Transnetpensioene, infrastruktuur en e-tolopstand

Die regering se infrastruktuurplanne, spesifiek met verwysing na die opgradering van die spoorstelsel vir beide passasiers en vragvervoer kan ‘n verbetering wees as dit sonder enige korrupsie, diskriminasie en ander vermorsing van belastingbetalers se geld sal geskied. Daar is egter twee probleme wat die minister sal moet aanspreek:

Ten eerste: Die publiek en besighede vind spoorvervoer steeds te duur. Indien geen aansporingsmaatreëls geskep gaan word om vervoergewoontes te verander nie, gaan die uitgawes wat aangegaan word om die spoortstelsel op te gradeer en nuwe uitbreidings te bou, vrugtelose uitgawes wees. Hoe gaan die minister hierdie bekommernisse aanspreek?

Ten tweede: Hoewel ons toekomsgeoriënteerd moet wees in ons beleid en aksies, moet ons nooit die bydraes wat deur die vorige generasies gemaak is met die opbou van instellings soos Transnet, vergeet nie. Tog is dit presies wat die regering doen deur die nood van pensioenarisse van die twee Transnet Pensioenfondse, naamlik die Tweede Vaste Voordeel Fonds en die Transport Pensioenfonds, wat steeds slegs ‘n 2% verhoging per jaar ontvang, te ignoreer.

PRASA sal blykbaar enige suksesvolle vervaardiger wat ‘n spoorvervoer-tender ontvang, dwing om ‘n SEB-vennoot aan boord te bring. As dit die geval is, waarom kan Transnet en PRASA nie ook alle suksesvolle bieërs van alle tenders dwing om ‘n maatskaplike beleggingsbydrae tot die Transnet-pensioenfondse te maak nie sodat pensionarisse onmiddellik verhogings kan ontvang wat gelykstaande is aan die inflasiekoers? Dit sal nog ‘n duur hofgeding waarin die regering betrek word, voorkom.

Die Vryheidsfront Plus ondersteun só ‘n benadering tot die ekonomiese kwessies van Suid-Afrika, sê Anton Alberts. Dit beteken die regterhand moet weet wat die linkerhand doen. Dit blyk egter nie die geval te wees wanneer dit by die Gautengse tolhek-saga kom nie, sê hy.

Aan die een kant spandeer die regering geld aan openbare infrastruktuur-opgradering en -skepping ten einde die ekonomie te laat groei. Die minister van handel en nywerheid skep heelwat programme om industrialisering en werkskepping aan te moedig. Aan die ander kant besluit die regering om, teen alle goeie advies in, voort te gaan met die aanskakel van die e-tolstelsel in Gauteng.

Hierdie tolstelsel is volgens adv. Alberts in essensie niks meer as ‘n kanker wat deur die regering in die Suid-Afrikaanse ekonomie geïnduseer is nie. Elkeen in hierdie land, met die uitsondering van SANRAL en die regering, stem saam oor die negatiewe effekte van hierdie kanker wanneer dit geaktiveer sal word. Die ontplooiing van hierdie sage is soos om ‘n vreeslike ongeluk in ‘n vertraagde rolprent te aanskou.

Ons almal weet dat wanneer ‘n belasting eers ingestel is, skrap regerings dit nie. Hulle verhoog net die tariewe. Volgens Alberts is hierdie immorele belasting onder die dekmantel van ‘n tolfooi die saad van ontevredenheid wat gesaai is vir ‘n populistiese opstand in hierdie land, soos daar sedert 1994 nog nooit was nie.

александр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae