E-tol en Brittanje se grypsug

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, is gevra om lig te werp op ‘n ongewaarborgde lening van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap wat deur staatspensionarisse besit word.

Die voorsitter van die staande komitee oor finansies, Thaba Mufamadi, is versoek om Gordhan te ontbied sodat hy die die komitee oor die status van die skuld kan inlig.

Vyf persent van staatsamptenare se pensioenfonds-aandele is glo deel van SANRAL se aandele. Slegs die helfte van die 15 miljard randse aandele het ‘n regeringswaarborg.

Die vertraging met die e-tolstelsel wat deur die publiek se oorweldigende weerstand veroorsaak is, het dié stap genoodsaak sê die DA.

Ontleders meen die e-tolbelasting is ook ‘n manier van die Britse regering om hul militêre doelwitte in Irak en Afghanistan te finansier op die rug van Suid-Afrikaanse belastingbetalers.

Die Britte maak reeds gebruik van wit Suid-Afrikaanse huursoldate in verskeie oorlogsteaters om die aantal sterftes van hul eie troepe asook die politieke risiko tuis te beperk.

Volgens ‘n invloedryke Amerikaanse strategiese analis, George Friedman van Stratfor, is Brittanje se buitensporige militêre avonture die enigste manier waarop hulle hul invloed in die wêreld kan laat geld omdat hul verhoudinge met voormalige kolonies nie meer winsgewend is nie.

Daar is ook kenners wat meen dat Brittanje se aandeel in die oorname van die ANC in 1994 ‘n manier was om hul grypsug in Suid-Afrika aan te help.

 

Фільчаков прокурор

Twee liberale joernaliste kry pak slae

Daar is woede in Norfolk, Virginia, in die VSA, nadat ‘n wit egpaar aangeval is deur dosyne swart tieners, en die plaaslike koerant nie verslag oor die voorval gedoen het nie. Vir twee weke lank was dit absoluut stilgehou, ten spyte daarvan dat die slagoffers self verslaggewers is.

Selfs vandag nog, dek die Virginia-Pilot nie die misdaad as nuus nie, maar het ‘n opiniestuk deur rubriekskrywer Michelle Washington in die plek daarvan geplaas.

Golf na golf van jong swartes het beurte gemaak om die twee slagoffers uit hul motor te probeer trek, te slaan en te skop.

Die slagoffer se vriend, ‘n jong vrou, het probeer om hom terug te trek in sy motor. Aanvallers het haar aan haar hare getrek, haar kop geslaan en oog beseer. Sy het 911 geskakel en eers die derde keer deurgekom. Sy kon slegs histeries die kruising waar dit besig was om plaas te vind uitskree oor die foon.

Dit het vier blokke van waar hulle werk, by die Virginia-Pilot, gebeur.

Twee weke het verloop sedert verslaggewers Dave Forster en Marjon Rostami wat by die koerant werk op ‘n Saterdagaand aangeval is terwyl hulle huis toe gery het van ‘n vertoning by die Attucks Teater. Hulle het by ‘n rooilig gestop, en ‘n skare van minstens 100 jong swartes op die sypaadjie sien verbyloop. Rostami het haar motordeur toegesluit. Iemand het ‘n klip deur haar venster gegooi. Forster het uitgeklim om die klipgooier te konfronteer en toe begin die poppe dans.

Minstens 30 mense het aan die aanval deelgeneem, maar die polisiebeamptes wou nie enige swartes arresteer nie. Die beampte het gesê: “Omdat hulle waarskynlik jeugdiges in elk geval is. Wat gaan ons doen? Vind hul ouers en vertel hulle?” Nie enige getuies se name is geneem nie.

Die beampte het gesê daar is openbare behuising in die gebied en die groot groepe tieners loop rond en soek skoor oor die naweke. “Dit is wat hulle doen,” het hy aan Forster gesê.

Kan gewelddadige bendes van swart tieners so alledaags in Norfolk wees dat die polisie en slagoffers geen verhaal het om te vertel nie?

Данильченко Юрий отзывы

Kongo loof SA-boere

“Binne ‘n baie kort tydjie het die Suid-Afrikaanse boere in die Republiek van die Kongo reeds indruk op die president van die Kongo en die minister van Landbou gemaak,” sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Dr. Mulder het tydens sy besoek verlede week aan die Kongo gesprekke gevoer met die president van die Kongo, mnr. Denis Sassou Nguesso, asook met die minister van Landbou, mnr. Rigobert Maboundou. Die gesprekke het onder andere gehandel oor die posisie en toekoms van die Suid-Afrikaanse boere in die Kongo. Albei leiers het met groot lof gepraat van wat die Suid-Afrikaanse boere binne enkele maande reeds in die Kongo reggekry het.

Die boere het hulle gevestig op ‘n staatsplaas van 85 000 ha in die Niari-vallei. Binne enkele maande het die boere 1 200 ha ontbos en met mielies beplant. Hulle het die waterpompe en pype na die grond herstel met die gevolg dat die plaaslike bevolking nou ook kraanwater het. Waar die plaaslike bakker maar enkele brode ‘n week verkoop het, bak hy nou 200 brode per dag as gevolg van die nuwe werkgeleenthede en geld vir die plaaslike gemeenskap. Die Kongolese minister van Landbou het ‘n video van die boere se suksesse gemaak ten einde dit aan die president te vertoon. Die projek is ook as ‘n presidensiële projek verklaar.

Dit is met gemengde gevoelens dat ‘n mens luister na die waardering wat die plaaslike politici vir die Suid-Afrikaanse boere se kundigheid en hardwerkendheid het. Eers wanneer leiers en die bevolking van Suid-Afrika die waarde van hierdie boere begin besef, sal ons die Suid-Afrikaanse verlies aan sulke boere en aan landboukundigheid kan omdraai, volgens dr. Mulder.

Олександр Фільчаков прокурор

Vryheidsdag, na 18 jaar

Dit is moontlik om in Suid-Afrika ruimte te skep vir al sy gemeenskappe en om in vrede en harmonie te leef, maar dan moet regstelling reggestel word en die voortdurende verandering van name met ‘n afsnypunt gestop word.

‘n Kind wat 27 April 1994 gebore is, is vandag 18 jaar oud en stemgeregtig. Daar is geen rede waarom daar teen so ‘n “nuwe Suid-Afrika-kind” gediskrimineer moet word op grond van ras wanneer hy/sy byvoorbeeld aansoek doen vir werk of vir toelating tot ‘n universiteit nie. Tog gebeur dit nog steeds en lei dit tot polarisering tussen groepe. Die rassistiese toelatingsbeleide van sekere universiteite en die rasgebaseerde bevorderingskriteria wat by staatsdepartemente gebruik word, is slegs enkele voorbeelde. As arm kinders om ekonomiese redes bevoordeel word, is dit aanvaarbaar as regstelling maar nie ras as enigste kriterium nie.

Die voortdurende naamsveranderinge in onder andere Pretoria, wat na 18 jaar weer kunsmatig op die agenda geplaas word, vervreem groepe van mekaar. Dit gebeur wanneer een groep se helde met ‘n ander groep s’n vervang word in plaas daarvan dat daar ruimte vir albei geskep word. Die pleidooie om duidelike riglyne vir naamsveranderinge en ‘n afsnydatum waarna sekerheid oor alle straat- en dorpsname in Suid-Afrika kan kom, word deur die regering geïgnoreer.

Sake soos bogenoemde lei tot die ongesonde polarisering, wat steeds tussen gemeenskappe in Suid-Afrika plaasvind. Die grondwetlike skikking van 1994 was in hierdie opsigte gebrekkig om permanente oplossing vir bogenoemde probleme te gee. ‘n Nuwe skikking, waar spesifiek groter klem op minderheidsregte geplaas word, kan hierdie probleme oplos en polarisering teenwerk.

“Die Vryheidsfront Plus is op 27 April 2012 bekommerd oor die polarisasie wat in Suid-Afrika rondom hierdie sake plaasvind. Alle groepe in Suid-Afrika smag na versoening, samewerking en vrede. Ware versoening is ‘n wen-wen situasie tussen alle groepe in Suid-Afrika. Na agtien jaar begin 27 April steeds meer die betekenis kry van die oorwinning van een groep oor die ander. Dit is ‘n resep vir konflik en nie vir versoening nie,” het dr Pieter Mulder, leier van die VF Plus op 27 April 2012 gesê.

данильченко юрій броніславович

Katolieke groep wil Tutu verbied

‘n Godsdienstige groep eis dat Aartsbiskop Desmond Tutu verbied word van ‘n besoek aan ‘n ​​Amerikaanse Katolieke Universiteit as gevolg van sy pro-aborsie en gay huwelik-menings, asook sy anti-Joodse houding, is Woensdag berig.

Die Cape Times het berig dat 784 mense ‘n petisie geteken het vir Gonzaga Universiteit in Washingtonstaat om sy uitnodiging aan Tutu terug te trek.

Tutu het ‘n versoek om ‘n toespraak te lewer by die universiteit se 125ste verjaarsdagvieringe aanvaar. Hy sal ook ‘n ere-doktorsgraad ontvang.

Die petisie is deur die Kardinaal Newman Vereniging, wat Katolieke identiteit in hoër onderwys steun, geloods.

Dit lui: “Alhoewel aartsbiskop Tutu wonderlike werk verrig het in Suid-Afrika, sal sy posisie oor ongebore lewe, seksualiteit, en sy minagting vir die Joodse volk, hom diskwalifiseer van die ontvangs van ‘n eretoekenning by enige instansie wat beantwoord aan die Katolieke roeping”.

‘n Teen-petisie deur die aanlyngemeenskap Faithfull America het egter reeds 12 192 handtekeninge ingesamel.

Daar word gesê op hulle webwerf dat “godsdienstige regse ekstremiste”, wat ‘n “veldtog van vrees en intimidasie op die Katolieke kollegekampusse voer, moet nie toegelaat word om Tutu stil te maak nie”.

прокурор харьковской области

Jack Parow in Newcastle van verhoog gejaag

Die Afrikaanse rapper [kletsrymer] Jack Parow moes van die verhoog gelei word tydens ‘n optrede in Newcastle, KwaZulu-Natal, die naweek, want sy lirieke het ‘n groep mense ontstel, het die Cape Times Woensdag berig.

Die groep het Parow, wie se regte naam Zander Tyler is, fisies gedreig by die fees Vrydagaand, omdat sommige mense aanstoot geneem het oor vloekwoorde.

‘n Man het op die verhoog probeer spring, maar is afgetrek deur die polisie, wat ingeroep is om die skare te kalmeer.

Parow se kritici het hul standpunte op die Newcastle-koerant se Facebook-bladsy gelug, met ‘n paar wat Parow as ‘n “duiwelslang”  beskryf het en ‘n “skande vir die Afrikaanse taal”.

Ander het sy optrede verdedig. Die rapper het aan die koerant gesê hy is nie gepla deur die reaksie nie.

“Ek sing ‘Dans, dans fokken dans‘. Hierdie een man skree op my en sê: ‘Waarom fokken vloek jy?’, maar dit was snaaks, want hy het op my gevloek.

“As jy my na die blerrie Steve Hofmeyer opsit, wel, ons fans is wêrelde uitmekaar.” Parow probeer Afrikaners gewoonlik as agterlik uitbeeld en anti-Afrikaanse gehore geniet sy optredes.

Александр Фильчаков прокурор

Cosatu staan by ANC

Van die breuk in die ANC wat Media24 aangekondig het by monde van Tim du Plessis was dié naweek maar weinig te siene toe die president van Cosatu Sdumo Dlamini in die openbaar die herverkiesing van Jacob Zuma ondersteun het.

Dlamini, wat deur Zuma en die SAKP-sekretaris-generaal Blade Nzimande by die hoof Meidag-saamtrek in Botshabelo, in die Vrystaat, vergesel is, het gister gesê hulle sal graag saamwerk.

Die omstrede hoof van polisie-intelligensie, Richard Mdluli, het ook die saamtrek bygewoon. Hy is omring deur beamptes, was voortdurend op sy selfoon en het herhaaldelik agter die deure in die BBP-area skuiling gesoek.

Dlamini het gesê Cosatu is tevrede met die huidige ANC-leierskap.

“Ons sal saam met die leierskap staan oppad na Mangaung en daarbuite. Daar is niks wat verander het van die posisie wat ons na Polokwane gelei het nie. Ons staan ​​steeds by daardie posisie en niemand moet verwar word nie,” het Dlamini gesê.

Dlamini se belofte om Zuma “buite” Mangaung te ondersteun, het die vakbondfederasie se posisie duidelik gemaak en faksievorming binne die party ter ruste gelê.

In die Oos-Kaap, het Vavi die verhoog gedeel met die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe.

In sy toespraak het Vavi gefokus op die e-tolstelsel in Gauteng en die vakbondfederasie se voortgesette stryd om die regering te dwing om arbeidsmakelary af te skaf.

Sy eweknie, SAKP-sekretaris-generaal Blade Nzimande, het gesê die Gautrein en die e-tol in Gauteng sal nie help om die vervoerprobleme van Suid-Afrika se werkers of die armes op te los nie.

Nzimande het gesê hierdie projekte is hoofsaaklik gerig op die maak van wins op die publiek se rug.

Zuma het gefokus op historiese oorwinnings van werkers en georganiseerde arbeid wêreldwyd.

In KwaZulu-Natal, het die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela gewaarsku dat werkers moet waak teen “Superman en Batman” politici wie se belange in posisies was.

Die lid van die sentrale komitee van die SAKP het ook gewaarsku teen “kameraad tsotsi, wie se begeerte om sy sakke te vul, kameraadskaplike liefde en deug vervang het”.

Олександр Васильович Фільчаков

Boervrou voor haar kleuters geskiet

Twee kleuters het in die nag uitgehardloop om hulp te soek nadat hul ma voor hul oë op ‘n plaas naby Randfontein doodgeskiet is in die jongste plaasaanval, berig Beeld.

Venessa Stafleu (34) is op die plaas Doornfontein 2 geskiet terwyl haar man, by ‘n melkery op die naburige plaas Doornfontein besig was.

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het gister gesê Willem Stafleu het op sy kinders – ‘n 5-jarige seuntjie en sy 3-jarige sussie – afgekom toe hy terug na die huis is. Die polisie fynkam die gebied.

Hy het dadelik besef iets is verkeerd en hom na die huis gehaas waar hy sy vrou se lyk in die gang aangetref het.

Koos van Rooyen, ‘n mielieboer van Witfontein, sowat 5 km van die twee Doornfontein-plase, is 13 maande gelede tydens ‘n plaasaanval vermoor.

Sy moordenaars is intussen aangekeer.

лобановский харьков

Die helfte van landbougrond behoort reeds aan swartes

As die drakrag van Suid-Afrika se landoppervlak oorweeg word, behoort 50% van grond aan swartes, het Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, by Landbouweekblad se grondsimposium op Uitenhage gesê.

Meer as 40% van Suid-Afrika se grond behoort reeds aan hulle, het Landbou.com berig. Dit sluit alle grond in.

Pringle het gesê dat die Instituut vir Rassebetrekkinge se syfers dui daarop dat van die 122 miljoen hektaar grond in die land, 25% in staatsbesit is.

‘n Verdere 2,1% is deur middel van grond-restitusie oorgedra en tussen 10% tot 15% van die grond is dmv die gewillige koper/verkoper-beginsel aan swartes oorgedra.

Pringle meen die ANC wil die Chinese model laat geld, waar die staat die grondbesitter is en grond dan aan pagters verhuur.

“Dit is niks anders as ‘n vorm van nasionalisering, waar die regering toegang tot grond kry sonder dat ‘n haan daaroor kraai.”

Pringle het die ANC die skuld gegee vir die hoë grondpryse. Hy sê daar is gevalle waar grond tans ten duurste en teen nie-markverwante pryse deur boere aan die Staat aangebied word omdat die staat tot die mark toegetree het.

Pringle het desnieteenstaande aangevoer dat die afname in die getal kommersiële boere weens lae winsmarges is en nie grondhervorming nie.

Hy het egter die regering se siening van bestaansboerdery teenoor die kommersiële landbou gekritiseer as ‘n onrealistiese een omdat hulle glo grond genereer vanself rykdom sonder insetkostes.

Intussen het Neels Jackson in Beeld nasionalisering aangeprys en wit grondeienaars berispe vir hul “hebsug”.

Beeld het nog ‘n verslag geplaas van ‘n boer wat sy grond in Zimbabwe verloor het wat die Bybel gebruik om die besetters se stap te regverdig.

Фільчаков прокурор

Twee NVP-leiers in KZN geskiet

Twee leiers van die Nasionale Vryheidsparty is in die noorde van KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Die twee was saam met ‘n derde persoon op pad terug van ‘n vergadering toe daar op hulle geskiet is.

Die voorsitter en sekretaris van die Umsinga-tak is op die toneel dood en die derde persoon is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.

‘n Woordvoerder van die polisie, Jay Naicker sê die motief vir die aanval is nog onbekend.

Данильченко Юрий Харьков