Laegraadse muitery skok Bundeswehr

Duitse soldate dra hulle harte op hul moue – in die vorm van ‘n knopie wat protesteer teen hul land se betrokkenheid by die oorlog in Afghanistan. 

“Ek veg vir Merkel” is ‘n poging om die Duitse kanselier Angela Merkel te oorreed om te verduidelik presies waarvoor Duitse soldate veg en sterf .

Nog vier troepe is verlede week gedood en vyf ernstig beseer in Afghanistan.

Sewe soldate het tot dusver daar gesterf dié maand, wat die totaal op 43 bring sedert hulle agt jaar gelede ontplooi is.

Gefrustreerd deur hul regering se onvermoë om te erken hulle is in ‘n oorlog gewikkel is en kwaad vir die gebrek aan populêre steun vir hul taak, het die laegraadse muitery skokgolwe deur die bevelstrukture van die Bundeswehr gestuur.

Soldate is hierdie week gewaarsku dat dit onwettig is om sulke slagspreuke op hulle uniforms aan te bring.

Maar dit het nie gekeer om die knopies, in beige en NAVO-groen, by die honderde by die ISAF kamp in Mazar-E-Sharif aangekoop word nie. 

Bild Zeitung, Duitsland se grootste dagblad, het vandag gesê: “Hulle wil die kanselier, hul uiteindelike baas, dwing om die duidelike woorde vir die oorlog teen die Taliban  in swart en wit te vind.”

Kanselier Merkel sal more ‘n verklaring aan die Parlement maak. Haar woordvoerder het gesê sy wil duidelik maak dat sy ‘n hoë agting “vir die werk van die Duitse soldate in Afghanistan in die lig van die onlangse slagoffers” het.

Maar sy sal praat in die Reichstag nadat druk van die VSA se genl. Stanley McChrystal gekom het. Hy kom vandag in Duitsland aan met ‘n kort boodskap van die Wit Huis dat die Duitsers meer moet doen in Afghanistan.

Duitsland het die derde grootste teenwoordigheid in Afghanistan na die VSA en Brittanje. Die Duitse parlement het ‘n verdere 850 soldate in Februarie goedgekeur.

Die probleem vir mev Merkel is dat die Duitse betrokkenheid baie ongewild by sowat 80 persent van die publiek is, wat die troepe wil huis toe laat kom. Duitsland se rampspoedige oorloë van die vorige eeu het vir ‘n grondige pasifisme onder Duitsers gesorg.

Die Duitse pers het die regering vinnig veroordeel vir sy besluiteloosheid.

Die Financial Times Deutschland sê: “Met elke dooie Duitse soldaat in Afganistan, klink die oproep vir ‘n onmiddellike onttrekking harder op. Hierdie refleks dui aan dat die Duitse regering nog steeds nie duidelik is oor die rede vir die sending nie.

Die linkse Berliner Zeitung vra voorts: “Waarom is die Duitse soldate hoegenaamd in Afghanistan? Die kanselier en haar regering klou nog vas aan die militêre sending en daarom is dit hul plig is om dit te verduidelik. Maar sy versuim om dit te doen.

“Dit kan verklaar word deur haar basiese houding – dit is net om te praat oor probleme wat dreig om buite beheer te raak.

“In die geval van Afghanistan is dit veral katastrofies. Omdat die regering in gebreke gebly het om sy saak te stel in wat die grootste buitelandse en veiligheidsbeleidsuitdaging in die geskiedenis van die Federale Republiek van Duitsland verteenwoordig.”

для водоснабженияпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae