Na die hel met wittes, sê Bob

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Europeërs en Amerikaners Sondag tot die hel verdoem. 

Hy het op die staatsbegrafnis van sy suster, Sabina Mugabe, 80, in die helde-akker net buite die hoofstad gepraat.

“Ons sê na die hel, hel, hel met hulle. Hulle (Europa en die VSA) sal nie vir ons besluit wie Zimbabwe lei nie,” het hy gesê.

Charles Ray, die VSA se ambassadeur in Harare, het tydens die toespraak verkas en wou nie later oor die uitbarsting kommentaar lewer nie.

Volgens Mugabe het die dood hom van een van sy grootste vertrouelinge en vriende in sy stryd teen kolonialisme en Westelike oorheersing in Afrika beroof.

Sabina wat tot 2008 ‘n parlementslid was, is Donderdag na ‘n lang siekbed oorlede.

Sy is in ‘n tombe begrawe wat in die vorm van ‘n AK47-aanvalsgeweer uitgelê is. Vryheidstryders soos Joshua Nkomo en Mugabe se eerste vrou, Sally Hayfron, is in dieselfde tombe begrawe.

Elke graf verteenwoordig ‘n koeël in die denkbeeldige AK47 se magasyn.

Volgens Mugabe is dit die Weste wat sy land deur middel van sanksies op sy knieë gebring het.

Hy het weer op die kwessies van sanksies gehamer soos hy die afgelope jaar tydens bemiddeling deur Suid-Afrika tussen hom en Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se premier, gemaak het.

Sy suster was een van ‘n groep van sowat 200 Zimbabwiese politici en sakelui wat agv sanksies nie na Europa en die VSA kon reis nie.

“Europa en Amerika wil die afstootlike sanksies behou. Hulle sê Mugabe moet nou gaan en dan kan hulle iemand kies wat die land lei,” het Mugabe gesê.

кухню купить украинаФільчаков прокурор

Tweede ontgroeningsvideo maak opslae op Kovsie-kampus

‘n Tweede ontgroeningsvideo het aan die Universiteit van die Vrystaat opgeduik, hierdie keer met wit studente as die “slagoffers”.

Dit toon vier wit studente by die oorwegend swart Villa Bravado-manskoshuis op wie water gegooi word. Hulle word aangesê om op een been te staan en later as vloerlappe deur swart studente op die vloer rondgetrek.

Studente het vroeër vanjaar die video onder die universiteitsbestuur se aandag gebring, en hulle het “met ontsteltenis” kennis geneem van die ontgroening, het die universiteit gister in ‘n verklaring gesê. Die video is in Oktober 2009 gemaak.

Die dekaan van studentesake, Rudi Buys, het die primarius van die koshuis, Chris Nthakeni, geskors. Dissiplinêre maatreëls is ook teen die koshuishoof vir sy beweerde betrokkenheid ingestel.

Die UV het gesê hy glo dat dit nie ‘n geval was van swart studente wat teen die wit studente opgetree het nie, aangesien swart lede van die huiskomitee dieselfde inisiasie ondergaan.

Die Vryheidsfront Plus Jeug aan die UV veroordeel die universiteit se hantering van die saak, gegewe sy “ekstreme” reaksies in die verlede jeens sulke gevalle.

“[Dit] toon dubbele standaarde,” het die woordvoerder van die VF + Jeug, Wouter Wessels, in ‘n verklaring gesê.

Hy sê die UV-rektor Jonathan Jansen het gewaarsku dat hy sal optree teen studente wat deelneem aan ontgroeningsaksies, en wou weet hoekom stappe “in die geheim” teen Nthakeni geneem is.

Nthakeni is nie, soos in ander gevalle, uit die universiteit of die koshuis geskors nie.

“Dit toon nie deursigtigheid nie,” sê Wessels.

In die geval van die Reitz-video, is die studente onmiddellik geskors en die koshuis gesluit verklaar. Die vier voormalige UV-studente, wat ‘n vernederende video met vier swart universiteitswerknemers by die Reitz-koshuis gemaak het, is verlede week met R20 000 beboet nadat hulle skuldig bevind is aan crimen injuria in die Bloemfonteinse landdroshof.

Wessels het gesê dat die hele koshuiskomitee van Armentum in 2009 geskors is ná ontgroenings. In dieselfde jaar is ‘n student in die Karee-koshuis ook geskors.

In die verklaring het Jansen gesê hy hoop die Villa Bravado-geval was die laaste van ontgroenings.

“Die UV kommunikeer duidelik en gereeld aan studente dat ontgroenings streng verbode is.”

free slotsЛобановский

Zoute haring dalk suur

Die Nederlandse viswyser, wat in kleurkaarte aandui hoe bedreig of onbedreig die vissie op die bord is, is nou uitgebrei om nie net te wys hoe sleg die eet van die vis vir die vis is nie, maar ook vir die eter, die mens.

So is die gevestigde viswyser nou aangevul met ‘n eetviswyser.

Hiervoor het die wetenskap-joernalis, Michel Robbles, in die VSA gaan navorsing doen, en daarna met verskeie rolspelers.

Robbles was verbaas oor hoe min vissoorte op beide lyste die pyp gerook het nie. Van die gesondste vissoorte se voorbestaan word deur te groot vangste bedreig. Van die tradisionele, volopper haring moet Nederlanders liefs nie meer as 200 gram per week inkry nie.

Die rede hiervoor is die vlakke van seebesoedeling, en sekere vissoorte van die besoedelde alge, soos kwikbesoedelde alge, eet, en ander visse weer hierdie besmette vissoorte verorber. Uiteindelik beland die vis op die bord, en die mens word besmet.

casino free money no depositпрокурор Фильчаков

Pakistan oorspoel

Kommer het Maandag toegeneem oor die 2,5 miljoen mense wat geraak word deur die ergste vloede in Pakistan in 80 jaar. 

Moesonreëns het tot dusver die lewens van 1 300 mense geëis.

Die swaar reëns het vloede en grondstortings veroorsaak, duisende huise weggevee en landbougrond vernietig in een van die land se mees armoedige streke.

Beamptes het gewaarsku dat die tekort aan drinkwater tot die verspreiding van siektes lei, veral cholera, en gesê hulle werk daaraan om mense uit gebiede soos die Swat-vallei per lug te ontruim.

Syed Zahir Ali Shah, minister van gesondheid in die noordwestelike provinsie Khyber Pakhtunkhwa, skat dat sowat 100 000 mense – meestal kinders – siektes soos gastroënteritis onder lede het.

By ‘n kamp wat deur die weermag vir nagenoeg 640 families in Nowshehra opgerig is, is voertuie wat kos en drinkwater gebring het deur vroue en kinders oorval. “Ons het pasiënte met trauma, gastroënteritis, velsiektes en dehidrasie,” het ‘n dokter, Shoaib Mohammed, aan AFP gesê.

Die hoofminister van die provinsie, Amir Haider Hoti, het aan verslaggewers gesê die vloede is “ongekend” en gewaarsku dat dit tot 10 dae mag neem om die getal sterftes en vlugtelinge te bepaal.

Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-Moon, het ‘n hulppakket van $10 miljoen vir humanitêre verligting belowe en gesê hy is “diep bedroef” deur die vloede. Amerika het hulp van $10 miljoen aangebied, asook helikopters en bote. China het belowe om $1,5 miljoen by te dra.

Pakistan se weerdiens het neerslae van tot 200 mm vir die volgende weke voorspel in die noordweste, die Pakistan-beheerde Kasjmir, die sentrale provinsie Punjab en Sindh in die suide. ‘n Woordvoerder vir Sindh, Mazhar Siddiqui, het gesê die provinsie is op gereedheidsgrondslag weens vrese dat tot 150 000 mense ontwortel kan word weens die vloede.

компьютерная диагностика автомобиляtopcargo отзывы сотрудников

Kinderpornografie neem toe

Die verspreiding van kinderpornografie as gevolg van tegnologie en die internet groei vinniger as wat dit gekeer kan word, het die Amerikaanse departement van justisie Maandag in ‘n verslag gesê.

Volgens die prokureur-generaal Eric Holder het die verspreiding an kinderpornografie, die hoeveelheid foto’s wat aanlyn gestuur word en geweld teen kinder-slagoffers toegeneem.

“Tragies genoeg is die enigste plek waar ons ‘n afname gesien het in die ouderdom van die slagoffers,” het Holder gesê.

Volgens die verslag groei die mark vir kinderpornografie toenemend en dis onmoontlik om die grootte te bepaal.

Holder het verskeie stappe bekendgemaak van hoe die owerhede vordering kan maak om die uitbuiting van kinders te voorkom, onder meer om die “500 gevaarlikste” seks-oortreders wat nie by amptenare in die deelstate waar hulle woon geregistreer is nie, te teiken.

Verder sal 38 nuwe aanklaers vir kinderpornografie-sake aangestel word.

Die toenemende fokus om kinderpornografie te bekamp het ook tot ‘n rekordaantal skuldigbevindings en wenke gelei.

 

social mediatopcargo кидалы

Ondersoek na Cele gevra

Die Vryheidsfront Plus het die Openbare Beskermer versoek om die Departement van Openbare Werke (DOW) en polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, se huurkontrak van R500 miljoen vir ‘n gebou van Roux Shabangu, te ondersoek.

“Die feit dat die DOW nou bevestig dat die huurkontrak gesluit is deur die DOW op versoek en na evaluering deur die SAPD, verskoon nie Cele nie. DOW kon nie so kontrak gesluit het sonder versoek, magtiging en aanvaarding van die gebou deur Cele nie. Cele se department betaal die R500 miljoen. Bheki Cele moet daarteen waak dat hy nie in die voetspore van Jackie Selebi volg nie. Dit is onaanvaarbaar dat Cele sê hy teken maar net dokumente en kan nie die goedkeuring van R500 miljoen vir die kontrak onthou nie. Indien Cele nie ‘n R500 miljoen kontrak kan onthou wat hy gemagtig het nie, beteken dit hy is onbevoeg vir sy pos. Die DOW swyg of die kontrak geteken is nog voordat Shabangu die gebou besit het. Indien dit wel so is dui dit op korrupsie. Dit skep duidelik die indruk dat politieke lojaliste van die ANC beloon word met belastinggeld,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Die Vryheidsfront Plus versoek die Openbare Beskermer om nie net ondersoek te doen na die oortreding van reëls en regulasies oor tenders nie, maar om ook ondersoek te doen of ‘n tweede gebou, wat ook moet dien as hoofkantoor vir die Polisie, werklik nodig is. ‘n Tweede gebou is onnodig en ‘n vermorsing van belastinggeld. Die R500 miljoen kan eerder aangewend word om meer polisielede aan te stel en sigbare polisiëring te verhoog,” het Groenewald gesê.

циркуляционный насос купитьФильчаков Александр Васильевич

Tweede verminkte lyk duik op in Villiersdorp

Die klein gemeenskap van Villiersdorp is hewig ontsteld ná die ontdekking van ‘n verminkte lyk in die omgewing van hierdie week. 

Die lyk, waarvan sekere liggaamsdele en interne organe ontbreek, is Woensdag ontdek op ‘n plaas in die omgewing. Die kop, bors en hande sook organe is verwyder. Polisie vermoed dat die lyk dié van ‘n man is wat vroeër in Julie as vermis aangemeld is.

Die Villiersdorpgemeenskap se GPF-woordvoerderJannie Sykes sê hulle is ontstel deur die moord. Polisie ondersoek ‘n moetiemoord. Die moord kom nadat die verminkte liggaam van ‘n jong seun meer as ‘n week gelede gevind is.

ігри для дивчатtopcargo

Polisie skiet seun dood

Twee Vrystaatse polisiemanne word vir moord ondersoek nadat hulle glo ‘n 16-jarige seun doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat Maandag gesê. 

Volgens Moses Dlamini, OK-woordvoerder, het die twee konstabels Saterdag glo na Chris Hani Park gery om vir ‘n vermeende aanvaller te soek.

Die verdagte het glo weggehardloop toe hy die polisie sien.

Daar word beweer dat een konstabel die 16-jarige Aukar Sompane geskiet het wat naby hulle gestaan het.

‘n Ambulans is ontbied en die seun is hospitaal toe geneem waar hy gesterf het.

Die polisielede, wat by die Bronville-polisiestasie diens doen, het Maandag in die landdroshof in Welkom verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord en regsverydeling.

Dit is nie duidelik wanneer die twee in hegtenis geneem is nie.

купить липецк пластыри диагональныепрокурор харьковской области

UV moet konsekwent optree oor ontgroeningsvideo

Die VF Plus-jeug in die Vrystaat het vandag met skok gereageer oor die nuutste diskriminerende ontgroeningsvideo wat by die Universiteit van die Vrystaat die lig gesien het.  In hierdie video word die ontgroening van wit huiskomitee-lede in Huis Villa Bravado gewys. 

“Die VF Plus-jeug veroordeel die UV-bestuur vir die wyse waarop hul hierdie aangeleentheid hanteer het – veral as dit vergelyk word met die wyse waarop hul in die verlede heftig teenoor ontgroeningspraktyke opgetree het,” het Wouter Wessels, die VF Plus-jeug se onderleier in die Vrystaat, gesê.

“Die UV-bestuur tree eensydig en met dubbele standaarde op.  Ons is moeg daarvoor dat die UV-bestuur rassisme aanwakker deurdat hulle swart studente en wit studente verskillend behandel,” het Wessels bygevoeg.

Wessels het verder gesê dat prof. Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, nog altyd deursigtigheid beklemtoon het en gewaarsku het dat daar radikaal teen studente wat die reëls oortree en hulself skuldig maak aan ontgroeningspraktyke, opgetree sal word.  “Waarom is daar dan in die geheim teen mnr. Chris Nthakeni, die betrokke primarius, opgetree terwyl die oortreding reeds Oktober verlede jaar (2009) plaasgevind het? Dit getuig beslis nie van deursigtigheid nie. Hy is ook slegs as primarius van Huis Villa Bravado geskors en nie soos in talle ander soortgelyke gevalle uit die universiteit of ten minste uit die betrokke koshuis geskors nie.”

In die Reitz-video geval is die betrokke studente summier van die universiteit geskors en is die hele koshuis gesluit.  Gedurende 2009 is Huis Armentum se hele huiskomitee geskors en het die UV-bestuur al die inwoners met skorsing gedreig.  Daar is ook gedurende 2009 ‘n student uit Huis Karee geskors en die koshuis se seniorbond is summier gesluit.

Ontgroening is verbode en Villa Bravado se inwoners wat aan hierdie praktyk deelgeneem het, se huiskomitee en se koshuishoof is skuldig aan hierdie oortreding en daar moet teen hulle opgetree word. 

Die VF Plus-jeug eis ook dat die Menseregtekommissie op dieselfde heftige wyse as in die geval van die Reitz-video teen hierdie betrokkenes sal optree. Hulle reaksie sal met verwagting dopgehou word.

mositaldentДанильченко Юрий отзывы

Vuurpyle tref Israel se Eilat-hawe

‘n Vermoedelike kortafstandvuurpylsalvo vanuit die Egiptiese Sinaï, ‘n gebied waar Islamitiese militantes in die verlede aktief was, het Israel en Jordanië se Rooi See-hawens Maandag getref, het die Israeliese polisie gesê.

Daar was geen nuus oor ongevalle in die Israeliese hawe van Eilat nie, het die distrikshawehoof Moshe Cohen gesê en bygevoeg dat sy magte nog steeds probeer om te bevestig dat die vyf ontploffings wat in die oggend gehoor is wel deur granate veroorsaak is.

Cohen het aan die Israeliese Radio gesê dat twee van die verdagte vuurpyle of mortierbomme blykbaar in die see beland het, terwyl ‘n ander die nabygeleë Jordaanse hawe van Aqaba getref het.

Op ‘n vraag van waar die salvo gevuur is, het Cohen gesê: “Dit is ‘n bietjie vroeg om te sê, maar dit is redelik om te aanvaar dat dit uit die suidelike gebied afkomstig is.”

Hy het verwys na die naburige Egipte se Sinaï-woestyn van waar sporadiese geweld afkomstig is wat aan Islamitiese militantes toegeskryf word.

Ten minste een vuurpyl het Aqaba op 22 April getref, maar geen ongevalle veroorsaak nie. Amman het gesê dat die vuurpyl van buite Jordanië afgevuur is en die Israeliese media het gepraat van die Sinaï as ‘n moontlike lanseerpunt.

In 2005 is vuurpyle op Amerikaanse oorlogskepe in die hawe van Aqaba afgevuur, maar het hul teiken gemis het en ‘n Jordaanse soldaat op land gedood. ‘n Groep wat aanspraak maak dat hy bande met Al-Kaida het, het gesê dat hy vir die aanval verantwoordelik is.

Twee jaar later het ‘n Palestynse selfmoordaanvaller deur die Sinaï gesypel en drie mense by ‘n bakkery in Eilat vermoor.

Jordanië en Egipte is die enigste Arabiese state wat volle vredesooreenkomste met Israel het.

детские пазлы для девочекОлександр Фільчаков прокурор