Stakende werkers van Anglo American Platinum (Amplats) sal Donderdag by Lonmin-werkers in Marikana aansluit om te poog om mynbou in Rustenburg tot stilstand te dwing.
Amplats het produksie by die myn gestaak nadat werkers Woensdag begin staak het.
Chris Griffith, hoofuitvoerende beampte, het gesê die Rustenburg-gebied is ‘plofbaar’ en persone wat wil terugkeer werk toe, word geïntimideer.
“Produksie by die myn sal voortgaan sodra dit veilig is.”
Verteenwoordigers van die werkers het gesê hulle gaan nie hul eis van ‘n maandelikse salaris van R12 500 laat vaar nie.
“Vandag [Woensdag] was die laaste dag, môre oggend [Donderdag] gaan al die mynwerkers van Amplats en Lonmin kragte saamsnoer by ‘n plaaslike stadion,” het Godfrey Lindane, organiseerder, gesê.
Die stakende werkers sal by die Bleskop-stadion in Rustenburg byeenkom.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.