ANC-Jeugliga skors Limpopo-voorsitter

Die ANC-jeugliga het sy voorsitter in Limpopo, Lehlogonolo Masoga, Maandag geskors weens ‘n rits oortredings. 

Dít kom nadat die jeugliga se konferensie in April in chaos geëindig het.

“Lehlogonolo Masoga is geskors uit die Jeugliga en sou enige appèl aangeteken word, sal dit deur die gepaste forum hanteer word soos dit in die grondwet en dissiplinêre reëls van die jeugliga vervat is,” het Floyd Shivambu, liga-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die liga se nasionale dissiplinêre komitee het bevind dat Masoga die gedragskode verontagsaam het met “swaar” en “ernstige oortredings”.

“Hy was deel van ‘n beplande daad wat die effektiwiteit van die organisasie ondermyn het. Hy was ook deel van georganiseerde aktiwiteite wat die liga se samehorigheid bedreig het,” het Shivambu gesê.

Masoga het aanvanklik probeer om ‘n interdik teen die dissiplinêre stappe te kry maar het dit later teruggetrek.

In ‘n verklaring het Masoga sy besluit verdedig deur te sê dat die hof nie die regte plek is vir hierdie tipe kwessies nie.

Hy het ook gesê dat hy “pyn en vernedering” ervaar as gevolg van die wyse waarop hy hanteer word.

магазин игрушкиЛобановский Харьков

Kapers skiet man voor sy huis

‘n 53-jarige man is Maandagoggend gewond toe sy motor buite sy huis in Pinetown, Durban, gekaap is, het die polisie gesê.

“Die slagoffer was omstreeks 07:30 op pad werk toe en het uit sy motor geklim op die hek te sluit. Toe hy omdraai was die verdagtes reeds in sy voertuig,” het Derrick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.

Die verdagtes het op die man geskiet en hy is in die arm gewond. Hulle het daarna met die man se Volkswagen Golf van die toneel gevlug.

Volgens Banks is die man in ‘n stabiele toestand in die RK Khan-hospitaal opgeneem.

slots bonusОлександр Фільчаков прокурор

Swart Expo ontaard in skietery

In drie afsonderlike skietvoorvalle is tien mense in die sentrum van Indianapolis, VSA, gewond en honderde verstrooi tydens die stampvol Indianapolis Swart Expo, het die polisie Sondag gesê.

Polisiewoordvoerder Lt Jeff Duhamell sê geen onmiddellike arrestasies is gemaak wat direk gekoppel kan word aan die skietery nie en ondersoekbeamptes is steeds op soek na leidrade.

Nie een van die slagoffers se beserings was die lewensbedreigend nie, het Duhamell aan The Associated Press gesê, en bygevoeg dat die polisie ook drie onverwante arrestasies agv onwettige wapenbesit gemaak het.

Die voorval het begin toe verskeie skote omstreeks 21:30 Saterdag by Circle Sentrum Mall weerklink het, en agt mense gewond gelaat het en mense in alle rigtings laat spaander het, het Duhamell gesê.

Hy het gesê ‘n tweede skietery in die omgewing het ‘n paar minute later uitgebreek en ‘n jong man is gewond. Hy het bygevoeg dat die derde skietvoorval plaasgevind het rondom 11:30 en nog ‘n man gewond gelaat het.

Duhamell sê die slagoffers is almal swart mans tussen 10 en 18 jaar oud. Hy het gesê die meeste is na twee hospitale afgevoer waar hulle in ‘n bevredigende toestand vroeg Sondag verklaar is. Een persoon is op die toneel behandel.

Die polisie het intussen in hul honderde toegesak op die Swart Expo se aktiwiteite, en polisieversterkings patrolleer te midde van die skare om verdere voorvalle te voorkom.

“Dit is redelik ongewoon om soveel skote in so ‘n kort tyd te hê. Dit is baie jammer,” het Duhamell gesê.

Duhamell gesê ondersoekbeamptes het geen onmiddellike verklaring oor ‘n moontlike motief vir die voorvalle nie.

игрушки подвески на кроваткуАлександр Фильчаков

Ondersese kabel word herstel

Herstel van die Seacom ondersese kabel sal teen die einde van hierdie week voltooi wees, het Seacom se bestuur in ‘n verklaring Vrydag gesê. 

‘n Skip is “ontplooi langs die kus in die noorde van Mombasa, Kenia, waar die kabel twee weke gelede gebreek het en internetprobleme vir kliënte van MWEB en Internet Solutions veroorsaak het”

Tussentydse reëlings is getref, met inbegrip van die aankoop van alternatiewe kapasiteit van ander aktiewe kabelnetwerkdienste in oostelike en suidelike Afrika. Seacom het Vrydag gesê die kabel moet nog opgespoor word.

Die kabel sal aan boord getel word, die beskadigde gedeelte sal verwyder word en die integriteit van die kabel sal nagegaan word voordat die aanvanklike splitsing van die spaarsegment getoets word, het hulle gesê.

игры для деочекданильченко юрій броніславович

Mandeladag wêreldwyd gevier

Nelson Mandela, Suid-Afrika se eerste swart president, het Sondag 92 geword terwyl die wêreld die eerste internasionale dag ter ere van hom gevier het.

Wêreldleiers was dit eens in hul gelukwensings aan dié anti-apartheidsikoon met lof vir sy bydraes tot globale politiek en die stryd om menseregte.

Die toenemend brose Nobel-pryswenner het die dag rustig saam met sy familie by sy huis in Johannesburg gevier.

“Dit gaan met hom goed – hy is gesond en in ag genome die soort lewe wat hy gelei het, is dit regtig verblydend… hy word oud, hy word broos, maar hy is absoluut gesond, lewenslustig en begeesterd,” het Graça Machel, sy vrou, aan die BBC gesê.

“Hy gaan ‘n koek kry, sy familie sal om hom wees… ons sal tuis bymekaar kom, ons sal rondom hom sit en hom baie liefde gee,” het sy bygevoeg.

Die viering was egter nie net tot Mandela se tuiste in die woonbuurt Houghton beperk nie.

Gewone mense in Suid-Afrika en oorsee het hulself tot 67 minute diensbaarheid aan die gemeenskap gewy om die aantal jare wat Mandela aktief in die politiek was, te gedenk.

Die inisiatief word ondersteun deur internasionale figure soos die gewese Amerikaanse president Jimmy Carter en oudpres. Martti Ahtisaari van Finland.

Madiba se verjaardag is verlede jaar deur die Verenigde Nasies erken as “Nelson Mandela-wêrelddag” en is Sondag oor die wêreld heen gevier.

Bure het saamgedrom buite die hoë buitemure van Madiba se huis in die hoop om die ikoniese leier te siene te kry.

“Ek is al hier sedert 08:00. Dalk is ek gelukkig en sien hom,” het Jessy Martina gesê met ‘n verjaardagplakkaat in hand.

Teen middagetenstyd het die meeste mense tou opgegooi om die geliefde leier te sien wat met die afsluitingsplegtigheid van die Wêreldbeker-sokkertoernooi verlede week ‘n kort en ongewone openbare verskyning gemaak het.

“Nelson Mandela troon bo die res uit. Hy versinnebeeld die hoogste waardes van menslikheid en van die Verenigde Nasies,” het Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, in ‘n verklaring gesê.

“Nelson Mandela se prestasies het teen ‘n groot persoonlike prys vir homself en sy familie gekom. Vandag, op die eerste Nelson Mandela-wêrelddag, bedank ons hom vir als wat hy vir vryheid, vir geregtigheid en vir demokrasie gedoen het,” het Ban vervolg.

Die VN vier die dag met verskeie aktiwiteite by sy sentrums oor die wêreld heen, van Afrika-lande soos Zambië en die Soedan tot in Kazachstan.

Gemeenskappe in die Soedan het voorberei vir ‘n “Sokker vir Vrede”-toernooi in El-Fasher. Die wenspan sou die Nelson Mandela-trofee ontvang.

In Spanje is Sondagaand ‘n 6,7km lange liefdadigheidstaptog in Madrid gehou om die dag te gedenk.

‘n Rondetafel-bespreking oor die nalatenskap van Mandela sal in die Kazachstanse hoofstad Almaty gehou word. Dit sal opgevolg word deur ‘n vertoning van die rolprent Invictus, wat op Mandela se rol in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995 gegrond is.

турецкая баня в москвеФильчаков прокурор харькова

Polisie kook plaasmoordsyfers

Die polisie se statistiek vir plaasaanvalle en -moorde vir 2008 en 2009 is foutief, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag erken.

 Die syfers, 794 plaasaanvalle en 86 moorde, is “per ongeluk” gedupliseer uit die polisie se verslag vir 2006 en 2007.

“Die polisie en die minister betreur die fout,” het Mthethwa gesê.

Mthethwa weet nie wat die aantal plaasmoorde en -aanvalle tans is nie, aangesien die polisie sedert 2007 nie meer afsonderlik boekhou nie.

Die algemene geloofwaardigheid van misdaadstatistiek wat in die 2008-’09-verslag verskyn, is in die parlement deur opposisiepartye in twyfel getrek.

 

металлическая брекет системаДанильченко Юрий Харьков

Net om Sarkozy span nouer

Die Franse polisie het Donderdag twee mense na aan Liliane Bettencourt, die miljardêr-erfgenaam van die L’Oreal-skoonheidsreus, in aanhouding geneem.

Bettencourt se vriend, wat ‘n fotograaf is, en ‘n man wat haar fortuin bestuur is in aanhouding geneem om sekere vrae te beantwoord.

Pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het Maandagaand in ‘n TV-onderhoud bewerings dat hy vir sy verkiesingsveldtog van 2007 onwettige skenkings van Bettencourt ontvang het, heftig ontken.

Hy het glo gereeld by Bettencourt se huis gekuier om dik koeverte vol kontant te ontvang.

детские самокатылобановский александр биография

Geert Wilders loods internasionale vryheidsalliansie

Volgens die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, gaan hy ‘n internasionale vryheidsalliansie loods om die immigrasie van Molems na die Weste te keer. 

Hy het Donderdag aan The Associated Press vertel dat hy beplan om die internasionale beweging later vanjaar  in die VSA, Kanada, Brittanje, Frankryk en Duitsland te loods.

Hy beskou die Islamitiese geloof as ‘n “fascistiese” een, sê hy. Die boodskap sal wees: “Stop Islam, verdedig vryheid!”.

Wilders, wat van haatspraak aangekla word, verdedig gereeld gay- en vroueregte.

оборудование дляОлександр Фільчаков прокурор

BP-olielek gestop

Die kabel wat bo-oor die olielekkasie in die Golf van Mexiko geplaas is, in ‘n poging om die lekkasie te stop, was suksesvol.

Die gereedskap waarmee dié olielekkasie gestop moes word het Woensdag probleme gegee maar owerhede sê dié probleme is opgelos.

Kent Wells, senior uitvoerende visepresident van BP, het tydens ‘n perskonferensie gesê dat daar vir die eerste keer in drie maande nie meer olie in die Golf van Mexiko invloei nie, nadat ingenieurs die lekkasie geleidelik begin toestop het.

потолочные точечные светильникиФильчаков прокурор отзывы

Twee passe weer gesluit

Twee Oos-Kaapse bergpasse is weer vir verkeer gesluit ná swaar sneeu.

‘n Woordvoerder vir Arrive Alive, Tsepo Machaea, sê die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg en die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff-Reinet is tot verdere kennisgewing gesluit.

Dit is die tweede keer dat bergpasse dié week gesluit word. Maandag is vier passe in die provinsie gesluit as ‘n voorsorgmaatreël teen nat, gladde paaie. Die weerkantoor het ysige weer vir Vrydag voorspel.

cluedo game download freeалександр лобановский харьков