Ahmadinejad verwerp ‘sataniese druk’ op Zim en Iran

Iran se president Mahmoud Ahmadinejad het Donderdag die “sataniese druk” op Zimbabwe en sy eie land veroordeel. Hy het tydens ‘n besoek aan Harare gesê beide lande veg om hulle soewereiniteit in stand te hou.

“Iran en Zimbabwe is twee lande wat nog steeds poog om hulle soewereiniteit en vryheid te behou,” het Ahmadinejad tydens ‘n dinee met Zimbabwese president Robert Mugabe gesê. 

“Natuurlik het ons krag het die vyandigheid van ekspansionistiese lande ontlok,” het hy gesê. “Hier veroordeel ek alle druk, alle sataniese druk, druk op die regering en die mense van Zimbabwe.” 
“Ons glo die oorwinning is ons s’n en dat vernedering en nederlaag dié van ons vyande is,” het hy gesê. 

“Natuurlik het hulle versuim om hulle doelwitte en resultate te bereik. Hulle het gedink hulle kon die rigting van ons nasies vernader. Ons nasies het onbeweeglik bly staan. ” Beide Ahmadinejad en Mugabe is bekend vir hulle omstrede beleidstrigtings en anti-Westerse retoriek. 

 Ahmadinejad staar nuwe VN-sanksies oor Iran se kernprogram in die gesig, terwyl Mugabe daarvan beskuldig word dat hy nie ‘n magsdelingsooreenkoms ná die omstrede verkiesings verlede jaar eerbiedig nie. 

Mugabe steun Iran se kernprogram en staan by Ahmadinejad in opheffing van sanksies.

“Wees ook verseker, kameraad president, van Zimbabwe se deurlopende ondersteuning van Iran se regverdige saak oor die kernkwessie,” het Mugabe aan Ahmadinejad by die dinee in Harare gesê. 

“As gevolg van die beginselvaste posisies wat ons ingeneem het op beide nasionale en internasionale vlak, word Zimbabwe en Iran onregverdig afgekraak en gestraf deur Westerse moondhede,” het Mugabe gesê.

Ahmadinejad wat Donderdag vir handelsgesprekke met Mugabe in Zimbabwe aangekom het, se besoek is as ‘n “kolossale politieke skandaal” deur die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), Mugabe se vennoot in ‘n weerspannige eenheidsregering, beskryf.

“Om die Iranese sterkman na  ‘n beleggingsforum te nooi, is soos om ‘n muskiet te nooi om malaria te genees,” het die party het in’ n verklaring gesê.

“Ahmadinejad se besoek is nie net ‘n belediging vir die mense van Zimbabwe nie, maar ‘n belediging vir die demokrasie en vir die verdrukte mense van Iran.”

Ahmadinejad se besoek is deel van ‘n Afrikatoer wat ook ‘n afspraak met die VN-Veiligheidsraadslid Uganda insluit. Uganda vul tans een van die roterende setels op die Veiligheidsraad.

In Zimbabwe het die Iranese leier ook verskillende handelsooreenkomste onderteken en ‘n reeks gesamentlike ondernemings tussen die twee lande se landbou-, vervaardiging-en mynbou-sektore geloods. 

Vrydag sal hy ‘n internasionale handelskou open in Zimbabwe se tweede grootste stad Bulawayo.

Zimbabwe geniet goeie verhoudinge met Iran, asook verskeie oos-Asiatiese lande nadat Mugabe ‘n “Kyk Oos” beleid ingestel het in reaksie op die isolasie deur die Weste ná omstrede grondhervormings en die betwiste 2002-verkiesing.

где купить справкуданильченко юрий брониславович прокурор

Baba kritiek na huisaanval

’n Eenjarige baba en haar oppasser (30) is beseer toe rowers hulle in Robindale aangeval het, het paramedici gesê.

Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24 het gesê die vrou en die baba het kopbeserings opgedoen.

“Hulle is albei weens hul kritieke toestand na ’n hospitaal geneem.”

Dit is steeds onduidelik waar die rowers toegang tot die perseel gekry het, het sy gesê.
online casino inФильчаков Александр Васильевич

Einde van België?

Liberale aan weerskante van die taalverdeling word geblameer vir die jongste krisis van die Belgiese regering. Die Belgiese premier, Ywes Leterne, van die Vlaamse Christen-demokratiese Party (CD & V), het sy regering se bedanking by koning Albert II aangebied.

Die CD & V het ‘n spesiale, kort verklaring uitreik om te verduidelik dat dié party alles in sy vermoë gedoen het om die leisels met onderhandelinge bymekaar te hou, maar dat die liberale dit onmoontlik gemaak het.

Die twis hou verband met die taalstryd in die omgewing van Brussel, die tweetalige hoofstad.

‘n Vlaamse nasionalistiese party, Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA),  is op die oomblik besig om in peilings veld te wen. Die leier, Bart De Wever, verwys al ‘n geruime tyd na België as staat as iets van die verlede. Volgens hom bestaan België nog net in naam.

Wever, wat met ‘n Nederlandse vrou getroud is, voorsien egter nie dat ‘n onafhanklike Vlaamse staat by Nederland sal aansluit nie.

Terwyl verwag sal word dat baie, veral Franstaliges, hard sal veg om België as staat te laat voortbestaan aangesien die welvarender Vlaandere die Franstalige Wallonië jaarliks met miljarde Euro’s subsidieer, is dit duidelik dat die Franstalige liberale hul eie saak nou geen guns bewys het nie.

Die Vlaminge se draad is skynbaar op met die platsak Walloniërs se meerderwaardige ingesteldheid.

Indien die regering se bedanking aanvaar word, beteken dit dat Nederland en België se regerings kort na mekaar tot ‘n val gekom het. Die redes waarom dit gebeur het is egter heeltemal verskillend. In Nederland het die voortgesette teenwoordigheid in Afganistan as deel van die Navo-magte die Partij van de Arbeid uit die regering laat stap.

Indien dit sou blyk dat België nou as staat gaan ophou bestaan, kan dit egter skielik ‘n groot invloed op die Nederlandse verkiesing hê. Hoewel die kwessie van eenwording met Vlaandere in die Nederlandse nasionale politiek nie ‘n sterk saak is nie, is provinsies soos Limburg en Brabant met die totstandkoming van Nederland en België ongeveer middeldeur gesny. Die inwoners van hierdie provinsies met hul eie dialekte het volgens sommige bronne sterker bande met hul provinsiale bure oorkant die nasionale grens as met hul nasionale regerings.

Dit kan skielik ‘n kwessie word.

дизайн баниФільчаков прокурор

Laegraadse muitery skok Bundeswehr

Duitse soldate dra hulle harte op hul moue – in die vorm van ‘n knopie wat protesteer teen hul land se betrokkenheid by die oorlog in Afghanistan. 

“Ek veg vir Merkel” is ‘n poging om die Duitse kanselier Angela Merkel te oorreed om te verduidelik presies waarvoor Duitse soldate veg en sterf .

Nog vier troepe is verlede week gedood en vyf ernstig beseer in Afghanistan.

Sewe soldate het tot dusver daar gesterf dié maand, wat die totaal op 43 bring sedert hulle agt jaar gelede ontplooi is.

Gefrustreerd deur hul regering se onvermoë om te erken hulle is in ‘n oorlog gewikkel is en kwaad vir die gebrek aan populêre steun vir hul taak, het die laegraadse muitery skokgolwe deur die bevelstrukture van die Bundeswehr gestuur.

Soldate is hierdie week gewaarsku dat dit onwettig is om sulke slagspreuke op hulle uniforms aan te bring.

Maar dit het nie gekeer om die knopies, in beige en NAVO-groen, by die honderde by die ISAF kamp in Mazar-E-Sharif aangekoop word nie. 

Bild Zeitung, Duitsland se grootste dagblad, het vandag gesê: “Hulle wil die kanselier, hul uiteindelike baas, dwing om die duidelike woorde vir die oorlog teen die Taliban  in swart en wit te vind.”

Kanselier Merkel sal more ‘n verklaring aan die Parlement maak. Haar woordvoerder het gesê sy wil duidelik maak dat sy ‘n hoë agting “vir die werk van die Duitse soldate in Afghanistan in die lig van die onlangse slagoffers” het.

Maar sy sal praat in die Reichstag nadat druk van die VSA se genl. Stanley McChrystal gekom het. Hy kom vandag in Duitsland aan met ‘n kort boodskap van die Wit Huis dat die Duitsers meer moet doen in Afghanistan.

Duitsland het die derde grootste teenwoordigheid in Afghanistan na die VSA en Brittanje. Die Duitse parlement het ‘n verdere 850 soldate in Februarie goedgekeur.

Die probleem vir mev Merkel is dat die Duitse betrokkenheid baie ongewild by sowat 80 persent van die publiek is, wat die troepe wil huis toe laat kom. Duitsland se rampspoedige oorloë van die vorige eeu het vir ‘n grondige pasifisme onder Duitsers gesorg.

Die Duitse pers het die regering vinnig veroordeel vir sy besluiteloosheid.

Die Financial Times Deutschland sê: “Met elke dooie Duitse soldaat in Afganistan, klink die oproep vir ‘n onmiddellike onttrekking harder op. Hierdie refleks dui aan dat die Duitse regering nog steeds nie duidelik is oor die rede vir die sending nie.

Die linkse Berliner Zeitung vra voorts: “Waarom is die Duitse soldate hoegenaamd in Afghanistan? Die kanselier en haar regering klou nog vas aan die militêre sending en daarom is dit hul plig is om dit te verduidelik. Maar sy versuim om dit te doen.

“Dit kan verklaar word deur haar basiese houding – dit is net om te praat oor probleme wat dreig om buite beheer te raak.

“In die geval van Afghanistan is dit veral katastrofies. Omdat die regering in gebreke gebly het om sy saak te stel in wat die grootste buitelandse en veiligheidsbeleidsuitdaging in die geskiedenis van die Federale Republiek van Duitsland verteenwoordig.”

для водоснабженияпрокурор Фильчаков

Eskomrampokkery aan die kaak gestel

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n 291-bladsy Eskomdossier geopenbaar wat sonder omhaal bewys, onder andere, dat Eskom grootliks verdiskonteerde tariewe hef op maatskappye wat min of geen voordeel vir die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou nie. 

Die dokument is deur hoëvlakamptenare in Eskom aan die DA uitgelek. Die voorsitter van die portefeuljekomitee het probeer om die verslag se bekendmaking te keer, maar die inhoud daarvan is van kardinale belang vir die Suid-Afrikaanse publiek, glo die party. 

Hierdie verslag is soos die berugte Olsen Rapport, onomstoorbare bewys van die omvang van wanbestuur by Eskom, die ANC-regering se medepligtigheid daarin, en die skade wat aan die Suid-Afrikaanse ekonomie gedoen word as ‘n gevolg daarvan.

Die belangrikste feite van die dokument is soos volg:

Motraco, ‘n Mosambiekse die verspreidingsmaatskappy, betaal 12c per kilowatt-uur vir elektrisiteit – en dit is ver onder die kosprys. Hierdie kontrak is onderteken in 1997. Hierdie kontrak is onderteken in ‘n tyd toe die eerste tekens dat die kragnetwerk onder druk geraak het, te sien was.

BHP Billiton se totale betaling van elektrisiteit in 2009/10 is gehalveer van wat hulle betaal het in 2008/09 – wat heel duidelik beteken dat die prys van elektrisiteit gehef vir BHP gedaal het sodat die res van Suid-Afrika meer moes betaal.

Ten spyte van die feit dat Motraco net ‘n verspreidingsagent van elektrisiteitsverbruikers is, het sy skuld aan Eskom tot R100 miljoen in Junie 2009 gestyg – slegte skuld waarvoor Eskom het nie voorsiening gemaak het nie.

Motraco is die vyfde grootste elektrisiteitsverbruiker in Suid-Afrika, met 3,7% van alle elektrisiteit in die land opgewek wat hulle gebruik, en Motraco lewer 95% van sy elektrisiteit aan die Mozalaluminiumsmeltery in Mosambiek. Mozal op sy beurt is ‘n filiaal van BHP Billiton.

Die tweede grootste koper van elektrisiteit is BHP Billiton vir hul Hillside en Bayside smelters in Richardsbaai, wat 5,6% van die totale elektrisiteit in Suid-Afrika opgebruik. Met ander woorde, BHP Billiton, wat direk en deur sy filiale, 9,3% van alle elektrisiteit wat deur Eskom opgewek word, verbruik, is die grootste enkele gebruiker van elektrisiteit in Suid-Afrika.

BHP Billiton dra egter slegs ‘n beraamde 0,1% tot die bruto Ekonomiese Produk (BBP) by. Dit is omdat die ingevoerde aluminium gesmelt by die Mozal, Hillside en Bayside smelters direk uitgevoer word nadat dit verwerk is. Met ander woorde, daar is geen voordeel vir Suid-Afrika nie, en tog kry hulle elektrisiteit onder kosprys sonder enige beduidende ekonomiese bydrae.

Eskom het ‘n waarborg van R224 miljoen aan Motraco toegestaan – wat beteken dat Eskom ‘n groot bedrag geld aan ‘n maatskappy wat dit reeds geld skuld toegestaan het en dié kry op die koop toe voorkeurpryse.

Kort- tot mediumtermyn kontrakte vir steenkool word teen ‘n gemiddelde koste van R270 per ton gelewer, terwyl vasteprys kontrakte slegs R108 per ton kos – wat beteken dat Eskom byna drie keer te veel betaal vir sy primêre energiebron.

Hierdie duur steenkool het bygedrae tot die R 8,3 miljard tekort in 2009/10. Die groot steenkoolverskaffers het die Parlement meegedeel dat hulle meer as gewillig is om steenkool te lewer teen die vasgestelde prys, maar dat Eskom weier steeds en maak eerder gebruik van korttermyn kontrakte.

In totaal, beloop slegte skuld by die nutsmaatskappy R 2,8 miljard vir 2009/10, en die totale skuld van ouer as 15 dae beloop R 9,7 miljard. Soweto het die grootste enkele uitstaande slegte skuld wat op R1,8 miljard tot Junie 2009 bereken is. Dit beteken dat indien Eskom beter in staat was om sy skuld te bestuur, sou daar baie meer geld beskikbaar gewees het.

Volgens ‘n uitvoerende oorsig, in Junie 2009, het die kantoor van die hoofuitvoerende bestuur R41.3 miljoen bykomend ontvang. Nou weet ons hoekom Maroga R85 miljoen as ‘n skeidingspakket gevra het.

Benewens dit alles, is die kontrak met Motraco vanaf Desember 1997 tot einde Desember 2025 gesluit – dit sal dus beteken dat Eskom voorkeurpryse aan Motraco vir die volgende 15 jaar sal deurgee.

Daar is ‘n baie wat Eskom nou sal moet verduidelik. 

бани из брусалобановский супермаркет класс

Sedert ET se moord sterf byna nog ‘n 1 000

“Dit lyk of plaasaanvallers net so min vertroue in die polisie het as wat die boere het dat misdadigers wat uit die landbou teer kortgevat sal kan word,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Sedert die moord op Eugene Terre’Blanche die aandag wêreldwyd op plaasaanvalle in Suid-Afrika gevestig het, was daar nog aanvalle soos dié by Brits. Die jongste aanval, dié op mnr. Karel Griessel, is groot nuus omdat dit ook in die distrik Ventersdorp plaasgevind het.

“Die verdere hartseer is dat sedert Terre’Blanche vermoor is, nog tussen 700 en ‘n duisend Suid-Afrikaners teen ‘n tempo van meer as 50 per dag vermoor is sonder dat dit veel van ‘n rimpeling veroorsaak het,” sê Botha wat ook die waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) is.

“Berigte soos die Vrystaatse gesin van vyf wat in afgryse steier na hulle deur ses mans met grawe en messe gewapen, aangeval is het verskyn. Niemand is in hegtenis geneem nie. Nog ‘n berig handel oor ‘n man wat doodgeslaan is, sy vrou deur ‘n bende verkrag is en hul vyfjarige dogter ernstig aangerand is toe ‘n bende van 15 mans by hul huis ingebreek het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ‘n Jong Kaapse man, 23, bloei in die arms van sy pa dood na ‘n vroeg-oggend aanval deur die aanvallers. Hy is met ‘n lang mes in die wang gesteek, en die mes toe afwaarts gedwing.  So ver bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie. Voorvalle soos hierdie het algemeen geword in Suid-Afrika.

“Die enigste gevolgtrekking waartoe gekom kan word is dat die regering daarin faal om sy burgers te beskerm en doeltreffend met misdadigers af te reken. Suid-Afrika is vinnig besig om ‘n mislukte staat te word.”    

купить обувь для новорожденных мальчиковФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ahmadinejad besoek Zimbabwe

President Mahmoud Ahmadinejad het Donderdag vir ‘n twee-daagse besoek na Zimbabwe en die VN-Veiligheidsraadslid Uganda vertrek. Hy sal Iran se kernprogram met Uganda bespreek, het sy land se staatstelevisie berig.

Ahmadinejad se besoek aan Uganda is van groeiende belang aangesien wêreldleiers deur middel van ‘n nuwe rondte VN-sanksies druk op Iran wil plaas teen die voortsetting van sy kernprogram.

Die verklaring bevat geen besonderhede van die Zimbabwe-been van die reis nie maar wys daarop dat die Iranse president Vrydag gesprekke met Ugandese amptenare, insluitend President Yoweri Museveni, in Kampala sal voer.

Uganda is tans een van die roterende Veiligheidsraadslede.

“Dit is duidelik dat ons as ‘n lid van die Veiligheidsraad die kwessie van kernenergie gaan bespreek,” het die permanente sekretaris van Uganda se buitelandse sake departement, James Mugume, Dinsdag gesê.

“Ons het al met Iran oor hierdie kwessie vir ‘n geruime tyd gesprek gevoer.”

Iran se minister van buitelandse sake Manouchehr Mottaki het Sondag gesê Teheran beplan ope gesprekvoering met al 15 lede van die Veiligheidsraad in ‘n poging om ‘n dooiepunt oor ‘n kernbrandstoftransaksie wat die Weste teenstaan, te breek.

live casino games online freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Amerikaanse ambassadeur bedank nooddienste na treinongeluk

Tien van die 40 Amerikaanse toeriste wat op die Rovos Rail-trein was wat naby Pretoria ontspoor het, was teen Woensdagaand steeds in die hospitaal, het die Amerikaanse ambassade gesê.

Volgens ‘n mediaverklaring deur Sharon Hudson-Dean, die ambassade se woordvoerder, is al die Amerikaners wat op die trein was geïdentifiseer en opgespoor.

Die VSA se ambassadeur, Donald Gips, het die toneel van die ongeluk kort na dit gebeur het, besoek.

“Ons gedagtes en gebede is met diegene wat deur hierdie ongeluk geraak is,” het hy gesê.

“Ons wil Suid-Afrikaanse nooddienste en ander partye wat dadelik hulp aangebied het, bedank, en ons sal voortgaan om saam met Suid-Afrikaanse owerhede te werk om Amerikaners wat deur die ongeluk geraak is, te help,” het hy gesê.

Twee vroue, albei werknemers, is in die ongeluk oorlede toe dit naby Pretoriastasie ontspoor het, net voor 12 uur Woensdagoggend. Een was swanger.

Die trein het ontspoor toe die waens begin beweeg het omdat die lokomotiewe verander is van ‘n elektriese na ‘n stoomenjin.

Teen laat Woensdag was die spoor tussen Pretoria en Centurion nog gesluit.

Na verwagting sal die opruimaksie ten minste drie dae neem en die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk sal vyf dae neem.

сауна проектированиелобановский александр отзывы

Minister van polisie besorg oor plaaswerkers se veiligheid

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal Donderdag met die leierskap van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) vergader om plaaswerkers se veiligheid en sekuriteit te bespreek.
Zweli Mnisi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê dat daar vroeër dié week met die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) vergader is.

“Die probleme waardeur die boeregemeenskap in die gesig gestaar word, insluitend plaasmoorde, moet verstaan word uit beide die boere en plaaswerkers se oogpunt. Daarom vind hierdie vergadering met Fawu plaas,” het hy gesê.

stampede slot machine onlineлобановский александр харьков

Noord-Korea is geen gelyke kernvennoot

Die VSA het dit Woensdag duidelik gemaak dat hy Noord-Korea nié as ‘n kernmoondheid sal erken nie.

Dié uitlating volg op Noord-Korea se stelling dat hy bereid sou wees om deel te neem aan ontwapeningsprogramme, mits hy as gelyke vennoot behandel word.

“Ons sal Noord-Korea nié as kernmoondheid aanvaar nie. Dié staat bevind hom in ‘n doodloopstraat,” het Philip Crowley, ‘n woordvoerder vir die Amerikaanse departement van buitelandse sake, aan verslaggewers gesê.

Hy het Amerika se versoek herhaal dat Noord-Korea ‘n ses-nasie-ooreenkoms om sy kernprogram te beëindig in ruil vir internasionale hulp en sekuriteitswaarborge, moet gehoorsaam.

“As Noord-Korea weer konstruktief aan die ses-nasie-proses deelneem, is daar ‘n kans vir ‘n beter verhouding met die VSA,” het Crowley gesê.

“Maar hulle kan nie ‘n verandering in die verhouding verwag tot hulle nie eers tot spesifieke stappe oorgaan nie,” het hy gesê.

принцесса диснеяОлександр Фільчаков прокурор