Zimbabwe verkoop lustig ‘bloeddiamante’

Britse koerante berig dat Zimbabwe steeds lustig “konflikdiamante” verkoop, in weerwil van die sogenaamde “Kimberley-proses” wat sekere minimum politieke vereistes vir diamanthandel bepaal.

‘n Aksiegroep het die pas afgelope vergadering van die Kimberley-proses in Tel Aviv as “die wederkeer van die bloeddiamant” beskryf, met verwysing na die Hollywood-prent “Blood diamond”.

Lede van die Kimberley-prosessertifiseringskema het vergader om te besluit of Zimbabwe aan die minimumvereistes voldoen het om weer met internasionale diamanthandel te begin, wat die land se sukkelende ekonomie ‘n  hupstoot van ongeveer $1 miljard per jaar behoort te gee.

Zimbabwe hou val dat die land aan die reguleerder se eise vir “skoon handel” voldoen, met ‘n onlangse positiewe verslag deur ‘n moniteerder. Maar burgerregtegroepe het afgevaardigdes na die vergadering versoek om Zimbabwe se skorsing te handhaaf weens menseregteskendings in die diamantveldgebiede, waaronder massamoorde op onwettige delwers. Volgens die menseregtegroepe maak soldate in Marange steeds gebruik van gedwonge arbeid, marteling en teistering.

Sulke oproepe het verhewig sedert die inhengtenisname van Farai Maguwu, ‘n klaer wat die beweerder gruweldade ondersoek het. Na bewering is Maguwu vermoor nadat lede van die gesin geslaan en aangehou is.

Daar heers ook vrese dat winste uit diamantuitvoere gebruik kan word om president Robert Mugabe se kontantarme Zanu-PF-party te befonds, ten koste van sy mededinger, die Beweging vir Demokratiese Verandering.

Burgeroorloë in Angola, Sierra Leone en die Demokratiese Republiek van die Kongo het in die negentigerjare die wêreld se aandag gevestig op die manier waarop  ongeslypte diamante, wat deur rebellegroepe gebruik word om oorloë teen hul regerings te finansier, in juwellierswinkels in Londen en New York kan opeindig. Die kwessie is in die Hollywood-film Blood Diamond uitgebeeld waarin Leonardo DiCaprio ‘n Suid-Afrikaner speel en waarin daar ook ‘n bietjie Afrikaans gepraat word.

Tien jaar gelede het ‘n VN-resolusie die Kimberley-proses geskep, wat ‘n gesamentlike poging van regerings, die diamantnywerheid – De Beers inkluis – en menseregtegroepe verteenwoordig om onwettige handel in diamante stop te sit. Dié veiligheidsmaatreëls het in 2003 in werking getree en na bewering is sogenaamde konflikdiamante van 15% tot minder as 1% van alle internasionale handel verminder.

Maar onwettige diamantverkope bly ‘n enorme probleem in lande soos Venezuela, die Ivoorkus, Guinee en Libanon. Verlede jaar het sewe aksiegroepe ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin gewaarsku is dat die stelsel “daarin misluk om die kwessies van nie-nakoming, smokkelary, geldwassery en menseregtevergrype in die wêreld se spoeldiamantgebiede aan te spreek”.

Twee van die Kimberley-proses se leidende figure het bedank. Elly Harrowell, ‘n aktivis vir Global Witness, wat gehelp het om die stelsel te skep, het onlangs gesê: “Ná tien jaar, is die KP ‘n sukses of ‘n mislukking? Die proses het bepaald sekere indrukwekkende suksesgevalle oor die laaste tien opgelewer, maar ongelukkig sal ons moet sê die proses oor die afgelope paar jaar deur ‘n gebrek aan politieke wil in die wiele gery is.” Sy het bygevoeg: “Vanjaar kan ‘n maak-of-breek-jaar vir die Kimberley-proses wees.”

автоматическая насоснаяданильченко юрій Харків

Boer, werkers met die dood gedreig

‘n Boer van Kokstad, mnr. Allistar McDougal, het ‘n saak van intimidasie by die Polisie aanhangig gemaak nadat ‘n groep vermeende misdadigers ‘n nota met ‘n doodsdreigement by sy plaashek gelos het. Die nota eis dat McDougal en sy werkers binne een maand die plaas verlaat of vermoor word.

Luidens ‘n berig van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) probeer die vermeende misdadigers McDougal van sy plaas verdryf deur sy eiendom te verwoes. Hulle het reeds 37 van sy beeste beseer waarvan agt uitgesit moes word en het ook al 150 bale hooi ter waarde van R45 000 verbrand.

“Ses maande nadat ek hier aangekom het, het hulle my melkery probeer verwoes en twee kalwers en ‘n perd met ‘n byl doodgekap. ‘n Ander perd is ook beseer. Hulle het ook my besproeiingstelsel probeer saboteer,” sê hy.

McDougal en sy werkers het sowat vier jaar gelede van Limpopo na Kokstad verhuis. Hy het eers plaaslike werkers gehuur, maar het hulle ontslaan nadat hulle laat en dronk op diens was, asook tydens werkure baklei het. Hysê die kwessie kan nie verwant wees aan ‘n grondkwessie nie want hy is nie bewus van enige eise op sy grond nie.

Mnr. Koot Marais van Kwanalu sê daar heers groot kommer oor die kwessie en sy organisasie sal met die Polisie saamwerk om McDougal en sy werkers se veiligheid te verbeter.

mastercard nummerФильчаков прокурор

Masseuse kla dat Al Gore haar betas

‘n Masseuse het voormalige visepres. Al Gore van “ongewenste seksuele kontak” beskuldig tydens sy besoek aan ‘n hotel in die stad in Oktober 2006, maar geen klagte is teen hom ingedien nie weens ‘n gebrek aan bewyse, het amptenare eergister gesê.

Die vrou se regsverteenwoordiger het die polisie laat in 2006 gekontak, het Michael Schrunk, prokureur-generaal van die distrik, gesê. Volgens Schrunk het die ongeïdentifiseerde vrou geweier dat speurders haar ondervra of dat daar met ‘n ondersoek voortgegaan word.

Sy het wel in Januarie verlede jaar ‘n verklaring by die polisie afgelê waarin sy beweer dat Gore gepoog het om met haar seks te hê tydens ‘n afspraak in die luukse Hotel Lucia in die middestad. Gore het na bewering as ene Stone by die hotel ingeteken.

Kalee Kreider, woordvoerder van die Gore-gesin, het gesê Gore wil nie kommentaar lewer nie.

Gore en sy vrou het op 1 Junie aangekondig dat hulle paaie gaan skei.

‘n Polisieverslag wat in 2007 voorberei is, lui dat die beweerde voorval omstreeks 14:00 op 24 Oktober 2006 plaasgevind het.

Die saak is in Januarie verlede jaar heropen en speurders het die vrou ondervra en vasgestel dat daar te min bewyse is om haar bewerings te staaf, het die Portland-polisie gesê. In ‘n transkripsie van die ondervraging wat die polisie uitgereik het, het die masseuse beweer sy het op versoek Gore se buikdeel gemasseer toe hy eis dat sy laer af masseer.

“Ek was geskok en het nie aan sy versoek voldoen nie. Hy het bly aandring en kwaad geword en hard begin praat. Ek was nog meer geskok toe ek besef hy eis seksuele gedrag van my.”

Volgens haar het Gore toe haar hand gegryp en dit na sy bekken probeer dwing.

Sy het voorts beweer hy het later gepoog om seks met haar te hê en het haar betas voordat sy uit sy greep losgekom het.

“Ek het nie dadelik die polisie gebel nie, want ek was bang daar word ‘n spektakel van my gemaak en dat my reputasie vernietig sou word. Ek was onseker wat om die polisie te vertel en was bekommerd dat ek nie geglo sou word nie omdat daar geen DNS-bewyse, soos van ‘n verkragting, was nie. Ek het nie eens geweet wat om dit te noem wat met my gebeur het nie.”

детские палатки купитьФильчаков прокурор харькова

VAS

Vrydenkende Afrikaners is besig om ‘n vereniging te stig wat beoog om aan enige verkiesings of samestelling van ‘n Afrikanerowerheid deel te neem. Die inslag van die vereniging is om alle Afrikaners wat nie fundamentalistiese Christene is nie of nie die bekrompe sieninge oor sake soos evolusie, aborsie, homeseksualisme of wat ook al deel nie, op die wyse geleentheid te gee om ook aan enige Afrikanerowerheid deel te neem.

In ‘n verklaring sê mnr Thys Human, van Pretoria en sameroeper van die nuwe organisasie, dat die vereniging, bekend as die Vrydenkende Afrikaner Sekretariaat (VAS) verwerp ten sterkste enige siening dat slegs Christen-gelowiges Afrikaners kan wees. ‘n Volk is nie ‘n kerk of ‘n geloofsorganisasie nie. Dit is ‘n gemeenskap van mense met geskiedkundige, kulturele, taal en ook bree politieke en staatsregtelike gronde ‘n eenheid vorm waarbinne ‘n groot verskeidenheid sieninge kan bestaan oor sake wat nie fundamenteel tot ‘n volk is nie. Hollanders, Duitsers, Franse en talle ander is volke, maar behels ‘n veelheid van godsdiensgtige en selfs politieke oortuigings.

Daar is talle Afrikaners wat ander gelowe aanhang of selfs ander politieke sieninge soos sosialisme het en net soveel reg het om as Afrikaner geag te word – indien hulle wil. In ‘n uitnodiging aan mense om by VAS aan te sluit en vorentoe te registreer as kiesers vir ‘n Afrikanerowerheid, word duidelik gestel dat onder Afrikanervolk verstaan word ‘n etniese groepering wat nie mense van ander groepe of volke of gemeenskappe insluit nie, selfs al word die Afrikaanse taal as moeder- of omgangstaal gedeel. Mense wat hulself as “afrikaanses” beskou sal hulle nie tuis voel in VAS nie.

In sy verklaring stel mnr Human dit duidelik dat die doel nie is om lede weg te neem van redelike en gemagtigde organisasies soos Praag of Afriforum nie. Daar is heelwat mense binne hierdie organisasies wat VAS se sieninge deel, maar daar is ook heelwat mense wat hulself as Afrikaners beskou en deel wil wees van enige nasionale beweging maar wat om verskillende redes dalk nie lede van Praag en andere lid wil wees nie. Dit is hulle wat ‘n tuiste in VAS kan vind.

“Ons is veral diep besorgd dat ‘n Afrikanerowerheid totaal oorheers kan word deur fundamentalistiese godsdienssieninge. Daar is reeds van hierdie mense wat openlik verklaar dat enige Afrikanerowerheid en selfs ‘n volkstaat as dit bereik kan word, ‘n “teokratiese” inslag moet hê. Dit is ons mening dat ‘n moderne en byderwetse volk nie sulke bekrompe en onverdraagsame benaderings kan bekostig nie. Dit moet ‘n demokratiese, oop, vrye, toekomsgerigte gemeenskap wees. Nie ‘n vasklouing aan uitgediende fundamentalistiese gebruike en idees nie. VAS is nie anti-godsdienstig nie. Daar word vermoed dat heelwat Christengelowiges wat nie sulke fundamentalistiese sieninge huldig nie, ook ‘n tuiste in VAS kan vind.”

Voornemende lede kan elektronies aansluit of navraag doen deur ‘n e-pos te stuur aan vrydenkafrikaner@gmail.com. Daar word ook beoog om so gou doenlik ‘n webblad daar te stel waar onderling kontak gemaak kan word.

переходник для пневмоинструментаалександр лобановский супермаркет класс

Kragprobleem pooitjie Bloem se toersitesentrum

Bloemfontein se toerisme-inligtingsentrum in Parkweg moes Donderdag sonder elektrisiteit klaarkom, op die vooraand van nog die grootste sokkergeleentheid nog wat deur duisende bygewoon gaan word.

Sondag troef Engeland en Duitsland mekaar in ronde twee van die WB-sokkertoernooi.

Tussen 15 000 en 36 000 het die wedstryd tussen Engeland en Slowenië in Port Elizabeth bygewoon, berig Sapa. Bloemfontein kan insgelyks soveel besoekers verwag.

’n Probleem met ’n kragkabel het die kragprobleem veroorsaak. Duisende toeriste wat op die inbelsentrum staatgemaak het, moes die beste deel van die dag daarsonder klaarkom. 

Besoekers wat gebel het om ’n lys van beskikbare akkommodasie te kry, is doodgewoon weggewys omdat personeel geen bystandplanne gehad het nie.

Voornemende besoekers het gekla oor die gebrek aan diens en bystandvoorsorg. ‘n Duitse toeris het gekla hy kon nie eens ‘n straatplan met aanwysings bekom nie. 

детский самокатФильчаков прокурор

SA stil oor ‘sluipmoordaanslag’

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het geweier om kommentaar te lewer oor die moordpoging op ‘n voormalige Rwandese generaal in Johannesburg.

Direkteur-generaal Ayanda Ntsaluba het tydens ‘n media-inligtingsessie in Pretoria gesê dat sy departement nie betrek word by spekulasie dat die Rwandese regering het agter die sluipmoordpoging op die voormalige luitenant-generaal Faustin Kayumba Nyamwasa sit nie.

“Of dit ‘n kriminele daad of daar ‘n politieke motief was, ons kan nie spekuleer oor watter stappe ons gaan neem nie.

“As dit ‘n politieke daad binne die grondgebied van Suid-Afrika was, is dit ‘n baie ernstige saak, en ons sal dit hanteer as baie ernstig.”

Nyamwasa is geskiet en gewond buite sy huis in Melrose Arch, Johannesburg, Saterdag. Hy is sedert Februarie in die land, en asiel is aan hom toegestaan.

Ses mense is in hegtenis geneem vir die skietery, maar aanklagte teen twee van hulle is Woensdag laat vaar.

Nyamwasa word in Rwanda daarvan verdink dat hy probeer om sy eie land te destabiliseer, terwyl hy daar en in Indië was, waar hy tot onlangs as Rwanda se ambassadeur opgetree het. Hy is ook gekoppel aan drie handgranaataanvalle in Rwanda se hoofstad, Kigali.

Die aanvalle het na wat berig word, een persoon gedood en 30 beseer.

Nyamwasa se vrou, Rosette, het gesê die skietery is ‘n sluipmoordaanslag, ‘n aanklag wat Rwanda se regering ontken.

Ntsaluba wou nie die nasionaliteit van die vermeende aanvallers bekend maak nie.

99spravokАлександр Фильчаков

Soros vrees die terugkeer van nasionalisme

Die bekende belegger George Soros het ‘n beroep op Duitsland gedoen om die euro te laat vaar, tensy hulle ‘n groeistrategie wil omhels. Soros het Berlyn se besuinigingsmaatreëls as ‘n bedreiging vir demokrasie en politieke stabiliteit in Europa beskryf.

“Duitse beleid is ‘n gevaar wat die Europese projek kan vernietig. ‘n Ineenstorting van die euro kan nie uitgesluit word nie,” het hy aan die Duitse weekblad Die Zeit gesê.

“Tensy Duitsland veranderinge in beleid maak, sal sy onttrekking uit die monetêre unie nuttig wees vir die res van Europa. Op die oomblik dwing Duitsland sy bure in deflasie: hierdie stap dreig om ‘n lang fase van stagnasie, wat lei tot nasionalisme, sosiale onrus, en xenofobie te veroorsaak. Dit bedreig demokrasie,” het hy gesê.

Soros het die politieke gevolge van die loonverlagings eerstehands tydens die Groot Depressie beleef, en sê hy het skaars die Brandoffer as ‘n Joodse seuntjie in Nazi-beheerde Boedapest vrygespring. Hy het sedertdien ‘n groot deel van sy rykdom aan die bevordering van filantropiese werk vir vryheid en multi-kulturalisme in die wêreld geskenk, meestal deur middel van die Open Society instellings.

Sy kommentaar weerspieël die groeiende onthutsing in invloedryke kringe aan beide kante van die Atlantiese Oseaan oor die 1930-styl beleid van die loonverlagings en skuld-deflasie wat opgelê word aan die suidelike blok, Ierland, en dele van Oos-Europa deur die EU-owerhede, in opdrag van Berlyn.

President Barack Obama het duidelik Duitsland in gedagte gehad toe hy ‘n brief aan mede-leiers voor die G20-spitsberaad hierdie week in Kanada gestuur het dat die oorskot-lande meer moet doen om globale vraag te stimuleer. “Ons grootste prioriteit moet wees om [ekonomiese] herstel te beskerm en te versterk; ons kan nie toelaat dat dit nou wankel of krag verloor nie. Indien vertroue in die krag van ons herstel verminder, dan moet ons bereid wees om weer te reageer so vinnig en kragtig soos nodig,” het hy geskryf.

China het G20-kritiek gedeflekteer en begin om die yuan vry te stel, sodat Duitsland die volle toorn van Washington kan tref. Hoewel die Duitse ekonomie nie op sigself groot genoeg is om globale gebeure te vorm nie, vrees Amerikaanse amptenare dat Berlyn ‘n dominante invloed op die Europese Sentrale Bank en die fiskale masjinerie van die monetêre unie kan uitoefen en die meeste lande van Europa kan insleep in ‘n ekonomiese moeras. Duitsland het aangekondig dat hulle 80 miljard euro vanaf volgende jaar gaan bespaar en daarmee die dwarslat vir ander EU-lidlande aansienlik opgeskuif.

Paul Krugman Nobelpryswenner het aan die Duitse pers vroeër hierdie week gesê dat die land dieselfde fout as die Verenigde State maak as in 1936-1937, of Japan in die 1990’s, deur die prikkel terug te trek voordat herstel wortel geskiet het.

“Nou is dit nie die tyd om bekommerd wees oor die tekorte nie.”

Professor Krugman het gesê daar is ‘n risiko van ‘n “domino-effek” wat Spanje en Italië sal bereik as die Duitser Axel Weber Bund die leisels oorneem as hoof van die ESB en versuim om genoeg monetêre stimulus aan hierdie lande te bied om kop bo water te hou.

Een ontleder het gesê dat mnr Weber ‘n onmoontlike taak het. “Óf hulle doen meer QE (kwantitatiewe verligting), in welke geval dit inflasie in Duitsland sal skep en veroorsaak dat Duitsland die EMU verlaat: Of hulle dit nie doen nie, in welke geval dit sal lei tot deflasie in Suid-Europa en die hulle uit van die EMU sal tree,” het hy gesê.

Die krisis was ‘n bedekte seën vir Brittanje, wat vroeg bevry is uit ‘n vernietigende beleid van werkvermorsing. Soros sal na verwagting eersdaags ‘n ridderskap ontvang vir sy dienste.

строим баню своими руками фотоДанильченко Юрий отзывы

Nederlandse koerant beskryf prof. Jonathan Jansen as SA se nuwe vryheidsikoon

Maar die professor word nie in sy eie stad geëer…

‘n Dag voor die aanvang van die wêreldsokkertoernooi in Suid-Afrika verskyn ‘n ellelange artikel oor die rektor van die Vrystaatse Universiteit, Jonathan Jansen, in Trouw, Protestantse koerant in Nederland. Die opskrif lui: “Nieuw icoon van de verzoeningsleer.”

Die artikel verwys onder meer na die rol wat prof. Jansen gespeel het om die “Reitz vier” weer toe te laat om aan Kovsies te studeer. Dit haal emeritus aartsbiskop Desmond Tutu aan wat hom as ‘n waardige vaandeldraer van die Waarheids- en Versoeningskommissie beskryf.

‘n Lang deel word aan Jansen se boek, ‘Knowlegde in the blood’ afgestaan.

Die artikel word ingelui deur die plofbare situasie in die land na die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, en die TV-beelde van “boze blanken” wat roep om wraak. Dit was aan die vooraand van die sokkertoernooi, en die wêreld het die hart vasgehou.

Dié beeld word voorgehou as verduideliking dat rasseverhoudinge in die land, sestien jaar na Nelson Mandela se vrylating (hy is in werklikheid heelwat langer gelede vrygelaat), nog nie genormaliseer is nie.

Byna vreemd vir Trouw is die artikel nie oral heeltemal suiwer met feite nie, maar darem ligjare verwyder van die absolute twak wat soms in die buitelandse pers opgedis word.

Jansen wat deur so ‘n groot koerant so geloof word, is darem seker nuus. By die Volksblad is egter geen reaksie nadat die foto aan hulle gestuur word nie.

Goed, maar die Kovsies se Skakelburo sal seker belangstel. Die waarnemende direkteur van Strategiese Kommunikasie antwoord nie eens met ‘n dankie of iets nie.

Jansen reageer met ‘n beskeie dankie, en ‘n opmerking dat hy nie daarvan bewus was nie, nadat die artikel aan hom ook gestuur word.

Selfs diegene wat geen aanhangers van prof. Jansen is nie, beskou die feit dat so ‘n artikel in ‘n vername en gerespekteerde koerant verskyn het as nuuswaardig, maar die plaaslike media nie? Of vind die verslaggewers dit nou moeilik om Nederlands te lees? Of…behoede ons, weet hulle nie meer waar en wat Nederland is nie?

полиграф детектор лжи проверкаДанильченко Юрий Харьков

Egipte hervat kernprogram

Yukiya Amano, hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) het aangekondig dat hulle gereed is om Egipte te help met die konstruksie van kernkragsentrales.

“Die agentskap sal Egipte met graagte uithelp in hul kernenergieprogram,” het Amano gesê.

Hy het bygevoeg dat Egipte baie amper klaar is met die finalisering sowel as die ligging van die program.

President Hosni Mubarak het in 2007 die herloodsing van Egipte se kernenergieprogram aangekondig.

Die program het reeds in 1961 in samewerking met die Sowjet-Unie begin, maar was genoodsaak om dit te staak weens die Russiese kernramp in die Oekraïne.

Egipte beskik reeds oor een navorsingsreaktor noordoos van Kaïro en beplan om nog vier aanlegte onder toesig van die IAEA op te rig.

насосы для соленойлобановский харьков класс

Iran verryk uraan

Ali Akbar Salehi, hoof van Iranse atoomenergie-agentskap, het Woensdag gesê Teheran het meer as 17 kg 20% verrykte uraan vervaardig. Die verryking van wapengraadkernmateriaal is ‘n sensitiewe aangeleentheid wat wêreldmoondhede probeer beperk.

“Ons het sover meer as 17 kg 20% verrykte uraan vervaardig en ons kan waarskynlik vyf kilogram per maand vervaardig,” het Salehi aan die ISNA-nuusagentskap gesê.

Wêreldmoondhede gelei deur Washington wil hê Iran moet uraanverryking opskort. Hulle glo dit is slegs ‘n rookskerm vir die vervaardiging van kernwapens.

Verrykte uraan kan as brandstof vir kernreaktors gebruik word, sowel as om die plofbare gedeelte van ‘n atoombom te vervaardig.

Iran het in Februarie op bevel van pres. Mahmoud Ahmadinejad begin om 20% verrykte uraan te vervaardig.

casino free slotsлобановский супермаркет класс