praag.co.za

Jeugligalid vas vir Natalse moorde

Written by

in

Die leier van ‘n plaaslike tak van die ANC-jeugliga het skuld beken op die moord op twee ANC-takleiers aan KwaZulu-Natal se Suidkus.

Sifiso Khumalo (31) het geskuldig gepleit op die moord op Bheki Chiliza en Dumisani Malunga toe hy Woendag in Ramsgate se streekhof verskyn het.

“Khumalo is die takvoorsitter van die ANC-jeugliga vir die Port Shepstone-streek,” het Mzwandile Mkhwanazi, streeksekretaris, gesê.

Samuel Cele (34), sy mede-beskuldigde, het onskuldig op die aanklagte gepleit en sal weer op 19 September in die hof verskyn.

Die twee is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op Malunga en Chiliza.

Malunga (42) en Chiliza (39) is doodgeskiet terwyl hulle in die Oshabeni-gebied gery het.

Die metaalwerkersvakbond Numsa het Khumalo se skulderkenning verwelkom.

“Wat vanoggend in die hof gebeur het wys dat Numsa se vermoedens reg was. Die moorde was polities gemotiveerd,” het Mbuso Ngubane, Numsa se woordvoerder, gesê.

Данильченео

Comments

Leave a Reply