Amerikaanse veiligheid gekompromitteer, missies in ‘lockdown’

Die moord van die Amerikaanse ambassadeur in Libië en drie van sy personeel was waarskynlik te wyte aan ‘n ernstige en volgehoue ​​intelligensielekkasie.

Amerikaanse amptenare glo die aanval is goed beplan, want Chris Stevens was net ‘n kort rukkie terug in die land en die besonderhede van sy besoek aan Benghazi, waar hy en sy personeel gesterf het, was bedoel om hoogs vertroulik te wees.

Die aanval is baie goed beplan en mbv mortiere uitgevoer.

Die Amerikaanse regering staar ‘n krisis in Libië in die gesig. Sensitiewe dokumente het verdwyn van die konsulaat in Benghazi en die sogenaamde “veilige huis” in die stad, waarheen die personeel kon terugval, het onder ‘n volgehoue ​​mortieraanval gekom. Ander sodanige toevlugsoorde regoor die land word nie langer as “veilig” beskou nie.

Sommige van die ontbrekende dokumente van die konsulaat bevat onder meer ‘n lys van name van Libiërs wat saamwerk met die Amerikaners, en hulle verkeer tans in gevaar om deur ekstremistiese groepe uitgehaal te word. Van die ander dokumente hou verband met olie-kontrakte.

Volgens senior diplomatieke bronne is geloofwaardige inligting 48 uur voor die aanval op die konsulaat in Benghazi ingewin – asook die ambassade in Kaïro – dat Amerikaanse missies geteiken sal word, maar geen waarskuwings is aan diplomate uitgereik om op ‘n hoë gereedheidsgrondslag te wees nie, die sogenaamde “lockdown “, waaronder beweging beperk word.

Stevens was op ‘n besoek aan Duitsland, Oostenryk en Swede en het pas teruggekeer na Libië.

Agt Amerikaners, sommige van die weermag, is gewond in die aanval. Onder meer twee Amerikaanse seesoldate is beseer. Alle personeel van Benghazi het nou verskuif na die hoofstad, Tripoli.

In die tussentyd het ‘n seesoldaatspan, die Anti-Terrorisme Reaksiespan reeds in die land aangekom vanaf ‘n basis in Spanje en ander personeel is op pad. Bykomende eenhede is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.

‘n Skare van etlike honderde het die Amerikaanse ambassade gister in die Jemeense hoofstad Sanaa bestorm. Ander missies wat op spesiale gereedheidsgrondslag geplaas is, sluit in byna al dié in die Midde-Ooste, sowel as in Pakistan, Afghanistan, Armenië, Burundi en Zambië in.

Opstande het ook uitgebreek in Tunis, Tel Aviv en Gasa.

topcargo развод

Ekslusief! Opleiding van geheime jeugkrygsmag in plakkerskampe

JeugkrygerPRAAG het vandeesweek eerstehandse inligting bekom dat ‘n geheime krygsmag van swart jeugdiges in plakkerskampe rondom Johannesburg gerekruteer en opgelei word. Ná opleiding ontvang die lede van die krygsmag ‘n maandelikse loon van R2200 wat in kontant uitbetaal word vanuit staatsvoertuie met regeringsregistrasienommers.

Die opleiding mag verband hou met die sogenaamde jeugdienskorps, oftewel Narysec, waaroor verlede jaar in Julie in die media berig is. Maar die geheime krygsmag, anders as Narysec, word suiwer militêr en veral in die hantering van outomatiese wapens opgelei. Blykbaar staan die nuwe krygsmag onder beheer van uitgesoekte polisie-offisiere. Dit is bekend dat ‘n aansienlike aantal polisie-offisiere deesdae uit voormalige offisiere van die ANC se krygsmag, Umkhonto we Sizwe, bestaan.

Volgens ‘n vertroulike veiligheidsverslag wat in PRAAG se besit is, is ‘n kaptein Mokwena van die Muldersdrift-polisiekantoor sedert Oktober of November besig om swart jeugdiges in plakkerskampe, waaronder die Joe Slovo-nedersetting, rondom Lanseria vir opleiding te werf. Mokwena is ook gemoeid met gemeenskapspolisieforums in die gebied.

Luidens die verslag is “verskeie vergaderings in die Joe Slovo-plakkerskamp gehou waartydens jeugdiges meegedeel is dat hulle vir die polisieforum gewerf sou word. Slegs jeugdiges met matriek is vir opleiding gesoek. Hulle is ook meegedeel dat hulle lesings sou moes bywoon en daarna ‘n maandelikse salaris sou ontvang.

“In die Joe Slovo-plakkerskamp het ‘n polisieforumlid, me. Ntshabeleng, kaptein Mokwena gehelp om ongeveer tien lede te werf wat in die plakkerskamp woon. Soortgelyke werwings het klaarblyklik ook in ander plakkerskampe in dieselfde gebied plaasgevind.”

Oor die afgelope tyd is verskeie moorde in die Muldersdrift-omgewing gepleeg. Op 11 September 2012 het die Johannesburgse Engelstalige koerant, The Star, berig dat “93% van huishoudings in ‘n enkele straat in Muldersdrift, noordoos van Johannesburg met geweldsmisdaad geteiken is”. Die berig is geskryf na aanleiding van die koelbloedige moord op die 13-jarige Allyssa Botha. Vanoggend het RSG verslag gedoen dat die Bothas se bure intussen aangeval is.

‘n Veigheidskenner met wie PRAAG gesels het, sê: “As 93% van huise in ‘n gebied aangeval word, kan ‘n mens nog van ‘misdaad’ praat? Of is dit oorlog? Is dit toeval dat die geheime jeugkrygsmag juis in dieselfde gebied opgelei en ontplooi is?”

Jeugdiges in die Joe Slovo-plakkerskamp het ná hul werwing ongeveer twee lesings bygewoon. Op Saterdag 13 Februarie 2011 om 10.00 voormiddag het kaptein Mokwena ‘n groep gewerfde jeugdiges in Joe Slovo toegespreek en gesê dat een van diegene wat in 2010 in hul plakkerskamp gewerf is vir opleiding Bloemfontein toe gestuur sou word. Tydens die vergadering het kaptein Mokwena aangetoon dat slegs een jeugdige per plakkerskamp daarheen gestuur sou word en dat hulle ongeveer sestig uit die omgewing sou wees. Volgens kaptein Makwena sou die groep op 15 Februarie 2011 vir militêre opleiding vertrek, wat ongeveer ses maande sou duur.

Benewens jeugdiges, word misdadigers ook vir die krygsmag gewerf. ‘n Bekende misdadiger in die Joe Slovo-plakkerskamp, wat slegs onder sy voornaam van Smanga bekend is, is ook “gekeur” om die opleiding in Bloemfontein by te woon. Smanga se broer, Mazambia, dien reeds ‘n vonnis vir gewapende roof uit. Sy tweede broer Tebogo word tans deur die polisie in Muldersdrift en Brits vir gewapende rowe en inbrake gesoek.

Volgens die veiligheidsverslag het Smanga op 15 Februarie 2011 na Bloemfontein, blykbaar die Tempe-weermagbasis, vir opleiding vertrek.

Kaptein Mokwena het sedert Februarie verlede jaar gereeld die Joe Slovo-plakkerskamp besoek en aan die oorblywende jeugdiges wat vir die krygsmag gewerf is, gesê dat hul opleiding iewers in die Kaap sou plaasvind.

Op 4 Maart 2011 het kaptein Mokwena die Joe Slovo-plakkerskamp om 19.00 besoek en gesê dat die jeugdiges wat na Bloemfontein vir opleiding gestuur is, binne ‘n week terug sou wees en dat die “Youth Desk” op Maandag 7 Maart 2011 sou begin. Alternatiewelik word daar ook na die groep as die “Task Desk” verwys. Terwyl die ANC in ballingskap was, het hy graag van die term “Desk” gebruik gemaak, soos in “Cultural Desk”, “Foreign Desk”, ens.

Die Joe Slovo-plakkerskamp, asook ander nedersettings in die gebied, word as ANC-vestings beskou. Geen ander politieke party word in die omgewing toegelaat nie, volgens ‘n inwoner wat anoniem wou bly. Intimidasie vier hoogty en daar is selfs gerugte dat inwoners wat ander politieke partye ondersteun, gedood is.

Die misdadiger Smanga was teen Vrydag 18 Maart 2011 om 19.30 weer in die Joe Slovo-plakkerskamp terug. Hy het aan die oorblywende rekrute gesê dat:

  • hulle iets meer as veertig jeugdiges was wat opleiding in die SANW- militêre basis in Bloemfontein ondergaan het;
  • hulle in selfverdediging (“self-defence”) opgelei is;
  • hulle met outomatiese wapens opgelei is (hy het foto’s getoon waar hy met so ‘n wapen staan);
  • hulle ‘n serfifikaat vir hierdie opleiding ontvang het;
  • die sertifikaat gebruik kan word om by die SAPD of SANW aan te sluit;
  • die volgende groep jeugdiges op 24 Maart 2011 vir hul opleiding sou vertrek;
  • die volgende opleiding in die Kaap sou plaasvind;
  • hulle nou as die “Task Desk” bekendstaan;
  • hulle steeds ‘n salaris ontvang;
  • die opleiding uiters straf is en hy niemand kan aanbeveel om dit te ondergaan nie.

Smanga het ook ‘n uniform aangehad wat uit ‘n bruin hemp en groen broek bestaan. Op foto’s wat hy vertoon het, dra hy ook ‘n hoed.

Blykbaar was die jeugdiges geskok om oor die streng, strawwe en militêre aard van die opleiding te verneem en sommige was agterna onwillig om met die projek voort te gaan.

Oproepe na die Mulderdrift-polisiekantoor om met Kaptein Mokwena te praat, is nie beantwoord nie.

Данильченко Юрий Харьков

Zuma koue pampoen, sê Shivambu

Ekonomiese vryheidsvegters word nie geïntimideer deur president Jacob Zuma nie, het Floyd Shivambu, voormalige woordvoerder van die ANC-jeugliga, gesê.

“As hy dink ons voel geïntimideer deur dreigemente om aksie te neem, moet hy weet ons is nie,” het Shivambu in ‘n verklaring gesê.

“Zuma het gesê daar is mense wat betrokke is in die aanhitsing van geweld en het gedreig om binnekort op te tree.”

Shivambu het gewaarsku dat Zuma se optrede wettig moet wees.

Hy het reageer op Zuma se kommentaar in die parlement wat verband hou met die betoging van mynwerkers.

Zuma het vroeër Donderdag – in ‘n duidelike verwysing na Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga – aan LP’s gesê stappe sal gedoen word teen diegene wat geweld aanhits.

Hy het gesê dit is nie net die stakende mynwerkers wat betrokke is in die “onaanvaarbare” aktiwiteit nie.

“Dit is ook sommige mense wat daarheen gaan om die mynwerkers aan te hits om op ‘n sekere manier op te tree,” het Zuma gesê.

“Dit kan nie aanvaar word nie. Ons kyk daarna en sal binnekort optree.”

Malema het vroeër vandeesweek ‘n beroep op mynwerkers regoor die land gedoen om te staak.

Verlede maand is 34 stakende werkers by Lonmin se Marikana-myn doodgeskiet en 78 beseer. Die werkers eis ‘n maandelikse salaris van R12 500.

Werkers by Gold Fields se KDC-myn en Amplats se Thembelani-myn het ook begin staak en eis ook hoër salarisse.

 

Фильчаков прокурор харьков

Skoolhoofde met afdanking gedreig oor boekklagtes

Die departement van basiese onderwys het skole gedreig oor hulle klagtes dat hulle geen handboeke ontvang nie. ‘n Skoolhoof in Limpopo moes ‘n dokument teken waarin hy ontvangs erken van handboeke sonder dat sy skool die handboeke ontvang het. Toe hy weier, is hy gedreig met afdanking.

Skoolhoofde en beheerliggame by skole oral in Limpopo word met afdanking gedreig as hulle kla dat handboeke nie afgelewer is nie, het Solanga Milambo van Section27 gesê.

Milambo het Donderdag op ‘n mediakonferensie gesê hy het agt skole in die provinsie besoek wat ondanks ‘n hofbevel steeds nie handboeke ontvang het nie.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het glo gekla oor die NRO se bedrywighede en aan skole te kenne gegee dat hull nie nog handboeke gaan kry nie.

Section27 het pas weer ‘n aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring nadat die departement nie handboeke teen 15 Junie gelewer het nie.

Section27, die Hanyani Thomo- höerskool en Lydia Masiphephethu, beheerliggaam-voorsitter van die Lutandale-laerskool, eis in die hof­aansoek dat handboeke teen einde Oktober gelewer word.

Nthabi Pooe, regsnavorser by Section27, het gesê die departement hou vol alle boeke is gelewer, maar hulle kry daagliks oproepe van ouers en onderwysers wat sê hulle wag steeds vir handboeke.

“Ons is ook bekommerd oor die lewering van boeke vir 2013. Ons wil ‘n onderneming van die departement hê dat alle boeke vir 2013 teen 9 Januarie afgelewer sal word. Ons wil ook maandelikse verslae van die departement hê oor watter boeke by watter skole afgelewer is.”

Die eertydse waarnemende finansiële hoof van Limpopo se departement van basiese onderwys, Solly Tshitangano, is afgedank is toe hy onreëlmatighede met EduSolutions-tenders op die lappe gebring het.

 

александр лобановский супермаркет класс

Plaasaanvalle word deur Izinyoka uitgevoer

Die aanvalsgroep wat plaasmoorde in die distrik van Trompsburg uitvoer, staan bekend as die Izinyoka, wat “slange” beteken. Van hulle het selfs ongestoord opgedaag by landdroshof vir die verskyning van drie van hul lede op aanklagte van moord.

Swart inwoners van Madi­kgetla, die lokasie by Trompsburg, het Donderdag bevestig dat hulle wit plaaseienaars doelgerig aanval.

Volgens beskikbare inligting is die lede van Izinyoka ook verantwoordelik vir die moorde op Jan en Johanna Greyling in 2006 asook die aanval op Phillip Henning in 2007.

“Die drie wat die Fouries vermoor het, is lede van Izi­nyoka,” het Bukelwa Mnweba, voorsitter van Madikgetla se gemeenskapspolisiëringsforum aan Beeld gesê.

Moeketsi Hlassa (27), Mvu­mvu Nkululeko (26) en Phinias Mothibi (28) het Donderdag in die landdroshof op Trompsburg verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

Hulle staan tereg op die moorde van Johan (71) en Cecile (72) Fourie Sondag. Die Fouries is op ‘n wreedaardige wyse met ‘n byl doogekap. Hul woning het spore van die verskriklike geweld gedra waarmee die egpaar vermoor is, en was volgens ooggetuies oortrek met bloed.

Phinias Mothibi was ‘n plaaswerker by die Fouries. Hy het Maandag, ná die moord, doodluiters ‘n halfsak meel kom vra en sy hulp vriendelik aangebied, sê Nico Kruger, seun van die Fouries.

Фільчаков прокурор

Moslems storm VS-ambassades in Kaïro, Jemen oor film

Minstens 13 mense is Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Kaïro beseer nadat botsings tussen Egiptiese veiligheidsmagte en betogers uitgebreek het.

Die betogers is in opstand oor ‘n film wat Islam beledig. Die film, “Onskuld van die Moslems,” toon die profeet Mohammed as ‘n bedrieër, ‘n rokjagter en ‘n ​​mal mens in ‘n ​​openlike bespotting, en wys hom waar hy seks het en mense oproep tot slagtings.

Intussen het betogers ook die Amerikaanse ambassade in Jemen bestorm.

Die polisie het traangas gebruik om die betogers uiteen te jaag nadat hulle klippe en petrolbomme naby die ambassade gegooi het, het die Egiptiese staatstelevisie berig.

Betogers het ook ‘n polisievoertuig aan die brand gesteek en die pad wat na die ambassade lei, naby Tahrir-plein in sentraal Kaïro, afgesper.

Betogers eis ‘n amptelike verskoning van die VSA oor die film.

Pres. Barack Obama het ‘n beroep op leiers van Libië en Egipte gedoen om die veiligheid van Amerikaanse diplomatieke fasiliteite en personeellede te verseker, het die Withuis Donderdag gesê, nadat vier Amerikaners in ‘n aanval op die Amerikaanse konsulaat in Benghazi dood is.

лобановский депутат

Obama veroordeel moord op Amerikaanse ambassadeur

Barack Obama, president van die VSA, het Woensdag die dood van vier Amerikaners, wat die Amerikaanse ambassadeur insluit, ná ‘n aanval op sy land se konsulaat in die Libiese hoofstad Benghazi, veroordeel.

Die Amerikaanse leier het hulde gebring aan die ambassadeur, Chris Stevens, en sy kollegas wat dood is toe ‘n groep Libiese betogers op die Amerikaanse konsulaat toegesak het.

Die groep het saamgekom uit protes teen ‘n rolprent wat glo beledigend is teenoor Islam.

“Ek wil die aanval op ons diplomatieke fasiliteit in Benghazi, wat die lewe van vier Amerikaners, insluitend die ambassadeur, Chris Stevens, geëis het, ten sterkste veroordeel,” het Obama in ‘n verklaring deur die Withuis gesê.

“Amerika hou die gesinne van diegene wat ons verloor het in ons gedagtes en gebede,” het hy gesê.

“Hulle was ‘n voorbeeld van Amerika se verbintenis tot vryheid, geregtigheid en vennootskap met lande en mense oor die wêreld heen, en staan in skrille kontras met dié wat hul lewens geneem het.

“Ek het my administrasie aangesê om al die nodige hulpbronne te verskaf om die sekuriteit van ons personeel in Libië te verseker en om sekuriteit by ons diplomatieke missies oor die wêreld heen op te skerp,” het hy bygevoeg.

Лобановский Харьков

ANC lag Malema en ‘piesang-republiek’ af

Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, het geweier om kommentaar te lewer oor die gewese ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se uitlatings dat Suid-Afrika ‘n piesangrepubliek is.

“Ons gaan nie hierdie stories bestendig deurdat ek of die president kommentaar daaroop lewer nie. Julle kan nie verwag dat hy [Zuma] hierop kommentaar moet lewer nie,” het Maharaj Woensdag gesê.

“Julle [joernaliste] moet die prys betaal en verantwoordelikheid neem vir stories wat verskyn oor ‘n piesangrepubliek.”

Malema het vroeër aan soldate by die Lenasia-ontspanningsentrum gesê dat Suid-Afrika ‘n “piesangrepubliek” is.

“Niemand is bo die wet verhewe nie – nie die weermag nie, nie die presidensie nie, en nie die parlement nie. Elke hofbesluit moet gerespekteer word,” het Malema gesê.

“Ons moet die howe respekteer, maar die leierskap van hierdie piesangrepubliek het geen respek vir die howe nie.”

“Julle hoof [Zuma] is besig met ander dinge. Julle is ‘n laer prioriteit. Almal van ons is ‘n laer prioriteit,” het Malema gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Wildboere woedend oor M99-verbod

Wildboere is woedend nadat die SA Veterinêre Raad hul private gebruik van die dwelm M99 verbied het, het Wildlife Ranching SA Dinsdag gesê.

“Die nuwe beslissing is nie in die belang van die welsyn van diere nie,” sê Leon van der Watt, voorsitter van WRSA se Thabazimbi-kamer.

Hy het gesê wildboere behandel hul diere met M99 al vir dekades sonder enige insidente of ongelukke.

Van der Watt het gesê eienaars kan nie wag vir tot vyf dae vir ‘n veearts om te kom om siek diere te vang of te hanteer nie.

Die waarnemende registrateur van die SA Veterinêre Raad (SAVR) Lynette Havinga het gesê veeartse nou was die enigste mense wat wetlik bevoeg is om ‘n narkose of immobiliseerde diens te gee aan diere-eienaars.

Die wysiging van die Wet op Veterinêre Beroepe het in Junie 2012 in werking getree.

Wildbedryfgroepe soos WRSA, die SA Roofdiertelersvereniging en Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika het gesê die Veterinêre Raad het nie die korrekte stappe in die wysiging van die wet gevolg nie.

Wildboere het gesê M99 was die voorkeurdwelm onder veeartse en boere om diere te immobiliseer. Ander immobiliseerde dwelms word nie as doeltreffend geag nie.

WRSA se bestuurder Herman Barnard het gesê hulle het met SAVR verskeie kere oor die saak sedert 2009 vergader, maar het gesê dat hulle hu insette en tyd gemors het.

Havinga het gesê intervensies op vrylopende wild was voorheen hoofsaaklik bewaringsgeoriënteerd en deur die staat gedoen.

Die situasie het sedertdien ontwikkel in ‘n baie sterk kommersiële belang in wildboerdery. Hierdie ontwikkeling het ‘n groter vraag na, en potensieel groter misbruik van dwelms vir die immobilisering of narkose van wild meegebring.

M99 is ook gebruik in sommige plaaslike renosterstroperygevalle.

Havinga het gesê dat dit noodsaaklik geword het om dwelms vir wilde diere te reguleer. Sy het gesê die verkoop en verspreiding van alle opioïede, insluitend Etorfienehidrochloried (M99) word internasionaal ook gemonitor. Daar was reeds kommer oor die oormatige gebruik van opioïede in Suid-Afrika.

Havenga het gesê indien dit nie voldoende beheer word nie, kan die maatskappy wat die dwelm vervaardig, oorweeg om die produk van Suid-Afrika te onttrek.

WRSA het aangevoer dat daar nie genoeg ervare wildsveeartse in die land is nie.

Barnard het gesê Suid-Afrika het byna twee keer soveel diere op private grond as in die land se nasionale parke en reservate.

“Die wildbedryf brei uit teen ‘n geweldige tempo. SAVR het duidelik nie tred gehou met hierdie ontwikkelinge nie.”

Hy het gesê Suid-Afrika is die wêreldleier in wildbedryf, maar die enigste land waar geskeduleerde veterinêre medisyne nie op voorskrif aan boere beskikbaar is nie.

Havinga verskil, en sê veeartsenykundige dienste is beskikbaar oor die hele land.

Wildboere sê dit is nie seker of dié stap renosterstropery sal stuit nie.

Фильчаков прокурор харькова

Jeugligalid vas vir Natalse moorde

Die leier van ‘n plaaslike tak van die ANC-jeugliga het skuld beken op die moord op twee ANC-takleiers aan KwaZulu-Natal se Suidkus.

Sifiso Khumalo (31) het geskuldig gepleit op die moord op Bheki Chiliza en Dumisani Malunga toe hy Woendag in Ramsgate se streekhof verskyn het.

“Khumalo is die takvoorsitter van die ANC-jeugliga vir die Port Shepstone-streek,” het Mzwandile Mkhwanazi, streeksekretaris, gesê.

Samuel Cele (34), sy mede-beskuldigde, het onskuldig op die aanklagte gepleit en sal weer op 19 September in die hof verskyn.

Die twee is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op Malunga en Chiliza.

Malunga (42) en Chiliza (39) is doodgeskiet terwyl hulle in die Oshabeni-gebied gery het.

Die metaalwerkersvakbond Numsa het Khumalo se skulderkenning verwelkom.

“Wat vanoggend in die hof gebeur het wys dat Numsa se vermoedens reg was. Die moorde was polities gemotiveerd,” het Mbuso Ngubane, Numsa se woordvoerder, gesê.

Данильченео