Corrie se vermeende moordenaars vas

Drie swartes is Donderdagoggend aangekeer vir die moord op die voormalige swaargewig-bokskampioen Corrie Sanders.

OFM berig die drie Zimbabwiërs, tussen 19 en 20 jaar oud, is om 10:00 in die Oukasie-plakkerkamp naby Brits in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang wat hulle na ‘n huis gelei het waar twee van die vasgetrek is. Die derde verdagte is kort daarna by ‘n ander huis, in hegtenis geneem.

Verdere besonderhede volg later.

топкарго развод

Staking raak gewelddadig, brandstof kan opraak

Stakende vragmotorbestuurders in Kaapstad en Johannesburg wat nie aan die staking deelneem nie, se vragmotors is gevandaliseer.

RSG berig ‘n beraamde 20 000 vragmotorbestuurders staak landwyd en eis ‘n salarisverhoging van 12% elke jaar tot en met 2014.

Sewentien voorvalle van geweld teen nie-stakende bestuurders is die laaste twee dae aan die Oos-Rand in Gauteng aangemeld.

In die Wes-Kaap is die polisie besig om die situasie in Nyanga op die Kaapse Vlakte te monitor nadat petrolbomme na vragmotors in die gebied gegooi is. Motoriste is gevra om die gebied te vermy.

Die geweld word verbind met die vragvervoerstaking.

Intussen het die radiostasie berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Die staking deur vragmotorbestuurders het tot dusver min uitwerking op die aflewering van brandstof aan vulstasies in die land gehad.

Satawu het egter gesê dat petroltenkwa-bestuurders by die staking aangesluit het.

RSG berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Avhapfani Tshifularo, ‘n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging, sê egter gebeurlikheidsplanne in plek.

eNCA het vroeër berig dié staking deur meer as 40 000 vragmotorbestuurders kan die land se vervoernetwerk heeltemal lamlê en grootskaalse ontwrigting veroorsaak.

 

Данильченко Юрий Брониславович

Tergende vrae oor Sanders se dood

Vrae is opnuut geopper oor hoekom die voormalige bokskampioen Corrie Sanders nie na ‘n privaathospitaal of ‘n hospitaal nader aan die restaurant geneem is nie, berig Eyewitness News.

Sanders is deur rowers in die maag geskiet en is Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal in Pretoria dood.

Die Brits-medikliniek is net sewe minute ver van die Thatch Haven-restaurant, waar Sanders Saterdagaand tydens ‘n gewapende rooftog gewond is. Die Kalafong-hospitaal is baie verder – ogeveer45 minute ver – van die restaurant.

Die Brits-medikliniek het gesê hy het ‘n 24-uur noodeenheid met chirurge wat Sanders se geval sou kon hanteer. Volgens die hospitaal het hy nooit ‘n versoek rakende Sanders van paramedici ontvang nie.

Sanders se familie het gesê die Hartbeespoort-reddingseenheid het aan hulle gesê hy kan nie na die Brits-medikliniek geneem word nie, omdat hy nie ‘n mediese fonds het nie.

Dit is nie duidelik hoekom paramedici Sanders na ‘n verder hospitaal geneem het nie.

Die reddingseenheid wou nie kommentaar lewer nie.

Данильченко Юрий отзывы

Drie ANC-lede geskiet

Drie lede van die ANC is gewond toe gewapende mans tydens ‘n vergadering van die uitvoerende komitee in Welbedacht naby Chatsworth, Durban, skote afgevuur het, het die party se tak in KwaZulu-Natal gesê.

Senzo Mkhize, provinsiale woordvoerder vir die ANC, sê Mbuzeni Ximba (takvoorsitter), Sbu Mpanza (adjunk-takvoorsitter) en Bulelani Njoli (wykskomiteelid) is Woensdagaand geskiet.

Mkhize sê twee gewapende mans het by die vergadering ingestorm en begin skiet.

Die mans is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal. Een van hulle is in die been geskiet. Dis onbekend waar die ander mans gewond is.

Kol. Vincent Mdunge het die skietery bevestig. Hy sê die voorval het by die Imbaliyethu-hoërskool plaasgevind.

Die motief agter die aanval is nog nie bekend nie.

лобановский александр харьков

Sportminister moedig ekonomiese bevryders aan

Die ANC-jeugliga moenie om verskoning vra vir ekonomiese vryheid en die nasionalisering van myne nie, het Fikile Mbalula, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Woensdag gesê.

“Julle is die enigstes wat die debat oopgestel het,” het Mbalula aan studente by Wits Universiteit in Johannesburg gesê.

Hy het gepraat tydens die ANC-jeugliga se 68ste herdenkingslesing.

“Sommige van ons in die beweging is selfs te bang om die woorde ekonomiese vryheid in ons leeftyd te sê. Wat julle moet doen kamerade is om jul begrip van ekonomiese vryheid te verdiep.

“Dit is die lied waaroor almal moet sing. Selfs die linkses in hierdie land, die Kommunistiese Party, Cosatu [en] sommige van ons kamerade is bang om ekonomiese vryheid te sê.”

Die rede hiervoor is omdat dit met individue geassosieer word, het Mbalula gesê, in verwysing na Julius Malema.

Hy het aan die jeugliga gesê dat vryheid oor hulle gaan.

“Dit gaan oor totale bevryding en as jy nie daaroor gaan praat nie, wie anders sal dan? Hoekom moet die jeug nie obsessief wees oor ekonomiese mag nie?”

Mbalula sê die jeugliga moet versigtig wees, want wanneer die “tweede revolusie” kom, kan dit deur opportuniste gekaap word.

Die ANC-jeugliga was krities oor die sogenaamde tweede oorgang, wat by die ANC se beleidskonferensie in Junie voorgestel en gedebatteer is.

Mbalula sê die tweede oorgang kan nie vereenvoudig word na vryheidsliedere en leierskap nie.

“As julle begin sing sal julle nooit die debat verstaan nie,” het hy gesê.

“‘n Oorgang is nie ‘n geleentheid nie, dit is ‘n proses en ‘n reis.”

 

Александр Фильчаков

MRK gaan grondgryp-hoofman ondersoek

Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie is gevra om hoofman Phatekile Holomisa te ondersoek nadat hy ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om teen volgende jaar grond van blankes terug te eis, het die Afrikanerbond Woensdag gesê.

Jan Bosman, hoof-sekretaris van die Afrikanerbond, sê die uitlatings deur Holomisa is ‘n aanhitsing tot geweld en omdat hy verwys het na ras, word sy aanmerkings as die verkondiging van haat gesien.

Holomisa het gesê wittes het nie grond van swartes gekoop nie want dit is met geweld deur blankes afgeneem. Hy het die uitlatings op 15 Augustus tydens ‘n gedenklesing vir McGregor Mgolombana in die Oos-Kaap gemaak.

“Ons moet onsself volgende jaar voorberei vir ‘n stryd vir grondhervorming sodat ons nie meer situasies het waar 87% van grond in blankes se besit is en 13% deur swart mense beset word nie,” het Holomisa glo gesê.

Bosman sê vryheid van spraak in die handves van regte sluit onder andere uit die propaganda vir oorlog, aanhitsing van geweld en die verkondiging van haat wat op ras gebaseer is.

“Uitlatings soos hierdie het die potensiaal om misverstaan te word deur ongesofistikeerde mense,” het hy gesê.

Holomisa sê daar is niks in sy uitlatings wat geweld aanhits nie.

“Daar is absoluut niks [in die verklaring] wat die grondwet oortree nie,” het hy gesê.

Holomisa het gesê die staat het nie die geld om grond terug te koop van blankes en dit dan onder swart mense te versprei nie.

“Dus is daar plakkerskampe wat oral oor Suid-Afrika opskiet, want ons het die mense van Afrika versaak.”

Hy het bygevoeg dat elke swart mens geregtig is op ‘n stuk grond sodat individue huise kan bou en kos vir hul families kan produseer.

Фильчаков прокурор отзывы

‘n Tipiese Weskaapse moordslagoffer

‘n Tipiese moordslagoffer in die Wes-Kaap was waarskynlik gelem, vol alkohol en was ‘n swart man tussen die ouderdom van 18 en 35, het ‘n koerant berig.

Cape Argus berig dié profiel was die uitslag van ‘n verslag wat die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid saamgestel het. Die verslag verwys na moorde van 2008 tot 2011.

Volgens die koerant het die departement data van lykshuise in plaas van misdaadstatistiek gebruik om die saak te ondersoek.

Gideon Morris, hoofdirekteur van die departement, sê die polisie se misdaadstatistiek verskaf nie gedetailleerde ontleding nie, maar is ‘n goeie aanduiding van wat gebeur.

Luidens die verslag het die provinsie die derde hoogste moordsyfer in die land – 43,4 slagoffers per 100 000 mense – tussen April 2011 en Maart 2012 gehad.

Die meeste moorde is in Nyanga, Gugulethu, Khayelitsha, Milnerton en Mfuleni gepleeg.

Altesaam 87% van die slagoffers was mans. Die helfte van die vermoordes is gesteek, ‘n derde van hulle is geskiet en sowat 17% van die slagoffers het as gevolg van ernstige aanranding of trauma van ‘n stomp voorwerp gesterf.

Cape Argus berig 70% van die oorledenes het positief vir drank getoets.

депутат лобановский

Tekens van nasionalisering wat kom?

Die Vryheidsfront Plus is bekommerd oor die departement van handel en nywerheid se besluit om nie beleggingsbeskermingkontrakte met internasionale handelsvennote, soos die EU-lidlande, te hernu nie.

Hierdie kontrakte bied, onder andere, waarborge aan handelsvennote teen die nasionalisering van die betrokke lande se bates in Suid-Afrika. “Dit blyk dat die departement bloot die kontrakte laat verval het soos die een na die ander opkom vir hernuwing. Hierdie besluit laat mens wonder of die regering bang is dat hulle miljarde rande skadevergoeding aan handelslande sal moet betaal indien daar besluit sou word om te nasionaliseer.

“Daarom kan hierdie besluit net gesien word teen die moontlikheid van ‘n toekomstige vorm van nasionalisering wat moontlik toegepas kan word,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, gesê. “Die VF Plus gaan derhalwe parlementêre vrae in die verband rig aan die minister van handel en nywerheid, dr. Rob Davies. Suid-Afrika het steeds sy EU-handelsvennote nodig en enige vorm van diskriminasie teen hulle sal fataal vir ons ekonomie wees,” het Alberts gewaarsku.

Die VF Plus vind hierdie besluite van die regering ook vreemd teen die agtergrond dat die beleggingsbeskermingkontrak tussen Suid-Afrika en Zimbabwe wel in stand gehou word.

Die regering sal verseker sy prioriteite moet hersien en daarom sal minister Davies moet antwoord waarom hierdie irrasionele besluite geneem is.

лобановский александр фото

Malema kry borg en lag die klag af

Julius Malema is in die Polokwane-streekhof borgtog van R10 000 toegestaan.

Vier van sy sakevennote, insluitende die direkteur van On-Point Engineering, Lesiba Gwangwa, is vroeër op borgtog vrygelaat. Hulle is elkeen borgtog van R40 000 toegestaan.

Honderde ondersteuners het vroeër buite die Polokwane-polisiestasie saamgedrom voordat die omstrede politikus hom vroegoggend aan die polisie oorhandig het. Die polisiestasie is oorkant die hof geleë.

Aanklaers het ook bevestig dat Malema op een aanklag van geldwassery tereg staan.

Die hof het kortliks verdaag vir vyf minute voordat die borg toegestaan is.

Die saak is tot 30 November uitgestel.

Malema het die klagte afgelag en gesê dis nie so ernstig nie. Hy het aan sy ondersteuners gesê hy sou van korrupsie, bedrog en geldwassery aangekla word, wat ernstige misdade is.

“Met my aankoms hier is daar aan my gesê daar is een aanklag teen my, en daardie aanklag is een van geldwassery. Dis ‘n Skedule Een-misdaad, en is nie só ernstig nie,” het hy gesê, volgens nuus24.

Malema het bygevoeg dat hy “niks het om weg te steek nie.” Sy ondersteuners het hom ook met dié luide sang van sy onskuld vanmore in die hof verwelkom. Hulle is nie deur die hof gevra om op te hou nie.

лобановский александр

Chaos, geweld breek uit toe joernaliste by Malema-verhoor uitgeskop word

Joernaliste, fotograwe en TV-kameraspanne is uitgeskop uit die Polokwanestreekhof waar die voormalige ANC-jeugligapresident Julius Malema moet verskyn.

Vroeër, het sekere mediahuise aansoeke gebring om toegelaat te word in die hof, maar verslaggewers is verwyder nadat amptenare daarop aangedring het dat die aansoeke vir individue en nie spanne was nie.

Maar, volgens ‘n Sapa-verslaggewer op die toneel, gaan geen joernaliste in die hof wees nie.

Pandemonium en chaos het uitgebreek toe die joernaliste met geweld verwyder is. Een is deur twee veiligheidswagte uitgesleep.

eNews Channel-Afrika se verslaggewer Karyn Maughan het in duie gestort buite die hof.

Onluste polisie is binne-in die hof ontplooi orde te handhaaf. Strate is vroëer afgesper vir Malema se verskyning.

Олександр Фільчаков прокурор