Een van die kameras het die polisiebeampte afgeneem waar hy omkoopgeld van 'n taxibestuurder ontvang.
Raadslede is verbaas deur hoe openlik die transaksie uitgevoer is.
Die metropolisie sê 'n ondersoek sal onderneem word.
Indien dit bewys word dat hy wel die geld aanvaar het, sal stappe geneem word.

Die Inkatha-vryheidsparty ondersteun sy leier Mangosuthu Buthelezi se verwerping van samesmelting met die ANC.
Miljoene mense is besig om in krotbuurte buite stede en dorpe regoor die land in te trek.