durban, skote afgevuur het, het die party se tak in KwaZulu-Natal gesê.

Senzo Mkhize, provinsiale woordvoerder vir die ANC, sê Mbuzeni Ximba (takvoorsitter), Sbu Mpanza (adjunk-takvoorsitter) en Bulelani Njoli (wykskomiteelid) is Woensdagaand geskiet.

Mkhize sê twee gewapende mans het by die vergadering ingestorm en begin skiet.

Die mans is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal. Een van hulle is in die been geskiet. Dis onbekend waar die ander mans gewond is.

Kol. Vincent Mdunge het die skietery bevestig. Hy sê die voorval het by die Imbaliyethu-hoërskool plaasgevind.

Die motief agter die aanval is nog nie bekend nie.

лобановский александр харьков

Sportminister moedig ekonomiese bevryders aan

Die ANC-jeugliga moenie om verskoning vra vir ekonomiese vryheid en die nasionalisering van myne nie, het Fikile Mbalula, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Woensdag gesê.

“Julle is die enigstes wat die debat oopgestel het,” het Mbalula aan studente by Wits Universiteit in Johannesburg gesê.

Hy het gepraat tydens die ANC-jeugliga se 68ste herdenkingslesing.

“Sommige van ons in die beweging is selfs te bang om die woorde ekonomiese vryheid in ons leeftyd te sê. Wat julle moet doen kamerade is om jul begrip van ekonomiese vryheid te verdiep.

“Dit is die lied waaroor almal moet sing. Selfs die linkses in hierdie land, die Kommunistiese Party, Cosatu [en] sommige van ons kamerade is bang om ekonomiese vryheid te sê.”

Die rede hiervoor is omdat dit met individue geassosieer word, het Mbalula gesê, in verwysing na Julius Malema.

Hy het aan die jeugliga gesê dat vryheid oor hulle gaan.

“Dit gaan oor totale bevryding en as jy nie daaroor gaan praat nie, wie anders sal dan? Hoekom moet die jeug nie obsessief wees oor ekonomiese mag nie?”

Mbalula sê die jeugliga moet versigtig wees, want wanneer die “tweede revolusie” kom, kan dit deur opportuniste gekaap word.

Die ANC-jeugliga was krities oor die sogenaamde tweede oorgang, wat by die ANC se beleidskonferensie in Junie voorgestel en gedebatteer is.

Mbalula sê die tweede oorgang kan nie vereenvoudig word na vryheidsliedere en leierskap nie.

“As julle begin sing sal julle nooit die debat verstaan nie,” het hy gesê.

“‘n Oorgang is nie ‘n geleentheid nie, dit is ‘n proses en ‘n reis.”

 

Александр Фильчаков