Skoolboeke in riviere, stortingsterreine

Die presidensiële taakspan wat die handboeksage in Limpopo ondersoek, het na bewering aanbeveel dat die direkteur-generaal van basiese onderwys, Bobby Soobrayan, afgedank word.

Soobrayan se aanstaande is glo betrokke by die maatskappy wat die tender vir die skoolboeke ontvang het.

Hy is geïmpliseer in potensiële botsings van belange en bewerings van korrupsie vroeër vanjaar nadat Lebone Litho Drukkers ‘n tender ter waarde van R243 miljoen ontvang het om 19.000 openbare skole van boeke te voorsien. Die Mail & Guardian het aan die lig gebring dat DG Soobrayan se voormalige verloofde se ma, Salama Hendricks, mede-stigter van Lebone Group Holdings is.

Die span het sy bevindinge ‘n week gelede aan president Jacob Zuma voorgelê.

Dit volg nadat twee bakkievragte vol boeke Maandag by ‘n stortingsterrein buite Phalaborwa opgespoor is, berig News24

‘n Polisiewoordvoerder, Ronel Otto, het gesê die boeke wat in Phalaborwa gevind is, is dalk onlangs gestort aangesien dit glad nie beskadig is nie. Dit is na ‘n polisiestasie geneem vir veilige bewaring.

Intussen het ‘n klerk in die provinsiale departement van onderwys, wat beskuldig word van die storting van honderde handboeke langs ‘n dam in Giyani, vlugtig in die Giyani-landdroshof Vrydag verskyn.

Tsakani Glen Kubayi (44), is nie gevra om te pleit op aanklagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom in verband met ongeveer 700 handboeke nie. Dis gevind gestort langs ‘n dam in Giyani op 29 Junie en Julie 1. Die saak is uitgestel tot September 5 en sy borgtog van R2000 is verleng.

Александр Фильчаков

Bibberweer, sneeu tref SA

Inwoners van Vanderbijlpark is begroet met ‘n winter wonderland ná sneeu oor die gebied neergesif het.

Oor die algemeen sneeu dit in die gebied in die suide van Gauteng een keer in vyf of ses jaar. Dit lyk pragtig, soos Kersfees, sê inwoners.

Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervoorspeller Jan Vermeulen het gesê daar is swaar wolke oor die Vereeniging Dinsdagoggend en ‘n kans op ligte sneeu oor die suide van Gauteng.

Daar was ook verslae van sneeu in Bethlehem en Clarens in die Vrystaat en ligte sneeu op Van Reenenspas.

‘n Kouefront wat oor die land beweeg het elders ook uiters koue weerstoestande oor groot dele tot gevolg.

Verskeie bergpasse en paaie in die Oos-Kaap is gisteraand ook weens swaar sneeu gesluit. Op die N9 is die Lootsberg-pas tussen Graaff Reinet en Middelburg gesluit asook die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff Reinet en die Nico Malan-pas tussen Whittle Sea en Seymour.

Die R 61 tussen Cofimvaba en Queenstown is ook onbegaanbaar. Aan die Kwa Zulu-Natalse kusgebied het swaar reën gepaardgaande met hael voorgekom.

Binnelandse provinsies, insluitend Gauteng, gaan die volgende dag of twee baie koud kry.

Die kwik sal by sowat tien grade celcius sy maksimum bereik, terwyl minimum temperature oor groot dele van die land tot onder vriespunt gedaal het.

данильченко юрій броніславович компромат

Malema se vriend kry R12 miljoen

Die Limpopo-regering het ‘n R12 miljoen-kontrak toegeken aan ‘n kontrakteur wat in gebreke gebly het om twee sperdatums te haal, volgens ‘n berig Maandag.

Die begroting van R41m het gestyg tot R53m vir die Seshego residensiële projek, wat deur Steve Bosch se maatskappy Raesetja Property Developers opgerig word, en wat handel dryf as Sizani Build It, het The Star berig.

Bosch het reeds R43m van die waarde van sy kontrak ontvang.

Notule van ‘n vergadering wat gehou is in Mei tussen Sizani en die departement het ook aangedui dat die materiaal wat gebruik word vir die projek nie deur die SA Buro vir Standaarde goedgekeur is nie.

Independent Newspapers het voorheen berig dat Bosch die bou van ‘n aantal eenhede laat vaar het, terwyl sy maatskappy meer as R38m verdien het gedurende die 2010/2011 finansiële jaar.

Bosch en die departement het nie reageer versoeke vir kommentaar nie.

Bosch is na bewering ‘n weldoener van die geskorste ANC-Jeugligapresident, Julius Malema, en het glo bande met Limpopose premier Cassel Mathale.

Bosch het ook na bewering bande met Limpopo se LUR vir koöperatiewe regering Clifford Motsepe en Limpopo se ANC-sekretaris Sowjet Lekganyane.

Александр Фильчаков

Hillary Clinton in Suid-Afrika om Mandela te ontmoet

Hillary Clinton en Joyce BandaDie Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton het Suid-Afrika aangedoen om die anti-apartheidsheld Nelson Mandela vandag te sien, die het die Amerikaanse statedepartment gesê, ure ná haar aankoms op die laaste been van haar Afrika-toer.

Die middagete met die 94-jarige voormalige president sal in Qunu plaasvind, ‘n dorp in die suidooste van die land, in die voormalige Transkei.

Clinton, wat skoolmeisies en Afrika se tweede vrouepresident tydens ‘n eerste besoek aan Malawi Sondag  ontmoet het, het agterna na Suid-Afrika gevlieg. Sy sal tot Donderdagoggend in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad wees.

Terwyl sy in Suid-Afrika is, word verwag dat Clinton senior regeringsamptenare, asook senior verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse private sektor sal ontmoet.

Vroeër het die Amerikaanse departement van buitelandse sake aangekondig dat hy met die Amerikaanse kamer van koophandel saamwerk om ‘n sake-afvaardiging van ongeveer 10 senior VS-bestuurslui te lei wat die drie stede op Clinton se besoek sal aandoen.

“Suid-Afrika is die grootste mark in Afrika vir Amerikaanse goedere, en die Verenigde State van Amerika is ‘n belangrike uitvoermark en ‘n ​​bron van direkte buitelandse belegging vir Suid-Afrika,” het die departement gesê.

Lede van die sake-afvaardiging sluit blykbaar senior bestuurders van Black & Veatch, Boeing, Chevron, EMD / Caterpillar, FedEx Express, GE, Symbion, Trimble, Wal-Mart en Zanbato in.

‘n Handelsending sluit intussen die hoofde van die Overseas Private Investment Corporation, die Uitvoer-invoerbank van die Verenigde State van Amerika, die Amerikaanse handels- en ontwikkelingsagentskap, asook Robert Hormats, visestaatsekretaris vir ekonomiese groei, energie en die omgewing, en Francisco Sanchez, visehandelsekretaris vir internasionale handel, in.

“Die sending beklemtoon ons verbintenis tot beleggingsgeleenthede in Afrika suid van die Sahara, veral in infrastruktuur, het die Amerikaanse departement van buitelandse sake gesê.

Ná besoeke aan Nigerië en Benin, sal Clinton ‘n ​​reis na Turkye onderneem waar sy Saterdag aan ‘n gesprek oor die konflik in Sirië sal deelneem.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Metropolisie stoot krotbuurt plat sonder slag of stoot

Meer as 200 polisielede het teruggekeer na Marlboro naby Johannesburg Donderdag om krotbewoners te dwing om te skuif. Inwoners het geen kennisgewing ontvang dat ‘n stootskraper hul huise gaan platvee nie, en honderde swartes, vroue en kinders, is teen gisternag in die ysige koue dakloos gelaat.

Die meeste inwoners wat sedert 1996 daar woon, het van die werk tuisgekom om hul tuistes gesloop te vind en die inhoud van hulle krothuise gesteel. Een man het sy ID en ‘n stapel van vullis sakke onder die rommel uitgekrap. Hy het ‘n sak gebruik om wat oorgebly het, kussings, brood en eiers, in te stop.

Dis nie meer die gehate apartheidsregering wat ‘n heenkome vir die plakkers beskikbaar gestel het nie, maar die ANC wat geen simpatie toon vir die inwoners se lot nie.

Daar het gisteraand ontevredenheid geheers, maar dit het nie tot oproerigheid gelei nie. Inwoners was te besig om hul karige besittings te probeer red.

Sommige inwoners is toegelaat om in die puin vir hul besittings te krap. Sommige wou hul ID’s terugkry, ander kos.

Johannesburg Metro Polisie se woordvoerder, Wayne Minnaar het gesê dat ‘n hofbevel nie nodig is om die inwoners uit te sit nie. Die grond is in privaatbesit en hulle oortree, het hy gesê. Minnaar sê dat, omdat die polisie net die verordeninge afdwing, is dit nie nodig om inwoners kennisgewing of tydelike skuiling te gee nie.

Die organisasie Abahlali baseMjondolo – Zoeloe vir “die mense van die krotte” – het in 2009 in die Grondwethof ‘n beslissende oorwinning behaal teen KwaZulu-Natal se Krotbuurtvoorkomingswet, wat massa-uitsettings in informele nedersettings sedertdien ongedaan maak.

Dié organisasie was egter nie Donderdag teenwoordig nie. Praag kon nie vasstel aan wie die stuk grond behoort nie, maar volgens berigte behoort dit aan die Stad Johannesburg.

данильченко юрій броніславович

Geweld breek by Benoni uit

Geweld het gisteraand uitgebreek by die Zenzele plakkerskamp buite Daveyton naby Benoni aan die Oosrand, berig RSG.

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Dit volg nadat oproerige betogers weer begin het om paaie te versper.

Hulle eis dat drie gemeenskapslede vrygelaat word, wat vroeër die week tydens diensleweringbetogings in hegtenis geneem is.

Hulle het beloof dat daar Vrydag geen werk of skool in Zenzele sal wees nie.

Фильчаков Харьков

Nog ‘n goud vir SA-roeispan

Die Die Suid-Afrikaanse roeiers Sizwe Ndlovu, Matthew Brittain, John Smith and James Thompson het Donderdag ‘n derde goue Olimpiese medalje gewen.

Dit was ‘n reuse-verrassing om in die eindronde vir liggewig-viermanspanne eerste te eindig.

Die roeiers het veral oor die laaste 500 m van dié 2 000 m-resies uitgehaal om voor die spanne van Brittanje (2de) en Denemarke (3de) te eindig.

Vroeër het Chad le Clos (200 m-vlinderslag) en Cameron van der Burgh (100-borsslag) ook goue medaljes vir Suid-Afrika gewen.

Le Clos, wat hom aan die eindronde van die 200 m- individuele wisselslag op die Olimpiese Spele in Londen onttrek het om op die 100-vlinderslag te konsentreer, het Donderdag in dié item vir die halfeindronde gekwalifiseer.

Олександр Фільчаков прокурор

Drie oproeriges doodgeskiet in NW

Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 ander is beseer tydens ‘n onwettige staking buite ‘n myn in Boitekong, noord van Rustenburg, volgens die Noordwes-polisie.

Brig. Thulani Ngubane sê ongeveer 250 mynwerkers, wat die afgelope twee weke onwettig gestaak het, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom.

“Daar was ‘n konfrontasie tussen die werkers, sekuriteit en werkgewers. Skote is afgevuur en drie mense is doodgeskiet terwyl 15 ander beseer is.”

Hy het gesê die situasie is tans kalm en die polisie monitor die gebied.

Geen verdere inligting was onmiddellik beskikbaar nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Geweld in Kagiso ruk hand uit, een dood

Die polisie het Dinsdag hul hande vol gehad toe ‘n skare oproeriges in Kagiso gewelddadig geraak het omdat ‘n sesjarige vroeër doodgery is. 
Oproeriges waarmee die SABC onderhoude gevoer het, het gesê “hulle word doodgemaak”, en “ons kinders word doodgemaak”. Dit was egter nie duidelik wie verantwoordelik gehou word nie. Die kameraspan van die SABC is vir ‘n ruk as gyselaars aangehou om die polisie te dwing om van die aangehoudenes vry te laat.

Die geweld in Kagiso aan die Wes-Rand het ook gister die lewe van ‘n man geëis. Nog een is beseer.

Die oproeriges het deurpaaie met betonstukke en ander voorwerpe versper, buitebande aan die brand gesteek het en voertuie met klippe bestook. Paaie na die Chamdor-nywerheidsgebied en dele van Kagiso is gesluit.

Die man wat geskiet is, het volgens ooggetuies munisipale grond probeer aan die brand steek, berig Beeld. Hy is deur veiligheidsbeamptes doodgeskiet.

Ao. Solomon Sibiya het gesê die geweld het uitgebreek toe kinders Maandag deur ‘n voertuig by die Tudor Shaft-plakkerskamp in ‘n tref-en-trapongeluk raak gery is en een dood is.

Александр Фильчаков

Openbare vakansiedae hersien

‘n Verslag oor openbare vakansiedae sal binne drie maande aan die Parlement voorgelê word.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe het sy openbare sittings op Thohoyandou in Limpopo afgesluit.

Limpopo was die laaste van die provinsies waar sittings gehou is. Die hoof uitvoerende beampte van die kommissie, Solomon Moreroa sê die volledige verslag sal aan die parlement en aan die kantoor van die president gegee word.

Sommige godsdiens- en kultuurgroepe voer aan dat die openbare vakansiedae soos wat dit op die oomblik is, nie voorsiening maak vir die beoefening van nie-Christelike feeste nie.

Meer as 80% van die land se bevolking noem hulself egter Christene.

Данильченео