Obama dank top-bevelvoerder af

Pres. Barack Obama van die VSA het sy top-bevelvoerder in Afganistan Woensdag afgedank oor sy omstrede uitlatings wat die Withuis woedend gelaat het en daartoe gelei het dat die oorlog in Afganistan  bevraagteken word.

Obama het genl. Stanley McChrystal ná ’n vergadering van 30 minute van sy pligte onthef en dit beskryf as “die regte ding om te doen vir ons missie in Afganistan”.

Obama het genl. David Petraeus, hoof van die Amerikaanse sentrale bevelstruktuur, in sy plek aangestel.

Obama het McChrystal na die Withuis ontbied om sy uitlatings aan die Rolling Stone – wat die Amerikaanse president verkleineer en ander senior burgerlike leiers in die verleentheid gestel het – te verduidelik .

McChrystal (55) het om verskoning gevra en gesê sy oordeel was swak.

casino slot gameФільчаков прокурор

Bomaanvaller waarsku oor nog aanvalle

Faisal Shahzad, gebore in Pakistan, het Maandag erken dat hy ‘n bom op Times Square in New York wou laat ontplof, en het die VSA gewaarsku dat daar nóg aanvalle kom. 

Die dertigjarige Amerikaner het “honderd keer” skuld beken op al tien aanklagte teen hom, waaronder die gebruik van wapens van massavernietiging.

“Ek beskou nie wat ek gedoen het as ‘n misdaad nie,” het Shahzad gesê. “Ek wil honderd keer skuldig pleit sodat Amerika sy troepe uit Afganistan en Irak sal onttrek.”

Shahzad is op die John F. Kennedy-lughawe in hegtenis geneem, twee dae ná sy mislukte bomaanval op 1 Mei in New York se vermaaklikheidsgebied. Volgens die aanklagte het hy ‘n ploftoestel in ‘n Nissan Pathfinder geplaas, wat hy toe om 18:30 in Times Square geparkeer het. Sy poging het egter misluk toe straatsmouse rook uit die agterkant van die Nissan sien stroom en die polisie in kennis gestel het.

Shahzad sal nie verhoor word nie omdat hy reeds skuld beken het. Hy sal na verwagting in Oktober gevonnis word.

многоступенчатый насос ценаданильченко юрій броніславович компромат

Derby-Lewis ‘verdien om in tronk te vrot’

Clive Derby-Lewis, die man wat skuldig bevind is op die moord van die anti-apartheidsaktivis Chris Hani, se aansoek om parool sal Woensdag aangehoor word.

Woordvoerder vir die departement korrektoewe dienste, Sonwabo Mbanga, het bevestig die verhoor sal voor die paroolraad plaasvind, maar wou geen verdere besonderhede bekend maak nie.

Derby-Lewis is in 1993 skuldig bevind op die moord van die SAKP se leier.

Hy is ter dood veroordeel, maar sy vonnis is verander na lewenslank toe die doodstraf afgeskaf is. Hy het al 15 jaar van sy vonnis uitgedien.

Sy vorige aansoek om parool was verlede Maart in die hooggeregshof afgekeur.

Malesela Maleka, SAKP-woordvoerder, het aangedui sy party sal Woensdag beswaar maak teen die aansoek.

“Mnr. Derby-Lewis is betrokke in allerhande truuks om sy parool goedgekeur te kry. Chris (Hani) het geleef sodat ons almal vry kan wees en hy was van ons weggeneem voordat daardie vryheid bereik kon word,” aldus Maleka.

“Ons durf nie ons rue draai op dit waarvoor Chris (Hani) gestaan het nie. Ons durf nie toelaat dat hierdie verregse slagters ons grondwet misbruik in die naam van geregtigheid nie.”

Maleka het bygevoeg Derby-Lewis “verdien om in die tronk te vrot.”

детектор лжи малаховЛобановский Харьков

Zuma en Franse prys Bafana se swart span

Bafana Bafana het die hele land trots gemaak en gehelp om Suid-Afrika te verenig, ten spyte daarvan dat hulle in die eerste ronde van die 2010 Wêreldbeker uitgeval het.

Só het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Bloemfontein gesê.

“Julle het Suid-Afrika trots gemaak. Julle het baie goed gespeel. Dis hartseer dat ons nie deurgaan na die volgende fase nie, maar dit was ‘n groot oorwinning teen ‘n groot span,” het hy aan spelers in hul kleedkamer na die wedstryd gesê.

Bafana Bafana het Dinsdag vir Frankryk met 2-1 gewen.

Franse sokkerondersteuners het Dinsdag hul eie span uitgejou, nadat binnegevegte in die Franse span aanhangers laat draai het teen hul eie spelers.

Franse sokkerondersteuners, wat reeds ‘n gedeeltelike swart span ondersteun, het met die verloop van die wedstryd, toe Frankryk duidelik begin sukkel het teen Suid-Afrika, Bafana se volle “Afrikaspan” geprys.

‘n Paar duisend mense het by die Eiffel-toring in Parys die wedstryd op ‘n groot skerm gevolg.

Franse ondersteuners se rasbewustheid was duidelik sigbaar toe hulle met Florent Malouda se eerste doel hard gejuig het. Toe die wit speler Yoann Gourcuff ‘n rooi kaart gekry het, was hulle ewe in hul noppies.

Elke doel van Bafana Bafana is daarna met ‘n luide applous begroet.

Dié span se probleme het Saterdag begin toe Nicolas Anelka, een van die swart spelers, die wit afrigter, Raymond Domenech, beledig het en hy uit die span geskors is.

Anelka se spanmaats het teen sy skorsing gerebelleer deur Sondag te weier om aan die oefening deel te neem. Die rassespanning was toe reeds duidelik sigbaar.

Roselyne Bachelot-Narquin, Franse minister van sport, het Maandagaand gesê sy het die span aangespreek en vir hulle gesê hulle het die land in die skande gesteek.

 

 

 

 

 

uk onlineпрокурор Фильчаков

Australië stel weer rassediskriminasiewette in

Australië het drie jaar na dié wetgewing geskrap is, rassesediskriminasiewette in die Northern Territories heringestel…en die stappe is gedoen om die Aboriginies te beskerm.

Die skrapping was deel van ‘n misdaadbekampingsaksie en het behels dat weermaglede ingespan kon word en is die verkoop van alkohol onder meer verbied.

Minister van inheemse sake, Jenny Macklin, het die opheffing van die wet ‘n “skandvlek” op Australië se naam genoem. Die opheffing is onder die konserwatiewe eerste minister John Howard gedoen maar is Maandag deur sy opvolger gewysig.

“Dit is ‘n belangrike mylpaal. Die wetgewing verwyder die skandvlek op Australië se reputasie as die land van geleenthede.”

Deur die opheffing van die wet kon Howard soldate na die Outback se inheemse dorpe stuur, regeringstoelaes beperk en alkohol verbied. Sy intervensiebeleid is egter deur die VN as diskriminerend verwerp.

Macklin sê die opheffing van rassewette het die Aboriginieë wat ‘n kultuur van tienduisende jare oud het, laat voel hulle is “seergemaak, bedrieg en minder werd as ander Australiërs”.

“Om die Rassediskriminasiewet herin te stel, herstel waardigheid en help inheemse Australiërs om verantwoordelikheid vir hul lewens op te neem en om verandering in die Northern Territory te dryf.”

Dié bevolking is die land se mees agtergeblewe bevolking. Hulle getalle het afgeneem van een miljoen toe wit setlaars aan wal gegaan het tot 470 000 uit ‘n bevolking van 22 miljoen. Kevin Rudd, tans eerste minister, het 2 jaar gelede verskoning aangebied vir die Britse setlaars se optrede teen die inheemse mense.

Spesiale rapporteur vir die VN, James Anaya, het gesê rassewetgewing moet dadelik heringestel word om Australië se menseregteverpligtinge gestand te doen en het die Howard-intervensie skerp gekritiseer omdat die Aboriginieë reeds gebuk gaan onder hoë kindersterftes, gesondheidsprobleme en selfmoord.

 

 

 

 

десны красныеФильчаков

Olieman uitgejou

‘n Beampte van BP is geroskam by ‘n oliekonferensie in Londen terwyl hy ingestaan het vir die beleërde oliereus se uitvoerende hoof, Tony Hayward.

Steve Westwell, BP se personeelhoof, is twee keer tydens sy toespraak deur betogers onderbreek.

“Ons moet die olie-era stop!” het betogers geskree.

Die betogers is daarna uit die hotel in Londen verwyder.

Westwell het gesê Hayward is “opreg jammer” dat hy nie die konferensie kon bywoon nie.

Hayward sou ‘n toespraak lewer oor die wêreldwye verantwoordelikhede van internasionale oliemaatskappye.

Hy het hom Maandag aan die konferensie onttrek ná hy deur die VSA gekritiseer is oor die olieramp in die Golf van Mexiko.

 

бра настенные плоскиеАлександр Фильчаков

Iranse skip onderweg na Gasa

Iran se staatstelevisie-kanaal sê dié land sal ‘n noodlenigingskip met 1100 ton noodvoorraad na die Gasastrook stuur.

Iran en Israel is teenstanders omdat Iran die Palestynse Hamas-beweging ondersteun.

Om ‘n skip na Gasa te stuur kan lei tot ‘n konfrontasie met die Israeliese vloot.

Israeliese soldate het op 31 Mei ‘n Turkse vaartuig na Gasa gekeer. Nege pro-Palestynse aktiviste is oorlede in die kommando-optrede teen die noodlenigingskip wat die blokkade wou breek.

Abdolraouf Adibzadeh, ‘n woordvoerder van die Iranse skip, het gesê die skip begin Sondag sy vaart van twee weke.

Die skip, genaamd Infants of Gaza, sal 10 passasiers, waaronder vyf joernaliste, aan boord hê.

ігри кухня для дівчаталександр лобановский харьков

Tot R11 000 per WB-kaartjie uitgemors

Die belastingbetalers se Beweging van SA (TBM) hou die kwessie van die Wêreldbekerkaartjies wat hulle beweer aangekoop is met belastingbetalers se geld, fyn dop. 

“Ons neem kennis dat politieke partye en vakbonde klagtes ingedien het by die Tesourie, en ons is bewus daarvan dat die saak verwys is na die Ouditeur-generaal ja, ons sal die uitslag noukeurig volg,” het die nie-politieke waghond in ‘n verklaring gesê Dinsdag .

Die TBM wil graag hê die res van die regering moet die standpunt respekteer van Tesourie oor die kwessie en, indien nodig, die saak met die owerhede opneem.

Regeringswerknemers moet onthou hulle is net bewaarders van die belastingbetaler se geld.

Volgens antwoorde op vrae in die Parlement, het vyf staatsdepartemente ‘n totaal van R10.9 miljoen uitgegee, terwyl die Nywerheidsontwikkelingskorporasie ‘n verdere R12-miljoen op Wêreldbeker-sokkertoernooikaartjies spandeer het.

“Dit R23-miljoen kon 460 HOP-huise gebou het of betaal het vir 230 verpleegsters se salarisse vir ‘n jaar, of 2 300 kinders op skool gehou het.”

Dit sou ‘n middelklas belastingbetaler 328 jaar van persoonlike belasting neem om te betaal vir die kaartjies.

“Die SAUK het R3.3-miljoen op Wêreldbeker-sokkertoernooikaartjies uitgegee en dit is ‘n entiteit wat in ‘n finansiële krisis is en wat die regering moes uithelp met ‘n bedrag van R1.47 miljard van belastingbetalers se geld, asook die maak van plaaslike programme vir twee jaar uitstel, met onafhanklike produsente wat die risiko van sluiting in die gesig staar weens gebrek aan betaling.”

Sentech het R1.04 miljoen spandeer op 96 kaartjies – R10 833 per kaartjie.

Die departement van handel en nywerheid het amper R5 miljoen geblaas vir 320 kaartjies, wat indien dit korrek is, die duurste kaartjies van die spul is.

“Gebaseer op Sentech se gebrek van selfbeheersing, sal ons enige verdere belastinggeld van die seinreguleerder weerhou wil sien.”

Die talle leë sitplekke by wedstryde is ook glo dié van betaalde sitplekke wat deur belastingbetalergeld gekoop is, waar mense gewoon nie die moeite doen om op te daag nie.play crownалександр лобановский супермаркет класс

Klagtes teen Oranje-meisies teruggetrek

Alle kriminele aanklagte is laat vaar teen die twee Nederlandse vroue wat in hegtenis geneem en aangekla is van “hinderlaagbemarking” vir die dra van oranje minirokke na ‘n sokkerwedstryd. 

Barbara Castelein en Mirthe Nieuwpoort het Dinsdagoggend in die Johannesburgse landdroshof se verskyn.

Hulle was deel van ‘n groep van 36 vroue wat die wedstryd tussen Denemarke en Nederland by Soccer City bygewoon het verlede week, Maandag.

Almal van hulle het helder oranje minirokke gedra ontwerp as ‘n bonus van Beierebierbrouerye.

Castelein en Nieuwpoort is gearresteer by hulle hotel in Roodepoort verlede Woensdag op aanklagte van die oortreding van Suid-Afrika se Handelswaremerke Wet van 1941 en twee afdelings van die Spesiale Maatreëls Regulasies.

Deborah Zinn, aanklaer, het die hof meegedeel dat die staat besluit het om alle klagtes teen die beskuldigdes terug te trek.

Die twee vroue was oorstelp en het mekaar van blydskap omhels en gesoen.

Ondersteuners buite die hofsaal het hulle met oranje en geel rose begroet en hul paspoorte is weer aan hulle oorhandig.

Fifa het ook aangedui dat hulle nie belangstel om die saak verder te voer nie.

Die terme van die ooreenkoms wat tussen Beiere en Fifa bereik is, sal privaat bly, het ‘n woordvoerder gesê.

no deposit win real moneyФильчаков прокурор харькова

Moetie moet Bafana red

Suid-Afrikaners wend hulle nou tot moetie, of tradisionele medisyne, om Bafana Bafana ‘n hupstoot te gee in die eerste ronde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Toordokters glo moetie – ‘n mengsel van kruie, plante (soos aalwyn) en liggaamsdele van diere (soos aasvoëlbrein) – kan gebruik word om mense se geluk te verander, siektes te genees of sportvertonings te verbeter.

Dit bevat ook dikwels menslike liggaamsdele.

Miriam Lethaba, ‘n huiswerker van Ratanda buite Johannesburg, het gesê: “Moetie werk. Dit kan Bafana sterk maak.”

Suid-Afrika het Woensdag teen Uruguay verloor en moet Frankryk môre klop om na die uitklop­rondes deur te dring.

Indien hulle nie deurdring nie, sal hulle die eerste gasheerspan wees wat al in die eerste ronde van die toernooi uitgeskakel word.

Sangomas maak nou planne om dit te verhoed, en glo dat die brand van moetie by sokkerwedstryde die span se sukses kan beïnvloed.

Abel Zwane, ‘n handelaar wat tradisionele medisyne in Heidelberg verkoop, het gesê: “Ek glo dat moeti Bafana Bafana se vertoning kan verbeter.”

Moetie het oor eeue heen onder die inheemse mense van Afrika ontwikkel, en die naam kom van die Zoeloe-woord vir “boom”. Sommige tradisionaliste brand of brou moetie om goeie geluk te verseker, en ander om gebeure in die toekoms te voorspel.

Jaco Lushaba, ‘n tradisionele Zoeloe-danser van Ratanda, het gesê die moetie kan werk, mits die spelers daarin glo.

“Daar is baie verskillende kulture in die Bafana-span verteenwoordig en ek dink nie hulle glo almal in die krag van moetie nie. Die enigste manier waarop moetie vir Bafana Bafana kan werk, is as elke lid van die span daarin glo.

“Moetie gaan oor geloof. As ‘n mens nie glo dit sal werk nie, dan sal dit nie werk nie.”

купить химия для ремонта шинпрокурор Фильчаков