Inwoners van Lenasia ontstoke ná drie sterf

Drie mense, insluitende ‘n sekuriteitswag, is Woensdag dood tydens ‘n skietgeveg in Lenasia, het die polisie in Gauteng gesê.

“Twee sekuriteitswagte het die gebied gepatrolleer toe hulle op vier swart verdagtes in ‘n motor afgekom het,” het insp. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê.

Die swart mans het op die sekuriteitswagte losgebrand en een doodgeskiet.

“Die ander sekuriteitswag het teruggeskiet en al vier verdagtes gewond. Twee het op die toneel gesterf. Die ander twee mans sterk steeds in die hospitaal aan. “

Twee pistole en ‘n R5-geweer is op die toneel gevind. Na bewering was die mans glo op pad om ‘n misdaad te pleeg toe die sekuriteitswagte hulle betrap het.

“Ons kyk nou of die verdagtes aan enige ander misdade gekoppel kan word.”

Intussen het e-TV berig dat inwoners al hoe meer opstandig raak oor die hoë misdaadkoers en die swart polisie se onvermoë om op te tree.

 

цена набор для укладки ламинаталобановский александр игоревич харьков

NY vies oor moskee by Ground Zero

Sommige busse in New York sal advertensies dra wat teen planne betoog om ‘n moskee op Ground Zero waar die Twin Towers op 11 September 2001 deur Al Kaida verwoes is, op te rig, het die stad se vervoerowerhede Woensdag gesê.

Die advertensies vra hoekom die moskees juis daar gebou moet word en wys ‘n beeld van ‘n vliegtuig wat teen die World Trade Centre bots.

Dié beeld op die bus verwys na die aanvalle wat amper 3 000 mense se lewens geëis het.

Die advertensie sal op 26 van die stad se 6 300 busse verskyn, het Kevin Ortiz, woordvoerder van Metropolitan Transportation Authority (MTA), gesê.

Die omstrede veldtog is deur die groep Stop the Islamization of America (SIOA) geloods.

New York se Landmarks Preservation Commission het op 3 Augustus die projek goedgekeur dat ‘n moskee en Islamitiese sentrum twee blokke van Ground Zero gebou mag word.

Ondersteuners, insluitende die New Yorkse burgemeester Michael Bloomberg, sê die Islamitiese sentrum sal ‘n brug tussen die Weste en die Moslemwêreld bou.

Teenstanders beweer die projek sal die slagoffers van 9/11 beledig.

Volgens ‘n onlangse meningspeiling is 53% van New Yorkse inwoners teen die projek gekant terwyl 34% dit goedkeur en 13% nie kan besluit nie.

магазин автоинструментаАлександр Фильчаков Васильевич

Motorbedryf staak

Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa, Numsa, het Woensdag begin staak.

Volgens Harry Gazendam, woordvoerder van die motorvervaardigers se werkgewersorganisasie, Ameo, gaan sowat 18 000 werkers in die motorbedryf deur dié staking geraak word.

Dié staking gaan motorvervaardigers soos Nissan, Toyota, Ford, Volkswagen, BMW, Daimler en General Motors raak.

Dit kom nadat die betrokke partye nog nie tot ‘n vergelyk kon kom nie.

Die vakbond eis ‘n 15%-loonverhoging. Numsa dring ook aan op betaalde kraamverlof vir ses maande en ‘n verbod op die gebruik van arbeidsmakelaars.

Numsa was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

хрустальные люстрыОлександр Фільчаков прокурор

Nigerië koop 3 stralers, bedel vir elektrisiteit

Nigerië se regering sal drie nuwe straalvliegtuie vir die president van dié land koop, het amptenare Woensdag gesê.

Die aankondiging is gemaak terwyl dié olieryke land skenkings vra om elektrisiteit aan sy inwoners te kan verskaf.

Die maatskappy Dassault Aviation van Frankryk sal twee Falcon 7x vliegtuie verskaf terwyl Gulfstream Aerospace Corporation van die VSA ‘n Gulfstream G550 aan die regering sal verkoop.

Dora Akunyili, minister van inligting, sê die kabinet het die aankoop Woensdag goedgekeur.

Pres. Goodluck Jonathan het Dinsdag beloof om R25 miljard te werf om voldoende elektrisiteit te verskaf, maar het nie baie besonderhede gegee oor waar die geld vandaan sal kom nie.

“Dit moet in die vorm van internasionale fondse asook deur buitelandse beleggers geskenk word,” het Jonathan gesê.

липецк опцииалександр лобановский харьков

Malema se gewildheid taan

Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, se gewildheid het oor die afgelope ses tot sewe maande aansienlik afgeneem, het ‘n meningsopname getoon.

Die TNS-meningsopname het sowat 2000 volwassenes in sewe groot stede genader en bevind dat Malema se gewildheid met ‘n derde afgeneem het.

 Die meeste was van mening dat dié omstrede jeugleier nie naastenby genoeg gestraf is vir sy talle oortredings die afgelope tyd nie.

“Selfs onder die jeug het Malema se gewildheid ietwat gedaal,” het TNS in ‘n verklaring bekend gemaak.

Sowat 21% van volwassenes in stede deel Malema se sienings. Hierdie persentasie het verlede jaar November op 27% gestaan.

Op daardie stadium was 59% van mening dat dissiplinêre stappe teen Malema geneem moet word.

Die nuutste opname, wat kort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi gedoen is, het aangedui dat slegs 26% voel dat hy genoeg gestraf is.

Sowat 53% het gevoel dat Malema verder gedissiplineer behoort te word en 21% het geantwoord “ek weet nie”.

“Daar was ook ‘n groot verskil tussen verskillende rassegroepe. Onder die swart mense het slegs 30% (voorheen 38%) hom ondersteun, 61% (voorheen 46%) het hom nie ondersteun nie en 8% wou nie antwoord nie.”

Wat ander rassegroepe betref, het syfers ook heelwat gedaal. Onder wit mense het ondersteuning vir Malema vanaf 8% na 5% gedaal. Bruin mense se ondersteuning vir die jeugleier het vanaf 11% na 4% afgeneem.

Malema se grootste ondersteuning kom van swart mans (33%) en swart vroue (27%) maar beide het effens afgeneem sedert die vorige meningsopname.

недорогая школьная одежда для девочекпрокурор Фильчаков

Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande

Drie krisisse tref Rusland tans gelyktydig: die hoogste temperature ooit aangeteken in 130 jaar van rekordhouding, die mees wydverspreide droogte in meer as drie dekades, en massiewe wegholbrande wat oor sewe streke, insluitend Moskou uitgebreek het.

Dié krisisse dreig om die koringoes in Rusland, wat een van die wêreld se grootste koringuitvoerders is, te vernietig. Rusland worstel soms met droogtes wat graanproduksie beïnvloed, ‘n kommoditeit van kritieke belang vir Moskou se binnelandse en buitelandse beleid. Ten spyte van die erns van die hitte, droogte en veldbrande, sal die koringoes in Rusland se binnelandse aanvraag voorsien. Rusland sal ook gebruik maak van die situasie om sy bure saam te voeg in ‘n graankartel.

Rook van die brande het Moskou byna vir ‘n week reeds tot stilstand gedwing. Die grootste kommer is die uitwerking van die brande – en die aanhoudende hitte en droogte, wat ‘n noodtoestand in 27 streke veroorsaak het – op Rusland se gewoonlik massiewe graanoes en uitvoere.

Rusland is een van die grootste graanprodusente en uitvoerders in die wêreld, wat gewoonlik sowat 100 miljoen ton koring per jaar produseer, of 10 persent van die totale wêrelduitvoer. Die land voer 20 persent van die totale oes na markte in Europa, die Midde-Ooste en Noord-Afrika uit.

Sikliese droogtes (en wegholbrande) beteken Russiese graanproduksievlakke wissel tussen 75 en 100 miljoen ton van jaar tot jaar. Die omvang van die droogte en veldbrande hierdie jaar het Russiese amptenare genoop om in 2010 die geskatte graanproduksie te hersien tot 65 miljoen ton. Maar Rusland het 24 000 000 ton se koring geberg – wat beteken dit is genoeg om gemaklik in hulle binnelandse vraag te voorsien (wat 75 miljoen ton), selfs as die droogte erger raak.

Rusland se graangebied lê in die Suid-Europese deel van die land, vanaf die Swart See in die noordelike Kaukasus tot Wes-Kazakhstan, en in die noorde tot teenaan Moskou. Dit is Rusland se mees vrugbare gebied, wat deur die Volgarivier ondersteun word.

компрессор поршневой ценаОлександр Васильович Фільчаков

Vakbonde dink regering lieg

Volgens verskeie vakbonde is die regering nie eerlik as hulle sê dat hul nie die 8.6% loonverhoging kan bekostig nie.

“Hulle het die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehou. Hulle het geld en dan verwag hulle van ons om vir dadels te werk,” het Merlyn Mjoni, ‘n stakende onderwyseres van Garankuwa, tydens Dinsdag se stakings in Pretoria se middestad gesê.

Mjoni was deel van ‘n groep lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) wat Dinsdag aan die staatsdiens-staking deelgeneem het.

Volgens Boitumelo Ramahlaha, polisiebeampte, was die regering se aanbod van ‘n R10 verhoging in behuisingstoelae eenvoudig nie genoeg nie.

“Die regering moet by hulle beloftes hou. Hulle het nou die geld na afloop van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. R10 gaan my nie gelukkig maak nie,” het Ramahlaha gesê.

Vakbonde eis ‘n 8.6%-loonverhoging terugwerkend tot 1 April en behuisingstoelae van R1000.

Die regering bied ‘n 7% verhoging aan en R630 behuisingstoelaag.

‘n Memorandum is aan die minister vir die staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, oorhandig.

Cosatu verteenwoordig sowat 1,3 miljoen werkers in die staatsdiens.

школьная одежда для девочек фотоФильчаков прокуратура харьков

Konsentrasiekamp brand

‘n Gedeelte van ‘n voormalige Nazi-konsentrasiekamp in Majdanek in Pole is deur ‘n brand verwoes.

Volgens amptenare het meer as helfte van die terrein afgebrand en is die skoene van sowat 10 000 slagoffers van die Joodse volksmoord ook vernietig.

Die direkteur van die Yad Vashem-museum in Israel, Avner Shalev, het sy spyt oor die brand uitgespreek.

“Die items en gebou wat vernietig is, was so ‘n belangrike deel van Europa, Pole en die Joodse gemeenskap se geskiedenis,” het hy gesê.

игрыдла дэвочэкФильчаков прокурор харькова

ANC gaan gedrukte media transformeer

Die ANC het Dinsdag die gedrukte media in Suid-Afrika se toewyding aan transformasie bevraagteken. 

Die regerende party wil die media dwing om hul aandeelhouding aan te pas deur wetlike regulering.

“Drukmedia beskik nie oor ‘n handves vir transformasie nie, ten spyte van die verandering wat reeds in die land plaasgevind het,” het Jackson Mthembu, die ANC se nasionale woordvoerder, aan joernaliste in Johannesburg gesê.

Volgens Mthembu behoort slegs 15% van Media24 se eiendomsreg aan voorheen benadeelde individue. In Avusa se geval is dit glo 25.5%.

“In Caxton en Independent Newspapers is daar 0%,” het Mthembu gesê.

Hy het ook probeer verduidelik waarom die ANC die mediatribunaal wil implimenteer om die media reguleer.

Volgens hom sal dit soortgelyk wees aan die wetgewing wat die uitsaai-media reguleer.

“Die ANC wil nie persvryheid beperk nie. Hierdie is niks nuut nie. Dit is iets wat reeds in gebruik is in die uitsaai-media.

“Ons glo die tribunaal sal redakteurs met hul werk bystaan,” het hy gesê.

сухая штукатурка для наружных работлобановский класс харьков

‘Zim-weermag moet hulpbronne beskerm’ – Mugabe

President Mugabe het vandag sy weermag gemaan om Zimbabwe se natuurlike hulpbronne te beskerm, terwyl verkope van sogenaamde “bloeddiamante” deur Zimbabwiese soldate ondersoek word.

“My boodskap aan u vandag is om lojaal te bly teenoor u land en om sy onafhanklikheid, soewereiniteit en natuurlike hulpbronne jaloers te bewaak,” het Mugabe tydens ‘n toespraak aan troepe op die se land nasionale weermagdag gesê.

“Wees versigtig oor hernieude imperialistiese pogings om ons van die beheer van ons natuurlike hulpbronne te vervreem.”

Die weermag het onder internasionale kritiek deurgeloop nadat ondersoekers bevind het dat soldate statsbewoners dwing om diamante in die oostelike Marange-diamantveld te myn.

‘n Moniteerder van die globale diamanttoesigorganisasie, die Kimberley-proses, sal na verwagting die Marange-diamantgebied vandag besoek om te bevestig of vergrype beëindig is, op die vooraand van ‘n gemagtigde diamanthandeltransaksie wat môre in Harare sal plaasvind.

Die toesighoudende beampte van die Kimberley-proses, Abbey Chikane, het voorheen bevind dat Zimbabwe wel aan die minimum menseregtestandaarde voldoen, maar sy verslag het nie al die lede van die skema oortuig nie. Zimbabwe het tot dusver toestemming ontvang om twee verkooptransaksies vanuit bestaande diamantvoorraad aan te gaan.

сауны своимиФильчаков