Turkye is besig om NAVO te druk om in te gryp teen Sirië na die onlangse afskiet van ‘n Turkse vegvliegtuig. Die Turke sê die insident moet beskou word as ‘n aanval op die alliansie.
NAVO versamel tans inligting om die voorval te bespreek.
Turkye dring daarop aan dat sy ongewapende RF-4E verkenningstraler Vrydag afgeskiet is in die internasionale lugruim, terwyl hy ‘n tuisradarstelsel wou toets. Die land se adjunkpremier Bulent Arinc, het Maandag gesê dat Siriese magte ook op ‘n reddingsvliegtuig kort ná die eerste vegvliegtuig afgeskiet is, gevuur het.
Turkye het ook versoek dat NAVO vergader kragtens artikel 4 van die alliansie se verdrag, wat toelaat dat ‘n NAVO-lid ‘n konsultasie versoek as die lid ‘n bedreiging vir sy territoriale integriteit of sekuriteit vrees. Die vergadering sal Dinsdag plaasvind.
Die alliansie sal dan oorweeg of die klassifikasie van die Vrydag-voorval as ‘n gewapende aanval op grond van artikel 5 beskou kan word, wat bepaal dat ‘n aanval op een NAVO-lid, ‘n aanval op alle NAVO-lede is.
Arinc het gesê dat Turkye sy reg om te “baklei” teen ‘n vyandige optrede behou “en sal verseker dat sy land sal doen wat nodig is ten opsigte van artikel 4 en artikel 5”.
Ten einde goedgekeur te word, sal enige moontlike optrede vereis dat ‘n konsensus tussen al die ambassadeurs van NAVO se 28 lidlande bereik word.
Turkse owerhede het egter erken dat hulle vegvliegtuig verdwaal het in die Siriese lugruim, teen ‘n hoogte van sowat 70 meter. Die vliegtuig het Siriese lugruim verlaat het na ‘n waarskuwing van die Turkse radar-operateurs.
Die Siriese kant verwerp die laasgenoemde stelling, en verduidelik dat die vegvliegtuig deur kortafstandlugverdedigingsartillerie geskiet is, en nie ‘n langer afstand radarbegeleide missiel nie. Dit sou slegs moontlik wees indien die vegvliegtuig wel in die Siriese lugruim was.
