Malema se gewildheid taan

Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, se gewildheid het oor die afgelope ses tot sewe maande aansienlik afgeneem, het ‘n meningsopname getoon.

Die TNS-meningsopname het sowat 2000 volwassenes in sewe groot stede genader en bevind dat Malema se gewildheid met ‘n derde afgeneem het.

 Die meeste was van mening dat dié omstrede jeugleier nie naastenby genoeg gestraf is vir sy talle oortredings die afgelope tyd nie.

“Selfs onder die jeug het Malema se gewildheid ietwat gedaal,” het TNS in ‘n verklaring bekend gemaak.

Sowat 21% van volwassenes in stede deel Malema se sienings. Hierdie persentasie het verlede jaar November op 27% gestaan.

Op daardie stadium was 59% van mening dat dissiplinêre stappe teen Malema geneem moet word.

Die nuutste opname, wat kort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi gedoen is, het aangedui dat slegs 26% voel dat hy genoeg gestraf is.

Sowat 53% het gevoel dat Malema verder gedissiplineer behoort te word en 21% het geantwoord “ek weet nie”.

“Daar was ook ‘n groot verskil tussen verskillende rassegroepe. Onder die swart mense het slegs 30% (voorheen 38%) hom ondersteun, 61% (voorheen 46%) het hom nie ondersteun nie en 8% wou nie antwoord nie.”

Wat ander rassegroepe betref, het syfers ook heelwat gedaal. Onder wit mense het ondersteuning vir Malema vanaf 8% na 5% gedaal. Bruin mense se ondersteuning vir die jeugleier het vanaf 11% na 4% afgeneem.

Malema se grootste ondersteuning kom van swart mans (33%) en swart vroue (27%) maar beide het effens afgeneem sedert die vorige meningsopname.

недорогая школьная одежда для девочекпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae