“As hy dink ons voel geïntimideer deur dreigemente om aksie te neem, moet hy weet ons is nie,” het Shivambu in ‘n verklaring gesê.
“Zuma het gesê daar is mense wat betrokke is in die aanhitsing van geweld en het gedreig om binnekort op te tree.”
Shivambu het gewaarsku dat Zuma se optrede wettig moet wees.
Hy het reageer op Zuma se kommentaar in die parlement wat verband hou met die betoging van mynwerkers.
Zuma het vroeër Donderdag – in ‘n duidelike verwysing na Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga – aan LP’s gesê stappe sal gedoen word teen diegene wat geweld aanhits.
Hy het gesê dit is nie net die stakende mynwerkers wat betrokke is in die “onaanvaarbare” aktiwiteit nie.
“Dit is ook sommige mense wat daarheen gaan om die mynwerkers aan te hits om op ‘n sekere manier op te tree,” het Zuma gesê.
“Dit kan nie aanvaar word nie. Ons kyk daarna en sal binnekort optree.”
Malema het vroeër vandeesweek ‘n beroep op mynwerkers regoor die land gedoen om te staak.
Verlede maand is 34 stakende werkers by Lonmin se Marikana-myn doodgeskiet en 78 beseer. Die werkers eis ‘n maandelikse salaris van R12 500.
Werkers by Gold Fields se KDC-myn en Amplats se Thembelani-myn het ook begin staak en eis ook hoër salarisse.
