Die 67-jarige politikus se besluit volg op kritiek ná onlangse kommentaar wat hy gelewer het oor die land se sending in Afganistan.
Die 67-jarige politikus se besluit volg op kritiek ná onlangse kommentaar wat hy gelewer het oor die land se sending in Afganistan.
Tydens dié beraad, wat Maandag in Nice begin het, sal onder andere gepoog word om ‘n verenigde Afrika-posisie oor die Veiligheidsraad te formuleer.
“Dit was ‘n lewendige debat,” het Kouchner aan verslaggewers gesê ná ‘n vergadering met ministers van verskeie Afrikalande op Sondag.
“Frankryk se posisie is baie duidelik: Ons wil hê Afrika moet verteenwoordig word in alle internasionale liggame, insluitend die VN, maar ons wil dit nie afdwing nie,” het Kouchner gesê.
Afrikalande het in 2005 ooreengekom om hulle te beywer vir twee permanente setels met vetoreg, en twee tydelike setels, in ‘n uitgebreide sekuriteitsraad.
Volgens Franse ampsdraers moet Afrika hom egter vir een permanente setel beywer, en Kouchner het gevra dat Afrikaleiers “realisties” moet wees.
Drie Afrikalande word tans op ‘n roterende basis op die VN se sekuriteitsraad verteenwoordig. Die res van die raad bestaan uit lede met vetoreg, insluitend Brittanje, China, Frankryk, Rusland, en die Verenigde State.
Verskeie Afrikaleiers het die afwesigheid van Afrika op die Veiligheidsraad gekritiseer. Nicolas Sarkozy, Franse president, het ook by die geleentheid waar 38 leiers byeengekom het, gesê Afrika behoort ‘n groter rol in die wêreld te speel.
Dr. Mulder is ook tydens die kongres op UNPO se dagbestuur of presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel van Tibet.
Dr. Mulder en mnr. Andre Fourie, voorsitter van die VF Plus se Buitelandse Verhoudinge Komitee, het die kongres bygewoon. Die kongres is in Rome in die Italiaanse Senaat gehou. Senator Emma Bonino, vise-president van die Italiaanse senaat en voorheen ‘n Italiaanse minister asook senator Marco Perduca van die Italiaanse Demokratiese Party, het as gashere opgetree.
“Die bywoning van die kongres en die stel van die mosie is deel van die VF Plus se internasionalisering van die Suid-Afrikaanse situasie,” volgens dr. Mulder. “Dit help nie om te wag totdat dit te laat is en jou dan op die wêreld vir hulp te beroep nie. Die wêreld behoort deurlopend op hoogte gehou te word oor prestasies, maar ook oor menseregtevergrype in Suid-Afrika,” het dr. Mulder gesê.
Die kongres het verder die posisie van minderhede binne ‘n demokrasie behandel. Politieke oplossings soos magsdeling, federalisme en selfbeskikking is bespreek. In ‘n algemene mosie wat deur die kongres aanvaar is, is die belangrikheid van die behoud van ‘n eie taal en kultuur in die beskerming van minderhede beklemtoon.
UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) is in 1991 gestig as ‘n organisasie wat hom op internasionale vlak vir minderhede en inheemse volke beywer. Van die stigterslede was Tibet, Taiwan, Estonia en Georgië. Tans het UNPO 54 lede wat meer as 200 miljoen mense regoor die wêreld verteenwoordig.
Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het benadruk dat me. Patta alle grense van joernalistieke etiek oorskry het en dat sy en gevolglik E-TV, hulle nie net skuldig gemaak het aan die sanksionering en promovering van sielkundige geweld nie, maar dit self ook toegepas het. Verdere gronde vir die klag wissel van bevooroordeelde kommentaar tot die skending van me. De Kock se integriteit. Alles sake wat in die Uitsaaiklagtekommissie se media-kodes omskryf word.
Tydens die onderhoud met me. De Kock het me. Patta aggressief oorgekom en nie vir me. De Kock werklik kans gegee om te antwoord op haar beweringe van rassisme nie. Eers nadat sy me. De Kock tot trane gedryf het, het sy minder aggressief opgetree. Die inligting wat me. Patta gebruik het was ook nie feitelik korrek nie, maar sy het dit desnieteenstaande as ‘n platform gebruik om me. De Kock, Afrikaners en die VF Plus in ‘n negatiewe lig te stel.
Die voorval spruit uit ‘n program wat 3rd Degree vervaardig het rakende die rassespanning wat op die UV-kampus sou heers. Dit blyk ook dat E-TV se span by die UV-kampus aangekom het met voorbedagte rade om emosies op te wek en sodoende polarisasie te kweek ter wille van die vervaardiging van ‘n sensasionele program. Dit is gedoen deur die verspreiding van twee verskillende plakkate onder die studente met die inhoud wat onderskeidelik lees “Proud to be White” en “Proud to be Black”.
“Watter mediaspan sal na ‘n plek toe gaan waar rassespanning ‘n probleem is en sulke materiaal saambring en aan studente wys voordat onderhoude gevoer word? Wat kan die bona fides van sodanige optrede wees en hoe professioneel is dit?” wou adv. Alberts weet. “Nou sal die gereg sy gang moet gaan. Ons hoop om spoedig ‘n verhoordatum van die UKKSA te kry ten einde die skreiende onreg jeens me. De Kock, Afrikaners en die VF Plus reg te stel.”
*Die program was uitgesaai op 25 Mei 2010 om 21:30 op E-TV se gratis dienskanaal.
Bildt het sy kommer uitgespreek oor berigte in die media – veral uit Turkse bronne – dat daar op die skepe gevuur is en dat mense vermoor en beseer is op ‘n Turkse vaartuig.
Hulle probeer om te verduidelik wat gebeur het, sê Bildt, wat tans besoek aan Italië bring, het die Sweedse radionuus berig.
“Ons het die Israeliese ambassadeur genader om inligting te kry,” volgens Bildt. Hy het bygevoeg dat hy ook in kontak was met die Europese Unie se buitelandse beleidshoof Catherine Ashton om te verseker dat die EU ‘n “duidelike reaksie gedurende die dag gee wanneer ons ‘n duideliker prentjie het van wat gebeur het. “
Onder kwessies wat opheldering benodig is of die gebeure plaasgevind het in internasionale waters of in Israel se territoriale waters, het hy gesê.
Die eerste is gestuur in reaksie op Israeliese vrese dat ballistiese missiele wat deur Iran, Sirië en die Hezbollah, ‘n politieke en militêre organisasie in Libanon, ontwikkel is, Israel kan tref, insluitend lugbasisse en missiellanseerplekke.
Die duikbote van Flottielje 7 – Dolphin, Tekuma en Leviathan – het al voorheen in die Golf diens gedoen. Maar die besluit is nou geneem om ‘n permanente teenwoordigheid van ten minste een van die skepe te verseker.
Die vloot se bevelvoerder, slegs bekend as “kolonel” O “, het aan ‘n Israeliese koerant gesê “Ons is ‘n onderwater aanvalskrag. Ons is aktief diep en ver, baie ver weg van ons grense.”
Elk van die duikbote het ‘n bemanning van 35 tot 50, onder die bevel van ‘n kolonel wat by magte is om ‘n kernkruisermissiel te lanseer.
IOL berig dat Pres. Zuma vir die 21ste keer pa gaan word.
Volgens gerugte, is MaNtuli, die president se tweede vrou, swanger.
Vroeër het berigte in die media verskyn dat Pres. Zuma en MaNtuli se verhouding op die rotse is.
Vriende en kollegas van MaNtuli het dié berigte ontken, maar nietemin die 33-jarige MaNtuli se swangerskap bevestig.
Niemand in die presidensie wou die nuutste vaderskapkwessie bevestig nie.
Die Sunday Times het Sondag berig dat plaaslike intelligensiebronne bekommerd is oor die moontlike bedreigings. Dit strook met die voorlegging wat aan die Amerikaanse Kongres gedoen is.
Ronald Sandee, direkteur van die NEFA Stigting, het die Amerikaanse Kongres reeds gewaarsku dat:
* Militante van Pakistan en Somalië opleidingskampe in die noorde van Mosambiek bedryf;
* Terroriste van hierdie kampe het die grens oorgesteek na Suid-Afrika om aan te sluit of selle op te rig om aanvalle te loods;
* Inligting- en aanvalspanne is goed gevestig in Suid-Afrika. Terreurgroepe sluit Al-Kaida en hulle Somaliese bondgenote, al-Shahaab, in.
* Gelyktydige en geleentheidsaanvalle beplan word gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Verwoede pogings is tans aan die gang om in te haal, maar sommige waarsku dit is dalk te min, te laat.
Woensdag is die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum geaktiveer by ‘n onbekende militêre basis in Pretoria. Dit sal die koördinering van alle Suid-Afrikaanse sekuriteits- en intelligensiestrukture vir ‘n veilige Wêreldbeker-sokkertoernooi behartig, insluitend die 24-uur-beskerming van die spanne en beamptes.
Volgens binne-inligting is ‘n lys van 40 terreur verdagtes opgestel.
Intelligensiebase Moe Shaik en Mark Hankel, het geweier om kommentaar te lewer. “As jy te veel kommentaar oor intelligensie lewer, ondermyn jy dit,” sê Hankel.
Maar ‘n aantal intelligensiebronne – sowel as inligting wat deur die Sunday Times bekom is – en uitgebreide onderhoude met veiligheidskenners en teen-terreur ontleders dui daarop dat plaaslike owerhede “‘n valse gevoel van sekuriteit” onder mense laat posvat het.
Algar stem saam dat konkrete planne vir aanvalle wel bestaan. “Daar is geen twyfel oor die bestaan daarvan nie,” het een bron gesê.
Sandee was meer reguit. Hy het aan die Amerikaanse kongres gesê talle verwysings is gemaak na aanvalle tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in geslote frekwensie radio-uitsendings en telefoongesprekke hierdie maand in Mauritanië, Algerië, Mali, Pakistan en Jemen.
“Inligting bevestig dat verskeie plekke geteiken sal word, sommige gelyktydig, ander na willekeur. Verwysing word ook gemaak na die moontlikheid van ‘n kamikaze-tipe aanval.”
NEFA is ‘n apolitiese, nie-partydige instituut wat navorsing van ondersoekende joernaliste insluit, akademici en die voormalige intelligensie ontleders wat vir die FBI en die Amerikaanse Verdedigingsdepartement gewerk het. Sandee werk as ‘n senior ontleder vir die Nederlandse Ministerie van Verdediging se teen-intelligensie afdeling.
Sy inligtingsnotas, wat die Sunday Times gesien het, vervat besonderhede van drie opleidingskampe in die Nampula- en Teteprovinsies in Mosambiek wat deur Somaliërs, Pakistani’s, Indiërs en Bangladeshis bedryf word.
Sandee glo daar is ‘n 80% kans vir ‘n aanval.
Hy is dit eens met verskeie ontleders wat glo dat Suid-Afrikaanse intelligensiebase in ontkenning leef oor die vlak van bedreiging by die sokkertoernooi.
Die bekende prokureur, Cerneels Lourens, wat as gasspreker tydens die geleentheid opgetree het, het gesê dat ons as Handhawers van die Taal meer taalaktivisties moet optree deur vriendelik dog ferm aan te dring om in Afrikaans bedien te word. Verder moet ons meer van die Gelykheidshof gebruik maak deur instansies soos maatskappye wat nét in Engels adverteer, aan te vat.
Die GHA het tydens die Jaarvergadering onder meer besluit om:
1. Die Prof. Kobus Pienaar Wisseltrofee vir Taalaktivisme jaarliks toe te ken aan dié persoon wat volgens die Hoofbestuur van die GHA die meeste gedoen het om die Afrikaanse taal te bevorder. Taalaktiviste kan deur die publiek genomineer word waaruit die GHA Hoofbestuur ‘n finale keuse sal maak. Dié wisseltrofee sal tydens die GHA Jaarvergadering aan die wenner oorhandig word.
2. Die GHA Beurs vir Nagraadse Studie in Afrikaans Letterkunde ten bedrae van R10,000.00 word jaarliks beskikbaar gestel aan ‘n nagraadse Unisa student wat verder in Afrikaanse wil studeer. Belangstellende studente kan ‘n aansoekvorm van die GHA kantore bekom. Die GHA Hoofbestuur sal die beurs aan die suksesvolle aansoeker toeken. Aanbevelings vanaf die betrokke aansoeker se dosent(e), sal deur die Hoofbestuur in aanmerking geneem word.
3. ‘n Samewerkende ooreenkoms te sluit met INVISO (‘n sang- en musiek akademie met besturende direkteur Mej. Jofranie Venter) ter bevordering van gehalte Afrikaanse Sang en Musiek.
Die nuwe GHA-bestuur sien soos volg daaruit: Mnr. André Alkema (Voorsitter), Mev. Susan Grobler (Ondervoorsitter), Mnr. Pieter Oosthuizen (Sekretaris), Mev. Sanet Alkema (Penningmeester), en addisionele bestuurslede Mev. Natasha Ayers, Mej. Jofranie Venter en Mnr. Horst Graefe.
Wat merkwaardig is, is dat daar tans meer vroue op die bestuur dien as mans. Mev. Susan Grobler en Mnr Pieter Oosthuizen (22) maak ook geskiedenis deurdat sy die eerste vroulike Ondervoorsitter en hy die jongste Sekretaris van die GHA ooit is.
Die herinwyding het geskied nadat AfriForum en die Standertonse gemeenskap gedurende 2008 geslaag het om ʼn hofbevel te bekom om dié gedenksteen te herstel en weer in te wy.
Die Groot Trek-gedenksteen, wat in 1988 by die Standertonse stadsaal opgerig is as deel van die 150-jarige herdenking van die Groot Trek, is op 12 April 2007 in opdrag van Radebe-Khumalo met ʼn slootgrawer opgegrawe, erg beskadig en op ʼn rommelhoop gegooi. Die munisipaliteit het volgens raadstukke beplan om dieselfde met die Konsentrasiekampgedenksteen te doen.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, stuur die herinwyding ʼn duidelike boodskap aan alle gemeenskappe in die land dat hulle nie magteloos staan teenoor diegene in magsposisies wat hulself aan magsmisbruik skuldig maak nie. “Lede van die Standertonse gemeenskap het nie in sak en as verval en net gekla oor die gedenksteen beskadig is nie, maar het tot aksie oorgegaan en ná volgehoue pogings daarin geslaag om die owerheid tot verantwoording te roep,” het Kriel bygevoeg.
Die herinwyding is volgens Kriel nie net ʼn oorwinning vir AfriForum, De Ville en die inwoners van Standerton nie, maar vir almal in die land wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder en glo dat erfenisse bewaar moet word.