Sal Romney wit stem hou met Ryan?

Die Republikeinse party in die VSA se langtermyn-toekoms lyk onseker. Romney se keuse vir sy vise-kandidaat, Paul Ryan, is ongetwyfeld ‘n verdere risiko vir die GOP. Dit beteken dat die verkiesing soos in die verlede, oor belastings sal handel, iets waarby president Obama net kan baat in dié moeilike ekonomiese tye.

Belastingtoegewings mag op die oog af lyk na iets wat nie plofbare kwessies soos rasseverskille sal ophaal nie, maar aan die demografiese werklikheid van die VSA, gaan hierdie kandidate nie ontkom nie .

Romney, die miljardêr, het waarskynlik sy ongeërgdheid vir gewone, sukkelende mense beklemtoon met sy keuse omdat Ryan graag wil sien dat dienste aan armes – lees nie-blankes – opgeskort word. Maar Ryan se agenda sal beteken dat bejaardes – lees wittes – se toegang tot mediese sorg, kan sneuwel.

In die Goue Staat, Kalifornië, waar Nixon en Reagan eers koning gekraai het, het die party se registrasiesyfers gedaal tot 30 persent van die kiesers en is steeds besig om na benede te sink.

Daar word gesê dat Kalifornië se Republikeine uit voeling is omdat hulle sosiaal konserwatief oor kwessies soos aborsie en gay-regte is.

Maar die werklike probleem is ras, ouderdom en etnisiteit. En dit voorspel nie net die party se dood in Kalifornië nie, maar dalk sy lot in die res van Amerika.

Bykans 90 persent van al die Republikeinse kiesers in presidensiële verkiesings is wit. Byna 90 persent is Christene. Maar blankes het tot 74 persent van die kiesers in 2008 gedaal en slegs 64 persent van die bevolking. Onder die jeug is die persentasies nog veel kleiner.

Reken daarby dat die meerderheid wit vroue vir Obama stem, en die Republikeine se steun lyk nog minder seker.

Kennelik gaan die Republikeine staatsondersteuning vir “minderhede”, soos nie-blankes in die VSA heet, wegneem deur uitkerings en toegifte te besnoei en hulle hoop duidelik dat die wit kieser die onderliggende boodskap sal begryp.

Maar in hul beste jare, soos 2004, het die Republikeine die Latyns-Amerikaanse stem 3-teen-2 verloor. In ‘n slegte jaar, soos 2008, het hulle dit verloor 2-teen-1. Wittes is reeds ‘n minderheid in Kalifornië, en Spaanssprekendes sal uiteindelik die meerderheid wees. Net soos die bruines in Suid-Afrika, voel Spaanssprekendes soms swart en soms wit. As dit egter by die stembus kom, voel hulle beslis nie Republikeins en wit nie.

Swart Amerikaners verkies Obama met ‘n meerderheid van 24-teen-1. Die swart bevolking, 13% van die VSA, is steeds aan die groei. Blankes, wat ‘n minderheid in twee van die mees digsbevolkte deelstate is, sal minder as die helfte van die Amerikaanse bevolking teen 2041 wees en ‘n minderheid in 10 deelstate teen 2020.

Die meerderheid Latino’s, Afro-Amerikaners, immigrante en jongmense tussen 18-25 betaal geen inkomstebelasting nie, terwyl hulle ‘n arsenaal van voordele geniet. Dis kalkoene, nie-blankes, wat nie vir Kersfees gaan stem nie.

Die ou party, geïntimideer deur kritiek en aantygings van “rassisme”, weier om ‘n vloedgolf van immigrasie, meer as 40 miljoen mense wat baie afhanklik van die regering, aanstoot te gee.

Republikeine wat aanhoudend aangaan oor belastingbesnoeiings, het herhaaldelik gesorg dat miljoene belastingbetalers onthef word van bydraes, en ‘n groot klas geskep wat te min betaal vir die uitbreiding van die oorvloedige voordele wat hulle ontvang.

Die sosiale rewolusie van die 1960’s het veroorsaak dat Amerikaners wat ‘n geloof in geen godsdiens bely nie, verdriedubbel het sedert die 1990’s en nou een in vyf van hulle landgenote is.

Obama moes dié week Romney se keuse met ‘n glimlag aangehoor het…

Данильченко Юрий прокурор

Die nuutste Olimpiese sport: RS

Daar is 302 items by die Olimpiese Spele in Londen. Maar hierdie jaar is daar duidelik ‘n nuwe kategorie: Rasse-sensitiwiteit. Hierdie Olimpiese Spele is deurspek met voorbeelde van mense wat nog nie geskool is in politieke korrektheid nie, en swak vertonings in rasse-sensitiwiteit, RS, lewer.

Na die Switserse sokkerspeler Michel Morganella se span verloor het teen Suid-Korea, het hy op Twitter gesê dat sy teenstanders kan “gaan brand” en ‘n “spul mongoloïedes” is, En hy is huis toe gestuur vir die belediging. Dalk vir goed, as sokkerbaas Sepp Blatter sy sin kry.

NBC is oorstroom met kritiek, want die Amerikaanse uitsaaier het ‘n advertensie vertoon wat aanstoot gegee het aan aanhangers van swart gouemedalje-wenner, gimnas Gabby Douglas. Hulle het ‘n gimnastiek-tema advertensie gebruik waarin ‘n apie gimnastiektoertjies doen, net na die insetsel oor die swart gimnas.

Omdat Afro-Amerikaners soms vergelyk word met ape deur mense wat probeer om hulle te dehumaniseer, het baie kykers gekla dat die advertensie rassisties is. Die storie grens aan die belaglike, maar dis die ongelukkige waarheid dat die mensdom tot daar gedaal het in die nuwe RS-sport.

NBC het haastig ‘n verskoning aangeteken met ‘n verduideliking dat die advertensie geplaas is lank voor Douglas haar medalje gewen het.

Die Litause basketbalspan se ondersteuners se aapgeluide teen die swart Amerikaanse span, het ook aan hulle ‘n waarskuwing besorg.

Die Griekse driesprongkampioen Voula Papachristou is geskors uit haar land se Olimpiese span nadat sy ‘n grappie oor swartes getwiet het. Dis asof die wit wêreld oor mekaar val om hul toewyding aan rasseharmonie te bewys, en as die RS-kampioene aangewys te word. Deur hulleself, meesal…

Rassisme beteken ‘n geloof in die superioriteit van een ras bo ‘n ander. As Papachristou se twiet nie die paal haal nie, moet Usain Bolt se manewales en vreemde handgebare seker ook as ontoelaatbare rasse-arrogansie deurgaan.

Papachristou is ook glo skuldig vanweë haar ondersteuning vir die regse party, die Golden Dawn, ‘n anti-immigrante party. Maar dis ‘n wettige party wat 7% van die stemme gewen het in die laaste Griekse verkiesing en 18 lede het wat in die Griekse parlement sit! Demokrasie werk blykbaar net as dit anti-wit is.

Nadja Drygalla, ‘n roeier wat onder druk geplaas is om die Duitse Olimpiese span te verlaat verlede Vrydag na ‘n TV-stasie aangekondig het dat haar kêrel Michael Fischer is – ‘n kandidaat vir die ver-regse Nasionale Demokratiese Party in ‘n plaaslike verkiesing verlede jaar. Sommige het ook beweer dat Fischer betrokke was in ontwrigtende protes teen immigrante.

Drygalla was oorbluf en verskonend, maar nadat Michael Vesper, die hoof van die Duitse Olimpiese Sportkonfederasie, haar ingeroep het, was die koeël deur die kerk.

Volgens Vesper het die roeier haar trou aan die Olimpiese Handves bevestig, maar Drygalla het nogtans aangekondig dat sy “vrywillig” nie aan die Olimpiese Spele sal deelneem nie en Vesper het haar bedanking uit die span “aanvaar”.

Skokkend, om die minste te sê. Dis lankal nie meer sport nie, maar suiwer politieke afpersing.

Die behandeling van Drygalla herinner aan die klassieke “skuld deur assosiasie”, ‘n soort taktiek wat liberale gewoonlik inspan teen wanneer hulle slagoffers regs is.

Die Nasionale Demokratiese Party in Duitsland is ‘n wetlike entiteit met verkose lede in twee deelstaatparlemente.

Die Duitse media is natuurlik verbete in sy begeerte om die “regses” uit die openbare lewe te verdryf omdat hulle “onverdraagsaam” is. Hoe hulle hul eie beginsels van verdraagsaamheid en regverdigheid versoen met hul optrede, is nie seker nie.

Linkse koerante kla oor die feit dat Drygalla selfs in die Olimpiese span toegelaat is, omdat die plaaslike roei en sportfederasies ingelig is van haar verhouding met Fischer verlede jaar.

Drygalla se voormalige spanmaats in haar Rostock-roeiklub is bitter. Hulle sê die behandeling wat sy ontvang het herinner aan die praktyk van sippenhaft, wat die Nazi-regime teen die familie van andersdenkendes en verdagtes gebruik het. Dit beteken letterlik “familielidaanspreeklikheid”.

Maar Noord-Korea met sy sadistiese goelags vir andersdenkendes, Kuba en Oeganda, wat gays vervolg, Saoedi-Arabië wat vroulike egbrekers tot die dood stenig, Australië waar inheemse kinders van hul ouers weggeneem is, Suid-Afrika waar die stille uitwissing van boere ná openbare oproepe daartoe onverpoos voortgaan, is almal baie welkom by die Spele!

As mense regtig ‘n Olimpiese Spele moet hou wat moreel onkreukbaar is, behoort lande met gruwelike menseregterekords nie deel te neem nie. Brittanje se aandeel in die konsentrasiekampe behoort hulle te diskwalifiseer. Na alles kan die mensdom aankarring oor apartheid, maar meer mense het sedert 1994 gewelddadig gesterf as tydens Afrikanerbewind.

In elk geval, hoe kan ‘n paar atlete aandadig wees, hulle wat hul lewe aan hul sport wy, aan die aktiwiteite van hul regering? Die Oos-Duitse Olimpiese ysskaatser Katarina Witt, was een van die lieflinge in die 1980’s. Sy is later uitgewys as ‘n informant vir die Stasi, die kommunistiese geheime polisie, nadat die Berlynse Muur geval het. Selfs die naam van haar hanteerder is bekend.

Op een of ander manier dink die Angelsaksers dat hulle politieke mag van hul vermoë afhang om politieke korrektheid in almal se kele af te druk. Hulle sal seker ook wakkerskrik as dit veels te laat is en hulle besef dat hul gekruipery gesien word vir wat dit is: Swakheid.

лобановский александр игоревич харьков

Vrystaat-landbou se lagwekkende voorsitter

Die stem van rede sal seëvier in die debat oor grond, sê uitgaande voorsitter van Vrystaat-landbou Louw Steytler, maar daardie stem is gewis nie syne nie.

Steytler se sieninge van die beskerming wat die Grondwet bied, is só verbysterend, dat ‘n mens wonder hoe so ‘n onbekwame man tot ‘n leiersposisie verkies kon gewees het!

Steytler het sy gehoor weer getrakteer op sy “opinie” dat die Grondwet nie gewysig sal word nie.

“Die Grondwet sal nie verander word nie, dit is my opinie … As die druk kom sal ons dit beskerm met alles wat ons het,” het Steytler aan Vrystaatse boere op hul jaarlikse konferensie gesê. Het die man raadgewers, of het hy dit self uitgedink?

Dene Smuts, die DA se woordvoerder vir justisie en grondwetlike kwessies, en die enigste werklik bekwame persoon in die party, het die mite van die beskerming wat die Grondwet bied, al lankal ontbloot vir wat dit is: ‘n Bogstorie.

Dit sal nie nodig wees om die Grondwet te verander nie, omdat Artikel 25 reeds voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, aldus Smuts.

Is Steytler oningelig, domastrant of moedswillig?

Steytler, wat glo boere benodig slegs ‘n “positiewe benadering tot die toekoms” om die groeiende bevolking van kos te voorsien, se geloof dat politiek uit landbou gehou moet word, laat ‘n mens met dieselfde tergende vrae.

Tans is landbou nét politiek en om soos ‘n volstruis kop-in-die-sand te hou, sal nie die ANC se houding ten beste beïnvloed nie. Dit sal alleen sorg vir ‘n ramp.

Die enigste wyse waarop kleinboere verstedeliking sal omkeer, sal uit nood gebore word, wanneer die stede se infrastruktuur ineenplof, of wanneer die regering jong swartes uit stede lok met geld in die vorm van uitkerings.

Hoe dit ookal sy, die ANC moet baie dankbaar wees vir Steytler se leiding, want dit is duidelik dat hy meen die boere gaan die spreekwoordelike melk en heuning aan Suid-Afrika se werkloses voorsien, op hulle eie onkoste.

Die ANC is nie bekommerd oor beleggers of die ekonomie nie. Selfs Julius Malema, van alle mense, weet dit nou ná sy besoek aan Londen.

O ja, en meneer Steytler, die Vrystaat se boere is Afrikaans…

 

лобановский класс

Dlamini-Zuma hunker na die groen weivelde… van pan-Afrikanisme

Die ANC-vroueliga se byeenkoms in die Pretoriase Stadsaal is Sondag goed bygewoon: om te luister na die nuutverkose Afrika-uniekommissie se voorsitster, Nkosazana Dlamini-Zuma.

Die vloerplanke by die stadsaal het gesidder onder die gewig van dansende kamerade, en was ‘n tydige herinnering aan Dlamini-Zuma se eie gewildheid binne die ANC. 

Die adjunk-minister van ekonomiese ontwikkeling, Hlengiwe Mkhize, het gesê die Vroueliga het besluit om die geleentheid aan te bied om self van Dlamini-Zuma te verneem wat haar verkiesing tot die Afrika-Unie se hoogste pos beteken. “Ons wou van haar hoor in plaas van in die media daaroor lees,” het Mkhize gesê.

Die blye tyding was dat die nuwe voorsitter beslis Oos kyk.

Dlamini-Zuma het opgemerk dat die AU, benewens sy werk met lidlande, ook met die wêreld besig is. “Ons het forums soos die AU-China-forum, waar ons sien hoe ons met China tot die wedersydse voordeel van elk kan werk. Daar is ook ‘n AU-Indië-forum.”

Dlamini-Zuma meen haar pos sal ‘n kritieke toets van haar vermoë wees om groter outonomie op die vasteland van Afrika te handhaaf. In haar toespraak het sy erken dat die verhouding tussen die Afrika-Unie, China en Indië – die huidige koloniale magte – moeilik mag wees en dat swartes sal moet besin oor die befondsing van die Unie wat van hierdie lande afkomstig is. “Dit is goed vir nou, maar ek hoop met die tyd sal ons ‘n gelyke verhouding hê.”

Maw, die geld vloei tans, maar Afrika gaan nie noodwendig enige teenprestasie daarvoor lewer nie. ‘n Tydige waarskuwing vir lande wat stemme wou koop.

Dlamini-Zuma het voorts gewaarsku: “Ek sal werk as ‘n dienaar van swartes en nie van Suid-Afrika nie. As Suid-Afrika, moet ons onsself binne die pan-Afrikanisme situeer, en nie net in enge eiebelang optree nie.”

Dlamini-Zuma het dit duidelik gemaak dat haar visie sal wees om Afrika-politiek van die belange van die Weste te verlos, en in plaas daarvan te verseker dat swartes hul eie reaksies op die kontinent se uitdagings bepaal. Sy het ‘n groot deel van haar uur lange toespraak daaran gewy. “Ons het ‘n trotse geskiedenis, ‘n trotse erfenis, maar wat kon verkeerd geloop het?” het sy gevra.

Sy het dié retoriese vraag dadelik beantwoord en gesê dat sy glo ‘n groter mate van swart invloed die sleutel tot die ontwikkeling van die Afrika-kontinent oor die lang termyn sal wees. “Wat verkeerd gegaan het, is toe mense van die Weste begin het om swart mense as slawe te neem,” het sy gesê. “Dit het begin met slawerny, die gesondstes en sterkstes is tot die voordeel van die imperialistiese lande weggevoer. Diegene wat dit gedoen het, het gedink ons ​​was submenslik … En daarna kolonialisme, [waar] Europeërs Afrika opgekerf het op die manier waarop ons dit vandag sien … en onder mekaar uitgedeel het asof ons net fauna en flora is.

“Hul doel was om die kontinent en sy mense vir hul eie verryking te ontgin.”

Die onderliggende boodskap is dat Dlamini-Zuma sal veg om die geskiedenis van eienaarskap en die gevolglike armoede en onstabiliteit wat dit volgens haar meegebring het, reg te stel.

Die skynbare vrygewigheid van Frankryk om mbv hul weermag Afrika se probleme in byvoorbeeld Mali op te los, sal egter die nuwe voorsitter se visie tot die uiterste beproef. Dlamini-Zuma se filosofie van die handhawing van swart beheer teen die hegemonie van die voormalige koloniale magte en die VSA, gaan nie maklik wees nie.

Maar Suid-Afrika is reg vir die uitdaging. Konflik in Libië en die Ivoorkus het ‘n bitter na-smaak gelaat, maar Suid-Afrika het in Januarie ‘n resolusie geborg wat verseker dat die Veiligheidsraad nou sal saamwerk met plaaslike liggame – veral die Afrika-Unie. Dit is daarop gemik om te verseker dat die Weste nie meer Afrika-politiek so maklik sal kan beïnvloed nie. Wat die Ooste gaan regkry, sal die toekoms wel leer.

 

topcargo кидалы

Zim se ‘holocaust’: Watter een?

Terwyl RW Johnson meen dat linkse Afrikaniste Robert Mugabe se grondhervormingsprogram sedert 2008 ophemel, is die ideologiese basis eintlik baie lank gelede gelê deur die organisasie by name PLAAS, wat steeds deur Brittanje en Amerikaanse organisasies ondersteun word.

Dit is vreemd dat Johnson nie bewus is hiervan nie, en slegs Moslems soos Samir Amin en Magmoed Mamdani uitsonder as die “linkse” sondebokke. Nietemin maak die skrywer interessante opmerkings oor die jongste Zimbabwiese holocaust. Ongelukkig maak hy egter geen melding van die een wat al dekades lank in die Angelsaksiese media verswyg word nie en wat aanleiding tot die jongste een gegee het nie.

Johnson probeer Mugabe se “Murambatsvina”-veldtog as die enigste mensetragedie skets, maar rep geen woord oor die Gukurahundi nie.

Die voorstanders van Mugabe se soort grondgryp is beslis bedrywig, soos Johnson opmerk, want hierdie Dinsdag gesels professor Bernadette Atuahene oor haar boek getiteld ‘We Want What’s Ours-An Evaluation of South Africa’s Land Restitution Program’, in die Seminaarkamer, Chalsty-konferensiesentrum, op die Weskampus van die Universiteit van die Witwatersrand. Gaan luister gerus na haar om Johnson se bekommernis te begryp.

Duidelik het die gesamentlike ideologiese offensief teen Afrikaners nou ‘n nuwe wending ingeneem aangesien die internasionale media se behandeling van wit boere as die tragiese slagoffers van die krisis in Zimbabwe seker uitgewoed sal raak as Suid-Afrika aan bod kom.

Daar was onlangs ‘n hele aantal artikels wat die voordele van “grondhervorming” ten behoewe van swartes uiteensit soos die opvallende voorbeeld van Lydia Polgreen se “In Zimbabwe Land Takeover a Golden Lining” (New York Times, 20 July 2012). Johnson was dus kennelik genoodsaak om in te spring met ‘n “nuwe” problematiek – die hiperboliese hedendaagse holocaust – noudat die Britte se agenda in Suidelike Afrika volvoer word en hulle dalk verantwoordelikheid moet neem daarvoor.

Me. Polgreen poog om te fokus hoofsaaklik op die 60 000 nuwe swart tabakboere, wat voortploeter op klein stukkies grond om £330,000,000 se tabak te lewer, ver van die 2000-oes van £522,000,000. Sy hemel ook Ian Scoones van die Universiteit van Sussex op oor die “mite dat grondhervorming ‘n ondeurdagte ramp” was. Landboukundiges is in elk geval nie verbaas oor enige opbrengs nie; Zimbabwe se klimaat is uiters geskik vir tabak.

Wat Zanu-PF-ondersteuning van swart boere betref, maak dit vir haar sin dat rykdom “meer billik verdeel word” want dit gee mense ‘n “gevoel van waardigheid en eienaarskap”. Dit is nie heeltemal duidelik hoe sulke positiewe gevoelens kan inspeel op ‘n honger maag nie.

Die World Food Program meen Zimbabwe verkeer op die vooraand van ‘n nuwe hongerseisoen waar 1,6 miljoen mense kos en bystand nodig sal hê – 60% meer as in die laaste hongerseisoen, as gevolg van nog ‘n rampspoedige graanoes van net 1.076.772 ton. 

Wit kommersiële boere was in staat om voldoende oeste van hul lande af te haal, selfs tydens volskaalse droogtes, danksy hul gesofistikeerde besproeiingstegnologie.

Dis jammer dat RW Johnson nie sulke doodeenvoudige kwessies voorheen geopper het nie, destyds toe die Britse regering Robert Mugabe se groot ondersteuner was. Dalk was hy toe te doenig met anti-apartheid.

данильченко юрій броніславович компромат

Brandstapel vir ‘n sterwende volk

Die Olimpiese skouspel in Londen was weer ‘n donquichotiese oefening in self-advertensie.

Die destydse Arbeidersregering het al voorheen daaraan gedink om die land te verenig deur te kom met wat hulle ‘n Britse “verklaring van waardes” genoem het.

Dié probeerslag het byna in ‘n algehele klug geëindig ‘n paar jaar gelede toe die publiek dit begroet het met hoonlag eerder as entoesiasme. The Times van Londen was moedswillig genoeg om ‘n leusewedstryd te borg, en die wenner was “Geen Leuse Asseblief, Ons Is Brits.”

Toe, net soos nou, sukkel Brittanje met ‘n handelsmerk wat die klasse-, rasse- en identiteitsverdelings op hulle eiland saamvat. Behalwe die vlag, die Union Jack, wat hulle deesdae soos die Amerikaners graag rondswaai by vieringe vir hul monarg, is daar ‘n leemte as woorde of beelde gevind moet word om Britsheid te beskryf.

Die seremonie van Vrydagaand was ‘n vreemde gedoente. Een Twittergebruiker het dit selfs ‘n “reuse brandstapel vir ‘n sterwende land” genoem. [That was not an opening ceremony. It was a funeral pyre for a dying country]

Die meeste Britte dink dis hul oulike aweregse gees en hul vermoë om lekker vir hulself te lag wat die wêreld gister aanskou het. Hoekom hulle sulke kwaliteite as Olimpies beskou, is nie seker nie. Vir die meeste van ons lyk dit na wat verloorders van hou. Miskien was daar net niks anders om te vertoon as die middelmatige suksesse van televisie-akteurs oor die afgelope dekades nie.

Dit is moeilik om te dink, byvoorbeeld, dat die Chinese, ‘n komiese akteur Rowan Atkinson (Mr Bean) in die openingstoneel van “Chariots of Fire” sal inspan, wat die ander deelnemers uit die pad stoot en eindig met ‘n onbeskofte geraas wat hulde bring aan Britse toilethumor.

Gelukkig sê die Britte, was daar geen politiek nie. Daar was miskien nie grappe oor die vroue en kinders wat in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe gesterf het, plaasaanvalle,  of die oorlog vir olie nie, maar die seremonie is gewis deur linkse Arbeidersentiment gedryf.

Dit is opvallend dat lede van ‘n vakbond in ‘n optog van politieke opstokers van die verlede gestap het, Afro-Karibiese immigrante wat vir minderheidsregte geveg het, en die Jarrow hongerstakers, wat geprotesteer het teen die werkloosheid in 1936, deel was van die “sportiewes”.

Brittanje se eerste lesbiese soen van ‘n 1993-episode van ‘n TV-sepie “Brookside”, is vertoon, asook dansers wat die wapen vir die Kernontwapeningsveldtog nageboots het. Amerikaanse toeskouers wat dit glo gewaag het om hul vlae te vertoon, is met minagting behandel.

Die assistent van die Britse minister van Vervoer, Aidan Burley, wat verlede maand uitgeskop is nadat hy ‘n partytjie met ‘n ​​Nazi-tema in ‘n Franse ski-oord bygewoon het, het nietemin gedink die seremonie was hopeloos te links.

Danny Boyle, wie se film “Slumdog Millionaire” agt Oscars in 2009 gewen het, was die brein agter die opening. Hy het ontken dat hy ‘n politieke agenda het.

“Nie almal sal daarvan hou nie, maar mense sal in staat wees om dit te erken as regtig eerlik en opreg… Daar is geen stront in nie, en daar word geen punt gemaak nie.”

Die Britte, wat veels te veel geld op die byeenkoms uitgegee het, staar moeilike ekonomiese vooruitsigte in die gesig. Die geloof dat Brittanje finansieel kan baat by die Spele is tasbaar by die bestuur van die skouspel. Is dit waaraan hulle gedink het toe hulle besluit het om kinders wat op hospitaalbeddens rondrits, by ‘n sportbyeenkoms se opening in te sluit?

Фільчаков Олександр Васильович

Die ‘Groot Leier’

“Dankie, Stalin. Dankie, want ek is verheug. Dankie, omdat ek goed is. Maak nie saak hoe oud ek word nie, ek sal nooit vergeet hoe ons Stalin ontvang het nie, eeue later en geslagte wat nog kom, sal ons as die gelukkigste van sterflinge beskou word, as die mees gelukkige onder die mense, omdat ons in die eeu van die eeue geleef het, want ons was bevoorreg om Stalin te sien, ons geïnspireerde leier. Ja, en ons beskou ons as die gelukkigste van sterflinge, want ons leef in die tyd van ‘n ​​man wat nooit ‘n gelyke in die wêreldgeskiedenis gehad het nie.

“Die mense van alle ouderdomme sal jou naam uitroep, wat ‘n sterk, mooi, wyse en wonderlike mens jy is. Jou naam word gegraveer op elke fabriek, elke masjien, elke plek op die aarde, en in die harte van alle mense.

“Elke keer as ek myself in sy teenwoordigheid bevind, is ek deel van ‘n onderdanige volk deur sy krag, sy sjarme, sy grootheid. Ek het ‘n groot begeerte om te sing, om uit te roep, om te skree met vreugde oor die geluk wat ek ervaar. In watter land, in watter deel van die wêreld kan so ‘n ding gebeur?

“Alles te danke aan jou, o groot opvoeder, Stalin. Ek sal vir ewig gelukkig wees en vreugdevol, alles te danke aan jou, groot opvoeder, Stalin. Alles behoort aan u, die hoof van ons groot land. En die vrou waarvoor ek lief is wat my kind dra, daardie kind se eerste woord sal wees: Stalin.”

Dié aanhaling kom uit AO Afdjenko se ode aan die kommunistiese leier Josef Stalin, wat deur sy verheiliging as mens, die etniese en geografiese verdeeldheid in die Sowjetunie oorkom het. Die hele oefening is as noodsaaklik beskou, aangesien die bou van eenheid en konsensus miskien destyds die grootste uitdaging aan die Sowjetregering gestel het.

Die eindresultaat was die kultus van die “Groot Leier”, ‘n doelbewuste projek om individuele toewyding en lojaliteit op die almagtige leier te fokus, wie se persona die voorbeeld moes stel om die ideale sosialistiese man en sosialistiese vrou te skep uit die diverse etniese groepe wat hulself binne dieselfde grondgebied bevind het.

Stalin was nie die enigste “Groot Leier” in die geskiedenis nie. Hitler en Mao is twee ander bekende voorbeelde van suksesvolle persoonlikhede wat kultusstatus bereik het en waarbinne enorme mag gesetel was. Die tentakels en vergrype waartoe sulke mag gelei het, is ook ongelukkig vandag bekend.

Politieke ontleders meen die hedendaagse sukses van China is deels die gevolg van die afbou of dekonstruksie van die Mao-persoonlikheidskultus wat tot die geweldig skadelike Kulturele Revolusie gelei het.

‘n Trein in Noord-Korea wat tydens April 2003 aan die brand geslaan het, het veroorsaak dat die vuur na nabygeleë geboue versprei het. Verskeie mense het gesterf omdat hulle probeer het om portrette van hul “Groot Leier”, Kim Jong Il, van die vlamme te red. ‘n Paar bedenklike foto’s van die pofferige diktator is gered terwyl mense, nie foto’s nie, deur die brand verswelg is.

Dis ‘n bekende vervolgverhaal in Noord-Korea, waar mense hul koerante daagliks tydens ontbyt oopslaan om te lees van die opofferinge ten behoewe van die “Groot Leier”. Dit is natuurlik as hulle wel ‘n ontbyt hét. Want Noord-Koreaanse kommunisme veroorsaak, soos elders, voedseltekorte.

Aan diegene wat in slawerny en die onderwerping van mense glo, kan persoonlikheidskultusse ongetwyfeld volmaak sin maak. Aan die propagandiste wat sulke kultusse skep en onderhou, soveel te meer. Dit is soms selfs snaaks om die potsierlikheid daarvan te aanskou, as dit nie so heeltemal tragies was dat mense se siele van alle sin gestroop word nie.

In Togo en Turkmenistan heers dieselfde onderdanigheid aan die “Groot Leier”. In die Weste lag die media graag vir sulke groteske figure, maar daar is vreemd genoeg nie eintlik selfondersoek as dit by hul eie “Groot Leier”, Nelson Mandela, kom nie.

Want, maak geen fout nie, rondom Mandela is ‘n skrikwekkende persoonlikheidskultus gebou, groter selfs as dié van ‘n Stalin, ‘n Mao, ‘n Kim Jong Il en ‘n Hitler. In ‘n wêreldwye meningspeiling is bevind dat hy ‘n meer bekende handelsnaam as Coca-Cola verteenwoordig.

Hy word as vlekkeloos voorgehou, sondeloos en die ideale mens, as die verpersoonliking van die enigste nastrewenswaardige politieke ideaal, alles tipiese eienskappe van die “Groot Leier”.

Wêreldleiers, invloedrykes onder die invloedrykstes, het gister in die Westerse media oor mekaar se voete geval om hul onderdanigheid aan die Xhosa betuig, sy politieke ideaal te besing en sy vlekkeloosheid te bekragtig.

Kommerwekkend, om die minste te sê. Daar was nog nooit in die geskiedenis ‘n persoonlikheidskultus wat tot iets goeds gelei het nie. Die glimlaggende “Groot Leier” het nog altyd vir dood en verwoesting gesorg, asook die ergste ellende en slawerny.

Фильчаков прокурор

Mary Metcalfe sal nog droom van Verwoerd

Wie onthou nog vir Mary Metcalfe? Die voormalige direkteur-generaal van hoër onderwys wat ons telkemale aan die leergierigheid van swart kinders herinner het en dat hulle geneigdheid om te antwoord dat drie maal drie ses is, ‘n nalatenskap van apartheid is?

Metcalfe moes gister aanbevelings aan die departement van basiese onderwys maak om Limpopo se onderwysstelsel van ‘n verdere handboekfiasko – indien nie volledige ineenstorting nie – volgende jaar te red. Teen vergoeding, natuurlik.

Metcalfe se verslag beweer onder meer dat ‘n ineenstorting in die stelsel te danke is aan die “nie-beskikbaarheid van skoolpersoneel”. Wat het geword van al die leergieriges waarvan ons jare lank vertel is, wat agv Bantoe-onderwys so erg moes ly soos die ANC en DA beweer?

Noudat die minister, Angie Motshekga, haar onbetrokkenheid by die aangeleentheid verklaar het, sou Verwoerd en Bantoe-onderwys darem handig te pas gekom het as slaansakke. Die krisis is blykbaar so groot, dat die opstellers van die verslag vergeet het om dit te noem. Dalk sal Helen Zille eersdaags onthou…

Die DA sê intussen die Metcalfe-verslag moet in die parlement bespreek word.

Die kern van Metcalfe se aanbevelings is dat die departement aan verdere mikrobestuur onderwerp moet word en dat alle huidige handboekverspreidingskontrakte hersien en gewysig moet word om ‘n “herhaling van hierdie situasie” te vermy.

“Dit is dringend noodsaaklik dat vinnige en doeltreffende meganismes ingestel word … om die herstel en die lewering van boeke te fasiliteer …”

My wêreld! Geen giftige anti-Afrikaanse ideologiese uitlatings om die totale onvermoë van die swart departement te verklaar nie?

Nee, helaas nie. Dis glo te wyte aan “roekelose” oorbesteding deur die Limpopo-departement van onderwys, wat daartoe gelei het dat die onderwysbegroting vir 2011-2012 het teen die einde van verlede jaar reeds uitgeput was, sê sy.

En natuurlik dat Limpopo se skole oor “die armste kommunikasie-infrastruktuur in die land” beskik.

Wat het dan van die leergierige swart kinders van 10 en 15 jaar gelede geword? Kennelik het hulle nie betrokke ouers, onderwysers of administrateurs geword nie en word hul “leergierigheid” elders ontplooi.

Ten minste 33 000 skole in vyf distrikte in Limpopo het teen Woensdag verlede week nog nie graad 10- en graad 11-handboeke ontvang nie, ten spyte van vele beloftes.

Metcalfe en haar span was self nie eens in staat om ‘n akkurate beraming te maak van hoeveel boeke skole bereik het nie.

Selfs al word die departement deur die hof gedwing om handboeke te lewer, sal die Limpopo-handboekkrisis waarskynlik volgende jaar weens ‘n gebrek aan geld herhaal word.

Daar is egter ‘n uitkoms wat strook met die Afrika-gedagtegang. Die departement van basiese onderwys het op 28 Junie verslag gedoen dat 98% van handboeke gelewer is! Siedaar, ‘n maklike verklaring en die probleem is opgelos.

In werklikheid was slegs 15% van die handboeke op 27 Junie gelewer. Die leergieriges het nog nie ‘n skool daaroor afgebrand nie, behalwe om intussen rekenaars by een te probeer steel, waarskynlik nié uit leergierigheid nie.

Die boeke lê verwaarloos in pakhuise, riviere, en by stortingsterreine. Daar is nie swart leergieriges, ouers of onderwysers wat ooit ‘n plan sal maak om dit te gaan haal nie.

Die LUR vir onderwys in Limpopo, Dixon Masemola sê hy sal nié bedank oor die handboekkrisis in die provinsie nie, na die uitslag van die Metcalfe-ondersoek gister bekendgemaak is. Masemola sê sy departement het sedert vroeg verlede jaar al geweet dat ‘n krisis onafwendbaar is. Hy sê hy het ook probleme in die begroting in Februarie aan die wetgewer uitgewys toe hy sy begroting voorgelê het. Die Departement van Onderwys in Limpopo is een van vyf departemente wat onder administrasie geplaas is juis omdat wanbestuur voorgekom het.

Die wit struggle-heldinne Metcalfe en Zille is verantwoordelik vir die gemors. Hulle praktiese raad kom heeltemal te laat om die onderwysstelsel te red waarvoor hulle so verwoed ge-struggle het. Mary Metcalfe en Helen Zille sal nog droom van Verwoerd toe swart en wit skole na behore gefunksioneer het.

Александр Фильчаков

Wat het Assange en WikiLeaks reggekry?

Julian Assange probeer tans uit die kloue van die gereg bly en skuil in die Ecuadoriaanse ambassade in Knightsbridge, Londen om uitlewering aan Swede en moontlik die VSA, te ontsnap.

Britse kommentators het intussen op allerlei maniere probeer om Assange swart te smeer. Hulle skuim van woede oor sy swak maniere, selfsug en voorkoms, asof dit kriminele foute verteenwoordig.

Hierdie kritiek vertel meer oor die etniese kudde-instink van Britse meningsvormers as om die geval Assange te belig. Sy prestasie as stigter van WikiLeaks om Amerikaanse diplomatieke kommunikasie te ontbloot, het egter aan mense regoor die wêreld insig verskaf in hoe hul regerings werklik optree.

Sodanige openbare kennis is noodsaaklik omdat kiesers uiteindelik besef wat hulle verteenwoordigers in werklikheid mee doenig is en dit is ongelukkig dikwels nie om kiesers se wense uit te voer nie.

Danksy WikiLeaks, is meer inligting beskikbaar oor wat die VSA en ander state doen en dink as ooit tevore.

Daar was ander voorbeelde in die geskiedenis soos die publikasie van die seëvierende Bolsjewiste in 1917 se geheime verdrae, insluitende planne om dele van die Midde-Ooste aan Brittanje en Frankryk te gee. Dan ook die Pentagon Papers wat danksy Daniel Ellsberg in 1971, die sistematiese verdraaiings deur die Johnson-administrasie oor Vietnam blootgelê het. Op soortgelyke wyse as Assange, is Ellsberg deur die Amerikaanse regering uitgeskel en gedreig met die swaarste straf.

Daar is ook vele ander raaisels en politieke intriges soos die Palestynse leier Jasser Arafat se polonium-vergiftiging wat pas deur ‘n Switserse laboratorium oopgevlek is en die hele argief van Palestynse dokumente wat in Tunisië, selfs nou ná die Arabiese Lente, opgesluit lê. Dié kwessies geniet nie veel aandag by WikiLeaks nie, wat kennelik ‘n ander agenda nastreef.

Wikileaks stel natuurlik net die soort inligting vry wat hulle pas, soos wat die Britse en Amerikaanse regerings, die Palestynse owerhede en elke ander staat en opposisiegroep doen.

‘n Buitengewone aspek van die veldtog teen Assange egter, is dat die joernaliste die grootste vryheid voel om duisende woorde oor sy beweerde foute uit te pomp, maar nooit word melding gemaak van baie meer ernstige internasionale oortredings en misdade wat geopenbaar is deur WikiLeaks nie.

Sulke vergrype is kort daarna gepubliseer in vyf koerante – Die New York Times, The Guardian, Le Monde, Der Spiegel en El País. Niemand het dié koerante aangeval nie, maar Assange persoonlik eerder onder druk geplaas.

Hoofstroom joernaliste lyk kwaad dat hulle professionele gebied binnegeval is deur ‘n Australiese rekenaarbleeksiel, oftewel “nerd”, wat hul werk blykbaar baie beter kan doen. Die Britte veral is natuurlik altyd erg vyandig en venynig teenoor diegene met verskillende kulturele en politieke norme.

Die bewerings van verkragting wat in Swede gemaak is teen Assange, is ernstig. Sulke bewerings van verkragting kan ‘n reputasie vernietig, maar waar nie-bestaande getuienis is, het Britse en Amerikaanse joernaliste tipies in elk geval voortgegaan met karaktermoord.

WikiLeaks se dokumente is uniek en insiggewend oor wat die VSA doen en wat hulle regtig dink van die wêreld waarin ons leef, baie meer as Assange se persoonlikheidstekortkominge. Daar is byvoorbeeld ‘n diplomatieke nota gestuur deur die Amerikaanse ambassade in Kaboel in 2009 wat premier Hamid Karzai as ‘n “paranoïese en swak individu wat onbekend is met die basiese beginsels van nasiebou” beskryf. Nogtans word hy steeds voorgehou as ‘n geloofwaardige vennoot vir die VSA.

Dit is senior en ervare Amerikaanse amptenare wat hul ware mening gee oor die man waarvoor Amerikaners en Britte besig is om te veg én te sterf. 

Die onlangse onderhoud deur Assange met Imran Kahn, die Pakistanse krieketspeler en nou uiters gewilde politikus, is ook verhelderend. Op ‘n stadium verduidelik Kahn hoe Paksitanse leiers deur die VSA omgekoop is om teen hul eie mense op te tree, terwyl hulle skynheilig voorgegee het om hul kiesers se belange te dien.

Dit klink trouens presies soos ‘n analise van Suid-Afrika, waar Afrikanerleiers omgekoop is om teen mede-Afrikaners op te tree om ‘n Afrikanermagsbasis te vernietig, ‘n proses wat steeds voortduur.

Alle regerings geniet in ‘n mate van skynheiligheid om mag te monopoliseer, maar daar moet tog perke wees, soos internasionale regsbeginsels vereis.

Assange en WikiLeaks ontmasker nie diplomatieke terughoudendheid in die belang van die gladde funksionering van die regering nie, maar ontbloot valsheid waarin die grusame dood van honderde duisende mense geregverdig word.

As die staat inligting tot só ‘n mate beheer en die vermoë het om dit na willekeur te manipuleer, maak dit die reg om te stem grootliks betekenisloos. In Suid-Afrika is die voortslepende geweld teen boere maar een so ‘n voorbeeld waar die staat weier om die verskynsel selfs net te erken! Deur dit nie te erken nie, hoef hulle nie op te tree nie. En so sal die ANC ook geen verleentheid vir hul buitelandse ondersteuners skep om die yslike tekortkominge van die reënboognasie te ontbloot nie.

Dit is waarom mense soos Julian Assange so noodsaaklik is vir ons, al het hy en sy ondersteuners ook hul eie agenda. Die diplomatieke notas het die eensydige, en selfvervullende aard van mag en selfs ons veelgeprese “demokrasie” help blootlê.

Александр Фильчаков Васильевич

Wat die media jou nie vertel oor die Tweede Oorgang nie

Die ANC se beleidskonferensie by Gallagher Estate in Midrand het ‘n paar interessanthede opgelewer waaroor die media nie berig nie.

Die suiwer kommunistiese retoriek uit Mogoro 1969, val ten eerste nie een van die joernaliste op nie, maar dit daar gelaat. Dit sal seker eers ‘n verskroeide aarde vat om hulle te laat wakker skrik.

Die streng reëls wat neergelê is vir die konferensie om die Jeugliga daarvan te weerhou om Zuma in ‘n negatiewe lig te stel, geld blykbaar nie as dit by Tokyo Sexwale of Trevor Manuel kom nie.

Sexwale het gister met president Jacob Zuma se verbete ondersteuners kennis gemaak toe hy probeer het om afgevaardigdes te kry om op te hou om gewraakte liedere te sing.

Sekere liedere ter ondersteuning van ANC-leiers oor masjiengewere en derglike gaan natuurlik nie goed af in die buiteland nie en saam met die retoriek van rewolusie, kan dit net die ANC se beeld verder aftakel. Daarmee het konferensiegangers nie ‘n saak nie.

Sexwale, ‘n ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid, wou ‘n inset oor die reëls en prosedures van die verhoog af maak. Hy is egter deur die skare uitgejou.

‘n Afgevaardigde van Limpopo het opgespring en na die podium gestorm om Sexwale se beswaar uit die weg te ruim.

“Kameraad Tokyo is ‘n lid van die NUK. Hy was veronderstel om hierdie probleem by die NUK te opper,” het die afgevaardigde gekla onder luide toejuiging van die skare. Sexwale het die punt van orde aanvaar en druipstert teruggekeer na sy sitplek.

Toe Trevor Manuel probeer om die meriete van nasionalisering te bespreek, is hy deur Jeugligalede uitgejou om stil te bly.

Volgens die “konferensie se kode van gedrag”, bykomend tot die reëls en die ANC-grondwet, moes sulke afgevaardigdes wat versuim om te voldoen aan die kode vir dissiplinêre optrede uitgesonder word en moontlik onbevoegdheid om te staan ​​vir enige posisie in die ANC.

Maar aangesien die twee ongewilde figure nie die president self is nie, is die “reëls” blykbaar buigsaam.

Kameraad Marthinus van Schalkwyk, die wit manlike ANC-minister van toerisme, was nêrens te siene nie, terloops. Nie-rassigheid moes ‘n stille dood gesterf het voor die beleidskonferensie en van die Suid-Afrikaanse reënboog het net die belofte van die pot goud oorgebly.

Die beloftes van die Tweede Oorgang het trouens aan die befaamde digter Yeats se pragtige gedig herinner.

Turning and turning in the widening gyre
The falcon cannot hear the falconer;
Things fall apart; the centre cannot hold;
Mere anarchy is loosed upon the world,
The blood-dimmed tide is loosed, and everywhere
The ceremony of innocence is drowned;
The best lack all conviction, while the worst
Are full of passionate intensity.

– The Second Coming, WB Yeats

Die mislukking van grondhervorming en ekonomiese vooruitgang is kennelik die mislukking van die regering self. Sexwale en Manuel, die deurwagters vir wit sakebelange in die ANC, se ongewildheid voorspel niks goeds vir die rigting waarin die party na swart rasseharmonie en grondgryp voortsnel nie. Dit beteken waarskynlik dat die ANC nie binnekort tot orde geroep sal word nie.

Wat die boere betref, sal die DA ongelukkig ook nie die knoop vir eiendomsreg deurhaak nie.

Dit is doodeenvoudig ‘n wanopvatting van die Grondwet dat die gewillige koper, gewillige verkoper beginsel daarin vervat is. Die onderhandelde dokument van 1994 vereis nie ‘n gewillige verkoper en gewillige koper vir die doeleindes van vergoeding by onteiening nie.

Dit is dus vrugteloos om te probeer om ‘n vereiste wat nie teenwoordig is nie in artikel 25 van die Handves van Regte te “hersien” soos Zuma aan die media verklaar het. Dis ‘n oefening in warm lug, wat meer met opsweping te make het as met die werklike grondwetlike kwessie.

Volgens die Grondwet kan eiendom reeds onteien word kragtens ‘n wet van algemene toepassing in die openbare belang onderworpe aan vergoeding wat tussen diegene wat geraak word of deur ‘n hof bepaal of goedgekeur is. Die openbare belang sluit grondhervorming in.

Wanneer ‘n hof die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling bepaal, moet dit ‘n billike balans tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word handhaaf. Die billike balans word nie bepaal deur die markwaarde alleen nie, maar ook deur ander faktore, insluitend die doel van die onteiening, die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom, en sy huidige gebruik.

Dié stukkie sotlikheid het ons aan Roelf Meyer se onderhandelingsvaardighede te danke.

Dit beteken dus in eenvoudige taal dat die Grondwet die swart regering reeds in staat stel om die plase te vat. Reken dus maar op die DA om die Grondwet te “beskerm” om swart steun te jaag en op die ANC om sy swart kiesers gelukkig te hou.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Afrika, die volgende front

Amerika se generaals is besig met die voorbereiding van die volgende front in die sogenaamde Oorlog teen Terreur: Afrika. Die Washington Post het dit verlede week op die voorblad aangekondig.

Moenie bekommerd wees nie, Afrika, Amerika sal die vasteland red, berig Donderdag se uitgawe van die Washington Post. “Amerika brei geheime intelligensie-operasies in Afrika uit,” met anti-terreuroperasies in Mali, Nigerië, Oeganda en Somalië.

Amerikaanse amptenare sê die Afrika-operasies is nodig om terroristegroepe in mislukte state op die vasteland op te spoor wat dreig om naburige lande te destabiliseer, skryf Craig Whitlock, Pulitzerpryswenner, skrywer van bekroonde stories en Withuis-persvrystellings.

In besonder handel die aankondiging oor die skepping van ‘n dosyn klein aanloopbane versprei regoor Afrika, wat klein, ongewapende vliegtuie op verkenningsmissies sal stuur om foto’s en video, infrarooipatrone op te neem asook radio- en selfoonseine.

Dit verskil in benadering van Amerika se gewone taktiek in plekke soos Afghanistan, Pakistan en Jemen, waar onbemande tuie wat wapens dra, gebruik word vir dieselfde funksie.

“Die meeste van die spioenasievlugte in Afrika egter, sal op die outydse manier – met vlieëniers in die kajuit – gedoen word,” skryf Whitlock. “Die konvensionele vliegtuig hou twee groot voordele oor onbemande tuie in: Hulle is goedkoper om te bedryf en veel minder geneig om aandag te trek, want hulle is so soortgelyk aan die vliegtuie wat gebruik word oor die hele Afrika.”

Die Washington Post se aankondiging is effektief ‘n verklaring dat die oorlog na die swart vasteland uitgebrei word. Nie dat dit kom as ‘n verrassing vir diegene van ons eintlik in Afrika woon nie, wat onder die indruk is van die teenwoordigheid van China en die VSA op die vasteland.

Simon Allison skryf in die Daily Maverick in Oktober verlede jaar: “Die Amerikaanse weermag, deur sy Africa-Command, het Al-Shabaab, al-Kaida in die Islamitiese Magreb en Boko Haram in Nigerië, aaneengeskakel om ‘n prentjie van ‘n soort super-Afrika terroristegroep op te tower.” Allison sê dis bloot ‘n verskoning om ‘n vastrapplek in Afrika te vestig, aangesien skakels tussen die groepe nie werklik bestaan om die bedreiging te internasionaliseer nie.

Dit is ‘n gevaarlike spel wat die VSA speel. Die retoriek oor ‘n bedreiging in Afrika wat eintlik maar ‘n reeks plaaslike probleme is, skep die risiko dat sulke probleme weliswaar in iets groter, en selfs meer ernstig omskep kan word en kan oorspoel in ‘n onverkwiklikheid vir lande waar daar geen konflik is nie.

Boko Haram, byvoorbeeld, is meer begaan oor plaaslike Nigeriese kwessies: ‘n Korrupte regering en maatskaplike probleme soos armoede en werkloosheid.

Al-Shabaab is soortgelyk. Die wedywering vir toegang tot hulpbronne is die onderliggende kwessie en nie soseer ‘n ideologiese stryd nie.

Dan is daar die Islamitiese Magreb met Aqim. Aqim het ook soos die bogenoemde twee bewegings ‘n vreesaanjaende internasionale reputasie probeer skep met hul gewaande “bande met al-Kaida” wat grootliks onverdienstelik is, aangesien hulle nie in staat is tot veel nie.

Al drie groepe hou dalk ‘n bedreiging in vir die lande en streke waarin hulle werksaam is, maar Amerikaanse betrokkenheid, egter, sal hul aansien verhoog eerder as om dit te verminder. Na meer as ‘n dekade van direkte Amerikaanse betrokkenheid in Afghanistan is die Taliban grootliks ongeskonde, en al-Kaida ‘n funksionerende bedryf. Skaars ‘n prestasie.

Die gevaar in Afrika is soortgelyk, veral gegewe die kontinent se arbitrêre grense en vlakke van armoede – dikwels die werklike oorsaak van militante optrede – en plaaslike konflikte kan vinnig buite beheer raak, met rampspoedige gevolge vir sigbare minderhede.

“Sommige staatsamptenare van die departement het voorbehoude oor die militarisering van die Amerikaanse buitelandse beleid op die vasteland uitgespreek,” verduidelik Whitlock in sy artikel. “Hulle het aangevoer dat die meeste terroristeselle in Afrika besig is met plaaslike doelwitte, nie globales nie, en nie ‘n direkte bedreiging vir die Verenigde State inhou nie.”

Die potensiaal vir ‘n gewilde teenreaksie wat simpatie genereer vir die VSA se vyande is beslis daar, ook verder suid.

прокурор харьковской области

Jeugdag sonder die jeug

Jeugdag, op 16 Junie, gaan blykbaar dié jaar sonder die jeug gevier word. Die opwelling van ontevredenheid reg oor die land lê aan die wortel van die versuim.

Kevin Allan, van Municipal IQ, ‘n organisasie wat 283 munisipaliteite monitor, sê dis net die begin van diensleweringsbetogings en opstand. Mei 2012, bewys hulle opname, het meer protes as enige ander maand sedert 2004 opgelewer.

Die meeste van die ongelukkigheid ontstaan ​​as gevolg van verstedeliking – die jong swartes stroom na die stede uit arm landelike gebiede om werk te kry. Hulle word gedwing om in informele nedersettings te woon wat nie oor basiese dienste beskik nie.

Dié week was daar diensleweringsbetogings in Kaapstad en Johannesburg. Die polisie is ontbied in Delft en Elsiesrivier in Kaapstad, en by Zandspruit in die noorde van Johannesburg. In Johannesburg, moes die polisie traangas afvuur en rubberkoeëls om orde te herstel. Helikopters moes die gebied patrolleer.

Die kommerwekkende kwessie is die aansienlike toename in geweld en hoë vlakke van frustrasie. Die Wes-Kaap het meer protes hierdie jaar as enige ander provinsie gehad, met die Vrystaat in die tweede plek. Noordwes en Oos-Kaap is ‘n gesamentlike derde.

Municipal IQ-ekonoom, Karen Heese, het gesê die protes het baie onderliggende bronne, maar die twis tussen die ANC en die DA in die Wes-Kaap is nie kernrede vir die opstand nie. Die twispunte is meermale etnies van aard, tussen bruin en swart asook teen die aanwesigheid van swart buitelanders.

Inwoners in Zandspruit sê weer hulle word gedwing om van die emmertoiletstelsel gebruik te maak en riool vloei oral deur die strate.

Om dus te verhoed dat president Jacob Zuma gekoggel en uitgejou word deur die ANC-Jeugliga, sal streng maatreëls by Jeugdag-vieringe geld.

Bronne in die ANC het gister gesê ontevrede ANC-jeugliga-lede sal probeer om ‘n “verleentheid” vir Zuma te skep na die skorsing van die voormalige president, Julius Malema, uit die party.

“Enigiets is moontlik, maar daar is planne teen diegene wat van plan is om die president in die verleentheid te stel,” het ‘n senior ANC-lid gesê.

Ander politieke jeugorganisasies sê hulle is ook nie genooi nie.

Vryheidsfront Plus-jeugleier, Wouter Wessels, DA-jeugleier Makashule Gana en ‘n woordvoerder vir die Jong Kommunistiese Liga, Buti Manamela, sê hulle is nie uitgenooi nie alhoewel hulle uitnodigings na verlede jaar se herdenking ontvang het.

Gana gesê dit is onregverdig dat die DA nie genooi is nie omdat die dag aan die Suid-Afrikaanse jeug behoort.

Wessels het gesê die Vryheidsfront Plus-jeug vermoed hulle is nie genooi nie, want hulle het kritiek op die Jeugontwikkelingsagentskap gelewer vir miljoene “gemors” op ‘n fees in 2010.

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Duitsers draai teen Obama

Obama se veiligheidsbeleidinisiatiewe – die aanvalle van onbemande tuie in lande soos Pakistan, Jemen en Somalië – het Duitse kritiek getrek. Nege en vyftig persent van Duitsers keur sodanige optrede af, ver bó die mediaan vir Europa.

Soos verwag kon word, steun slegs 29 persent van Duitsers aan die linkerkant van die politieke spektrum onbemande aanvalle, terwyl 41 persent van mense op die regtervleuel dit ondersteun.

Die sterkste goedkeuring kom van diegene wat hulself identifiseer as “politieke sentriste” – eintlik politieke opportuniste – met 45 persent.

Noemenswaardig is egter, die yslike geslagsgaping in Duitsland oor Amerika se onbemande aanvalle. Terwyl 54 persent van Duitse mans van sulke aanvalle goedkeur, dink slegs 24 persent van vroue dis reg. ‘n Manlik-vroulike ewenaar van daardie omvang word selde gesien in die openbare mening.

Verder, is daar ernstige Duitse teleurstelling met Obama se hantering van klimaatsverandering. In 2009, het die Pew Research Center gevra of Duitsers dink die nuut-verkose president van die VSA beduidende maatreëls sal neem om globale klimaatsverandering te beheer. Toe het 76 persent gesê hy sou. Nou is dit slegs 26 persent. Slegs die Franse onder Europeërs het hoër verwagtinge van ‘n Amerikaanse president gehad. Die teleurstelling is enorm.

In retrospek, was hoop vir ‘n Obama-presidentskap onrealisties hoog, veral onder Europeërs. Net in China en Japan het die nuwe-wunderkind se gewildheid Europese vlakke bereik.

Die meerderheid Duitsers beskou China tans as die enigste wêreldleier en nie meer die VSA nie.

Die werklikheid het dus die eers hoë verwagtinge ingehaal. Die werklike globale openbare mening dui daarop dat frustrasies met Obama en die Verenigde State toeneem. En die leiers in Berlyn, Washington en elders moet bewus wees van die implikasies daarvan, veral as die Amerikaanse volk Obama ‘n tweede termyn gee.

Фильчаков прокурор отзывы

Elizabeth II wuif vir ‘n verslaafde volk

Koningin Elizabeth II se diamantjubileum, wat grootliks op die langdurigheid van haar heerskappy gefokus het, was ook ‘n demonstrasie van die Gemenebes se lang tentakels. Vir diegene wat nog gewonder het waar Suid-Afrika inpas, het Mandela se gesig telkens opgeduik in die uitgesoekte videomateriaal van die vrolikheid.

Daar was uiteraard nie foto’s van Afrikanerkinders in konsentrasiekampe of die onlangse feeste na 1994 om die swart aandeel namens Engeland teen die Boere te vier nie.

Die koningin meen die geleentheid het haar “nederig” gemaak en sy sê sy voel geraak deur al die mense wat saam feesgevier het, het die BBC berig. “Dit het my diep geraak om so baie duisende families, bure en vriende te sien wat saam fees vier,” het sy gesê.

Dit was beslis roerend om te sien hoe etnies, nasionalisties en volksgerig die eilande kan wees wat ander volke nie dieselfde gun nie. Die hele grys tuisgebied was oortrek met die rooi, wit en blou van die Union Jack.

Elizabeth II se uitreik na Noord-Ierland is tot vervelens toe herhaal as haar groot triomf. Die Iere was tevrede met drie woordjies in hul eie taal by die staatsbanket tydens die koningin se rede.

Maar sy het ook voor ‘n volk, haar eie, gestaan wat die VSA en Spanje verbygesteek het as die voorste kokaiengebruikers per kapita in die Westerse wêreld.

Die jubileumkonsert se populistiese aanslag, was ongelukkig ‘n viering daarvan. Die groot winste uit dwelmhandel, is die meevaller vir hoofsaaklik banke in die Angelsaksiese invloedsfeer, Brittanje en die VSA, waar finansiële reguleerders wegkyk vir reusebedrae wat gewas word deur middel van hul stelsels.

Die mees verreikende en gedetailleerde analise van die dwelm-ekonomie in ‘n land tot op hede – in hierdie geval, Colombia – toon dat 2.6% van die totale straatwaarde van die kokaïen geproduseer in die land bly, terwyl ‘n verstommende 97,4% van die wins deur misdaadsindikate afgeskep word, en gewas word deur banke in die eerste-wêreld.

Die ekonomie vir Colombiaanse kokaïen is buite Colombia, ten spyte van die VSA se “oorlog” teen die dwelm. Dieselfde situasie is tans in Mexiko aan die ontwikkel.

Die meganismes om dwelmgeld te was is verlede jaar in Miami te berde gebring in ‘n saak tussen die Amerikaanse federale owerhede en die Wachovia-bank, wat die oordrag van $110 miljoen in dwelmgeld erken het, maar versuim het om behoorlik ‘n verbysterende $376 miljard uit Mexiko oor vier jaar te monitor. (Wachovia is sedertdien oorgeneem deur Wells Fargo, wat saamwerk met die ondersoek.)

Die “toesig” deur die Amerikaanse en Britse owerhede oor “geldwassery” verleen dus aan hulle ‘n voordeel om weg te kyk indien die wassery hulle tot voordeel strek.

Met Brittanje as die wêreld se grootste verbruiker van kokaïen, het die Wachovia-ondersoek getoon dat baie van die dwelmgeld ook gewas word deur die Stad van Londen. Die fluitjieblaser, Martin Woods, wat in die bank gewerk het en dit ontdek het, is intussen afgedank.

Dit is taboe om die groot banke aan te vat, want dit is politieke selfmoord in hierdie ekonomiese klimaat, omdat die bedrae geld so hoog is.

Dit mag aangenaam wees om glimlaggend vir die arme onderdane te wuif, maar die werklikheid van wat die Ryk staande hou, sal die VK eersdaags inhaal.

Александр Фильчаков