Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, is gevra om lig te werp op ‘n ongewaarborgde lening van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap wat deur staatspensionarisse besit word.
Die voorsitter van die staande komitee oor finansies, Thaba Mufamadi, is versoek om Gordhan te ontbied sodat hy die die komitee oor die status van die skuld kan inlig.
Vyf persent van staatsamptenare se pensioenfonds-aandele is glo deel van SANRAL se aandele. Slegs die helfte van die 15 miljard randse aandele het ‘n regeringswaarborg.
Die vertraging met die e-tolstelsel wat deur die publiek se oorweldigende weerstand veroorsaak is, het dié stap genoodsaak sê die DA.
Ontleders meen die e-tolbelasting is ook ‘n manier van die Britse regering om hul militêre doelwitte in Irak en Afghanistan te finansier op die rug van Suid-Afrikaanse belastingbetalers.
Die Britte maak reeds gebruik van wit Suid-Afrikaanse huursoldate in verskeie oorlogsteaters om die aantal sterftes van hul eie troepe asook die politieke risiko tuis te beperk.
Volgens ‘n invloedryke Amerikaanse strategiese analis, George Friedman van Stratfor, is Brittanje se buitensporige militêre avonture die enigste manier waarop hulle hul invloed in die wêreld kan laat geld omdat hul verhoudinge met voormalige kolonies nie meer winsgewend is nie.
Daar is ook kenners wat meen dat Brittanje se aandeel in die oorname van die ANC in 1994 ‘n manier was om hul grypsug in Suid-Afrika aan te help.
