Kommersiële boere moet glo kleinboere ondersteun

‘n Suksesvolle Suid-Afrika vra die insette van kommersiële boere oor grondhervorming, sê Agri SA se voorsitter, Johannes Möller.

“Die mark alleen sal die grondkwessie in Suid-Afrika nie uitsorteer nie,” het hy gesê by Vrystaat Landbou se jaarlikse konferensie in Bloemfontein.

Hy het gesê dit was omdat die situasie deel van ‘n ​​politieke stelsel is en nie deur die mark self geskep is nie.

“Ons moet sterker voorstelle van die kant van die boere bring oor wat ons planne is om te sien dat die hele land suksesvol is. Die grondkwessie moet iewers eindig.”

Möller het gesê landbou kan nie volhoubaar wees as net kommersiële boerdery suksesvol is en die opkomende sektor sukkel nie.

“Dit is tyd vir ‘n simbiotiese verhouding tussen die kommersiële en opkomende landbousektore.”

Dit word regoor die wêreld aanvaar dat verstedeliking slegs gestop kan word as kleinskaalse boere ondersteun word. Dit is beraam dat 60 persent van die globale landbouproduksie van kleinboere kom.

“Ons het ‘n verpligting.”

Möller het gesê Agri SA takel grondhervorming saam met die regering in ‘n ​​poging om vinniger te beweeg. Hulle is ook hard aan die werk om ‘n grond-oudit te voltooi, deur provinsiale strukture.

“Die uitdaging met die grond-oudit is dat dit nie net gedoen behoort te word deur georganiseerde landbou nie.”

Die departement van landbou moet betrokke wees. Die departement van grondsake het nie genoeg personeel nie, terwyl die departement van landbou mense in elke dorp het.

“Ons moet dit doen saam, en doen dit so vinnig as moontlik.”

Max du Preez het aan boere by dieselfde konferensie gesê die ANC se stellings oor grondgryp retoriek is wat boere nie ernstig hoef op te neem nie. Du Preez sê sy insigte in die werkinge van die ANC, het hom oorreed dat boere nie paniekerig hoef te wees nie.

Hy het bygevoeg dat die “Grondwet nie meer verander kan word nie”. Artikel 25 van die Grondwet maak reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding.

данильченко юрій Харків

Drie oproeriges doodgeskiet in NW

Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 ander is beseer tydens ‘n onwettige staking buite ‘n myn in Boitekong, noord van Rustenburg, volgens die Noordwes-polisie.

Brig. Thulani Ngubane sê ongeveer 250 mynwerkers, wat die afgelope twee weke onwettig gestaak het, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom.

“Daar was ‘n konfrontasie tussen die werkers, sekuriteit en werkgewers. Skote is afgevuur en drie mense is doodgeskiet terwyl 15 ander beseer is.”

Hy het gesê die situasie is tans kalm en die polisie monitor die gebied.

Geen verdere inligting was onmiddellik beskikbaar nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Gierige Britte verwelkom Malema

Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, glo dalk boere moet doodgemaak word, maar nie omdat hulle wit is nie. Vir wit Britte het hy baie tyd. Hy is baie vriendelik in Londen ontvang met aansienlike mediadekking. Hy het selfs sy ontvangs daar as “baie positief” beskryf.

Die Britte het betaal, sowat R255, om hom te hoor praat by die Royal Overseas League House Dinsdagaand, te midde van die grootste sportbyeenkoms ter wêreld in dieselfde stad.

Malema het tydens ‘n TV-onderhoud op Sky News selfs die Suid-Afrikaanse Olimpiese span se rassesamestelling verdedig om Britse beleggers te beïndruk met sy eie voorliefde vir “nie-rassigheid”.

Dat hy swartes tot die uitwissing van Afrikaners aanhits, was skynbaar nie ‘n probleem vir die Britte nie. Hy toer saam met Floyd Shivambu, sy voormalige ANC-jeugligawoordvoerder, deur Londen, om beleggers te oorreed om in Suid-Afrika te belê. 

‘n Wit weldoener van Kaapstad het vir Malema se reis betaal. Die minister van sport, Fikile Mbalula, is glo saam met Shivambu in die geselskap van swaargewig rykes.

Die onderhoudvoerder van Sky het die stelling gemaak dat daar min “swart gesigte” in die Suid-Afrikaanse span is, gegewe die demografie.

Malema het egter die spankeuse verdedig. “Ons is ‘n nie-rassige land en almal in die Suid-Afrikaanse span het gekwalifiseer om deel te wees van die span en kan trots wees om die vlag te dra. Ons ondersteun hulle. Dit gaan nie oor velkleur nie,” het hy gesê.

Alhoewel dit vir Malema nie oor “velkleur” gaan nie, gaan dit beslis oor grond. Malema het grondonteiening sonder vergoeding weer verdedig gesê en “wette is nodig om dit moontlik te maak”. Die Grondwet maak egter reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding.

Hy het gesê hy is deur Britse beleggers verwelkom. “Sodra ons met hulle praat, besef hulle dit wat hulle oor ons in die koerante lees en wat ons hulle sê, is twee verskillende goed.

“Ons vra nie om ‘n totale verbod op privaatbeleggings nie. Ons bring die minerale na die tafel, jy bring die geld en dan deel ons die hulpbronne.”

Malema het vroeër tydens ‘n onderhoud op BBC gesê sy skorsing uit die ANC sal “outomaties” verval as pres. Jacob Zuma in Desember sy ANC-presidentskap prysgee.

Александр Фильчаков прокурор

Geweld in Kagiso ruk hand uit, een dood

Die polisie het Dinsdag hul hande vol gehad toe ‘n skare oproeriges in Kagiso gewelddadig geraak het omdat ‘n sesjarige vroeër doodgery is. 
Oproeriges waarmee die SABC onderhoude gevoer het, het gesê “hulle word doodgemaak”, en “ons kinders word doodgemaak”. Dit was egter nie duidelik wie verantwoordelik gehou word nie. Die kameraspan van die SABC is vir ‘n ruk as gyselaars aangehou om die polisie te dwing om van die aangehoudenes vry te laat.

Die geweld in Kagiso aan die Wes-Rand het ook gister die lewe van ‘n man geëis. Nog een is beseer.

Die oproeriges het deurpaaie met betonstukke en ander voorwerpe versper, buitebande aan die brand gesteek het en voertuie met klippe bestook. Paaie na die Chamdor-nywerheidsgebied en dele van Kagiso is gesluit.

Die man wat geskiet is, het volgens ooggetuies munisipale grond probeer aan die brand steek, berig Beeld. Hy is deur veiligheidsbeamptes doodgeskiet.

Ao. Solomon Sibiya het gesê die geweld het uitgebreek toe kinders Maandag deur ‘n voertuig by die Tudor Shaft-plakkerskamp in ‘n tref-en-trapongeluk raak gery is en een dood is.

Александр Фильчаков

Openbare vakansiedae hersien

‘n Verslag oor openbare vakansiedae sal binne drie maande aan die Parlement voorgelê word.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe het sy openbare sittings op Thohoyandou in Limpopo afgesluit.

Limpopo was die laaste van die provinsies waar sittings gehou is. Die hoof uitvoerende beampte van die kommissie, Solomon Moreroa sê die volledige verslag sal aan die parlement en aan die kantoor van die president gegee word.

Sommige godsdiens- en kultuurgroepe voer aan dat die openbare vakansiedae soos wat dit op die oomblik is, nie voorsiening maak vir die beoefening van nie-Christelike feeste nie.

Meer as 80% van die land se bevolking noem hulself egter Christene.

Данильченео

Pragtige eindpoging van Le Clos

Chad le Clos het Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele in Londen gewen. Le Clos het die 200 meter vlinderslag in ‘n tyd van 1 minuut en 52.95 sekondes afgelê en die wêreldkampioen, Michael Phelps van Amerika moes met die tweede plek tevrede wees.

Phelps is tans die suksesvolste Olimpiese swemmer tot nog toe, met 19 medaljes. Le Clos, die Statebond-kampioen in dié nommer en die 400 m-individuele wisselslag, was slegs negende op die wêreldranglys.

Le Clos se eindpoging was skitterend en ‘n prentjie van selfvolharding. Die swemmer het sy ritme behou en voordeel gewen toe Phelps te diep in die water gesak het naby die einde.

Cameron van der Burgh het Sondag die land se eerste goue medalje in die 100 meter borsslag gewen. Die prestasies is des te meer besonders aangesien wit swemmers deurentyd probleme ondervind het met kwota’s tuis.

Ná net vier dae in Londen, het Suid-Afrika twee goue medaljes ingepalm. Terwyl die swart Olimpiese bestuurspan van Suid-Afrika jubel, was daar tweets van swart Suid-Afrikaners wat sê hulle wil nie wittes omhels vir hulle prestasies nie, en sal wag tot Caster Semenya die brons huistoe bring.

Die land se tweede goue medalje het Suid-Afrika tot 10de op die medalje-tabel laat opskuif.

Le Clos het gisteraand in baan 5 weggespring, langs Phelps in baan 6 en die Japanees Takeshi Matsuda in baan 4. Hulle was as die groot gunstelinge beskou.

Die Amerikaanse Olimpiese Komitee het hom intussen gedistansieer van uitlatings van ‘n Amerikaanse swemafrigter dat die Sjinese gouemedalje-wenner, Ye Shiwen, verbode middels kan gebruik.

Die komitee sê die afrigter, John Leonard is nie deel van die Amerikaanse afvaardiging nie. Sjina is woedend oor Leonard se opmerking dat die meisie se rekord Saterdag in die 400 meter wisselslag onmoontlik en ontstellend is.

данильченко юрій Харків

Vierde Boeremaglid skuldig

Die vierde Boermagbeskuldigde is Dinsdag skuldig bevind aan hoogverraad, het Beeld berig.

Regter Eben Jordaan het in die Pretoriase hooggeregshof vir Adriaan van Wyk, ‘n rekenmeester, by die Boeremag se staatsgreepplan, dokument 12, ingesluit omdat hy sekere take moes verrig en aangewys is as die bevelvoerder in die Pretoria-omgewing.

Lukas van Rensburg, een van die staatsgetuies, het getuig hy was op ‘n vergadering in die Newscafé waar Van Wyk was waar ‘n staatsgreep bespreek is.

Van Wyk het ook vergaderings in Hatfield en in die Kollonade-sentrum in Pretoria bygewoon.

Staatsgetuie J.C Smit, ‘n polisie-informant, het getuig Van Wyk was by ‘n vergadering by ‘n padkafee in Pretoria waar die staatsgreep bespreek is.

Die broers, Mike en André du Toit, asook Rooikoos du Plessis, is reeds skuldig bevind aan hoogverraad.

Данильченко Харьков

SANW se geheime fonds van R13miljard

Die weermag spandeer miljarde rand van ‘n spesiale rekening, maar jy sal nie vertel word wat hulle koop nie.

Verlede week het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, drie jaar se uitgawes op die Spesiale Verdedigingsrekening (SVR) uit die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gehou, blykbaar om seker te maak dat die besteding geheim bly. Dis drie jaar – van 2010/11 tot 2012/13 – en R13 miljard later.

Die rekening is vir die aankoop van wapens en toerusting en vir die befondsing van koverte aktiwiteite.

Die Departement van Verdediging wou nie kommentaar lewer op The Star se bewerings nie, en die koerant na die Nasionale Tesourie verwys, wat gesê het vrystelling is ‘n rekeningkundige kwessie.

Tesouriewoordvoerder Jabulani Sikhakhane het gesê “dat dit nie bekend gemaak kan word nie”.

“Die befondsing is bewillig in die Begrotingswet en die SVR is aanspreeklik aan die Parlement vir die gebruik van die fondse. Daarbenewens is die SVR onderhewig aan ‘n oudit deur die Ouditeur-generaal,” het hy gesê.

Verslae is nie in die Parlement ter tafel gelê vir die afgelope twee jaar nie weens vertragings, sê die OG se kantoor.

Die rekening is opgestel in terme van die Spesiale Verdedigingsrekeninge Wet van 1974. Die wet is ‘n oorblyfsel van die apartheidsjare.

Die Departement van Verdediging se 2010/11 jaarverslag het gesê die rekening “is om wapentuig en tegnologie te ontwikkel”. Die OG het voorheen die rekening beskryf as “uitgawes en aankope wat aangegaan is vir spesiale verdedigingsaktiwiteite”.

Byna R73bn is glo gekanaliseer deur die Spesiale Verdedigingsrekening, maar minder as 2 persent was vir sogenaamde sensitiewe projekte.

Фильчаков

DA dink ‘Fong Kong’ is nie rassisties nie

Die term “Fong Kong” (slêng vir vals of nagemaakte) is aanstootlik en rassisties, sê die ANC-hoofsweep van die Stad van Johannesburg, Prema Naidoo.

Hy het gereageer op ‘n artikel in The Star wat beweer dat hy raadslede beskuldig het van rassisme, ‘n bewering wat gelei het tot ‘n uitstappery.

Naidoo het gesê hy het verwys na slegs een raadslid, Basil Douglas (DA), wat die woord gebruik het as ‘n neerhalende term vir onderdele wat nie werk nie, vir die Metrobus wat gebruik word deur die stad.

Naidoo het gesê die artikel het die indruk geskep dat hy alle DA-raadslede van rassisme beskuldig het. “Die waarheid, soos die notules van die Raad sal weerspieël, is dat ‘n DA-raadslid herhaaldelik die term ‘Fong Kong’ gedurende ‘n ‘n agendapunt gebruik het.

“(Dit) het my genoop om te sê dat ek gedink het dat die betrokke raadslid se gebruik van die term rassisties is.

“My motivering vir die beswaar teen die gebruik van hierdie term spruit uit die feit dat ek baie sensitief is vir die feit dat die Stad van Johannesburg die tuiste van die inwoners van Chinese oorsprong is. Daar kan diegene wees onder hierdie spesifieke gemeenskap wat hierdie term aanstootlik en vernederend vind,” het Naidoo gesê.

Die raad, as ‘n liggaam van verkose burgerlike leiers, het ‘n verantwoordelikheid om die terminologie wat hulle gebruik en die wyse waarop hulle aangeleenthede bespreek, te oorweeg.

“In ‘n ​​stad wat van xenofobiese geweld kan getuig, is die gebruik van die term ‘Fong Kong’ hoogs onverantwoordelik en roekeloos. Ek het en sal voortgaan om teen hierdie soort van verdelende taal kapsie te maak, al is dit afkomstig uit watter oord ookal,” het Naidoo gesê.

лобановский александр

Mormone stam glo af van Israeliete

Die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat probeer gewoonlik om die betekenis van sy Mormoonse geloof effens te onderspeel. Maar omdat Mitt Romney se godsdiens ‘n las vir baie Amerikaanse evangeliese sowel as ander toegewyde Christene is (net die helfte van alle Amerikaners glo Mormone is Christene), kan dit ‘n seën wees as dit by die Jode kom.

“Mormone sien hulself as hedendaagse Israeliete en erfgename van die beloftes aan Abraham, met ‘n natuurlike affiniteit vir die Jode,” sê Mark Paredes, ‘n Mormoon van Michigan.

“Omdat hulle ‘n klein gemeenskap van buitestaanders is, is hulle oor die algemeen bondgenote van die Jode,” sê Jonny Daniels, ‘n Republikeinse strateeg en vriend van Glenn Beck. “Hulle kan met ons op ‘n manier klaarkom wat ander Christene nie kan nie.”

Vir buitestanders, lyk die Boek van Mormoon na ‘n radikale revisionistiese teks met die Tuin van Eden geleë in Missouri en Jesus wat die Evangelie na Indiane bring ná sy opstanding. Maar hulle beskryf hulself as ‘n “restaurasie” geloof wat deur die bemiddeling van Joseph Smith, Christendom na sy outentieke wortels terugneem, een wat nie deur die Griekse filosofie en ander “onheilighede” besoedel is nie.

Mormone identifiseer hulself as afstammelinge van die Israelitiese stamme van Efraim en Menashe. Die ikoniese Salt Lake-tempel het ‘n binneste heiligdom wat slegs ‘n hoë priester kan betree, soos die ou Tempel in Jerusalem.

Mormone verwys ook na die nie-lede as heidene.

Utah se Republikeinse senator, Orrin Hatch, dra ‘n mezuzah om sy nek en sê dikwels hy voel “jammer” dat hy nie ‘n Jood gebore is nie. “Mormone glo die Joodse volk is die uitverkore volk, net soos die Ou Testament sê,” het hy gesê. “Enigiets wat ek kan doen vir die Joodse volk, sal ek doen.”

Die Amerikaanse State Department verskil van Romney se stelling dat Jerusalem die hoofstad van Israel is. Die Obama-administrasie se standpunt is dat die kwessie van ‘n hoofstad slegs deur onderhandeling bygelê kan word.

Данильченео