Die lêers was van besondere belang vir die internasionale atoomkraginspekteurs wat gewerk het om die aktiwiteite van Abdul Qadeer Khan, die Pakistanse bomwetenskaplike, te ontrafel.
Die ingenieurs, Friedrick Tinner en sy twee seuns, word daarvan beskuldig dat hulle as tussengangers tussen anti-Westerse nasies opgetree het.
Die Switsers sê dat die lêers vernietig is sodat hulle nooit weer in terroristehande kan val nie.
Die Verenigde State het blykbaar daarop aangedring dat die lêers vernietig word.
