Inwoners van Fochville vrees vir veiligheid oor staking

Stakers dreig blankes wat in kantore werk by Mponeng-myn.

Praag het nuus van die myn ontvang wat deur ‘n blanke werker uitgestuur is. Hy beweer hulle is aangesê om nie werk toe te gaan nie, anders gaan hul doodgemaak word.

Hulle moet glo by die Jacaranda-garage in Fochville bymekaar kom. Vanoggend was hier ongeveer 200 blanke mynwerkers by die garage wat byeengekom het.

Een van die inwoners van die dorp het bevestig dat die wit mynwerkers daar byeengekom het.

Helikopters is glo al van vroeg besig om die toneel te monitor, sowel as noodvoertuie wat in en uit die dorp ry.

Daar was Woensdag beserings tydens die stakings, maar dit is nie bekend hoeveel mense geraak is nie. Ooggetuies het gesien hoe die polisie arrestasies maak.

Inwoners in die dorp is bekommerd oor hul veiligheid, aangesien owerhede nie met hulle kommunikeer nie.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae