ANC en VF+ vergader

Die Vryheidsfront Plus en die ANC het vandag gesprek gevoer in Johannesburg. Die VF Plus-afvaardiging bestaande uit die party se Uitvoerende Dagbestuurslede, is gelei deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en die ANC-afvaardiging is gelei deur mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal.

Dr. Mulder het die gesprek as verkennend, maar konstruktief beskryf. Waar die gesprek vir een uur beplan was, het dit uiteindelik 3 uur geduur.

Van die sake wat bespreek is:

·        Pleknaamveranderinge;

·        Die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium in skole en universiteite;

·        Misdaad en veiligheid en sekuriteit van boere;

·        Amnestie-aangeleenthede;

·        Selfbeskikking;

·        Armoede en regstellende aksie.

Aan die einde van die gesprek is op ‘n spesifieke werkswyse ooreengekom waarvolgens die verskillende sake wat geïdentifiseer is verder hanteer sal word met die oog op opvolggesprekke.

обувь для яхтингалобановский александр интервью

Nederland neem sokkerdreigemente ernstig op

Nederlandse veiligheidsamptenare sê hulle neem die terreurdreigemente teen Nederlanders en Dene tydens die Wêreldbekersokkertoernooi ernstig op.

Hulle sê egter dat hulle geen nuwe veiligheidsmaatreëls in plek sal stel nie.

Judith Sluiter, wat die Nederlandse anti-terreur agentskap koördineer, sê onlangse uitlatings deur terreurverdagte Abdullah Azam Saleh al-Qahtani is in lyn met wat haar agentskap hulleself op voorberei het.

“Nederland se belange oorsee word meer bedreig as binnelands op die oomblik,” sê Suiter. “Hier is dit beperk, maar oorsee is dit aansienlik.”

Al-Qahtani sê hy het beplan om die Nederlandse en Deense spanne en ondersteuners aan te val omdat hulle Islam beledig.

Vish Naidoo, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse polisie sê die jongste verslag uit Bagdad sal nie veiligheidsbeplanning raak nie, aangesien daar reeds vir terrorisme beplan is.

Interpol sal 200 terreurspesialiste na die sokkertoernooi stuur en elke span van die 31 besoekende spanne, sal 8 veiligheidsamptenare stuur om met hul Suid-Afrikaanse eweknieë nou saam te werk.

Suid-Afrika het 44 000 ekstra polisielede vir die geleentheid opgelei. Die groot aantal nuwe lede het egter geen verskil aan voorstlepende plaasaanvalle gemaak nie, en dié aanvalle teen blankes duur onverpoos voort.

Die Nederlandse nasionale span het reeds na Switserland vertrek vir ‘n oefenkamp

Denemarke se kaptein Jon Dahl Tomasson wou nie Woensdag kommentaar lewer op die jongste Moslemdreigemente nie.

“Ek dink ons moet op een ding konsentreer en dit is dat ons binnekort goeie sokker gaan speel,” het die Feyenoord-speler gesê.

wedding combs forлобановский александр отзывы

Saak teen terreurverdagtes uitgestel

Die saak teen drie beweerde terroriste is Woensdag uitgestel deur die Phalaborwa-landdroshof, volgens SABC-nuus.
Die staat moet nog steeds argumenteer waarom die drie borgtog geweier moet word.

Hulle staar sewe aanklagte in die gesig, insluitend klagtes om terreur te pleeg, omdat hulle na bewering die Wêreldbeker-sokkertoernooi wou ontwrig.

Aan ‘n vierde beskuldigde, die 21-een-jaar-oue André Stroh, is verlede Vrydag borgtog toegestaan van R3000 in die Phalaborwa-landdroshof .

Stroh is een van ses mans wat in hegtenis geneem is vir die vermeende grafskending van die voormalige diplomaat Norman Mashabane. Na aanleiding van verdere ondersoek is glo gevind dat die grafskending deel van ‘n komplot was om dade van terrorisme teen swartes te pleeg.

Musa Zondi, woordvoerder vir die Valke, het gesê die polisie het die mans met groot hoeveelhede plofstof en ammunisie vasgetrek.

“Ons het ontdek dat hulle ‘n hele aantal wapens en ammunisie het. En het kapasiteit gehad om plofstof te vervaardig. Hulle is aangekeer in besit van ‘n groot aantal plofstowwe.”

Die aanklagte teen twee van die mans het verlede Vrydag teruggetrek.

casinos games onlineлобановский александр биография

Nederlandse toeris aangeval

‘n 51-jarige Nederlandse toeris is in Port Elizabeth tydens ‘n rooftog gesteek, het The Herald Online Donderdag berig.

“Sy was besig om loop langs die begin van die pad te loop toe ‘n man skielik verskyn,
het sy gesê, ‘n man met ‘n mus uit die niet,” het woordvoerder polisiekaptein Sandra Janse van Rensburg gesê.

Die man het toeris Maria Blits met ‘n mes gesteek in die arm, waarna sy aan hom haar handsak gegee het. Hy het weggehardloop.

Die voorval het gebeur terwyl sy na Humewood teruggeloop van ‘n inkopietog by Humerailwinkelsentrum.

‘n Verbygaande motoris het haar na die hospitaal geneem, waar sy ‘n operasie aan die bo-arm sal moet ondergaan.

Blits is in Port Elizabeth om haar dogter, Melke, wat ‘n uitruil student uit Nederland is, te besoek.

теннис турнир атрДанильченко Юрий прокурор

Dis nie wanbetaling nie, dis kabeldiefstal, sê hospitaal

Die kragprobleme by Chris Hani Baragwanath Hospital in Soweto is glo iets van die verlede nadat die krag weer Woensdag aangeskakel is, het die Gautengse gesondheidsdepartement gesê.

Die rede waarom die hospitaal sonder elektrisiteit was vir die afgelope twee dae, is weens kabeldiefstal sê ‘n woordvoerder Mandla Sidu in ‘n verklaring.

Hospitaalbestuur moes operasies uitstel en ambulanse is na ander hospitale verwys. ‘n LUR Qedani Mahlangu, sê hy is “verheug dat daar geen sterftes of ander ongelukkige voorvalle plaasgevind het weens dié kriminele daad nie”.

Sidu het vroeëre berigte oor wanbetaling weerspreek en gesê die kragonderbreking is deur kabeldiefstal veroorsaak en daarna was daar nie genoeg geld om vir die diesel te betaal wat die kragopwekkers aan die gang sou kry nie.

Mahlangu het aan die media verduidelik dat hulle reeds baie geld aan verskaffers moet oorbetaal wat hulle skuld, maar dat die tesourie hulle daarop gewys het dat hulle kwota vir die jaar uitgeput is.

Dit is hoekom die diensverskaffers nie betaal is nie, het hy gesê “Dit is ‘n kontantvloeiprobleem tussen die tesourie en die provinsie.”

games noлобановский супермаркет класс

Slag vir wol- en vleisuitvoere weens slenkdalkoors

Die Burger berig dat verskeie lande ’n verbod op die invoer van diereprodukte uit Suid-Afrika geplaas het weens die voorkoms van slenkdalkoors.

Botswana, besluit nog of hy dieselfde maatreëls gaan instel.

Peter Thabethe, waarnemende direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag aan die parlement gesê dat China en Turkye ’n verbod op alle wol- en leerinvoer uit Suid-Afrika geplaas het. Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate het eweneens handelsbeperkinge op die invoer van beesvleis geplaas.

Dit volg op die verbod op die invoer van diereprodukte uit Namibië, Lesotho en Zimbabwe.

Meer as 6300 stuks vee het reeds gevrek in veral die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap, asook die Wes-Kaap.

Altesaam 329 uitbrekings van die siekte het tussen Februarie en 6 Mei vanjaar reeds voorgekom.

вопросы полиграфа в фсбДанильченко Юрий Брониславович компромат

Grootste hospitaal sonder krag

Dele van die Chris Hani Baragwanath hospitaal is sedert Maandag sonder elektrisiteit weens onbetaalde rekeninge.

Qedani Mahlangu, Gautengse LUR vir gesondheid, het verduidelik dat ‘n “kontantvloei-probleem” tussen haar departement en die Tesourie, die oorsaak van die probleem is.

“Diesel sal voor die einde van die dag by die hospitaal afgelewer word sodat die kragopwekkers in werking kan tree,” het sy bygevoeg.

Mahlangu het met die media gepraat na aanleiding van die dood van ses babas by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg.

гост внутреннее электрическое освещение рабочие чертежиАлександр Фильчаков Васильевич

Hof wys ET-verdagte se aansoek van die hand

Die landdroshof in Ventersdorp het ‘n aansoek van Chris Mahlangu se prokureur van die hand gewys nadat dié versoek het dat die aanklagte teen sy kliënt gewysig word.

Mahlangu word daarvan verdink dat hy en ‘n 15-jarige medepligtige glo die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het.

Die verdagte se prokureur, Puna Moroko, het gevra dat die aanklag teen sy kliënt vanaf ‘n skedule 6-oortreding na ‘n skedule 5-oortreding verander word.

‘n Skedule 6-oortreding is beplan, terwyl ‘n skedule 5-oortreding onbepland is.

Moroka het vroeër gesê dat hy sal argumenteer dat Mahlangu homself verdedig het en dat hy nie die moord op Terre’Blanche beplan het nie.

Tydens ‘n vorige verskyning in die hof het dit aan die lig gekom dat Mahlangu en sy vermeende medepligtige glo die moord in Terre’Blanche se perdestalle beplan het.

Die saak het Woensdag kort voor middagete weer voortgegaan nadat ‘n Tsonga-tolk eers nie dadelik beskikbaar was nie.

Moroko wil ook die ondersoekbeampte kapt. Tsietsi Mano ondervra oor sy bewerings dat Terre’Blanche geslaap het toe die voorval plaasgevind het.

“Ons sal Mano uitvra oor waar hy die inligting vandaan gekry het. Hy het baie om te verduidelik.” het Moroko gesê.

monster high смотреть онлайндепутат лобановский

Mev Zuma glo in duisternis

Die presidensie en die eThekwini-munisipaliteit wou nie Woensdag kommentaar lewer oor gerugte dat pres. Jacob Zuma se een vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, se kragtoevoer na haar woning afgesny is nie.

Na bewering het Ntuli-Zuma nie haar elektrisiteitrekening betaal nie.

Volgens Zizi Kodwa, presidensiële mediaraadgewer, kan niemand dié bewerings op hierdie stadium bevestig nie.

“Ek is glad nie bewus van so iets nie,” het Kodwa gesê.

Die hoof van die elektrisiteitsdepartement by die eThekwini-munisipaliteit, Sandile Maphumulo, het gesê dat hulle nie oplet wie se elektrisiteit afgesny word nie.

“Ons sit heelwat wonings se elektrisiteit af sonder dat ons weet aan wie die eiendom behoort. Ek kan dus nie die voorval bevestig of ontken nie,” het Maphumulo gesê.

The Mercury het Woensdag berig dat Ntuli-Zuma in ‘n huis sonder water of elektrisiteit woon.

Sy het na bewering sowat R9 500 aan die munisipaliteit geskuld. Die geld moet eers ten volle betaal word voordat die munisipaliteit weer die kragtoevoer sal aanskakel.

Ntuli-Zuma woon reeds die afgelope vyf jaar in ‘n luukse woning in Morningside, Durban saam met haar twee kinders en ander familielede.

Na bewering is sy reeds sedert verlede week sonder enige elektrisiteit. Daar was vroeër vanjaar ook gerugte dat Ntuli byna uit die huis geskop is omdat daar ontevredenheid was rakende die huur.

Ntuli-Zuma se selfoon was afgeskakel en sy kon nie vir kommentaar bereik word nie.воздушный ресивер купитьлобановский александр жена

Brandstof ‘n kopseer, krag nie, hoor parlement

Maurice Radebe, voorsitter van Sapia, die Petroleumbedryfsvereniging, het in die parlement aan die staande komitee oor die aangeleentheid gesê die Transnet-staking kan op die lange duur brandstofvoorsiening tydens WB 2010 ontwrig.

Alwie Lester, ‘n hoofbestuurder by Eskom, het parlementslede egter gerusgestel dat kragvoorsiening aan die gasheerstede gewaarborg is. Hy het gesê die kans dat kragonderbrekings sal voorkom, is “uiters skraal”.

Eskom sal tussen 10% en 15% reserwekrag hê vir die WB omdat hulle krag sal invoer van Mosambiek om voorsiening met 500 MW te verhoog. Steenkoolvoorraad is ook aangevul.

Die vervoer staking bly ‘n kopseer. Tans staak tussen 40% en 60% van Transnet se werknemers.

In ‘n voorval verlede week is ’n trein wat brandstof van Durban na Gauteng vervoer, weens beweerde sabotasie ontspoor.

Vliegtuigbrandstof kan ook deur die staking geraak word.

Bongani Maseko, die lughawensmaatskappy Acsa se bedryfsbestuurder, sê vliegtuigbrandstof moet deurlopend voorsien word en ’n staking hou ‘n risiko in.

Omdat lugverkeer dramaties gaan toeneem, sal Acsa onder druk wees as sy voorraad nie daagliks aangevul word nie.

светодиодный линейный светильник 40wtopcargo отзыв