praag.co.za

Groot protesoptog teen misdaad

Written by

in

Altesaam 347 dorpe gaan op 19 Mei aan ‘n nasionale protesoptog teen misdaad deelneem, het die Solidariteitbeweging Sondag gesê.

In ‘n verklaring sê die beweging – bestaande uit Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand – dit sal die grootste misdaadoptog nog in Suid-Afrika wees. 

Memorandums sal aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in klein dorpies en stede oorhandig word, van die Wes-Kaap tot die noorde.

In landelike gebiede, sal verskeie besighede glo hul deure sluit en verskeie skole sal ook deelneem aan die optog, of leerders sal rooi dra, het Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gesê.

“Duisende Suid-Afrikaners sal na verwagting op daardie dag rooi dra.”

Hermann het bygevoeg dat die land nooit mag toelaat dat misdaad ‘n normale deel van die samelewing word nie.

“Ons moet protes aanteken om te wys dit is nie normaal nie. Maar ons gaan nie net protes aanteken nie… ons wil ook die geleentheid gebruik om ‘n beroep op gemeenskappe te doen om in samewerking met die SAPD betrokke te raak by inisiatiewe vir gemeenskapsveiligheid.”

Volgens Hermann sal Suid-Afrika ‘n veiliger plek wees ná 19 Mei, as die optog suksesvol was.

купить детские ролики киевлобановский александр досье

Comments

Leave a Reply