Soos die Wêreldbeker naderkom, het owerhede in die groot gasheerstede rondlopers, straatkinders en prostitute bymekaargemaak in ‘n veldtog om die beeld van die stedelike gebiede op te kikker.
As die vasteland se grootste ekonomie, is Suid-Afrika se strate ‘n magneet vir immigrante bedelaars, wat die land sien as ‘n stap uit armoede.
In die afgelope twee maande, het die polisie in Johannesburg hoofsaaklik toegeslaan op Zimbabwiese blinde bedelaars wat in besige strate rondloop en vroue wat met babas by padkruisings sit – waaroor regtegroepe ontstoke is.
“Hulle teenwoordigheid oortree die stad se verordeninge en ons moet hulle inhegtenis neem. In baie gevalle waar mense in nood is, soos die vroue met kinders en gestremde mense, word hulle verwys na plekke van veiligheid, waar hulle kan toegang het tot maatskaplike dienste,” sê Edna Mamonyane, woordvoerder vir die Johannesburgse Metro Polisie.
“Dit is ‘n gewone polisie oefening, maar ons het ons pogings versterk om ter wille van die Wêreldbeker-sokkertoernooi,” sê Mamonyane.
“Ons het ‘n baie moeilike taak met die prostitute, elke dag hulle word gewaarsku of in hegtenis geneem,” het sy bygevoeg.
Die veldtog het woede by sekswerkergroepe en straatkinders se woordvoerders ontlok, wat die polisie beskuldig dat hulle die regte van die groepe misken deur hulle na swak diensfasiliteite te stuur.
“Dit is ‘n skending van ons Handves van Menseregte … Hulle mag dit nie doen nie. Die erfenis wat dit gaan nalaat, is dat menseregte geskend is in die proses om te probeer om ‘n wêreldgeleentheid aan te bied,” sê Warren Whitfield, die hoof van Addiction Action Campaign, ‘n voorspraakgroep.
“Die probleem is egter enorm. Mense word verwyder van die strate en in skuilings en konsentrasiekampe gestop, “sê Whitfield.
Straatkinders in Durban sê dat die afgelope twee maande het polisie hulle opgelaai en by ‘n fasiliteit in die stad se buitewyke afgelaai.
Durban se strandfrontpromenade is nuut opgeknap, want dit sal omskep word in ‘n ondersteunersone tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Dit is tans ongewoon leeg, sonder rondlopers en onwettige handelaars.
Prostitute is uit die populêre hawe area verdryf wat omring is deur chic restaurante en kroeë, en daarmee is hulle hoop om munt te slaan uit die instroming van potensiële kliënte verydel.
Sekswerkers het gehoop op verdraagsaamheid tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, nadat sommige staatsamptenare wetgewing voorgestel het om prostitusie te wettig.
Maar die voorstel is laat vaar nadat sterk besware uit Christen-groepe en die opposisie partye opgeklink het.
Kondome en smeermiddels is verpak met ‘n sokkerlogo vir die toernooi, as ‘n voorsorgmaatreël in ‘n land waar 5 700 000 van die 48 miljoen inwoners MIV-positief is.
