Mugabe weer vir vyf jaar verkies

Pres. Robert Mugabe se party het besluit dat hy as leier van dié party sal aanbly vir ten minste die volgende vyf jaar, het amptenare Dinsdag gesê.

Die Politburo van die party, vanjaar 46 jaar oud, het die besluit Maandag, net voor sy vyf-jaarlikse kongres wat later hierdie week sal plaasvind, geneem.

Dié liggaam het Mugabe (85) as enigste kandidaat vir die president van die party benoem.

Volgens kenners is dit hoogs onwaarskynlik dat enige veranderinge aangebring sal word wanneer die kongres se 5 000 afgevaardigdes Donderdag vergader.

Mugabe is die afgelope 35 jaar in beheer van Zanu-PF en is sedert Zimbabwe  in 1980 onafhanklik geword het die staatshoof.

‘n Persoonlikheidskultus het binne die party rondom hom vorm aangeneem en sommige amptenare verwys na Mugabe as “die tweede seun van god” of die “allerhoogste leier”.

Sy alleenbeheer oor Zimbabwe het in Februarie vanjaar tot ‘n einde gekom toe hy gedwing is om ‘n koalisieregering met sy groot vyand, Morgan Tsvangirai, te aanvaar.

“Ons het die benoeming vir die party se top vier posisies oorweeg en ondersteun pres. Mugabe as die party se leier en eerste sekretaris,” het Ephraim Masawi, ‘n woordvoerder, gesê.

Adjunk-president Joice Mujuru (54), wie se man, die oudweermagkommandeur Solomon as die magtigste persoon binne die party naas Mugabe gesien word, het bevestig dat haar pos ook behoue sal bly.

Die voormalige voorsitter van die party, John Nkomo, sal die tweede adjunk-president, Joseph Msika wat in Augustus vanjaar dood is, vervang. Simon Moyo (64), ambassadeur in Suid-Afrika sal intree as voorsitter van die party.

Kenners meen dat die oënskynlike vreedsame verkiesingsproses ‘n plofbare magstryd versluier wat met Mugabese aftrede of uittrede na vore sal kom.

 

насосная станцияАлександр Фильчаков

Betogers steek N12 onder klippe

Motoriste is deur klipgooiers begroet by die Lenasia-afrit van die N12 Dinsdagaand, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

“Dit is tans onveilig vir motoriste om op die N12 te reis,” het senior Superintendent Wayne Minnaar gesê.

Betogers  is reeds ‘n uur lank besig om klippe te gooi en die pad af te sper met brandende bande.

Motoriste word aangeraai om die Goue Hoofweg of die R554 te gebruik. Die oorsaak vir die oproer is nog nie bekend nie.

насос дляФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma gewilder as ooit

‘n Nuwe meningsopname het aangetoon dat president Jacob Zuma nou meer gewild as ooit tevore is.

“Kort na Zuma se eerste 100 dae as president het sy gewildheid op 57% gestaan, in September het dit na 53% gedaal. In November het dit egter ‘n hoogtepunt bereik met 58%,” sê Neil Higgs, woordvoerder vir die navorsingsmaatskappy TNS.

Die toename in Zuma se gewildheid is glo te danke aan die feit dat hy in Augustus ‘n besoek afgelê het aan Zimbabwe en ‘n taakspan saamgestel het in dié land.

“Sy gewildheid kan ook te danke wees aan die aanbevelings vir die nuwe hoofregterspos wat hy gemaak het en die bekendstelling van sy presidensiële inbelsentrum,” het Higgs gesê.

Sowat 75% van swart Suid-Afrikaners was tevrede met Zuma se leierskap. Wit Suid-Afrikaners was “verbasend” positief oor Zuma, met slegs 32% wat steeds onseker is oor sy leierskap.

“Die meerderheid bruinmense en Indiërs was nog onseker oor Zuma,” het Higgs gesê.

Die opname het ook getoon dat Zuma baie meer gewild is as voormalige president Thabo Mbeki, wat slegs 34% positiewe steun kon inpalm.

Die resultate van TNS se opname kom uit sowat drie studies wat onder 2 000 Suid-Afrikaners gedoen is in sewe van die hoof metropolitaanse gebiede in Suid-Afrika.

 

комплектующие дляtopcargo

Zambië se ekonomie kry hupstoot met SA-beleggings

Suid-Afrikaanse sakeondernemings beplan om ten minste R4-miljard in Zambië, hoofsaaklik in die mynbou en landbou oor die volgende twee jaar, te belê, het ‘n minister gister gesê.

Zambië se minister van handel en nywerheid, Felix Mutati, het dit aan ‘n afvaardiging van entrepreneurs uit beide lande, te midde van pres. Jacob Zuma se besoek aan Zambië, bekendgemaak.

Zuma is in die koperrykeland met ‘n afvaardiging van ministers en 60 sakemanne en sal sy besoek Donderdag afsluit.

“Ons sal beleggings uit Suid-Afrika, wat 600-miljoen dollar oorskry en wat binne twee jaar sal inkom, sien,” het Mutati gesê.

Mutati sê dat die beleggings in nywerhede, die mynwese insluit asook in landbou, vervaardiging en ander sektore.

Volgens die departement van handel en nywerheid het Suid-Afrikaanse uitvoere na Zambië gestyg van sewemiljoen rand in 2006 tot omtrent R16,3-miljoen in 2008.

 

дровяные печи для домаФильчаков прокурор

DA neem beheer oor Stellenbosch

Die DA en sy alliansievennote het beheer van Stellenbosch uit die greep van die ANC geworstel.

Hulle het die burgemeesters- en onderburgemeestersposisies tydens ‘n munisipale vergadering beklink, wat vir hulle die beheer van die munisipaliteit gee.

Die DA se Cyril Jooste is as burgemeester verkies en hy vervang Patrick Swartz wat deur ‘n mosie van wantroue verwyder is, tesame met die speaker, Gordon Pheiffer. Die onderburgemeester, Cameroon Mcako, het bedank.

 

social mediaлобановский харьков

Motsepe nie teen nasionalisering

Die sakeman, Patrice Motsepe, sal nasionalisering van die land se myne ondersteun indien dit in die land se beste belang is, het SAUK-radio gister gerapporteer.

“My opvatting was nog altyd dat as nasionalisering in die beste belang van Suid-Afrika is, ek dit sal ondersteun, of dit nou nasionalisering is, en of dit nou sosialisme is… indien dit die beleid is wat verbetering, opheffing en ‘n beter lewe sal skep, beter lewensomstandighede…” het die miljardêr en uitvoerende hoof van African Rainbow Minerals gesê tydens die oorhandiging van ‘n landelike opheffingskema in Limpopo.

Die ANC-Jeugliga se leier, Julius Malema, het onlangs ‘n oproep gedoen vir myne om in die hande van die staat geplaas te word, wat hom die argwaan van die opposisiepartye en georganiseerde sakewêreld op die hals gehaal het.

 

free slot gamesлобановский супермаркет класс

VN sê Afrika-rebelle gebruik dwelmhandel om operasies te finansier

‘n Hooggeplaaste VN-amptenaar het gister alarm gemaak oor “terroriste en anti-regeringsmagte” in Afrika se Sahel-gordel wat toenemend inkomste uit dwelmsmokkelary gebruik om hulle operasies te finansier.

Antonio Maria Costa, hoof van die Verenigde Nasies se kantoor vir Dwelms en Misdaad (VNDM) wat in Wene gebaseer is, het aan die VN se Veiligheidsraad gesê daar is “twee strome van onwettige dwelms – heroïne in Oos-Afrika en kokaïne in Wes-Afrika – wat nou bymekaarkom in die Sahara, wat nuwe smokkelroetes oor Tsjaad, Niger en Mali skep.”

“Soos in die Andes en in Wes-Asië, put Sahel-terroriste en anti-regeringsmagte hulpbronne uit die dwelmhandel om hulle operasies te finansier, toerusting te koop en voetsoldate te betaal,” het hy tydens ‘n debat oor dwelmsmokkelary as ‘n bedreiging vir internasionale vrede en sekuriteit gesê.

Die VNDM-hoof het gewaarsku dat dwelmsmokkelary in die Sahel-streek, wat regoor die noordelike deel van die Afrika-vasteland strek, “nou groter in omvang is, vinniger met aflewerings en hoogs tegnologies” is, soos gestaaf deur die neerstorting van ‘n Boeing-straler, wat gebruik is vir die vervoer van kokaïne van Venezuela na Wes-Afrika, in November in die insypelaargeteisterde noorde van Mali.

“Dit is skrikwekkend dat hierdie nuwe voorbeeld van skakeling tussen dwelms, misdaad en terrorisme bloot per ongeluk ontdek is,” het hy opgemerk.

In die afgelope jare het Wes-Afrika ‘n belangrike deurgangspunt geword vir Suid-Amerikaanse kokaïne wat na Europese markte gesmokkel word.

In September het weermagverteenwoordigers van Algerië, Mali, Mauritanië en Niger – vier lande wat aan die Saharawoestyn grens – ‘n plan uitgewerk om gesamentlik teen terrorisme en oorgrensmisdaad op te tree.

Algerië deel ‘n grens met die drie ander lande en hulle veiligheidsmagte is onder druk weens aanvalle van Islamitiese militantes wat beweer hulle behoort an El-Keida in die Islamitiese Maghreb.

Die Sahel-streek is ook die toneel van smokkelary en roofhandel van alle soorte wat deur die misdaadgroepe geörganiseer word.

Maria Costa het beklemtoon dat geen staat hierdie transnasionale bedreiging op sy eie kan hanteer nie en het gepleit vir die skepping van ‘n “Trans-Sahara Misdaadmoniteringsnetwerk” wat as ‘n vroeë-waarskuwingskema kan optree om sake wat versigtige ondersoek regverdig, te help hersien.

Hy het voorts ‘n donker prentjie geskets van die dwelmbedreiging wat ander dele van Afrika in die gesig staar, insluitende roofhandel, produksie en verbruik.

Hy het opgemerk dat 50 tot 60 ton kokaïne elke jaar oor Wes-Afrika gesmokkel word, hoofsaaklik deur Guinee-Bissau, terwyl sewe laboratoriums onlangs in Guinee ontdek is, wat aandui dat die reeks ook besig is om te verrys as ‘n vervaardiger van sintetiese dwelms en kristalkokaïne.

 

pokie machine gamesтопкарго

VF+ evalueer ANC

Die Vryheidsfront Plus sal more, Woensdag 9 Desember 2009, om 11:00 ‘n mediakonferensie hou waartydens die party sy jaarlikse evaluering van die ANC-regering bekend sal maak. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sal die party se evaluering aan die media bekend maak by die party se hoofkantoor in Pretoria. Hy sal daarna meer besonderhede gee oor die rede vir die toekenning van spesifieke punte vir die ANC-regering se bestuur van die land.

 

free slotscasino gamesФильчаков прокурор харькова

Aardbewings skud Malawi

‘n Polisiebeampte in Malawi sê ‘n eenjarige kind is dood toe ‘n reeks aardbewings dié land die afgelope drie dae getref het.

Die mees onlangse aardbewing het Dinsdag die land getref.

Enock Levason, ‘n polisiewoordevoerder in die Karongo-nedersetting, sê die kleuter is Dinsdag dood toe ‘n kombuis inmekaar geval het. Ses ander mense is na ‘n hospitaal geneem.

Levason sê daar kan meer sterftes wees en dat meeste van die modderhuise wat rondom die episentrum van die aardbewing gebou was, verkrummel het.

Volgens geoloë is aardbewings en skuddings ‘n risiko in dele van Malawi wat op die Groot Skeurvallei lê.

Geoloë sê Dinsdag se aardbewing het 5.9 op die Richterskaal gemeet en was die grootste aardbewing van dié reeks wat die afgelope drie dae die land geruk het.

 

хамам в квартире своими рукамиФильчаков прокурор отзывы

Vyf bomme ruk Bagdad

‘n Digte swart rookkolom hang oor Bagdad nadat ten minste 100 mense die lewe gelaat het in ‘n gekoördineerde reeks van vyf motorbomontploffings wat die stad Dinsdag geruk het. Volgens hospitaalpersoneel en polisiebeamptes is honderde beseer.

‘n Reeks van vyf bomontploffings waarvan een ‘n selfmoordbomaanslag was, het die universiteit, ‘n hof, moskee en ‘n mark by die ministerie van binnelandse sake geruk kort na 10 uur die oggend en het 50 minute geduur.

Die jongste terreur vloei waarskynlik voort uit die aankondiging van parlementêre verkiesings wat vir Maart besluit is. Irak se leiers het Sondag ‘n konstitusionele krisis afgeweer danksy druk deur president Obama en sy vise-president Joseph R. Biden.

Amerikaanse helikopters, onbemande tuie en vliegtuie het oor die stad gesirkel ná die aanval en sporadiese geweervuur is gehoor.

Drie polisielede is in Dora, in die suide van Bagdad, gedood deur ‘n motorbom asook studente van ‘n tegniese skool.

Dit is die ergste aanval sedert twee selfmoordbomaanvalle 155 mense in Oktober in Irak laat sterf het. In Augustus is 122 mense dood in soortgelyke aanvalle.

Na verwagting sal die intensiteit van anti-Amerikaanse aanvalle toeneem in aanloop tot die verkiesing.

 

betting systemАлександр Фильчаков Васильевич