Groen vleisie op groen kole?

Onlangs het die Nederlandse pers berig oor vordering wat gemaak is met “kweekvlees,” ‘n vleisie wat gekweek word en die doodmaak van diere oorbodig maak.

Nou kom Nederland met ‘n volgende stappie om hierdie groen vleisie (om diere groot te maak laat ‘n yslike koolstofspoor) oor die kole gebraai te kry – groen kole.

Biomassaasbrandstof is al lank bekend maar het probleme, soos om te vervoer terwyl dit eintlik nog baie water bevat.

Met groen kole word die biomassa sondersuurstof tot tussen 200en300 grade celsius verhit. Die bros massa word dan in”kole”gekompakteer.

Die Nederlanders – by name die Energieonderzoek Centrum Nederland (ECN), wil die tegnologie uitvoer.Loodsaanlegte is al in België, Bosnië en in Mississippi van stapel gestuur.

купить детские трекитопкарго отзывы

Immigrante, straatkinders en prostitute uit die oog vir WB

Soos die Wêreldbeker naderkom, het owerhede in die groot gasheerstede rondlopers, straatkinders en prostitute bymekaargemaak in ‘n veldtog om die beeld van die stedelike gebiede op te kikker.

As die vasteland se grootste ekonomie, is Suid-Afrika se strate ‘n magneet vir immigrante bedelaars, wat die land sien as ‘n stap uit armoede.

In die afgelope twee maande, het die polisie in Johannesburg hoofsaaklik toegeslaan op Zimbabwiese blinde bedelaars wat in besige strate rondloop en vroue wat met babas by padkruisings sit – waaroor regtegroepe ontstoke is. 

 “Hulle teenwoordigheid oortree die stad se verordeninge en ons moet hulle inhegtenis neem. In baie gevalle waar mense in nood is, soos die vroue met kinders en gestremde mense, word hulle verwys na plekke van veiligheid, waar hulle kan toegang het tot maatskaplike dienste,” sê Edna Mamonyane, woordvoerder vir die Johannesburgse Metro Polisie.

“Dit is ‘n gewone polisie oefening, maar ons het ons pogings versterk om ter wille van die Wêreldbeker-sokkertoernooi,” sê Mamonyane.

“Ons het ‘n baie moeilike taak met die prostitute, elke dag hulle word gewaarsku of in hegtenis geneem,” het sy bygevoeg.

Die veldtog het woede by sekswerkergroepe en straatkinders se woordvoerders ontlok, wat die polisie beskuldig dat hulle die regte van die groepe misken deur hulle na swak diensfasiliteite te stuur.

“Dit is ‘n skending van ons Handves van Menseregte … Hulle mag dit nie doen nie. Die erfenis wat dit gaan nalaat, is dat menseregte geskend is in die proses om te probeer om  ‘n wêreldgeleentheid aan te bied,” sê Warren Whitfield, die hoof van Addiction Action Campaign, ‘n voorspraakgroep.

“Die probleem is egter enorm. Mense word verwyder van die strate en in skuilings en konsentrasiekampe gestop, “sê Whitfield.

Straatkinders in Durban sê dat die afgelope twee maande het polisie hulle opgelaai en  by ‘n fasiliteit in die stad se buitewyke afgelaai.

“Hulle sê ons moet terug te gaan waar ons vandaan kom. Hulle sê Durban is vuil as gevolg van ons,” het ‘n 13-jaar-oue seun aan die Times koerant gesê. 
Meer as 400 kinders woon in Durban se strate, waarvan die meeste nou verwyder is, volgens kindersorggroepe. 

Durban se strandfrontpromenade is nuut opgeknap, want dit sal omskep word in ‘n ondersteunersone tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Dit is tans ongewoon leeg, sonder rondlopers en onwettige handelaars.

Prostitute is uit die populêre hawe area verdryf wat omring is deur chic restaurante en kroeë, en daarmee is hulle hoop om munt te slaan uit die instroming van potensiële kliënte verydel.

Sekswerkers het gehoop op verdraagsaamheid tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, nadat sommige staatsamptenare wetgewing voorgestel het om prostitusie te wettig.

Maar die voorstel is laat vaar nadat sterk besware uit Christen-groepe en die opposisie partye opgeklink het. 

Kondome en smeermiddels is verpak met ‘n sokkerlogo vir die toernooi, as ‘n voorsorgmaatreël in ‘n land waar 5 700 000 van die 48 miljoen inwoners MIV-positief is.

download casino games for freeФильчаков прокурор

Iran, Turkye sluit kernooreenkoms

Iran het ooreengekom om 1 200kg se uraan na Turkey te stuur, nadat Tehran, Turkye en Brasilië beraadslaag het, berig die BBC. Die uraanverrykingsooreenkoms sal afhang van die Weense Groep se goedkeuring.

Die Weense Groep bestaan uit die VSA, Rusland, Frankryk en die IAEA.

Dié stap kan verdere sanksies teen Iran stuit asook die VN se voorstelle vir mediasie weer op die tafel plaas, meen kenners.

Die Iranse president, Mahmoud Ahmadinejad, het wêreldleiers gevra om ‘n diplomatieke oplossing vir die kernprobleem te oorweeg.

Die uraan gaan in Turkye verryk word in ruil vir brandstof vir Tehran se kernnavorsingsreaktor.

Volgens die Franse nuusagentskap AFP het Israeli-amptenare Iran daarvan beskuldig dat hulle Brasilië en Turkye gebruik het om nuwe sanksies af te weer.

Die VSA sê hulle het steeds ernstige bedenkinge oor Iran se kernprogram, maar het nie die jongste ooreenkoms tussen Iran en Turkye veroordeel nie.

Die Withuis het in ‘n verklaring gesê dit sal ‘n positiewe stap wees vir Iran om uraan elders buite die land te verryk soos hulle verlede Oktober ooreengekom het om te doen, maar dat die 20% wat hulle verryk, die Veiligheidsraad se resolusies beslis oortree.

Die uraan sal volgens Iran nie wapengraadgehalte wees nie.

Rusland het die ooreenkoms verwelkom, maar bygevoeg dat verdere gesprekke oor Iran se kernprogram moet plaasvind.

Turkye se onderhandelaar en minister van buitelandse sake, Ahmet Davutoglu, het na ‘n sessie van 18 uur om die ooreeenkoms te beklink, gesê nuwe sanksies teen Iran sal nie nou nodig wees nie.

mositaldentОлександр Фільчаков прокурор

Al Kaida teiken WB

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens doen navrae oor `n verslag wat beweer dat `n weermagoffisier in Irak gearresteer is oor `n beweerde komplot om die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika te teiken. 

“Ek weet heeltemal niks hiervan nie, ek sal navrae doen,” het kol. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê.

Musa Zondi, woordvoerder vir genl. Bheki Cele, kommissaris van polisie, was ook nie bewus van die voorval nie.

Die Duitse nuusagentskap, Deutsche Press Agenteur, het berig dat die Saoedi-Arabiese kol. Azzam al-Qahtani, ook bekend as Sanan al-Saudi, Irak in 2004 besoek het. Daar word gemeen dat hy betrokke was in aanvalle op godsdienstige plekke in Karbala en Najaf.

Hy word beskuldig daarvan dat hy saamgewerk het met Ayman al-Zawahiri, Al-Kaïda se tweede in bevel, om aanvalle tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi uit te voer.

Cele het op 13 Mei gesê die SAPD weet van geen sekuriteitsbedreiging nie.

casino games no downloadлобановский класс харьков

Matshikiza ‘moet bedank ná plakkery’ – VF Plus

Die VF Plus eis dat die burgemeester van die Wesrandse Distriksmunisipaliteit (WRDM), Faith Matshikiza, onmiddellik bedank.

Dit volg na die onwettige besetting van grond in die sogenaamde Wieg van die Mensdom binne ‘n UNESCO-geregistreerde wêrelderfenisgebied by Kromdraai net buite Krugersdorp. Grondeienaars veg al ‘n jare lange stryd teen die munisipaliteit om hoë digtheid behuising in die gebied te keer nadat ‘n geologiese verslag aanbeveel het dat die dolomitiese gebied nie daarvoor geskik is nie.

“Die WRDM en meer spesifiek die uitvoerende burgemeester is deurentyd deur die grondeienaars en die VF Plus ingelig oor die dreigende grondbesetting en die gevare daarvan.  Sy het dit egter blatant geïgnoreer,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier in Gauteng , gesê.  Mulder het verlede maand ‘n onderneming van die burgemeester ontvang dat die kwessie voor einde April opgelos sou wees.

Die VF Plus se versoek om ‘n gesprek tussen die grondeienaars van Kromdraai en die distriksmunisipaliteit is geweier en die besetting van die grond het voortgegaan totdat meer as 50 hutte reeds opgerig was.  Die grondbesetting vind plaas op ‘n stuk grond wat aan die WRDM behoort nadat onhaalbare beloftes oor die verskaffing van grond en huisvesting deur die ANC-raad tot frustrasie onder die plakkers gelei het.

Die inwoners het met ‘n hofaansoek in die Suid-Gautengse hooggeregshof daarin geslaag om die plakkery te stop en ‘n proses is begin om die onwettige plakkers te verwyder. Op die oomblik sper die Kromdraai-plakkers die teerpad met brandende motorbande af en motoriste word verhoed om die pad te gebruik.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n onwettige grondbesetting wat deur die owerhede aangeblaas word.  Mulder het die LUR vir Gauteng , Firoz Cachalia wat getaak is met die gebied, versoek om onmiddellik in te gryp.

“Enige skade aan eiendom, beserings of lewensverlies kan vierkantig voor die deur van die burgemeester van die WRDM gelê word.  Die sukses van die hofaansoek getuig dat ‘n gemeenskap wat saamstaan wel nog deur die howe van Suid-Afrika beskerm kan word,” het Mulder bygevoeg.

Die fiasko speel ironies af binne 5 kilometer vanaf die Kloofsig Lodge waar die Australiese sokkerspan binnekort sal tuisgaan.

нагрузка генератора сигналовФільчаков Олександр Васильович прокурор

Groot protesoptog teen misdaad

Altesaam 347 dorpe gaan op 19 Mei aan ‘n nasionale protesoptog teen misdaad deelneem, het die Solidariteitbeweging Sondag gesê.

In ‘n verklaring sê die beweging – bestaande uit Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand – dit sal die grootste misdaadoptog nog in Suid-Afrika wees. 

Memorandums sal aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in klein dorpies en stede oorhandig word, van die Wes-Kaap tot die noorde.

In landelike gebiede, sal verskeie besighede glo hul deure sluit en verskeie skole sal ook deelneem aan die optog, of leerders sal rooi dra, het Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gesê.

“Duisende Suid-Afrikaners sal na verwagting op daardie dag rooi dra.”

Hermann het bygevoeg dat die land nooit mag toelaat dat misdaad ‘n normale deel van die samelewing word nie.

“Ons moet protes aanteken om te wys dit is nie normaal nie. Maar ons gaan nie net protes aanteken nie… ons wil ook die geleentheid gebruik om ‘n beroep op gemeenskappe te doen om in samewerking met die SAPD betrokke te raak by inisiatiewe vir gemeenskapsveiligheid.”

Volgens Hermann sal Suid-Afrika ‘n veiliger plek wees ná 19 Mei, as die optog suksesvol was.

купить детские ролики киевлобановский александр досье

Boer wreed vermoor

Drie mans is Sondag in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 40-jarige boer in Potchefstroom, het die polisie gesê.

Volgens lt. kol. Lesego Metsi is Johannes Strydom Saterdag omstreeks 13:00 by die hek van sy plaas, Naderfontein, aangeval.

Die verdagte het Strydom met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan en sy lyk na die motorhuis gesleep. Die verdagte het ‘n Mazdabakkie, selfoon en beursie gesteel en gevlug, het Metsi gesê.

Volgens Metsi is die verlate motor in Potchefstroom gevind.

‘n Man (21) is Sondag by ‘n naburige plaas in hegtenis geneem. Hy het die polisie na twee ander mans gelei wat die beursie en selfoon gehad het, het Metsi gesê.

Die drie mans verskyn Maandag in die landdroshof in Potchefstroom.

цены в хорватииФильчаков Александр Васильевич

Spotprentkunstenaar skiet homself

Weyni Deysel, spotprentkunstenaar van die dagblad The Citizen, het Saterdag selfmoord gepleeg, het die SABC Sondag berig.

Deysel het homself by sy huis in Alberton geskiet, het die uitsaaier gesê.

Hy was Vodacom se joernalis van die jaar in Gauteng in 2009.

Volgens Martin Williams, redakteur van The Citizen, is Deysel se dood ‘n groot verlies.
купить джинсы на мальчика на резинкеФильчаков прокурор харьков

Wie onthou nog dié? Betoging in Londen teen SA geweld

‘n Betoging teen geweld en volksmoord het vandag (15 Mei 2010) in Londen voor die Suid-Afrikaanse ambassade plaasgevind.

интернет детской одеждыФильчаков прокурор харькова

ATKV bring hulde aan Van Zyl Slabbert

Die ATKV bring hulde aan wyle dr Van Zyl Slabbert wat Vrydagoggend in die ouderdom van  70 jaar in Johannesburg oorlede is.

“Dr  Slabbert was bekend vir sy diplomasie as politikus en word geëer vir die bydrae wat hy as Suid-Afrikaner, maar veral as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner op die gebied van die politiek, akademie en kultuur gemaak het,” het mnr Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, vanoggend gesê.

Hy was geliefd vir die wyse waarop hy sy Afrikanerskap uitgedra het en nie geskroom het om sy mening oor Afrikaans-wees te lug as die geleentheid hom voorgedoen het nie. Hy het sy kultuur uitgeleef en sy sterk geloof in die beginsels wat hy nagestreef het, was ‘n voorbeeld vir alle Suid-Afrikaners.

Sy stryd teen onregverdigheid en ‘n strewe na gelyke sosiale instellings in Suid-Afrika en die eerbare wyse waarop hy sy deel gedoen het om ‘n demokratiese Suid-Afrika te vestig, sal ons altyd as voorbeeld bybly.

“Ons eer die rol wat hy as Afrikaner in ons land gespeel het en wil graag ons medelye met sy vrou Jane en sy twee kinders Tania en Riko, sy familie en naasbestaandes in hierdie hartseertye uitspreek,” het Gouws gesê.

no depositДанильченео