Terre’Blanche-moordsaak hervat

Die man wat verdink word van die moord op die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, sal Woensdag weer in die hof verskyn.

“Puna Moroko, prokureur vir Chris Mahlangu, is in Klerksdorp vir sake. Ons sal dus eers ander sake moet afhandel en behoort teen 10:00 klaar wees,” het ‘n beampte by die hof gesê. 

Die saak moes oorspronklik 09:00 voorgekom het.

Intussen is sowat 60 polisielede buite die hof om die situasie te monitor. Die groot skares wat egter tydens die vorige verskynings teenwoordig was, het nie weer opgedaag nie.

Tydens die vorige verskyning was daar vrese oor Mahlangu se burgerskap omdat hy geen identiteitsdokument (ID) het nie. Daar was ook geen inligting oor hom by die departement van binnelandse sake beskikbaar nie.

Moroko het geargumenteer dat Mahlangu borgtog moet ontvang omdat hy twee kinders het waarna hy moet omsien. Hy het ook gesê dat sy kliënt nie op die vlug sal slaan nie, omdat hy nie oor die nodige reisdokumente beskik nie.

Die hof het op 10 Mei gehoor dat Mahlangu en sy vermeende 15-jarige medepligtige in Terre’Blanche se plaashuis buite Ventersdorp ingebreek het. Hulle het die voormalige AWB-leier glo 28 keer met ‘n panga en ‘n stuk staal geslaan terwyl hy geslaap het.

Hulle het daarna sy broek afgetrek en sy selfoon gesteel

Terre’Blanche se lyk was “byna onherkenbaar” geskend deur die aanval.

free 10 noДанильченко Юрий прокурор

Skok oor strikke in Bewarea

“Toe het ek só gehuil,” vertel ‘n inwoner van Langenhovenpark, Bloemfontein na sy in ‘n nabygeleë koppie na haar vermiste kat gaan soek het, en sy op ‘n goedversorgde dooie kat in ‘n valstrik afgekom het. Die kat kon nog nie lank dood wees nie. Haar eie kat word nog vermis.

Mev. Annalene van Staden het die Bewarea genader na sy na haar kat gaan soek het, en haar hond saamgeneem het. Sy is versoek om haar verhaal aan die Polisiëringsorum-vergadering, wat dieselfde aand plaasgevind het, te kom vertel. Eers is haar hond in een van die strikke bestaande uit ‘n houtpen wat in die grond ingeslaan is en “weed eater”-lyn bestaan, gevang. Dié groot hond kon nie self loskom nie.

Sy het hierna op nog verskeie strikke afgekom, sommiges bestaande uit staalstawe en soortgelyke lyn, voor sy die doodgewurgde kat ontdek het. Die kat is in een van die wippe met ‘n staalstaaf gevang.

Ontstelde lede van die Polisiëringsforum het versoek dat die polisie gesprek voer met bouers by ‘n bouterrein naby die toegangstrook na die koppie. Die polisie sal hul deurlopende aksies om bosslapers op te ruim, verskerp. Die vrou het die DBV ook reeds in kennis gestel, en ‘n klag by die polisie gelê.

Die Bewarea stel ondersoek in na moontlikhede om toegang tot die koppies te beheer. Die Bewarea wil graag die ou skanskraal op dieselfde koppie waarop die strikke nou gekry is, restoureer. Dié skanskraal is juis, aldus ‘n bewaringskundige, afgebreek toe bouers met die eerste bouwerk in Langenhovenpark dassies gejag het. Die gemeenskap wil graag die koppies as bate “terugwen.”

ремеза компрессор ценатопкарго отзыв

Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB

‘n Vermeende Al Kaida-ondersteuner wat in Irak aangehou word, het Dinsdag gesê dat hy met familie en vriende gepraat het om Deense en Nederlandse spanne wat volgende maand aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika deelneem aan te val om beledigings teen die Profeet Mohammed te wreek. 

Irakse veiligheidsmagte wat die Saoedi-burger aanhou, bekend as Azam Abdullah al-Qahtani Saleh, het gereël dat The Associated Press met hom ‘n onderhoud by ‘n ongeïdentifiseerde regeringsgebou in Bagdad voer.

Hy het gesê hy het aanvanklik in 2004 na Irak gegaan om te veg teen Amerikaners en is gewerf deur Al Kaida. 

‘n Irakse veiligheidsamptenaar met kennis van die ondersoek sê al-Qahtani is in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike VSA-Irak-operasie in April waar twee ander Al Kaida-hoofverdagtes gedood is. Die amptenaar wou nie sy naam bekendmaak nie aangesien hy nie toegelaat word om besonderhede van die saak te bespreek nie.

Dokumente is in die huis gevind waar die twee gedood is. Dit is onder meer geskryf deur al-Qahtani en bevat detail van ‘n plan van aanvalle wat geloods sal word op die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Dit het gelei tot sy arrestasie op 3 Mei, het die amptenaar gesê. Irakse owerhede het Maandag dié besonderhede openbaar. 

“Ons het gepraat oor die moontlikheid van wraak vir die beledigings teen die profeet deur Denemarke en Holland aan te val,” het al-Qahtani aan AP gesê. “Die doel was om die Deense en die Nederlandse spanne en aan te val asook hulle ondersteuners,” het hy bygevoeg. 

“As ons nie die spanne kon bereik nie, dan sou ons die ondersteuners teiken,” het hy gesê, en bygevoeg dat hulle gehoop het om gewere en motorbomme te gebruik. 

Dit is nie duidelik of die militantes die vermoë het om wat nogal ‘n gesofistikeerde plan was, in werking te stel nie – ‘n ingewikkelde aanval ver van hulle tuisbasis. Die Irakse veiligheidsamptenaar het gesê geen stappe is geneem om die plan in beweging te stel nie, soos byvoorbeeld deur die verkryging bommateriaal.

Al-Qahtani sê die plan benodig steeds goedkeuring van die Al Kaida-bevelsketting, spesifiek die groep se no 2, Ayman al-Zawahri. 

Die vermeende militant, wat ongeveer 30 jaar oud is met ‘n snor, geklee in ‘n oranje gevangenisuitrusting, het geen uiterlike tekens van besering of misbruik getoon nie. Hy het nie senuweeagtig of bang voorgekom nie. 

Al-Qahtani het gesê hy is deur die Amerikaanse magte in 2007 gevang en by Camp Bucca aangehou totdat hy in 2009 vrygelaat is. ‘n Amerikaanse militêre amptenaar, Keli Chevalier, het bevestig dat die Amerikaanse magte ‘n man met die naam van Abdullah al-Azam Saleh Qahtani gevange gehou het en dat hy by Camp Bucca aangehou is.

Die Amerikaanse militêre amptenaar het al die ander vrae oor al-Qahtani na die Irakse regering verwys.

In 2006 het 12 spotprente van die profeet wat in ‘n Deense koerant verskyn het, gelei tot woedende betogings in Moslemlande.

In Nederland, is ‘n anti-Islam party die land se vinnigste groeiende politieke beweging. Die leier, Geert Wilders, noem die Koran ‘n “fascistiese boek” en wil dit verbied sien in Nederland. Sy 2008-kortfilm het baie Moslems aanstoot gegee deur die afwisseling van Koraanse verse met beelde van terrorisme deur Moslem radikale. 

Hy meen ook dat die klere wat Moslems oor die algemeen dra, soos kopdoeke, verbied behoort word omdat hulle die Nederlandse landskap “besoedel”.

Wilders se gewildheid is deels ‘n reaksie op ‘n vlaag van Islamitiese radikale geweld. In 2004, het ‘n jong Moslem die Nederlandse filmmaker Theo van Gogh vermoor. Hy het ‘n kort film geproduseer oor die beweerde onderdrukking van Moslemvroue. 

Al-Qahtani het gesê dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi beskou word as ‘n hoë-profiel internasionale gebeurtenis en Suid-Afrika is waarskynlik makliker om na te ‘n reis as een van die twee Europese lande wat hulle wou teiken. 

Vish Naidoo, ‘n woordvoerder vir Suid-Afrikaanse polisie, het Dinsdag gesê dat Suid-Afrikaanse beamptes nog steeds wag op woord van hul Irakse kollegas oor die arrestasie. Hy sê die enigste inligting wat Suid-Afrikaanse amptenare het is mediaverslae. 

FIFA het in ‘n verklaring Dinsdag gesê hulle wil nie kommentaar oor enige spesifieke potensiële bedreigings lewer nie.

для баниФильчаков прокурор

Marzanne se oppasser gaan Krugergesin hof toe neem

Die oppasser van baba Marzanne Kruger gaan die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie (KVBA) nader, nadat sy deur haar werkgewer afgedank is, het The Star Woensdag berig.

Franscina Sekhu is deur die Kruger-gesin afgedank. Daar word verwag dat dokumentasie van ‘n klag wat by die die KVBA aanhangig gemaak is, Woensdag op hulle bestel sal word.

Sekhu en baba Marzanne is tydens ‘n rooftog in huis Randburg ‘n paar weke gelede aangerand. Sekhu het die deur oopgemaak vir die aanvallers wat voorheen konstruksiewerk aan die huis gedoen het.

 Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, sê Sekhu se ma, Martha, het haar dogter gesê sy is afgedank.

“Ek het gedink ons sou gaan sit toe ons daar aankom en praat oor wat gebeur het sodat ek kon jammer sê oor wat gebeur het met die baba, omdat ons ook die pyn [van die moeder] voel. Maar hulle het met ons baklei en ons uitgeskop soos honde,” het haar ma aan die koerant gesê.

Arbeidskonsultant Aaron Mokhondo sê Sekhu het hom genader om haar saak na die KVBA te neem omdat haar ontslag ongeldig is.

детские игры для деtopcargo отзывы сотрудников

Staking by Transnet dalk verby

Die vakbond, United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en Transnet  het ’n loonooreenkoms bereik.

Indien die aanbod deur vakbondlede goedgekeur word, sal die staking wat spoorweë- en haweverkeer vir die afgelope week lam gelaat het, beëindig word het ’n amptenaar Woensdagoggend gesê.

“Ons het reg deur die nag gesit en onderhandel. Daar is ‘n ooreenkoms bereik wat ons na ons lede sal neem. Die besonderhede betreffende die ooreenkoms kan nie op die stadium bekendgemaak word nie,” het George Strauss, president van Utatu aan Reuters gesê.

Hy het egter bygevoeg dat die staking sal voortgaan totdat die werkers die aanbod goedkeur.

Sowat 85% van Transnet-werkers is sedert verlede Maandag besig om te staak.

’n Aparte skikking is bereik om die staking teen die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap (Prasa), wat miljoene penedelaars die afgelope week gestrand gelaat het, tot ‘n einde te bring.

барби лялькилобановский александр игоревич

‘Noag se ark’ uit Zim oppad na Noord-Korea

Die Britse natuurbewaringsgroep Born Free het hulle stem gevoeg by die besware teen ‘n plan van Zimbabwe om ‘n “Noag se Ark” van wilde diere, waaronder twee jong olifante, na Noord-Korea te stuur. 

Nuusberigte verlede week het aangedui dat twee van elke diersoort in Zimbabwe se 14 600 vierkante kilometer Hwange Nasionale Park, as ‘n geskenk van president Robert Mugabe aan sy Noord-Koreaanse eweknie, Kim Jong Il, gegee sal word.

“Ons kan geen bewaringsvoordeel in hierdie planne sien nie, en is bekommerd oor die groot bedreiging vir die welsyn van die individuele diere wat betrokke is,” het Born Free in ‘n verklaring op sy webwerf gesê.

Die groep het gesê die 18-maand-oue olifante sal waarskynlik die reis van duisende myle en daarna wanneer hulle in Noord-Korea aanland, baie moeilik deurmaak.

“Baba olifante bly gewoonlik by hul moeders soog vir 4 jaar, dus kan die verwydering op dié jong ouderdom ‘n ernstige fisiese impak in terme van voeding, immuniteit en ander ontwikkelingskwessies hê. Dit sal ook ‘n groot impak op die emosionele en sosiale ontwikkeling van die jong diere hê,” het die groep se verklaring gesê. 

Ander diere sluit in swart en wit renosters, jagluiperds, leeus, luiperds, kameelperde en sebras, volgens nuusberigte. 

Johnny Rodrigues, hoof van die Zimbabwe Conservation Taskforce, het gesê spanne van wildvangers werk sonder ophou in die Hwange Park om Mugabe se wens te vervul, volgens ‘n berig in ‘n Zimbabwiese koerant. Hy sê sy groep het probeer om dmv internasionale invloed die oordrag te stuit.

Noord-Korea se wildtuine voldoen nie aan internasionale standaarde nie, het hy gesê.

компрессор для воздухатопкарго

Jeugliga skarrel om Noordwestak te hou

Die ANC se Jeugliga het hulle Noordwes uitvoerende komitee ontbind, omdat daar ‘n behoefte bestaan om “organisatoriese vernuwing in die provinsie te versterk en te bou “, het die liga Dinsdag verklaar.

Die Noordweskomitee se ampstermyn het verstryk het en hulle het versuim het om ‘n provinsiale konferensie te hou, het woordvoerder Floyd Shivambu gesê in ‘n verklaring.

“Die [ANC-Jeugliga] se nasionale uitvoerende komitee het verder besluit dat as gevolg van die dringende behoefte aan vinnige herstigting van strukture van die ANC-Jeugliga op grondvlak, ‘n voorbereidende provinsiale konferensie komitee ingestel moet word.

“Hierdie komitee word belas met die verantwoordelikheid van byeenroep en bestuurskap van die twee oorblywende streekskonferensies binne die kortste moontlike tyd.”

Die provinsie tree as gasheer op vir die liga se nasionale algemene raadsvergadering (NAR) vanaf 12-18 Julie.

“Alle opgerigte takke sal deelneem aan die NAR van die ANC-Jeugliga om ‘n duidelike, meer radikale politieke program op te stel vir die NAR van die ANC wat in September 2010 gehou word,” het hy gesê.

купить детскую прогулочную коляскуДанильченко Юрий отзывы

Mans wat in die huis help, skei nie

In gesinne waar mans help met huishoudelik take, soos inkopies, kindersorg en huisskoonmaak, is die egskeidingsyfer laer. Die London School of Economics (LSE) het ‘n studie gedoen waaraan 3 500 Britse gesinne deelgeneem het.

Die studie, “Men’s Unpaid Work and Divorce”, het bevind hoe meer mans met huishoudelike take help, hoe laer is die egskeidingsyfer.

Tot baie onlangs is dit algemeen aanvaar dat die vrou vir die huis sorg en die man geld verdien.

Sulke gesinne is as voorbeeldig en stabiel gesien.

“Gesinne met die minste risiko vir egskeiding, is gesinne met mans wat soveel as moontlik help met huishoudelike take en vrouens wat nie werk nie,” het Wendy Sigle-Rushton, een van die navorsers gesê.

Die studie het ook getoon dat alhoewel families met werkende ma’s ‘n groter risiko tot egskeiding het, die risiko aansienlik verminder as die pa sy kant by die huis bring.

портал для камина из гипсокартона фотоданильченко юрій броніславович

Noodlyn werk, skerm polisie

Die polisie in KwaZulu-Natal het Dinsdag ontken dat die sentrale polisiestasie se noodlyn vir sowat 36 ure nie gewerk het nie nadat die beheerkamer oorspoel het.

Volgens lt. kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het ‘n watertenk op die 16de vloer gebars, maar het dit nie die noodlyn geaffekteer nie.

“Lede wat in die beheerkamer gewerk het is na ‘n ander vertrek verskuif. Die 10111 nommer werk 24 uur per dag,” het hy gesê. 

“Ons kon met lede van die publiek kommunikeer en ons radio’s het ook gewerk.”

Sizwe Mchunu, die DA se gemeenskapsveiligheidswoordvoerder, het Dinsdag gevra dat daar ondersoek ingestel moet word na die stasie se noodplan na aanleiding van gerugte dat die noodlyn vir sowat 36 ure nie gefunksioneer het nie. 

“Wanneer mense 10111 gebruik is dit gewoonlik ‘n saak van lewe of dood,” het hy in ‘n verklaring gesê.

“Ons moedig owerhede aan om ‘n noodplan saam te stel sodat oproepe steeds kan deurkom indien daar iets fout is met die polisie se noodlyn.”

100 fun gamesФильчаков Александр Васильевич

Zuma stort byna ‘n traan tydens plakkersbesoek

Pres. Jacob Zuma het byna in trane uitgebars toe hy Maandag die lewensomstandighede van ‘n gesin in Orange Farm sien.

“Ek was byna in trane toe ek dit sien. Niemand kan so lewe nie,” het Zuma gesê ná afloop van ‘n besoek aan ‘n plakkershut.

Zuma het Maandag ‘n onverwagse besoek afgelê aan die Sweetwaters-plakkerskamp in Johannesburg.

Hy het ook besoek afgelê by Madelakufa in Tembisa. Zuma was glo baie ontsteld oor die inwoners se lewensomstandighede en het die plaaslike munisipaliteit gewaarsku om dié probleme aan te spreek.

Daar is tans sowat 2 miljoen huise wat nog gebou moet word en sowat 2 700 plakkersgemeenskappe in Suid-Afrika.

Volgens Zuma sal ordentlike behuising mense se waardigheid verhoog en ‘n meer stabiele gemeenskap skep.

“Apartheidswetgewing het swartmense buitelanders gemaak in stedelike areas en hulle gedwing om in spesifieke plekke tydelike huise te bou. Daar was nooit enige planne om hulle van water, elektrisiteit of paaie te voorsien nie,” het hy gesê.

Die regering sal nou klem plaas op die verbetering van Suid-Afrikaners se lewensomstandighede.

светлобановский александр биография