Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa, Numsa, het Woensdag begin staak.
Volgens Harry Gazendam, woordvoerder van die motorvervaardigers se werkgewersorganisasie, Ameo, gaan sowat 18 000 werkers in die motorbedryf deur dié staking geraak word.
Dié staking gaan motorvervaardigers soos Nissan, Toyota, Ford, Volkswagen, BMW, Daimler en General Motors raak.
Dit kom nadat die betrokke partye nog nie tot ‘n vergelyk kon kom nie.
Die vakbond eis ‘n 15%-loonverhoging. Numsa dring ook aan op betaalde kraamverlof vir ses maande en ‘n verbod op die gebruik van arbeidsmakelaars.
Numsa was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
