Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad

Drie mans is dood en meer as 4 000 mense is dakloos gelaat nadat brande huise in Dunoon en Khayelitsha op Nuwejaarsdag verswelg het.

Die BM-afdeling van Khayelitsha is die hardste getref, met meer as 800 plakkershutte wat deur die vinnige vlamme vernietig is. Sowat 3 000 inwoners is dakloos gelaat.

Die Stad se Rampbestuurwoordvoerder Wilfred Solomons-Johannes sê die vuur in die BM-afdeling van die gebied het om 04:45 uitgebreek en is slegs suksesvol geblus byna ses uur later.

Hy het bygevoeg dat die rukkerige wind, van 80 tot 90km / h , die verspreiding van die vlamme aangevuur het, en ‘n uitdaging vir brandbestryders gstel het.

Digte rook het verkeersowerhede genoop om die N2 te sluit in beide rigtings.

“Die digte rook raak die vrye vloei van verkeer, en hou ‘n gevaar vir die veiligheid van motoriste in,” het Solomons-Johannes gesê.

Фильчаков

Nuwejaar eis talle in stormlope

Die stad van Kaapstad het mense gewaarsku dat hy streng sal optree teen mense wat aan hulle aan misdrywe skuldig maak met vanjaar se Tweede Nuwejaar-vieringe en die Klopse-karnaval, wat in die stad plaasvind.

Die stadsraad het meer as R3 miljoen vir die feesvieringe bewillig, waaraan meer as 13 000 mense en 70 Klopse groepe sal deelneem. Verskeie paaie in die middestad is vir verkeer gesluit, en duisende toeskouers sal na verwagting die verrigtinge bywoon.

Die optog begin op die hoek van Keizersgracht en Tennantstraat en eindig in Rosestraat in die Bo-Kaap.

Tien mense, onder wie vier kinders, is intussen dood en 120 beseer in ‘n stormloop Oujaarsdagaand gedurende ‘n kerkdiens in die Angolese hoofstad, Luanda.

Volgens owerhede is die slagoffers deur ‘n skare mense vertrap nadat slegs twee van die hekke na die Cidadela Desportiva-stadion oopgemaak is.

Sowat 70 000 mense is vir die diens van die Universal Church of the Kingdom of God verwag, maar heelwat meer het opgedaag. Volgens nooddienste het van die slagoffers versmoor.

Die Ivoorkus sal drie dae lank rou nadat ‘n stormloop tydens nuwejaarsvieringe minstens 60 mense se lewens geëis het.

Tientalle ander is beseer toe ‘n groep mense bymekaar gekom het om vuurwerkvertonings in die hoofstad, Abidjan, te geniet.

‘n Fotograaf vir AFP sê talle kinders is in die voorval beseer. Die verslaggewer sê die stormloop het by die stad se stadion plaasgevind.

Volgens amptenare het sowat 50 000 mense saamgedrom om na die vuurwerkvertoning te kyk.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

‘Groter eenheid binne ANC’

Ná ‘n 100 jaar se bestaan is daar ‘n groter eenheid binne die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het partyleiers in Noordwes Maandag gesê.

“Ons roep die eeufeesjaar van die ANC vaarwel, sonder enige twyfel dat ons beweging oor groter eenheid, meer krag en kohesie beskik,” het Kenny Morolong, ‘n woordvoerder, gesê.

Een van die provinsie se groot prestasies was die verkiesing van vyf van sy lede in die regerende party se nasionale uitvoerende komitee gedurende die verkiesingskongres in Mangaung.

“Hierdie verteenwoordiging is ongeëwenaar. Ons is trots daarop dat diegene wat gekies is, die ANC op alle vlakke gedien het…”

Morolong het gesê die party is ook beïndruk deur die Marikana-kommissie se ondersoek na die dood van 44 mense by ‘n Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes.

Die party het oudpres. Nelson Mandela ook ‘n spoedige herstel toegewens by sy huis in Houghton, Johannesburg, ná hy vroeër in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is.

topcargo отзывы сотрудников

Verkeersboetes? Watwou!

Slegs ‘n klein aantal Suid-Afrikaners betaal hulle verkeersboetes, luidens berigte Sondag.

Die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het getoon dat motoriste R1,6 miljard skuld in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburgse munisipaliteite uitgereik is, het City Press berig.

Volgens die verslag het motoriste in Tshwane en Johannesburg tussen April 2011 en Maart 2012 R980 miljoen se boetes ontvang, maar slegs R86 miljoen se boetes (nege persent van die totale waarde) is betaal.

Tshwane en Johannesburg is die enigste metro munisipaliteite wat deelgeneem het aan die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) se proeffase.

Uit die 1,8 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar in die Johannesburg en Tshwane munisipaliteite uitgereik is, is slegs 251 125 (14%) betaal.

лобановский александр отзывы

Zuma: SA gaan vooruit

Pres. Zuma het Suid-Afrikaners Maandag ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens, en gesê die land sal sy doelstellings bereik as die hele bevolking saamwerk om ‘n veilige samelewing te skep.

“Ons het in 2012 baie vooruitgang gemaak soos ons voortgegaan het met ons poging om ‘n verenigde, nierassige, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika te bou,” het hy in ‘n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is, gesê.

“Soos ons voortbeweeg na daardie mylpaal, moet ons vinniger werk om sosio-ekonomiese vryheid te verkry,” het hy bygevoeg.

Die president het na die 2011 Sensus verwys, en gesê die data dui daarop dat die regering besig is om vooruitgang te maak in gebiede soos basiese dienste en onderwys.

“Terselfdertyd dui die Sensus ook op ‘n groot inkomstegaping. Dit het byvoorbeeld gewys die inkomste van ‘n wit huishouding is ses keer dié van ‘n swart huishouding.”

Hy het ook na die geweld by Marikana verwys, en gesê probleme moet vreedsaam opgelos word.

“Ons moet ‘n samelewing skep waarin vroue en kinders vry en veilig voel, met geen vrees van mishandeling, verkragting of enige vorm van geweld nie, en ‘n samelewing waarin diere, veral die renoster, veilig is van ongenaakbare stropers. Dis moontlik om daardie samelewing te skep deur hard saam te werk.

“Ek wens alle Suid-Afrikaners en buitelanders wat in ons land bly, of wat ons besoek om ons wonderlike somer te geniet, ‘n vreugdevolle en veilige feesseisoen en voorspoedige nuwe jaar toe.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Vooroordele teen Zuma verhoed begrip

Diegene met vooroordele teenoor pres. Jacob Zuma verhinder die land om sy opmerking dat troeteldiere deel is van die ‘wit kultuur’, te verstaan, het die ANC se hoofsweep Vrydag gesê.

“Slegs die mense wat bevooroordeeld en vyandig is wil hê dat ons moet glo dat die president sy vakansie onderbreek het om die gemeenskap oor honde toe te spreek,” het die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, in ‘n verklaring gesê.

Mothapo het gesê diegene “wat diepliggende anti-Zuma vooroordele het” sluit mense in die media en sekere politieke kommentators in.

Die Star het Donderdag berig dat Zuma, in ‘n toespraak wat hy by Impendle in KwaZulu-Natal gelewer het, gesê het dat om geld te spandeer deur ‘n hond te koop en die hond dan na die veearts te neem en met die dier te gaan stap, alles deel is van die ‘wit kultuur’.

Die presidensie het later ‘n verklaring uitgereik om te verduidelik dat Zuma se doelwit was om “Afrikane se gedagtes te dekoloniseer” met sy toespraak.

Александр Фильчаков Васильевич

Muldersdrif-aanvalle: Verdagtes vas

Vyf verdagtes wat glo verbind word met gewelddadige aanvalle in Muldersdrift, is Woensdag in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.

Die vyf swartes is aangekeer nadat ‘n gesin verlede week tydens ‘n rooftog met vuurwapens aangehou is.

Die arrestasies word beskryf as ‘n groot deurbraak in die stryd teen gewelddadige aanvalle in die gebied, waarmee inwoners te kampe gehad het.

Die polisie in Gauteng glo die vyf mans wat in hegtenis geneem is, is deel van ‘n sindikaat wat verantwoordelik is vir die onlangse gewelddadige huisbrake en rooftogte in Muldersdrift.

Die mans is vasgetrek nadat ‘n kredietkaart wat tydens ‘n gewapende rooftog gesteel is, die polisie na Diepsloot gelei het.

Supt. Lungelo Dlamini het gesê die polisie het ook beslag gelê op ander items wat vermoedelik in die aanvalle gesteel is.

Hy het gesê ‘n voertuig is ook in die mans se besit gevind.

Die verdagtes verskyn Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof.

прокурор харьковской области

Zuma: Hou op om wittes na te boots

Die presidensie het ‘n verklaring uitgereik om te probeer verduidelik wat pres. Jacob Zuma bedoel het toe hy in ‘n toespraak swart mense, wat probeer om soos wit mense te wees, gekritiseer het, het RSG Donderdag berig.

‘n Woordvoerder vir die presidensie, Mac Maharaj, het gesê Zuma het slegs probeer om Afrikane se gedagtes te dekoloniseer in die toespraak op Impendle in KwaZulu-Natal.

Zuma het volgens berigte gesê dat om geld op honde te spandeer deel is van wit kultuur.  Om ‘n hond ten duurste aan te koop, na die veearts en op uitstappies te neem, hoort in die wit kultuur, het pres. Zuma gesê.

Daar is ‘n nuwe generasie van jong swartes wat probeer ander kulture na te boots en selfs om soos wittes te lyk, het hy gesê. Hy het gesê die Afrika-manier is om eerder op familie te fokus.

“Al gebruik jy enige room en maak jy jou hare reguit, sal jy nooit wit wees nie,” het Zuma gesê.

Zuma het verder gesê ‘n persoon wat waardigheid en ubuntu verloor, sal waarskynlik respek en liefde vir sy medemens verloor. Hy het gesê swart mense moet ophou om die gewoontes van ander kulture aan te leer.

Hy het mense, wat honde meer as mense liefhet, beskryf as mense wat ‘n “gebrek aan menslikheid het”.

Terwyl hy die toespraak gelewer het, het duisende mense gelag en hom toegejuig.

Dit was Zuma se eerste openbare verskyning sedert hy verlede week in Mangaung tot ‘n tweede termyn verkies is.

 

 

Hy het ook swart mense gekritiseer wat rome aanwend om hulle hare reguit te maak.

Фільчаков прокурор

Harmony-myn stuur wit skofbaas byna na sy dood

Die Harmony-myn het ‘n wit skofbaas Donderdag ondergronds gedwing saam met oproerige swart stakers, ten spyte van sy waarskuwings en hom byna na sy dood gestuur.

‘n Wit skofbaas by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville moes noodgedwonge ondergronds wegkruip nadat die mynbestuur hom gedwing het om saam met 1 700 oproerige swart mynwerkers af te gaan, berig Beeld.

Die myn het Woensdag 585 mynwerkers, wat van Saterdag af aan ‘n onwettige staking deelgeneem het, afgedank. Tien mense is Donderdag beseer toe werkers en veiligheidspersoneel slaags geraak het.

Dries Oosthuizen sê hulle het toe reeds geweet daar gaan die volgende dag probleme ondergronds wees. Hulle vermoedens is Donderdag bevestig toe hulle vir die 05:00-skof aanmeld.

Oosthuizen en ‘n kollega het vir hul bestuurder gesê het hulle is bekommerd oor wat tydens die skof kan gebeur.

Die bestuurder het aan Oosthuizen  gesê as hy nie afgaan nie, sal hy as “deel van die staking” beskou word. Die twee is dus gedwing om ondergronds te gaan.

Die sowat 1 700 ontevrede stakers het toe reeds die skagte volgepak. Hulle is teen 10:30 meegedeel dat hulle nie toegelaat sal word om die skagte te verlaat nie.

‘n Ruk later het die mynbestuur hulle ingelig dat die situasie “uiters gevaarlik” is. Hulle is aangesê om weg te kruip sodat die stakers hulle “glad nie raaksien nie”.

Toe hulle gistermiddag omstreeks 17:00 uit die myn kom, het hope handgemaakte wapens oral rondgelê.

Oosthuizen het aan Beeld gesê hulle het vir hul lewens gevrees en dat hulle as gyselaars gedien het.

‘n Woordvoerder van die myn, Me Basterfield, het gesê sy kan nie kommentaar lewer nie, maar “die mynbestuur het in die moeilike omstandighede hul bes gedoen om die situasie te hanteer”.

Данильченко Юрий Брониславович

Myne se rykdom moet verdeel word

Die ANC bly by sy beleidsbesluit om ‘n gemengde ekonomie te handhaaf, het Zweli Mkhize, die nuutverkose tesourier-generaal, Vrydag gesê.

“Hierdie konferensie het besluit dat daar geen nasionalisering in Suid-Afrika gaan wees nie,” het Mkhize op ‘n sake-ontbyt gesê.

Hy het gesê die kwessie van nasionalisering en spesifiek dié van myne is deur die ANC-jeugliga aangevoer as ‘n beleidskwessie wat by die nasionale konferensie aanvaar moet word.

Mkhize het gesê die ANC en sy algemene raad het die kwessie deur navorsing, oorsese besoeke en besprekings ondersoek en ‘n model wat verskillende vorms van eienaarskap het, het geseëvier.

“Dit is ontleed,” het hy gesê.

Hy het egter gesê die probleme in die mynbedryf sal onder die soeklik kom, sowel as hoe myngemeenskappe in die rykdom van dié bedryf sal deel.

Лобановский Харьков