Duitse korvette met giftige gas gevul

‘n Toer van ‘n oorlogskip deur Duitste bevelvoerders vir politici en verteenwoordigers van die media het ‘n groot verrassing opgelewer: Die bemanning dra maskers as gevolg van giftige gas.

Vise-admiraal Axel Schimpf het politici en verteenwoordigers van die media op ‘n toer van die Braunschweig-korvet geneem wat tans vasgemeer is by Kiel. Die genooide gaste was deel van die Kieler Woche regatta. Maar soos dit blyk, is die vyf nuwe Duitse oorlogskepe gevul met giftige dampe, wat ingenieurs dwing om te alle tye met gasmaskers te werk.

Die rede: Spore van die karsinogeniese gas formaldehied is tydens ‘n ondersoek van die diesel-aandrywingenjins gevind.

Formaldehyde is geklassifiseer as ‘n bekende menslike karsinogeen wat kanker veroorsaak deur die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker.

Die Duitse Parlementêre Kommissaris vir die gewapende magte, Hellmut Königshaus, sê die probleem word tans ondersoek.

Dit is die jongste in ‘n reeks probleme met die oorlogskepe sedert hulle bekendstelling in 2006 – wat gebrekkige ratte, sagteware en lugversorging wat moes vervang word insluit, het die Bild am Sonntag berig.

Klein, beweeglike oorlogskepe is Duitsland se nuutste klas van seegaande korvette. Die skepe kos reeds die land 1,2 miljard Euro. Dit is nie bekend of dieselfde probleem ook in die Suid-Afrikaanse korvette wat by Duitsland gekoop is, bestaan nie.

Данильченко

Masehare!

Dat twee wit Suid-Afrikaanse mans tydens die begrotingsrede in die parlement so ongepoets en voorbarig kan wees!

Die Inkatha Vryheidsparty se Koos van der Merwe en adjunk-minister van vervoer, Jeremy Cronin van die ANC se wit manlike vermetelheid het beslis by Lindiwe Mazibuko geregistreer.

Hulle blatante seksistiese opmerkings was van dieselfde orde as rassebeledigings, het me. Mazibuko onlangs gebelgd aan die Sowetan verklaar.

Soos ons almal weet is ons politici oor die algemeen nie bekend vir hul sprekersvaardighede of hul vermoë om intelligent, verstaanbaar en sonder kwaadwilligheid te debatteer nie.

Maar daar is uitsonderings.

Demokratiese Alliansie-parlementêre leier Lindiwe Mazibuko se oratoriese meesterstuk se hooftema oor die gebrek aan leierskap in die land, is deur Van der Merwe op ‘n punt van orde onderbreek.

Dit is ‘n ou taktiek wat doelbewus gebruik en misbruik word deur LP’s om ‘n spreker te ontwrig.

“Mevrou adjunk-speaker, kan die eerbare lid sê wat sy met haar hare gedoen het?” was van der Merwe se onnutsige vraag.

Mazibuko het hom verseker dat sy graag haar geheime oor haarsorg sal deel met die bles politikus na die vergadering.

Cronin, ter ondersteuning van Van der Merwe, was daarna ook nie op sy bek geval nie: “Ek dink dat Koos van der Merwe se optrede betreurenswaardig en seksisties was, maar ek kan dit sê vir hom, ten minste is sy hare en sy gedagtes sy eie.”

Cronin is berug vir sy lang lesings in die Nasionale Vergadering oor die klasseoorlog, maar sy teenkanting teen pruike het pas rugbaar geraak.

Олександр Фільчаков прокурор

Landbou se DG geskors

Die direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye is geskors.
Dr. Pieter Mulder van die VF+ dien as adjunkminister in die departement.

“Hierdie persverklaring is om julle in kennis te stel van die skorsing van mnr. Langa Zita. Die skorsing is ‘n administratiewe saak,” het ‘n verklaring op die departement se webwerf gelui.

Die senior departementsbeampte, Sipho Ntombela, is nou die waarnemende direkteur-generaal.

Geen rede is verskaf vir die skorsing nie en die departement was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Фильчаков прокурор отзывы

ANC: Duurder petrol kan paaie in Gauteng befonds

Die ANC in Gauteng se voorstel dat ‘n verhoogde brandstofbelasting oorweeg moet word sal ‘n tussentydse maatreël wees om verbeterings aan die provinsie se paaie te befonds, het ‘n berig Dinsdag gesê.

The Times berig die ANC het ook ‘n “eenmalige” bydrae deur maatskappye voorgestel om “super-winste” in die provinsie te maak.

Hierdie inligting is vervat in die ANC se gespreksdokument oor openbare vervoer en infrastruktuur, wat hierdie week tydens sy beleidskonferensie in Midrand bespreek sal word.

Die ANC het ook voorgestel dat die regering se pensioenfonds gebruik moet word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, het die koerant berig.

александр лобановский харьков

SA by kookpunt, waarsku Zuma

Die ANC moet ‘n radikale skuif in beleid voorsien om die probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek, het Jacob Zuma, president van die party, Dinsdag gesê.

“Jy kan nie op een plek sit en hoop dinge kom vanself reg nie,” het hy aan verslaggewers gesê op die eerste dag van die party se vier dae lange beleidskonferensie in Midrand.

Hy het verwys na ‘n sleuteldokument in die besprekings, “Die Tweede Oorgang: Om ‘n nasionale demokratiese samelewing en die balans van magte in 2012 te bou”, en gesê dit is nodig om dit wat verkeerd is met die Suid-Afrikaanse samelewing aan te spreek.

Nadat hy na verskeie gewelddadige misdade verwys het, het Zuma gesê: “Daar is iets verkeerd met ons samelewing… laat ons ‘n radikale skuif vind om die uitdagings aan te spreek.”

Die dokument stel voor dat die ANC nou ‘n tweede era van demokrasie moet betree. Die afgelope 18 jaar was die eerste oorgang, waartydens die fokus op politieke bevryding was.

Die “tweede oorgang” moet fokus op maatskaplike en ekonomiese transformasie in die volgende 30 tot 50 jaar.

Zuma het ontken dat die konsep van ‘n tweede oorgang sinoniem geword het met sy veldtog om herverkies te word. Hy het gesê hy onderstreep dit net omdat dit so belangrik is.

“As president van die ANC het ek debat daaroor verskerp.”

Zuma het Suid-Afrikaners verseker dat die toestand van dié sonder grond aangespreek sal word – sonder om die Grondwet te verander.

In die opbou tot die konferensie was daar vrae om afdeling 25 van die Grondwet, wat verwys na eiendomregte en voorwaardes stel vir die onteiening van grond, te verander.

“Ons weet… niemand gaan die Grondwet verander nie, ons het ‘n land waarmee dit goed gaan. Binne dit, hoe gaan ons hierdie probleme oplos?”

Zuma het gesê die werklike ekonomie is steeds hoofsaaklik in die hande van wit mans en dit moet binnekort aangespreek word.

Terwyl hy ‘n uur en ‘n half lank met verslaggewers gepraat het, het die meer as 3 000 afgevaardigdes agter geslote deure gesit in ‘n voltallige sessie om insette te kry oor die drie hoof-beleidsdokumente: organisatoriese vernuwing, die tweede oorgang – ook bekend as strategie en taktiek, en staatsbetrokkenheid in mynbou. Die nasionale ontwikkelingsplan sal ook bespreek word.

Zuma het vroeër ‘n gemengde verwelkoming gekry toe hy sy openingstoespraak gelewer het. Afgevaardigdes van KwaZulu-Natal en die Vrystaat het gesing: “Ons gaan saam met Zuma, ons gaan saam met die president.” Ander provinsies se afgevaardigdes het egter teruggesit.

KwaZulu-Natal is die ANC se grootste provinsie en Zuma se tuis-provinsie en het 462 afgevaardigdes by die gebeurtenis.

Zuma het geraak aan die hoof-punte van elk van die 13 beleidsdokumente waaroor gedebatteer sal word.

Sy opmerking dat die “gewillige koper, gewillige verkoper”-benadering tot grondhervorming hersien moet word, aangesien dit nie werk nie, het die grootste applous in die volgepakte saal gekry.

Sy opmerking dat die ANC die land deur voorbeeld moet lei, is ook met entoesiastiese applous begroet.

“Dit is baie belangrik as deel van die vernuwing van ons organisasie. Ons doen nie hierdie vir onsself as ANC-lede nie. Ons doen dit vir die land in geheel.

“Daardie besef moet ons gedrag beïnvloed, die manier waarop ons onsself dra as lede van die ANC in die oë van die land.”

Die res van sy toespraak, wat ‘n uur en 13 minute geduur het, is hoofsaaklik in stilte aangehoor, met ‘n bietjie applous toe hy genoem het dat ‘n werksoekerstoelaag oorweeg moet word en dat die ANC hulself moet reinig van “vreemde neigings”.

Dit sluit swak dissipline, korrupsie, die misbruik van mag en die afname in die ideologiese diepte van ANC-lede in. Zuma het gesê die party het “opgetree en sal aanhou om op te tree teen enigiemand wat die grens oorskry”.

Zuma het mislukkings in die eerste 18 jaar blameer op die feit dat die ANC kompromieë moes aangaan toe daar in 1994 oor die terme van demokrasie onderhandel is.

“Ons moes byvoorbeeld versigtig wees om die ekonomie te herstruktureer, sodat ons ekonomiese stabiliteit en selfvertroue kon behou.

“Dus het die ekonomiese magsverhoudinge van die apartheid-era hoofsaaklik staande gebly.” Hy het ‘n beroep gedoen op ‘n “florerende, gemengde ekonomie, waar die staat, privaatkapitaal en ander vorme van sosiale eienaarskap mekaar komplementeer op ‘n geïntegreerde manier om armoede uit te roei en gedeelde ekonomiese groei te koester”.

Toe sy toespraak afgesluit is, het afgevaardigdes begin sing, insluitende Zuma se kenmerkende “Awulethu’ Mshini Wami” (Bring my masjiengeweer).

Ná Zuma se toespraak het Tokyo Sexwale, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, deur die prosedures gelees en aan afgevaardigdes gesê hulle kan nie neerhalende liedjies sing nie.

Zuma het later aan die media gesê dit is ‘n ANC-tradisie om liedjies oor sy leiers te sing.

“Die ANC het gesê ‘laat ons nie leierskap bespreek nie’. Dit is anders as om oor leiers te sing,” het Zuma gesê.

“Histories gesproke het die ANC mense nog nooit gekeer om oor leiers te sing nie.”

Die ANC sal nuwe leiers verkies by sy Mangaung-konferensie in Desember. Die party se top-beamptes het lede gewaarsku om nie hul leiers te benoem voor Oktober of om opvolging voor dan te bespreek nie.

Besluite oor beleid wat by hierdie konferensie geneem word, sal amptelik aanvaar word by die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember.

топкарго

Zuma klink soos Malema

Pres. Jacob Zuma het soos sy aartsvyand Julius Malema, die geskorste ANC-Jeugligaleier geklink by die ANC-beleidskonferensie wat tans plaasvind. Malema is deur die Zuma-faksie en Afriforum geneutraliseer as Zuma se politieke opponent

Die ANC se oproep vir ‘n tweede oorgang is noodsaaklik om die kompromieë wat hy in die stryd om demokrasie aangegaan het, te oorkom, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê.

“Een van die redes vir die stadige pas van ekonomiese bevryding is omdat ons voor [die eerste demokratiese verkiesing in] 1994… deur ‘n onderhandelingsproses gegaan het,” het Zuma in Midrand by die regerende party se beleidskonferensie gesê.

“Ons moes sekere opofferings vir die nasionale belang maak en dit was absoluut noodsaaklik om dit te doen. Ons moes versigtig wees oor die herstrukturering van die ekonomie om sodoende in daardie tyd ekonomiese stabiliteit en vertroue te kon behou.”

Hy het gesê die magsbalans in die ekonomie lyk ná jare steeds dieselfde.

“Die eienaarskap van die ekonomie is nog hoofsaaklik in die hande van blanke mans, waarin dit nog altyd was.”

‘n Dokument oor die tweede oorgang is een van die ANC se 13 beleidsdokumente wat tydens die vier-dag konferensie bespreek word.

Zuma sê die tweede oorgang sal die land ‘n “ware demokratiese ontwikkelingstaat maak.”

Die eerste oorgang is steeds belangrik, want dit het ‘n era van demokrasie in Suid-Afrika teweeggebring.

“Die tyd het aangebreek om iets meer drasties te doen om verandering in die rigting van ekonomiese transformasie en vryheid te versnel.

Zuma het afgevaardigdes gevra om die kwessie van ‘n tweede oorgang te bespreek wanneer hulle die dokument oor strategie en taktiek behandel.

“Dit is tyd om vrae te vra oor nou en die toekoms… die afgelope 18 jaar was die eerste oorgang. Ons vra vir ‘n dramatiese skuiwing… om die uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek.”

Данильченко Харьков

Turkye wil NAVO in Sirië laat ingryp

Turkye is besig om NAVO te druk om in te gryp teen Sirië na die onlangse afskiet van ‘n Turkse vegvliegtuig. Die Turke sê die insident moet beskou word as ‘n aanval op die alliansie.

NAVO versamel tans inligting om die voorval te bespreek.

Turkye dring daarop aan dat sy ongewapende RF-4E verkenningstraler Vrydag afgeskiet is in die internasionale lugruim, terwyl hy ‘n tuisradarstelsel wou toets. Die land se adjunkpremier Bulent Arinc, het Maandag gesê dat Siriese magte ook op ‘n reddingsvliegtuig kort ná die eerste vegvliegtuig afgeskiet is, gevuur het.

Turkye het ook versoek dat NAVO vergader kragtens artikel 4 van die alliansie se verdrag, wat toelaat dat ‘n NAVO-lid ‘n konsultasie versoek as die lid ‘n bedreiging vir sy territoriale integriteit of sekuriteit vrees. Die vergadering sal Dinsdag plaasvind.

Die alliansie sal dan oorweeg of die klassifikasie van die Vrydag-voorval as ‘n gewapende aanval op grond van artikel 5 beskou kan word, wat bepaal dat ‘n aanval op een NAVO-lid, ‘n aanval op alle NAVO-lede is.

Arinc het gesê dat Turkye sy reg om te “baklei” teen ‘n vyandige optrede behou “en sal verseker dat sy land sal doen wat nodig is ten opsigte van artikel 4 en artikel 5”.

Ten einde goedgekeur te word, sal enige moontlike optrede vereis dat ‘n konsensus tussen al die ambassadeurs van NAVO se 28 lidlande bereik word.

Turkse owerhede het egter erken dat hulle vegvliegtuig verdwaal het in die Siriese lugruim, teen ‘n ​​hoogte van sowat 70 meter. Die vliegtuig het Siriese lugruim verlaat het na ‘n waarskuwing van die Turkse radar-operateurs.

Die Siriese kant verwerp die laasgenoemde stelling, en verduidelik dat die vegvliegtuig deur kortafstandlugverdedigingsartillerie geskiet is, en nie ‘n langer afstand radarbegeleide missiel nie. Dit sou slegs moontlik wees indien die vegvliegtuig wel in die Siriese lugruim was.

Данильченко Юрий прокурор

Een giftige muskiet of ‘n swerm?

‘n Klein insek of ‘n muskiet by jou oor kan nou baie meer as net irriterend wees. Mikrospioenasietuie kan deesdae in swerms opdaag.

Navorsers by die Universiteit van Pennsylvania se GRASP Lab het ‘n netwerk van 20 nano-quadrotors wat in staat is tot ratse vlug, in swerms en deur ‘n omgewing met hindernisse kan navigeer, geskep.

Die ingenieurs wat daarmee werk, hoop hulle kan daarmee ‘n belangrike taktiese voordeel in oorloë gee en selfs lewens red in rampe. Hulle kan ook nuttig wees om intelligensie terug te stuur oor wapens en vyande.

Die meganika van insekte is deur die Amerikaanse Departement van Verdediging al so vroeg as in 2007 ondersoek. Insekspioene is al deur betogers in die VSA opgemerk, in die vorm ‘n paar vlieënde voorwerpe soortgelyk aan naaldekokers of klein helikopters wat bo hulle beweeg. Geen regering het al amptelik erken dat hulle mikrotuie gebruik nie, maar privaatorganisasies erken dat hulle probeer om navorsing daaroor te verfyn.

In 2008 het die Amerikaanse regering se militêre navorsing agentskap (DARPA) ‘n simposium gehou oor dié miniatuurtuie en spioenasie.

Die VSA is nie alleen in sulke indrukwekkende miniaturisering wat die natuur naboots nie: Frankryk, Nederland en Israel ondersoek ook die ontwikkeling van soortgelyke toestelle.

лобановский политик

Carter kap Obama oor menseregteskendings

‘n Voormalige Amerikaanse president, beskuldig die huidige swart president dat hy wydverspreide misbruik van menseregte sanksioneer “deur magtiging van onbemande aanvalle om vermeende terroriste dood te maak”.

Jimmy Carter, Amerika se 39ste president, veroordeel die Obama-administrasie van die “duidelik skending” van 10 van die 30 artikels in die Universele Verklaring van Menseregte, en skryf Maandag in die New York Times dat die “Verenigde State sy rol word laat vaar het as die wêreldkampioen van menseregte”.

“In plaas van om die wêreld ‘n veiliger plek te maak, help Amerika se oortreding van internasionale menseregte ons vyande en vervreem ons vriende,” het Carter geskryf.

Die burgerlike ongevalle deur onbemande aanvalle, het die New America Foundation beraam, in Pakistan alleen was sedert Januarie 2009, 265. Ten minste 1488 mense het omgekom, terwyl 1343 van hulle beskou is militante, skat die organisasie uit nuusberigte en ander bronne.

Carter het ook kritiek op die huidige president gelewer omdat Guantanamo se aanhoudingsentrum steeds oop is, waar gevangenes “met wateronderdompeling meer as 100 keer gemartel is of geïntimideer word met semi-outomatiese wapens, met kragbore gedreig word en dreigemente hoor dat hul moeders seksueel aangerand sal word.”

Die voormalige president kasty die regering wat toelaat dat “ongekende skendings van ons regte op privaatheid deur ongeoorloofde afluistering en die regeringsinmenging van ons elektroniese kommunikasie, plaasvind.”

Hy het ook onlangse wetgewing veroordeel wat die president die mag gee om vermeende terroriste onbepaald aan te hou.

“Hierdie wet is in stryd met die reg tot vryheid van uitdrukking en om as onskuldig beskou te word tot skuldig bevinding, nog twee regte wat in die Verklaring voorkom,” het Carter gesê.

Alhoewel Carter nooit Obama by die naam genoem het nie, het hy verwys na “ons regering” en “die hoogste gesag in Washington,” en aandring daarop dat “besorgde burgers Washington moet oorreed om koers te verander en morele leierskap te herwin.”

Фильчаков прокуратура харьков

Eskom skep waterkrisis, sê Greenpeace

‘n Waterkrisis dreig in Suid-Afrika, en gemeenskappe loop die risiko van die verlies van toegang tot water, en dis steenkool se skuld, volgens ‘n verslag vrygestel deur Greenpeace. Dis duidelik volgens die opstellers dat die regering Eskom moet druk om te belê in hernubare energie.

Suid-Afrika sal ‘n 17%-gaping tussen watervraag en -aanbod teen 2030 ervaar, maar nuwe mega-steenkool-aangedrewe kragstasies (Medupi en Kusile) word opgerig deur Eskom sonder ‘n duidelike beeld van wat die impak op watervoorsiening sal wees.

Volgens na Melita Steele, kampvegter vir Greenpeace-Afrika: “Die waarheid is dat te midde van die dreigende van elektrisiteitsprysstygings, ‘n R13.2 miljard netto wins deur Eskom hierdie jaar, sal die plaaslike gemeenskappe in die steenkoolgebiede hulle waterregte verloor om plek vir die myne te maak, om Eskom se steenkoolverslawing te help. “

Die inligtingsessie, getiteld: Die Eskomfaktor: Magspolitiek en die elektrisiteitsektor in Suid-Afrika, wil die ware storie agter Eskom se besluite blootlê, asook sy huidige status as ‘n invloedryke speler in die Suid-Afrikaanse politiek. Die verslag getiteld: Steenkool se verborge waterkoste vir Suid-Afrika, geskryf deur die bekroonde joernalis, Yolandi Groenewald, is ook deur die organisasie vrygestel.

“Eskom is die enigste ‘strategiese’ watergebruiker onder die Nasionale Waterwet, wat beteken dat die Departement van Waterwese gedwing kan word om water onder alle omstandighede te lewer. Die probleem is dat in een dag, gebruik Eskom genoeg water om byna ‘n miljoen kilogram mielies te groei, as gevolg van sy afhanklikheid van steenkool. As daar ‘n droogte kom, kan water van ander gebruikers weggeneem word, maar Medupi en Kusile sal water kry. Die impak van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies op ‘n toekomstige waterkrisis word nie voldoende in ag geneem nie,” sê Steele.

“Suid-Afrika se huidige elektrisiteitstelsel is gerig daarop om energie-intensiewe nywerhede te voorsien, en die bou van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies is daarop gemik om ‘die ligte aan te hou’ vir groot maatskappye, ten koste van die 12 300 000 Suid-Afrikaners sonder toegang tot elektrisiteit. Om wins te maak vir bevoorregte enkelinge, terwyl die mense van Suid-Afrika die prys betaal.

“Greenpeace doen ‘n beroep op Eskom om op te hou met die bou van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies, en in plaas daarvan in die aansienlike uitrol van grootskaalse en gedesentraliseerde hernubare energieprojekte te belê om voorsiening te maak vir ‘n regverdige oorgang weg van steenkool. Om werk te skep, om universele toegang tot energie te skep, en ‘n dreigende waterkrisis te voorkom deur katastrofiese klimaatsverandering. In die aangesig van Suid-Afrika se reeds ernstige water- en elektrisiteitkrisisse, is die regering se gebrek aan optrede onverantwoordelik “, het Steele afgesluit.

Фільчаков Олександр Васильович