Boer, werkers met die dood gedreig

‘n Boer van Kokstad, mnr. Allistar McDougal, het ‘n saak van intimidasie by die Polisie aanhangig gemaak nadat ‘n groep vermeende misdadigers ‘n nota met ‘n doodsdreigement by sy plaashek gelos het. Die nota eis dat McDougal en sy werkers binne een maand die plaas verlaat of vermoor word.

Luidens ‘n berig van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) probeer die vermeende misdadigers McDougal van sy plaas verdryf deur sy eiendom te verwoes. Hulle het reeds 37 van sy beeste beseer waarvan agt uitgesit moes word en het ook al 150 bale hooi ter waarde van R45 000 verbrand.

“Ses maande nadat ek hier aangekom het, het hulle my melkery probeer verwoes en twee kalwers en ‘n perd met ‘n byl doodgekap. ‘n Ander perd is ook beseer. Hulle het ook my besproeiingstelsel probeer saboteer,” sê hy.

McDougal en sy werkers het sowat vier jaar gelede van Limpopo na Kokstad verhuis. Hy het eers plaaslike werkers gehuur, maar het hulle ontslaan nadat hulle laat en dronk op diens was, asook tydens werkure baklei het. Hysê die kwessie kan nie verwant wees aan ‘n grondkwessie nie want hy is nie bewus van enige eise op sy grond nie.

Mnr. Koot Marais van Kwanalu sê daar heers groot kommer oor die kwessie en sy organisasie sal met die Polisie saamwerk om McDougal en sy werkers se veiligheid te verbeter.

mastercard nummerФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae