“Twee sekuriteitswagte het die gebied gepatrolleer toe hulle op vier swart verdagtes in ‘n motor afgekom het,” het insp. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die swart mans het op die sekuriteitswagte losgebrand en een doodgeskiet.
“Die ander sekuriteitswag het teruggeskiet en al vier verdagtes gewond. Twee het op die toneel gesterf. Die ander twee mans sterk steeds in die hospitaal aan. “
Twee pistole en ‘n R5-geweer is op die toneel gevind. Na bewering was die mans glo op pad om ‘n misdaad te pleeg toe die sekuriteitswagte hulle betrap het.
“Ons kyk nou of die verdagtes aan enige ander misdade gekoppel kan word.”
Intussen het e-TV berig dat inwoners al hoe meer opstandig raak oor die hoë misdaadkoers en die swart polisie se onvermoë om op te tree.
