Die dokument is deur hoëvlakamptenare in Eskom aan die DA uitgelek. Die voorsitter van die portefeuljekomitee het probeer om die verslag se bekendmaking te keer, maar die inhoud daarvan is van kardinale belang vir die Suid-Afrikaanse publiek, glo die party.
Hierdie verslag is soos die berugte Olsen Rapport, onomstoorbare bewys van die omvang van wanbestuur by Eskom, die ANC-regering se medepligtigheid daarin, en die skade wat aan die Suid-Afrikaanse ekonomie gedoen word as ‘n gevolg daarvan.
Die belangrikste feite van die dokument is soos volg:
Motraco, ‘n Mosambiekse die verspreidingsmaatskappy, betaal 12c per kilowatt-uur vir elektrisiteit – en dit is ver onder die kosprys. Hierdie kontrak is onderteken in 1997. Hierdie kontrak is onderteken in ‘n tyd toe die eerste tekens dat die kragnetwerk onder druk geraak het, te sien was.
BHP Billiton se totale betaling van elektrisiteit in 2009/10 is gehalveer van wat hulle betaal het in 2008/09 – wat heel duidelik beteken dat die prys van elektrisiteit gehef vir BHP gedaal het sodat die res van Suid-Afrika meer moes betaal.
Ten spyte van die feit dat Motraco net ‘n verspreidingsagent van elektrisiteitsverbruikers is, het sy skuld aan Eskom tot R100 miljoen in Junie 2009 gestyg – slegte skuld waarvoor Eskom het nie voorsiening gemaak het nie.
Motraco is die vyfde grootste elektrisiteitsverbruiker in Suid-Afrika, met 3,7% van alle elektrisiteit in die land opgewek wat hulle gebruik, en Motraco lewer 95% van sy elektrisiteit aan die Mozalaluminiumsmeltery in Mosambiek. Mozal op sy beurt is ‘n filiaal van BHP Billiton.
Die tweede grootste koper van elektrisiteit is BHP Billiton vir hul Hillside en Bayside smelters in Richardsbaai, wat 5,6% van die totale elektrisiteit in Suid-Afrika opgebruik. Met ander woorde, BHP Billiton, wat direk en deur sy filiale, 9,3% van alle elektrisiteit wat deur Eskom opgewek word, verbruik, is die grootste enkele gebruiker van elektrisiteit in Suid-Afrika.
BHP Billiton dra egter slegs ‘n beraamde 0,1% tot die bruto Ekonomiese Produk (BBP) by. Dit is omdat die ingevoerde aluminium gesmelt by die Mozal, Hillside en Bayside smelters direk uitgevoer word nadat dit verwerk is. Met ander woorde, daar is geen voordeel vir Suid-Afrika nie, en tog kry hulle elektrisiteit onder kosprys sonder enige beduidende ekonomiese bydrae.
Eskom het ‘n waarborg van R224 miljoen aan Motraco toegestaan – wat beteken dat Eskom ‘n groot bedrag geld aan ‘n maatskappy wat dit reeds geld skuld toegestaan het en dié kry op die koop toe voorkeurpryse.
Kort- tot mediumtermyn kontrakte vir steenkool word teen ‘n gemiddelde koste van R270 per ton gelewer, terwyl vasteprys kontrakte slegs R108 per ton kos – wat beteken dat Eskom byna drie keer te veel betaal vir sy primêre energiebron.
Hierdie duur steenkool het bygedrae tot die R 8,3 miljard tekort in 2009/10. Die groot steenkoolverskaffers het die Parlement meegedeel dat hulle meer as gewillig is om steenkool te lewer teen die vasgestelde prys, maar dat Eskom weier steeds en maak eerder gebruik van korttermyn kontrakte.
In totaal, beloop slegte skuld by die nutsmaatskappy R 2,8 miljard vir 2009/10, en die totale skuld van ouer as 15 dae beloop R 9,7 miljard. Soweto het die grootste enkele uitstaande slegte skuld wat op R1,8 miljard tot Junie 2009 bereken is. Dit beteken dat indien Eskom beter in staat was om sy skuld te bestuur, sou daar baie meer geld beskikbaar gewees het.
Volgens ‘n uitvoerende oorsig, in Junie 2009, het die kantoor van die hoofuitvoerende bestuur R41.3 miljoen bykomend ontvang. Nou weet ons hoekom Maroga R85 miljoen as ‘n skeidingspakket gevra het.
Benewens dit alles, is die kontrak met Motraco vanaf Desember 1997 tot einde Desember 2025 gesluit – dit sal dus beteken dat Eskom voorkeurpryse aan Motraco vir die volgende 15 jaar sal deurgee.
Daar is ‘n baie wat Eskom nou sal moet verduidelik.
