Ahmadinejad verwerp ‘sataniese druk’ op Zim en Iran

Iran se president Mahmoud Ahmadinejad het Donderdag die “sataniese druk” op Zimbabwe en sy eie land veroordeel. Hy het tydens ‘n besoek aan Harare gesê beide lande veg om hulle soewereiniteit in stand te hou.

“Iran en Zimbabwe is twee lande wat nog steeds poog om hulle soewereiniteit en vryheid te behou,” het Ahmadinejad tydens ‘n dinee met Zimbabwese president Robert Mugabe gesê. 

“Natuurlik het ons krag het die vyandigheid van ekspansionistiese lande ontlok,” het hy gesê. “Hier veroordeel ek alle druk, alle sataniese druk, druk op die regering en die mense van Zimbabwe.” 
“Ons glo die oorwinning is ons s’n en dat vernedering en nederlaag dié van ons vyande is,” het hy gesê. 

“Natuurlik het hulle versuim om hulle doelwitte en resultate te bereik. Hulle het gedink hulle kon die rigting van ons nasies vernader. Ons nasies het onbeweeglik bly staan. ” Beide Ahmadinejad en Mugabe is bekend vir hulle omstrede beleidstrigtings en anti-Westerse retoriek. 

 Ahmadinejad staar nuwe VN-sanksies oor Iran se kernprogram in die gesig, terwyl Mugabe daarvan beskuldig word dat hy nie ‘n magsdelingsooreenkoms ná die omstrede verkiesings verlede jaar eerbiedig nie. 

Mugabe steun Iran se kernprogram en staan by Ahmadinejad in opheffing van sanksies.

“Wees ook verseker, kameraad president, van Zimbabwe se deurlopende ondersteuning van Iran se regverdige saak oor die kernkwessie,” het Mugabe aan Ahmadinejad by die dinee in Harare gesê. 

“As gevolg van die beginselvaste posisies wat ons ingeneem het op beide nasionale en internasionale vlak, word Zimbabwe en Iran onregverdig afgekraak en gestraf deur Westerse moondhede,” het Mugabe gesê.

Ahmadinejad wat Donderdag vir handelsgesprekke met Mugabe in Zimbabwe aangekom het, se besoek is as ‘n “kolossale politieke skandaal” deur die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), Mugabe se vennoot in ‘n weerspannige eenheidsregering, beskryf.

“Om die Iranese sterkman na  ‘n beleggingsforum te nooi, is soos om ‘n muskiet te nooi om malaria te genees,” het die party het in’ n verklaring gesê.

“Ahmadinejad se besoek is nie net ‘n belediging vir die mense van Zimbabwe nie, maar ‘n belediging vir die demokrasie en vir die verdrukte mense van Iran.”

Ahmadinejad se besoek is deel van ‘n Afrikatoer wat ook ‘n afspraak met die VN-Veiligheidsraadslid Uganda insluit. Uganda vul tans een van die roterende setels op die Veiligheidsraad.

In Zimbabwe het die Iranese leier ook verskillende handelsooreenkomste onderteken en ‘n reeks gesamentlike ondernemings tussen die twee lande se landbou-, vervaardiging-en mynbou-sektore geloods. 

Vrydag sal hy ‘n internasionale handelskou open in Zimbabwe se tweede grootste stad Bulawayo.

Zimbabwe geniet goeie verhoudinge met Iran, asook verskeie oos-Asiatiese lande nadat Mugabe ‘n “Kyk Oos” beleid ingestel het in reaksie op die isolasie deur die Weste ná omstrede grondhervormings en die betwiste 2002-verkiesing.

где купить справкуданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae