Kinderpornografie neem toe

Die verspreiding van kinderpornografie as gevolg van tegnologie en die internet groei vinniger as wat dit gekeer kan word, het die Amerikaanse departement van justisie Maandag in ‘n verslag gesê.

Volgens die prokureur-generaal Eric Holder het die verspreiding an kinderpornografie, die hoeveelheid foto’s wat aanlyn gestuur word en geweld teen kinder-slagoffers toegeneem.

“Tragies genoeg is die enigste plek waar ons ‘n afname gesien het in die ouderdom van die slagoffers,” het Holder gesê.

Volgens die verslag groei die mark vir kinderpornografie toenemend en dis onmoontlik om die grootte te bepaal.

Holder het verskeie stappe bekendgemaak van hoe die owerhede vordering kan maak om die uitbuiting van kinders te voorkom, onder meer om die “500 gevaarlikste” seks-oortreders wat nie by amptenare in die deelstate waar hulle woon geregistreer is nie, te teiken.

Verder sal 38 nuwe aanklaers vir kinderpornografie-sake aangestel word.

Die toenemende fokus om kinderpornografie te bekamp het ook tot ‘n rekordaantal skuldigbevindings en wenke gelei.

 

social mediatopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae