Brittanje het nuwe regering

Wetmakers van die Liberale Demokrate (LibDems) het vroeg Woensdag gesê hulle het ‘n magsdelingsooreenkoms met die Britse Konserwatiewes (Tories) goedgekeur om ‘n regering te vorm. 

Dít volg ná Brittanje se onbesliste verkiesingsuitslag.

Die voormalige Britse premier, Gordon Brown, het Dinsdag bedank.

Die Tory-leier David Cameron sal Brittanje lei. Hy het die pos as intrekker van Downingstraat 10 aanvaar met die veelseggende woorde: “Hierdie gaan taai en moeilike werk wees.” 
“Namens die hele land wil ek hulde betoon aan die uittredende eerste minster vir sy lang rekord van volgehoue publieke diens,” het hy aan die media gesê. 

монтаж баниДанильченко Юрий Харьков

Mynmagnaat se ontvoerde seun terug

’n Angolese mynmagnaat wat se vyfjarige seun Sondagoggend in Johannesburg ontvoer is, is weer met sy familie herenig, het twee radiostasies Dinsdag bevestig.

Declan Condon, ‘n kriminele speurder het aan die radiostasies gesê die losprys is betaal en die seun is aan sy familie terugbesorg.

“Ons het ‘n ooreenkoms met die ontvoerders aangegaan. Ons het ‘n groot hoeveelheid dollars aan die ontvoerders oorhandig en geëis dat hulle die kind op dieselfde tyd moet teruggee.

Ná spanningvolle onderhandelings, het die ontvoerders nader geloop en die kind aan ons oorhandig,” het hy gesê.

Kapt. Cynthia Magoai kon dit nie bevestig nie, maar was op pad na die seun se ouerhuis.

Die polisie is ondersoek tans die ontvoering.

игра модницаtopcargo отзывы сотрудников

Marzaan se derde aanvaller vas

Die derde man wat glo in die aanval op baba-Marzaan Kruger betrokke was is in hegtenis geneem, het polisie Dinsdag gesê.

Die 28-jarige Chakhoma Machaba is met die hulp van Interpol en polisie van Mosambiek in hegtenis geneem, het die polisie in ‘n verklaring gesê.

Machaba was deur die polisie gesoek in verband met die aanval op die eenjarige Marzaan en haar oppasser, Francina Sekhu, by hul huis in Randburg op 22 April.

“Speurders sal binnekort na Mosambiek vertrek om hul ondersoeke daar verder te sit en te bevestig dat dit wel Machaba is.”

Daar is geen uitleweringsverdrag tussen Suid-Afrika en Mosambiek nie.

Twee mans, Nelson Maphosa, 25, en Gerald Nyantumbo, 28, is ‘n paar dae ná die aanval in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

free bonus no deposit requiredФильчаков прокурор

Malema mag maar aanhou sing

Julius Malema is ten minste vrygespreek vir die sing van die ‘Skiet die boere’. 

Sy openbare ondersteuning van Zanu-PF, pres. Robert Mugabe se party, dat hy ‘n joernalis ‘n “baster” en ‘n “agent” genoem het en omdat hy steeds “Skiet die Boere” gesing het nadat die hof dit verbied het, word nie deur die ANC teen hom gehou nie.

Die enkele klagte teen hom hou daarmee verband dat hy die ANC en die regering in oneer gebring het.

Die ANC het die president van sy jeugliga, Julius Malema, ‘n boete van R10 000 opgelê, beveel om terapie te ondergaan om sy woede te beheer en pres. Jacob Zuma om verskoning te vra, berig Eyewitness News.

Dié boete moet Malema binne drie maande aan ‘n jeugontwikkelingsprojek betaal.

Hy is ook beveel om vir 20 dae die ANC se politieke skool by te woon.

Malema se tugverhoor is kort ná 20:00 Dinsdagaand afgehandel.

Daar is slegs bevind dat ’n onlangse opmerking wat hy oor pres. Jacob Zuma gemaak het, opruiend was en as ondermyning van eenheid in die party vertolk kan word.

Malema het ‘n apologie aan Zuma aangebied in ’n ANC-verklaring wat gisteraand laat deur die party uitgereik is. Daarin vra hy Zuma en die party om verskoning vir uitlatings wat hy by die jeugliga se oproerige provinsiale kongres in Limpopo gemaak het.

Malema se partylidmaatskap kan ook summier opgeskort word as hy binne twee jaar ’n soortgelyke oortreding begaan.

Mathews Phosa, ANC-tesourier, het Malema verteenwoordig.

best jackpotФільчаков Олександр Васильович

Kondig noodtoestand af

“Die graad van geweldsmisdaad in Suid-Afrika en meer spesifiek Gauteng, het reeds alle perke oorskry,” sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en leier van die party in Gauteng, na die moord gister op mnr. Robert Botha in die moordgeteisterde Kameeldrift-omgewing buite Pretoria.

Mulder wat ook ‘n lid van die portefeuljekomitee vir Veiligheid in Gauteng is, eis dat die regering nou onmiddellik ‘n noodtoestand in die Kameeldrift-omgewing afkondig en selfs in die hele land tydens die 2010 Sokkertoernooi.  “Dit behoort soos in Duitsland ‘n standaard prosedure te wees,” het Mulder gesê.

“Die situasie in Suid-Afrika is tans reeds uiters plofbaar en kan selfs lei tot burgerlike opstand.  Hierdie buitengewone situasie verg buitengewone optrede,” het Mulder bygevoeg.

“Die grondwet van Suid-Afrika is nie die papier werd waarop dit geskryf is indien fundamentele regte soos die veiligheid van die land se burgers nie deur die staat gewaarborg kan word nie.  Die staat het reeds misluk en sy burgers gefaal,” het Mulder gesê.  Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om paraat te wees en hulself te beveilig.

“Die situasie in Kameeldrift het selfs na besoeke van minister Nathi Mthethwa en verskerpte polisie-optrede in die gebied nie verbeter nie.  Hierdie is reeds die vierde moord binne etlike weke.  Die SAPD se misdaadintelligensievermoë laat veel te wense oor,” het Mulder gesê.   Die wrange vrugte van die afskaffing van die kommandostelsel deur die destydse minister van Verdediging, mnr. Mosiau Lekota word nou gepluk.

“Ek rig hierdie versoek op ‘n dringende basis in die media aan minister Nathi Mthethwa, genl. Beke Cele, die LUR vir Veiligheid in Gauteng, mnr. Elias Mosunkuthu asook die Kommissaris van Polisie in Gauteng, luitenant-generaal Naidoo.  Die VF Plus gaan die saak op ‘n dringende basis met die regering opneem.”

купить игрушечный автоматДанильченко Юрий Брониславович компромат

Nuwe landbouplan skok

Die ANC ondersoek glo ’n aandeelskema vir swart boere om die huidige beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper te vervang en grondhervormingteikens te bereik, berig die Volksblad.

Daarvolgens sal kommersiële boere tot sowat 40% se waarde van plase aan swart aandeelhouers moet afstaan.

Me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het gister in ’n onderhoud gesê dié plan kan vervat word in ’n hersiene swartbemagtigingshandves vir die landbousektor.

Dit volg op haar aankondiging verlede maand in die departement se begrotingsrede dat sy ontevrede is oor die stadige pas van transformasie en beplan om teikens vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in wetgewing vas te maak.

Dié plan is gister met ongeloof in landboukringe begroet met Agri SA wat gesê het dié organisasie weet niks daarvan af nie. Ook dr. Pieter Mulder, VF+-leier en Joemat-Pettersson se departementele adjunk, is nie bewus daarvan nie.

Lees meer. 

детский транспорт ценаФильчаков прокурор харькова

ANC maak onhoudbare aanstelling in Gauteng

Die Vryheidsfront Plus het met kommer kennis geneem van die verkiesing van mnr. Humphrey Memezi as adjunk-sekretaris van die ANC in Gauteng ten spyte daarvan dat die ANC se nasionale hiërargie onlangs uitsprake gemaak het dat  amptenare nie senior poste in die party behoort te beklee nie.

Mnr. Memezi is tans die menslike hulpbronbestuurder by Mogale City Munisipaliteit en was voorheen `n raadslid by die Distriksmunisipaliteit.

Dit skep `n onhoudbare situasie waar mnr. Memezi binne ANC-strukture nou die meerdere van sy seniors in die munisipaliteit is. Dit maak ook `n bespotting van die oorsig rol van raadslede omrede hy op die provinsiale ontplooiingskomitee van die ANC seggenskap oor die wel en weë van beide ANC-raadslede en senior amptenare sal hê.

As amptenaar sal hy onaantasbaar wees en nie tot orde geroep word in geval van wangedrag of pligsversuim nie. Sy prestasie beoordeling  kan ook in `n klug ontaard met gepaardgaande onnatuurlike verhogings en bonusse weens sy senioriteit en die moontlikheid van vergelding binne partyverband.

Hierdie toedrag van sake geld ook in talle ander munisipaliteite en dra by tot nie-prestering en die skep van geleenthede vir korrupsie en wanadministrasie. Die Vryheidsfront Plus doen `n beroep op die Minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake om dringende aandag hieraan te gee en daadwerklik op te tree ten einde `n ommekeer in die swak administrasie van munisipaliteite te bewerkstellig.

насосные станции купитьлобановский александр игоревич класс

Mynmagnaat se kind ontvoer

‘n Angolese mynmagnaat se 5-jaar-oue seun is deur vier mans by ‘n kerk in Troyeville, Johannesburg, ontvoer, het die polisie Dinsdag gesê.
  
Die seuntjie is in die sorg van sy oppasser gelaat terwyl beide sy ouers Sondag na Angola gereis het, het kaptein Cynthia Magoai gesê.
  
Die oppasser het die seuntjie na haar kerk in Troyeville geneem en hy is omstreeks 08:00 Sondag ontvoer terwyl hy met ander kinders by die kerk se speelskool gespeel het.
  
Magoai het gesê die familie het ‘n losprysoproep ontvang. Verdere besonderhede oor die oproep was nie onmiddellik beskikbaar nie.
  
Die polisie gaan ‘n saak van ontvoering ondersoek, het sy gesê.

детские палатки купитьФильчаков Харьков

Bennett meen Zim se regstelsel is onafhanklik

Zimbabwe se MDC-opposisiepolitikus Roy Bennett sê die feit dat hy vrygespreek is, bewys dat daar onafhanklikheid binne dié land se regstelsel is.

“Ek is baie gelukkig,” het ‘n verligte Bennett aan verslaggewers ná die uitspraak gesê.

“Hierdie uitspraak gee hoop dat ons sal terugkeer na geregtigheid en die oppergesag van die reg.”

Zimbabwe se hooggeregshof het Bennett, ‘n vertroueling van premier Morgan Tsvangirai, Maandag vrygespreek van alle terrorisme-aanklagte teen hom.

Die aanklagte kon tot die doodstraf gelei het.

Na bewering sal dié uitspraak die spanning in die koalisie-regering verlig.

штукатурные смеси для наружных работtopcargo

ET se moord was beplan

Eugene Terre’ Blanche se dood was na bewering weens ’n dispuut oor salarisse én vermiste vee in die skuur op die sy plaas beplan, het die Ventersdorp-landdroshof Maandag gehoor.

“Hulle het beplan om Terre’ Blanche te vermoor,” het die ondersoekbeampte Ttietsi Mano gedurende die borgverhoor van een van die beskuldigdes, Chris Mahlangu, getuig.

“Die man gee ons moeilikheid. Ons gaan hom doodmaak,” het die verdagtes volgens Mano gesê.

Die hof het Maandag gehoor dat Mahlangu en sy 15-jarige medebeskuldigde na ‘n winkel gegaan het om ’n ysterpaal te koop waarmee hulle in die huis ingebreek het.

Hulle het Terre’Blanche in sy slaap met die paal en die panga aangeval.

Mano het gesê Mahlangu het die moordtoneel vir die polisie gaan wys, wat as ‘n erkenning van die moord beskou word.

Mano is tans uit op borgtog nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is.

Volgens ‘n voorlopige opsomming van feite, meen staatsaanklaer George Baloyi, is Terre’ Blanche talle kere teen sy kop met die wapens gekap.

Hy het 28 beserings aan sy gesig, brein, tong, skedel, ribbekas en lewer gedurende die aanval opgedoen.

Die moordenaars het kort ná die moord Terre’ Blanche se selfoon gesoek om oor die moord te “spog”.

“Hulle het drie plaaswerkers gekonfronteer, waartydens beskuldigde nommer een aan hulle gesê het hy is nou hulle nuwe baas,” het Baloyi uit die opsomming van feite gelees wat Mano bevestig het.

Crimen injuria, wat aanvanklik ingesluit is omdat Terre’ Blanche se broek na die moord afgetrek was, was nie op Maandag se lys van klagtes nie.

Die 15-jarige het skool verlaat om vir Terre’ Blanche teen R500 en ‘n bed in die skuur te gaan werk.

Terre’ Blanche, ‘n knap ruiter, het die seun aangestel om na sy vee om te sien.

Hy het hom ook kos (pap en melk) gegee, wat per geleentheid vleis ingesluit het, het sy regsverteenwoordiger, Zola Majavu, gesê.

Die minderjarige gaan op 10 Junie onskuldig pleit wanneer hy na Ventersdorp terugkeer om vir borgtog aansoek te doen.

Sy verhoor begin in September.

Terre’ Blanche se broer, Andries Visagie, asook die sekretaris-generaal van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was teenwoordig by die hofverrigtinge.

topДанильченко