“Ons gaan nie hierdie stories bestendig deurdat ek of die president kommentaar daaroop lewer nie. Julle kan nie verwag dat hy [Zuma] hierop kommentaar moet lewer nie,” het Maharaj Woensdag gesê.
“Julle [joernaliste] moet die prys betaal en verantwoordelikheid neem vir stories wat verskyn oor ‘n piesangrepubliek.”
Malema het vroeër aan soldate by die Lenasia-ontspanningsentrum gesê dat Suid-Afrika ‘n “piesangrepubliek” is.
“Niemand is bo die wet verhewe nie – nie die weermag nie, nie die presidensie nie, en nie die parlement nie. Elke hofbesluit moet gerespekteer word,” het Malema gesê.
“Ons moet die howe respekteer, maar die leierskap van hierdie piesangrepubliek het geen respek vir die howe nie.”
“Julle hoof [Zuma] is besig met ander dinge. Julle is ‘n laer prioriteit. Almal van ons is ‘n laer prioriteit,” het Malema gesê.
