“Ons het ‘n nuwe visie en missie vir die SADU, wat 100 jaar oud sal word hierdie jaar,” het die Namibiese Minister van Finansies, Saara Kuugongelwa-Amadhila, wie se land die huidige SADU voorsitterstoel vul, gesê.
Die ooreenkoms is onderteken deur die Namibiese President Hifikepunye Pohamba en mede-leiers Koning Mswati III, President Jacob Zuma van Suid-Afrika, premier Pakalitha Mosisili van Lesotho en Botswana se president Ian Khama.
“Al vyf die SADU-lande het eenheid beklemtoon , en ons sal ‘n gemeenskaplike standpunt vir handel met buitelandse handelsvennote onderhandel,” het Namibië se Pohamba gesê.
“Ons onderhandelinge met derde partye oor die jare het die behoefte daaraan om gemeenskaplike posisies te ontwikkel op die voorgrond gebring,” het hy gesê.
“Dit is veral waar van die deurlopende gesprekke vir ‘n Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) met die Europese Unie. ”
Volgens ‘n verklaring het die vyf lande ooreengekom dat SADU omskep word in ‘n “voertuig vir streeksekonomiese integrasie wat in staat sal wees om billike ontwikkeling te beskerm.”
In Desember verlede jaar het die SADU-Raad van Ministers in Windhoek besluit om te werk aan ‘n “bepaalde plan vir die pad na ‘n ekonomiese gemeenskap en monetêre unie.”
Take wat nog nie afgehandel nie is nie, is die vestiging van ‘n SADU-tariefraad,’ n handels-tribunaal en die saamstel van ‘n gemeenskaplike industriële en landboubeleid.
Nog ‘n vergadering van SADU-staatshoofde sal in Julie in Suid-Afrika gehou word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.