Selfs vandag nog, dek die Virginia-Pilot nie die misdaad as nuus nie, maar het ‘n opiniestuk deur rubriekskrywer Michelle Washington in die plek daarvan geplaas.
Golf na golf van jong swartes het beurte gemaak om die twee slagoffers uit hul motor te probeer trek, te slaan en te skop.
Die slagoffer se vriend, ‘n jong vrou, het probeer om hom terug te trek in sy motor. Aanvallers het haar aan haar hare getrek, haar kop geslaan en oog beseer. Sy het 911 geskakel en eers die derde keer deurgekom. Sy kon slegs histeries die kruising waar dit besig was om plaas te vind uitskree oor die foon.
Dit het vier blokke van waar hulle werk, by die Virginia-Pilot, gebeur.
Twee weke het verloop sedert verslaggewers Dave Forster en Marjon Rostami wat by die koerant werk op ‘n Saterdagaand aangeval is terwyl hulle huis toe gery het van ‘n vertoning by die Attucks Teater. Hulle het by ‘n rooilig gestop, en ‘n skare van minstens 100 jong swartes op die sypaadjie sien verbyloop. Rostami het haar motordeur toegesluit. Iemand het ‘n klip deur haar venster gegooi. Forster het uitgeklim om die klipgooier te konfronteer en toe begin die poppe dans.
Minstens 30 mense het aan die aanval deelgeneem, maar die polisiebeamptes wou nie enige swartes arresteer nie. Die beampte het gesê: “Omdat hulle waarskynlik jeugdiges in elk geval is. Wat gaan ons doen? Vind hul ouers en vertel hulle?” Nie enige getuies se name is geneem nie.
Die beampte het gesê daar is openbare behuising in die gebied en die groot groepe tieners loop rond en soek skoor oor die naweke. “Dit is wat hulle doen,” het hy aan Forster gesê.
Kan gewelddadige bendes van swart tieners so alledaags in Norfolk wees dat die polisie en slagoffers geen verhaal het om te vertel nie?
