Die Sunday Times het Sondag berig dat plaaslike intelligensiebronne bekommerd is oor die moontlike bedreigings. Dit strook met die voorlegging wat aan die Amerikaanse Kongres gedoen is.
Ronald Sandee, direkteur van die NEFA Stigting, het die Amerikaanse Kongres reeds gewaarsku dat:
* Militante van Pakistan en Somalië opleidingskampe in die noorde van Mosambiek bedryf;
* Terroriste van hierdie kampe het die grens oorgesteek na Suid-Afrika om aan te sluit of selle op te rig om aanvalle te loods;
* Inligting- en aanvalspanne is goed gevestig in Suid-Afrika. Terreurgroepe sluit Al-Kaida en hulle Somaliese bondgenote, al-Shahaab, in.
* Gelyktydige en geleentheidsaanvalle beplan word gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Verwoede pogings is tans aan die gang om in te haal, maar sommige waarsku dit is dalk te min, te laat.
Woensdag is die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum geaktiveer by ‘n onbekende militêre basis in Pretoria. Dit sal die koördinering van alle Suid-Afrikaanse sekuriteits- en intelligensiestrukture vir ‘n veilige Wêreldbeker-sokkertoernooi behartig, insluitend die 24-uur-beskerming van die spanne en beamptes.
Volgens binne-inligting is ‘n lys van 40 terreur verdagtes opgestel.
Intelligensiebase Moe Shaik en Mark Hankel, het geweier om kommentaar te lewer. “As jy te veel kommentaar oor intelligensie lewer, ondermyn jy dit,” sê Hankel.
Maar ‘n aantal intelligensiebronne – sowel as inligting wat deur die Sunday Times bekom is – en uitgebreide onderhoude met veiligheidskenners en teen-terreur ontleders dui daarop dat plaaslike owerhede “‘n valse gevoel van sekuriteit” onder mense laat posvat het.
Algar stem saam dat konkrete planne vir aanvalle wel bestaan. “Daar is geen twyfel oor die bestaan daarvan nie,” het een bron gesê.
Sandee was meer reguit. Hy het aan die Amerikaanse kongres gesê talle verwysings is gemaak na aanvalle tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in geslote frekwensie radio-uitsendings en telefoongesprekke hierdie maand in Mauritanië, Algerië, Mali, Pakistan en Jemen.
“Inligting bevestig dat verskeie plekke geteiken sal word, sommige gelyktydig, ander na willekeur. Verwysing word ook gemaak na die moontlikheid van ‘n kamikaze-tipe aanval.”
NEFA is ‘n apolitiese, nie-partydige instituut wat navorsing van ondersoekende joernaliste insluit, akademici en die voormalige intelligensie ontleders wat vir die FBI en die Amerikaanse Verdedigingsdepartement gewerk het. Sandee werk as ‘n senior ontleder vir die Nederlandse Ministerie van Verdediging se teen-intelligensie afdeling.
Sy inligtingsnotas, wat die Sunday Times gesien het, vervat besonderhede van drie opleidingskampe in die Nampula- en Teteprovinsies in Mosambiek wat deur Somaliërs, Pakistani’s, Indiërs en Bangladeshis bedryf word.
Sandee glo daar is ‘n 80% kans vir ‘n aanval.
Hy is dit eens met verskeie ontleders wat glo dat Suid-Afrikaanse intelligensiebase in ontkenning leef oor die vlak van bedreiging by die sokkertoernooi.
