Die Vryheidsfront Plus het met kommer kennis geneem van die verkiesing van mnr. Humphrey Memezi as adjunk-sekretaris van die ANC in
Mnr. Memezi is tans die menslike hulpbronbestuurder by Mogale City Munisipaliteit en was voorheen `n raadslid by die Distriksmunisipaliteit.
Dit skep `n onhoudbare situasie waar mnr. Memezi binne ANC-strukture nou die meerdere van sy seniors in die munisipaliteit is. Dit maak ook `n bespotting van die oorsig rol van raadslede omrede hy op die provinsiale ontplooiingskomitee van die ANC seggenskap oor die wel en weë van beide ANC-raadslede en senior amptenare sal hê.
As amptenaar sal hy onaantasbaar wees en nie tot orde geroep word in geval van wangedrag of pligsversuim nie. Sy prestasie beoordeling
Hierdie toedrag van sake geld ook in talle ander munisipaliteite en dra by tot nie-prestering en die skep van geleenthede vir korrupsie en wanadministrasie. Die Vryheidsfront Plus doen `n beroep op die Minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake om dringende aandag hieraan te gee en daadwerklik op te tree ten einde `n ommekeer in die swak administrasie van munisipaliteite te bewerkstellig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.