Die hoofbestuurder sê die afgradering “is omdat Moody’s institusionele sterkte van hoog na gemiddeld afgeskaal het, ‘n belangrike faktor in die graderingsagentskap se oordeel van ‘n land se ekonomiese veerkragtigheid”.
Die agentskap het sy kommer uitgespreek oor die negatiewe beleggingsklimaat – vanaf wankelende infrastruktuur tot politieke stabiliteit.
Beleggersentiment het versuur na die onlangse onwettige stakings in die mynbedryf en die kritiek teen die regering as ondoeltreffend en uit voeling.
Peter Attard Montalto, ‘n ontluikende markte ekonoom by Nomura, het gesê:. “As die stakings in Suid-Afrika versprei van die mynbedryf na elders in die ekonomie, dink ons die vooruitsig vir verdere afgraderings van ander agentskappe bly baie hoog.”
Kristin Lindow, Moody se hoofontleder vir Suid-Afrika, het gesê: “Ons dink die mynbou-beleggers se bewustheid van die land se langdurige probleme is verhoog.”
Die ANC is tans besig om voor te berei vir sy elektiewe konferensie aan die einde van die jaar. Moody sê onsekerheid rondom Mangaung vorm deel van sy besluit om die vooruitsigte negatief te hou.
Daarbenewens, het Suid-Afrika as deel van die sogenaamde Brics-groep van groot ontluikende markte, “krimpende kopruimte vir kontra-sikliese beleidaksies”, het die agentskap gesê.
Die Tesourie het gister gesê hulle is bewus van Moody’s se besorgdheid.
“Die regering bly verbind tot die opheffing van groeipotensiaal en mededingendheid,” het hy gesê.
Standard & Poor’s en Fitch beide het Suid-Afrika as BBB-plus aangedui, met ‘n negatiewe uitkyk.
