IOL berig dat Pres. Zuma vir die 21ste keer pa gaan word.
Volgens gerugte, is MaNtuli, die president se tweede vrou, swanger.
Vroeër het berigte in die media verskyn dat Pres. Zuma en MaNtuli se verhouding op die rotse is.
Vriende en kollegas van MaNtuli het dié berigte ontken, maar nietemin die 33-jarige MaNtuli se swangerskap bevestig.
Niemand in die presidensie wou die nuutste vaderskapkwessie bevestig nie.
