PRAAG-gesprek oor ons toekoms Vrydag in Pretoria

‘n Informele kafeegesprek oor “ons toekoms: polities, ekonomies, kultureel”, word eerskomende Vrydagoggend 22 Februarie om 10.30 in Pretoria gehou. Epos inlig[by]praag.org vir die adres.

‘n Besoekende Nederlandse parlementslid sal ook die gesprek bywoon en vrae aangaande die verhouding van Afrikaners tot Nederland en Europa beantwoord.

Alle lesers is welkom om dit by te woon. Aangesien plekke in die kafee beperk is, word u versoek om so gou moontlik per epos van u te laat hoor. Sluit ook u selfoonnommer op die epos na inlig[by]praag.org in.

SA’ners is die vuilste mense in die wêreld

Suid-Afrikaners is van die vuilste mense in die wêreld wanneer dit kom by persoonlike higiëne, het ‘n studie bevind.

Die studie is deur die vervaardiger van antibakteriese produkte Dettol onderneem en gister vrygestel. Saam met China, is Suid-Afrikaners die mense wat die minste omgee wanneer dit kom by higiëne.

Die opname is gedoen oor die higiëniese gewoontes van 12.000 mense in 12 lande, 1000 van elk.

Smerige mense is minder geneig om hul hande te was, terwyl hande as “die voertuie wat infeksies dra” bekend is.

Die studie het aan die lig gebring dat tuisma’s die mees higiëniese is, met 64,5% wat hulle hande meer as vyf keer ‘n dag was.

Universiteitstudente het die ergste gevaar, met slegs 44,5% wat hul hande dikwels was.

Ouer Suid-Afrikaners (ouer as 55) is meer geneig om hul hande gereeld te was as mense tussen die ouderdomme van 16 en 24.

Daar is gevind dat vroue uit Australië, Brasilië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indië, Maleisië, die Midde-Ooste, die Verenigde Koninkryk en die VSA meer geneig is om hul hande te was as hul manlike eweknieë.

Maar in Suid-Afrika is daar geen verskil nie, waar mans en vroue ewe geneig, dalk ongeneig is om hul hande te was.

In Suid-Afrika is ‘n “gevoel van walging oor die moontlikheid van kontaminasie” die belangrikste determinant vir higiëne, gevolg deur goeie maniere.

‘n Konsultant vir die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes by Wits-universiteit, professor Barry Schoub het gesê skoon hande is ‘n maklike manier om die voorkoming van die verspreiding van infeksies te bevorder en hy betreur die aantal mense wat uit openbare toilette loop sonder om hulle hande te was.

“Hoes- en nies-etiket” is ook baie belangrike maniere om goeie higiëne te bewaar, sê Schoub.

Hy het aanbeveel dat ‘n siek persoon “‘n snesie gebruik en dit dan weggooi, of hoes in die waaie van jou elmboog of arm, eerder as in jou hand.”

Diamante van R4 miljard by lughawe gebuit

Gewapende mans het ‘n groot hoeveelheid diamante gesteel terwyl dit op ‘n vliegtuig by die Brussel-lughawe gelaai is, het die Belgiese media Dinsdag berig.

Altesaam 10 kg diamante met ‘n waarde van €350 miljoen (sowat R4 miljard) is laat Maandag gesteel, het die uitsaaier VRT berig.

Die diewe het glo omstreeks 19:47 (18:47 GMT) met twee voertuie deur ‘n heining by Brussel se hooflughawe gebreek, het die lughawe in ‘n verklaring gesê.

“Die mans in die motor het na ‘n Switserse vliegtuig gery, waar hulle waardevolle items gesteel het,” het die verklaring gelui.

“Daar was nie ‘n skietery nie en niemand is beseer nie. Dit het slegs ‘n paar minute geduur en ná dit het hulle die lughawe deur die beskadigde heining verlaat.”

Die diewe het ‘n voertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy geteiken wat besig was om die diamante op die vliegtuig te laai. Die vliegtuig was op pad na Zürich, het mediaberigte gelui.

‘n Voertuig wat uitgebrand het, is later in die buitewyke van Brussel gevind. Die polisie stel ondersoek in om vas te stel of dit een van die wegkommotors was, het VRT berig.

Фильчаков прокурор харьков

Ramphele se party kan SA destabiliseer

Die nuutgestigte politieke platform, Agang SA, kan dalk gebruik word om die land te destabiliseer, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.

Mantashe het sy kommer uitgespreek oor die sakevrou dr. Mamphela Ramphele se planne vir ‘n nuwe politieke platform, wat Maandag bekendgestel is, berig die SABC.

“Die bekommernis wat ons het is die feit dat die inisiatiewe aangekondig is terwyl die stigter in die Verenigde State was en aangekondig het dat sy geld insamel.

“Ons grootste bekommernis is oor die befondsingstruktuur, wat die helfte van die tyd nie gebruik word om die regering te versterk nie, maar om dit te destabiliseer.”

Ramphele het Maandag haar visier amptelik op 2014 se verkiesing ingestel.

лобановский обыск

Nestlé ook deur perdevleisskandaal getref

Die Switserse voedselreus Nestlé het die jongste handelaar geword om deur Europa se perdevleis-skandaal getref te word.

Die maatskappy het pastageregte van supermarkrakke in Italië en Spanje verwyder weens besmetting.

“Ons toetse het tekens van perd-DNS in twee produkte gevind,” het die wêreld se grootste voedselmaatskappy Maandag in ‘n verklaring gesê.

“Die verkeerde etikettering van produkte beteken dit voldoen nie aan die baie hoë standaarde wat verbruikers van ons verwag nie,” het hy bygevoeg.

Die maatskappy het twee verkoelde pastadisse, Buitoni Beesvleis Ravioli en Beesvleis Tortellini , “vrywillig” van rakke in Italië en Spanje verwyder.

‘n Gevriesde vleisproduk van Nestlé wat in Frankryk vervaardig word en aan spysenieringsmaatskappye verskaf word, sal ook onttrek word.

Nestlé het verbruikers om verskoning gevra.

Фильчаков

Chrysler-baas se vermeende skieter gevang

‘n Man het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die roof van en moord op Trent Barcroft, die uitvoerende hoof van Chrysler SA, het die polisie gesê.

“Die saak is tot volgende week uitgestel vir ‘n polisieparade. Hy is in sy twintigs,” het kapt. Kim Cloete gesê.

Die man is Vrydag in Tembisa in hegtenis geneem. Cloete wou nie sy naam onmiddellik bekendmaak nie.

Trent en sy vrou, Cathy Barcroft, wat Amerikaanse burgers is, is verlede week in Midrand van hul selfone, juwele en ‘n handsak in Waterfall Park beroof.

Trent is in die maag geskiet en is in die intensiewe sorgeenheid by die Sunninghill Hospitaal opgeneem. Sy vrou is ongedeerd.

лобановский класс харьков

Hernieude mynonrus in Rustenburg

Minstens 13 mense is Maandag beseer in arbeidsonrus by ‘n Amplatsmyn [Anglo American Platinum] in Rustenburg, het die polisie gesê.

Vier van die beseerdes is veiligheidswagte wat met pangas aangeval is.

Minstens vyf werkers is ook in die konflik wat  tussen twee strydende vakbonde uitgebreek het, geskiet.

Een van die werkers by die myn se Siphumelele-skag is volgens eNCA doodgeskiet, maar dit kon nog nie bevestig kon word nie.

Die Amplats-werkerskomitee het gesê vyf lede van die National Union of Mineworkers (NUM) is geskiet in ‘n botsing met veiligheidswagte by die myn, het Sapa berig.

Een van die werkers is in die kop geskiet, het die komitee gesê.

Aanvanklike inligting dui daarop dat die skietery tussen strydende lede van NUM en die kleiner Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) uitgebreek het, het AFP berig.

Lesiba Seshoka, woordvoerder vir NUM, het die botsing bevestig, maar kon nie verdere inligting verskaf nie.

“Ek is nie bewus van die sterftes nie, ek is slegs bewus dat daar mense beseer is,” het hy aan AFP gesê.

Mpumi Sithole, ‘n woordvoerder vir Amplats, het aan AFP gesê die maatskappy “is besig om besonderhede te in te win”.

Фильчаков прокурор харьков

Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing

Inwoners van Vlakfontein in Roodepoort aan die Wes-Rand het op loop gegaan oor dienslewering in die gebied, het die Johannesburgse metropolisie Dinsdag gewaarsku.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê inwoners betoog sedert omstreeks 04:30 en verkeer in Main Reefweg en Corlettstraat word ontwrig.

“Hulle het die pad met klippe versper en brandende bande in die pad gegooi.”

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik om die gevaar te vermy.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Kastreer verkragters!

Mans wat skuldig bevind word op aanklagte van verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het Thandi Modise, premier van die Noordwes, gesê.

Chemiese kastrasie van verkragters kan dien as ‘n afskrikmiddel en sal dalk die aantal voorvalle van verkragting verminder, het die premier se kantoor in ‘n verklaring gesê.

Modise, wat in haar tienerjare ‘n slagoffer van verkragting was, het onderneem om ‘n veldtog te lei om te vra vir chemiese kastrasie “gegewe die onaanvaarbare hoë vlakke wat die misdaad regoor die land bereik het”.

Sy het dié aankondiging gemaak tydens die inhuldiging van die nuwe provinsiale raad oor vigs in Mafikeng.

Modise het ook ‘n beroep gedoen op mans om hul stem dik te maak teen vroue- en kindermishandeling.

Данильченко Харьков

Petrolskok kom

‘n Ekonoom sê gebruikers kan ‘n groot skok te wagte wees wanneer petrol volgende maand na verwagting met 80 sent per liter kan styg.

Lulu Krugel, ‘n ekonoom by KPMG, sê die internasionale olieprys neem toe, terwyl die rand verswak. Sy meen ‘n toename in brandstofpryse is dan onvermydelik.

“… Ons kyk moontlik na ‘n verhoging van 87 in petrol… Diesel sal rondom 60 tot 65 sent wees. Dinge lyk glad nie goed nie.”

Krugel sê verlede maand se petrolverhoging is deur dieselfde faktore veroorsaak; ‘n toename in die internasionale olieprys en ‘n swakker rand.

Фильчаков прокурор отзывы